More alle kundiges
Een van my vriende vra my gisteraand of ek dalk vir hom kan help in die bepaling van minimum en maksimum ladings vir sy 270 met hierdie ligte Noslers. Ek sien geen gepubliseerde data nie en sien dat die manne op die forum wel daarvan praat en daar is 'n paar ouens wat dit laai. Is dit moontlik vir julle ouens om dalk vir my te help met 'n paar ladings met hierdie Noslertjies. Ek stel beslis belang aan die tipes kruit wat julle gebruik asook "favourate" ladings met hierdie puntjie vir die 270. My vriend wil graag S365 gebruik, maar ek weet nie so mooi nie. Die puntjie is dalk bietjie lig vir die kruit. Ek sien uit daarna om van julle te hoor. Hoe meer inligting julle kan verskaf hoe beter. Dit sal ander forum lede ook help dink ek, want ek sien nie data vir hierdie kombinasie nie.
Groete
Jacques
Herlaai Data vir .270 met 115gr Nosler
- Jacques Kotze
- Full Member

- Posts: 119
- Joined: Tue Apr 12, 2011 2:54 pm
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Herlaai Data vir .270 met 115gr Nosler
Die nuwe Noslers is nog nie op Quick Load nie, maar die 115 Sierra se syfers dui tog dat S365 die hoogste spoed lewer met 'n 104% dopvul met QL se standaard data vir die 270. Begin by 56gr en werk boontoe.