bruin kapel vs 9mm

Enige besprekings/vrae ivm boerdery bedrywighede.
Post Reply
User avatar
tokjak
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 331
Joined: Mon Apr 11, 2011 12:45 pm

bruin kapel vs 9mm

Post by tokjak »

le ek gisteraand en dooi op die bed . skielik hoor ek n gil wat klink of daar dalk iemand vreemd in die huis mag wees . ek spring op en hardloop , net om ,toe ek by die kamerdeur uitkom , te hoor ....SLANG....SLAAANNGGG . ek was nog half deur die mis en gee net 3 tree oor 10 meter , my vrou se ek het soos n olimpiese hekkies atleet gelyk [ is vanggend stokstyf].toe ek by haar land is die slang weg .die slang het glo 3m voor my seuntjie verby geseil . nou moet ek slang kry ...., maar ek is &^$ versigtig vir n slang ........gaan maak ek vir abraham wakker . by die huis gekom se mammie sy slaap in die kombi as ons nie die slang kry nie .ons soek oral , maar slang is weg . toe agter die sitkamer deur da le hy , maar wat nou gewoonlik as dit buite is skiet ek sommer met die 223 . maar nou is dit binne die huis , en die slang le te sleg om met n graaf by te kom . daar is nie nog tyd vir dink nie , ek gaan haal nie 9mm , mik en druk . dis net bloed , die slang beweeg en sy kop is af . ....bruin kapel .

vanggend sit die 9mm se gat in die plankvloer , tussen die slangbloed . ek gaan wys vir mammie die gat en verduidelik dat dit met n .22 n doodskoot in die kop kon gewees het en n kleiner gaatjie in die vloer ..."nou maar dan moet jy maar een koop , mens kannie rondspeel met slange nie "

dankie ou bruin kapel , ek gaan my .22 baie geniet .

laat weet asb. as iemand weet van n goeie tweedehandse .22

groete
savage(P Coetzer)
Hero Member
Hero Member
Posts: 973
Joined: Mon Sep 10, 2012 3:34 pm

Re: bruin kapel vs 9mm

Post by savage(P Coetzer) »

Twee vliee met een klap!
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4793
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: bruin kapel vs 9mm

Post by Carl »

Tokjak, kry 'n slang vang pyp goedkoper as die .22..... ;-)
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7559
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: bruin kapel vs 9mm

Post by Wouter Roets »

Tokjak

Slim gedink ou maat! Wanneer jy nou klaar die .22 gekoop het en sy lesensie het dan gaan soek jy CCI se shot load vir daai 9mm. Ek het daarvan vir beide die 9mm Para en die 45 ACP gekry so n ruk terug en Sondag vir die eerste keer n poffie met die 45 geskiet. Die goed werk uitstekend en gaan nie juis verskriklike skade aan alles maak nie. My broer het so ruk terug sy eetkamer tafel tesame met twee van sy stoele m*er toe geskiet agter n Mosambiekse spoegkobra aan met sy 10-22 Rugertjie! Ons het ons pap gelag.

Ek het deesdae yskoue rillings as ek dink aan die slange en my jong koring halmpies. Die twee klonge se nuutste is om vir ure in die bos te gaan loop op die plot. Ons het maar n klomp slange by ons. Elke keer wanneer hulle uitgaan moet ek mooi onthou ons het nog dieselfde gedoen teen n jonger ouderdom as hulle sonder om gepik te gewees het. Maak nie die bekommernis minder nie!

Groetnis
Wouter
johnny
Hero Member
Hero Member
Posts: 569
Joined: Thu Jun 28, 2012 8:29 pm

Re: bruin kapel vs 9mm

Post by johnny »

Tokjak

Julle moet ophou bang wees vir julle vrouens en koop wat julle wil , kom nou man wie dra die broek in jou huis.

Groetnis

Johnny
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: bruin kapel vs 9mm

Post by Gawie(13mm) »

Nee o hel. Ek sal my lam skrik.
Tokjak, party manne gooi spinnekoppe in hul sekretaresse se snippermandjies, nou slange in die huis vir 'n .22.
Wat is volgende? 'n Damwal wat breek vir 'n nuwe ski-boot? ;)
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
mariusr
Hero Member
Hero Member
Posts: 2995
Joined: Sat Dec 15, 2012 12:11 am

Re: bruin kapel vs 9mm

Post by mariusr »

Ai manne wat is julle so bang vir slange hulle sal jou nie net aanval nou skiet julle die huis vol gate!Vat net 'n lang stok en emmer tel die slang mooi op met die stok en gooi in emmer maak deksel toe en gaan skiet hom buite of los hom in die veld! My een laaite het mak nie giftige slange tot sy ma se ergines! Ek is net bang vir een slang en dis'n swart mamba hom sal ek die huis m@@r toe skiet!
bullseye

Re: bruin kapel vs 9mm

Post by bullseye »

Ek sien in Beeld Pretoria dieretuin se swart mamba het hoeka geawol !!!
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: bruin kapel vs 9mm

Post by Gerhard »

Carl wrote:Tokjak, kry 'n slang vang pyp goedkoper as die .22..... ;-)

Stem saam...

Maar nou het hy darm rede vir 22
User avatar
tokjak
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 331
Joined: Mon Apr 11, 2011 12:45 pm

Re: bruin kapel vs 9mm

Post by tokjak »

johnny wrote:Tokjak

Julle moet ophou bang wees vir julle vrouens en koop wat julle wil , kom nou man wie dra die broek in jou huis.

Groetnis

Johnny


MY VROU
User avatar
BRNO (Pierre)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4058
Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am

Re: bruin kapel vs 9mm

Post by BRNO (Pierre) »

Moet se, ek is hier saam met Tokjak. Ek sou daai slang met my .30-06 geskiet het as hy voor in die kluis was.
Veiligheid eerste manne!
User avatar
JPS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3652
Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm

Re: bruin kapel vs 9mm

Post by JPS »

Tokjak,
Jammer vir die hi jack. Weet enige een van julle wie het die " snakeshot" in 9mm in vooraad of waar ek kan kry? Het al orals in oos rand, pta, jhb ens. Probeer ?

Dankie
JP
wlm
Hero Member
Hero Member
Posts: 2454
Joined: Fri Aug 12, 2011 5:55 pm

Re: bruin kapel vs 9mm

Post by wlm »

johnny wrote:Tokjak

Julle moet ophou bang wees vir julle vrouens en koop wat julle wil , kom nou man wie dra die broek in jou huis.

Groetnis

Johnny
Niemand sit op my kop nie. Dit is my vrou se sitplek daai. ;D
Post Reply