PMP Probleme in die algemeen
- Spanner
- Hero Member

- Posts: 1083
- Joined: Thu Nov 19, 2009 12:26 pm
Re: PMP Probleme in die algemeen
K?rels, dis eintlik baie maklik - moenie die gemors koop nie. Finish en klaar.
Ek het ook lank al besluit om myself nie meer so te straf nie, en koop NIKS meer met 'n PMP naam op nie. As PMP die enigste ou is wat witgoud gemaak het sal ek eerder my stert met 'n truksvyblaar afvee, maar daai naam vermy ek totaal en al.
Die PMP ouens is dalk onnosel, of stupid of te arrogant om te besef hulle verloor besigheid. Geen hoeveelheid briewe of griefskrifte sal help nie - die skade is reeds gedaan. Spaar julleself die frustrasie van sukkel en kla, en koop bloot ammo en komponente van ouens wat kwaliteit produkte maak. Los hulle laat hulle maar aanploeter in hulle eie rigting in.

Derik Strydom
What matters not, is the size of the dog in the fight, but the size of the fight, in the dog !
What matters not, is the size of the dog in the fight, but the size of the fight, in the dog !
- Chevvy SS
- Hero Member

- Posts: 3140
- Joined: Thu Mar 01, 2012 11:55 am
Re: PMP Probleme in die algemeen
Ons is meer as 2000 lede waarvan seker 50% herlaai.
Ons weet dat elke lotnr. S365 verskil en dat ons op ons kote elke keer aanpassings moet doen.
'n Versoekskrif of iets wat ons almal teken, GROOT asb?
Ons weet dat elke lotnr. S365 verskil en dat ons op ons kote elke keer aanpassings moet doen.
'n Versoekskrif of iets wat ons almal teken, GROOT asb?
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: PMP Probleme in die algemeen
Kruit word nie deur PMP vervaardig nie. Hulle gebruik ook Somchem se kruite en moet ook toetse doen met elke nuwe Lot no. wat hulle kry - hulle kry egter in groot maat, maar laai ook in groot maat. Toetsing van nuwe lotte sal maar met ons bly. Chemie is no eksak elke keer nie en brandspoed sal varieer. Oorsese kruite het ook maar die' tendens en daarom is die koop van groot hoeveelhede so handig.Chevvy SS wrote: Ons is meer as 2000 lede waarvan seker 50% herlaai.
Ons weet dat elke lotnr. S365 verskil en dat ons op ons kote elke keer aanpassings moet doen.
'n Versoekskrif of iets wat ons almal teken, GROOT asb?
Ek luister na jul klagtes oor PMP en ek dink die manne streef voortdurend daarna om 'n kwaliteit produk te maak. Ek het probleme met my 223 gehad wat die slagdoppies gepriem het (pierced primer) en PMP was bereid om my geweer te neem en toetse daarmee te doen om die probleem te probeer oplos. Die probleem het egter nie net met hul slagdoppies gebeur nie en tog was hulle nog steeds hulpvaardig. Ek jag nie meer met loodkoe?ls nie en gebruik dit slegs vir skyskiet. Die doppe en ander komponente gebruik ek dan om koperkoe?ls te herlaai. Ek weet dat hul doppe dikker en harder is met minder ruimte binne. Ek aanvaar dit en herlaai daarvolgens.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- FHM
- Hero Member

- Posts: 3887
- Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm
Re: PMP Probleme in die algemeen
Het presies dieselfde ondervind met die PMP African Elites - klein merkie op die slagdop gemaak deur die vuurpen - lyk amper of die slagdop solied was - gelukkig uit drie pakke koels het dit net eenkeer gebeur - en ek moes my blesbok so bietjie verder met die volgende koel gaan soek...Nickvn wrote: Het vandag n pakkie .270 PMP uit geskiet en sowat 30 self gelaaide patrone. Het begin om met die pakkie PMP te skiet en het 5 patone gehad wat ge "misfire" het. Die ander het ons geen probleme mee gehad nie. Die wat ge "misfire" het se duikie in die knaldoppie is baie vlakker as die ander. Dit lyk amper of die metaal van die "misfire" knaldoppies dikker is as die ander knaldoppies wat gewerk het.
Last edited by FHM on Thu Jul 05, 2012 2:12 pm, edited 1 time in total.
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
- Pvdw
- Hero Member

- Posts: 5134
- Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm
Re: PMP Probleme in die algemeen
Manne ek lees die raak vandag op 'n ander forum. Wonder of dit vandag nog geld??
Ek het van 1980 - 1995 by PMP gewerk, oa by die kommersiele ammunisie afdeling. In daardie tyd was die "jagmark" relatief klein, en om kostebesparings mee te bring, is baie planne gemaak en "short-cuts" geneem.
Een daarvan het verseker bygedra tot die vroe? ontstaan van doughnuts (weet nie of dit nog steeds die geval is met die nuwer PMP produkte nie). Daar is van een grootte dopbeker gebruik gemaak om soveel moontlik kalibers se doppe te vervaardig. Maw, uit dieselfde dopbeker, is bv .303, .30-06, .270 en 6mm Musg doppe getrek, dieselfde vir .308 en .243 doppe ook. Die gevolg was dat die wanddikte waar die nek is, waarskynlik korrek was vir die .30-06 doppe, maar te dik vir al die ander kalibers wat ook daarvan gevorm is. Om die regte nekwanddikte vir die ander kailbers te verkry, is gebruik gemaak van 'n "mouth-sizing punch" tydens die afnek proses, wat die korrekte nekwanddikte gegee het.
Dit het veroorsaak dat die materiaal in die skouer gedeelte van die dop veel dikker is as die materiaal in die nek. Tydens die vuurproses vloei die dik skouer materiaal vorentoe, en siedaar, doughnuts! Dit is opmerklik dat die kleiner kalibers van 'n dopreeks meer geneig is om doughnuts te gee, vergelyk die .270 met .30-06, en .243 met .308.
Ander vervaardigers (soos bv. Norma, Sako, Lapua en die Amerikaners, met hul groter markte) het dopbekers wat ontwikkel is vir elke kaliber, om die korrekte wanddikte te lewer na die afnek proses, sonder om dit noemenswaardig dunner te moet "size".
Ek hoop die omslagtige beskrywing werp meer lig op die ontstaan van doughnuts, veral by die "ouer" PMP doppe.
Work to live, don"t live to work
- erx
- Sr. Member

- Posts: 419
- Joined: Thu Jan 13, 2011 9:36 pm
Re: PMP Probleme in die algemeen
Hi manne, kom nou ers op die geprek af.
Ek herlaai self en het al van hulle doppe op 308 meer as 12 keer gelaai sonder probleme.
Ek koop egter glad nie hulle fabrieks ammo nie.
Die komende naweek is dit in Bloem die PMP groeperingskiet.
My vraag is nou, is dit veilig om deel te neem?
Ek wil nie myself of een van my wapens seer maak nie!
Ek het met vorige 2 jaar se kompetisie elke keer n pak Pro-Amm ammo gewen, le nou nog in die kluis.
Hoor graag wat julle se.
Groete
erx

- Hein M.
- Hero Member

- Posts: 3887
- Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm
Re: PMP Probleme in die algemeen
PMP is honnebollie
As julle ouens 'n paar 308 PMP doppe wil stuur sal ek die posgeld betaal
My buurman, wie se honne so blaf, laai nou vir sy 308... Wil hom terugkry met 'n Kersgeskenk!
Mooiloop!
Hein
As julle ouens 'n paar 308 PMP doppe wil stuur sal ek die posgeld betaal
My buurman, wie se honne so blaf, laai nou vir sy 308... Wil hom terugkry met 'n Kersgeskenk!
Mooiloop!
Hein
Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
-
Dawie Malan
- Hero Member

- Posts: 843
- Joined: Fri Aug 03, 2012 11:38 am
Re: PMP Probleme in die algemeen
My skoonpa, wat doktorsgrade in chemie en toegepasde wiskunde het, het vir PMP en Somchem gewerk. Hy sit nou by die huis. Daar is seker nou 'n bediende met 'n sputniek wasmasjientjie wat die kruit daar meng . Dit maak my bang. En as jy met Oom Cassie praat (as hy alleen is en hy kan daardie slag hoor wat jy s?) dan s? hy ook PMP is, soos hy dit noem: " kok !". Nog 'n probleem wat ek het is dat klaargevuurde PMP doppe se headspace so baie verskil dat dit moeilik is om 'n meridiaan te kry.
Sodra ek 'n klomp kabeldiewe opspoor gee ek al my PMP doppe aan hulle.
Lapua - groete
Dawie
Sodra ek 'n klomp kabeldiewe opspoor gee ek al my PMP doppe aan hulle.
Lapua - groete
Dawie
-
johnny
- Hero Member

- Posts: 569
- Joined: Thu Jun 28, 2012 8:29 pm
Re: PMP Probleme in die algemeen
Manne
Al die gebraak help niks, waarom neem mods dit nie op met pmp en gee vir ons terugvoer , al is die terugvoer n klomp bollie, moet se by huntex die naweek was pmp se stand permanent leeg , wonder hoekom,???????????????????
groetnis
Johnny

30-06 Brno, 7x57Manlichter schoenauer, 303 lee enfield, 25-06 Zastava, 223 CZ, .22 brno, .22/410 gamo side, by side, 12 boor pomp, 9mm para, bsa no1 en bsa no2.
-
Hillbilly Andre
- Newbie

- Posts: 3
- Joined: Sat Nov 17, 2012 9:17 am
Re: PMP Probleme in die algemeen
Ek lees met groot belangstelling oor al die probleme wat met PMP ervaar word en ek het hulle almal self ook ervaar met PMP produkte. In die verlede kon hulle enige bollie aan die jagter verkoop en on moes maar vat wat ons kry,want ons was mos internasionaal geisoleer, maar ek is van mening dat die moderne jagter baie meer ingelig is as van ouds en dus meer puntenerig. Daar is ook nou baie meer kwaliteit invoer produkte op die mark beskikbaar en nou sien ons eers watter twak die plaaslike vervaardigers in ons keelgatte afgedruk het. Hierdie is seker een van die grootste skiet verwante sites in SA. Ek vind dit snaaks en teleurstellend dat PMP dit nie waardig ag om op 'n site soos hierdie verteenwoordiging te he nie en ons te antwoord op ons bekommernisse nie.
.177 Gamo CFX; Brno .22LR; .243 Tikka; 30-06 Sako Finbear Delux; .300WM Truvelo; Glock 23 .40 S&W
- Monrique (SJ)
- Hero Member

- Posts: 2296
- Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am
Re: PMP Probleme in die algemeen
Hillbilly
As ek reg onthou is Carl, hoofuitvoerende beampte van PMP n geregistreerde lid op die forum. Maar ja daar is net kom draai na een of 2 dinge wat gepla het en nooit weer.
Groetnis
As ek reg onthou is Carl, hoofuitvoerende beampte van PMP n geregistreerde lid op die forum. Maar ja daar is net kom draai na een of 2 dinge wat gepla het en nooit weer.
Groetnis
- Jacko
- Sr. Member

- Posts: 348
- Joined: Wed Sep 05, 2012 1:19 pm
Re: PMP Probleme in die algemeen
Ek het gister my Howa 30-06 se loop gaan inskiet by Atlantis se baan.
Vir die takie het ek sommer 'n pak PMP 150gr gebruik.
Twee van hulle was dowwerds. Die slagpen het die slagdop hard en duidelik geklap. Ek het selfs die slot herspan en twee, drie keer sneller getrek. FUBAR. Niks.
Die boksie is by die huis. Dink julle dis die moeite werd om vir PMP te kontak met die lot nommer?

Ek dink daai bediende is bevorder en sy is nou verantwoordelik vir die vervaardiging van primers.Dawie Malan wrote: My skoonpa, wat doktorsgrade in chemie en toegepasde wiskunde het, het vir PMP en Somchem gewerk. Hy sit nou by die huis. Daar is seker nou 'n bediende met 'n sputniek wasmasjientjie wat die kruit daar meng . Dit maak my bang. En as jy met Oom Cassie praat (as hy alleen is en hy kan daardie slag hoor wat jy s?) dan s? hy ook PMP is, soos hy dit noem: " kok !". Nog 'n probleem wat ek het is dat klaargevuurde PMP doppe se headspace so baie verskil dat dit moeilik is om 'n meridiaan te kry.
Sodra ek 'n klomp kabeldiewe opspoor gee ek al my PMP doppe aan hulle.
Lapua - groete
Dawie
Last edited by Jacko on Thu Dec 06, 2012 11:03 am, edited 1 time in total.
9mm P Glock 19 (Die Donkerbek)
.177 Diana Panther (Die Wintie)
243 Win Howa (Kleinjan)
270 Win BSA (Death Ray)
270 Win (Assegaai)
30-06 Howa (Pakslae)
"We're paratroopers, Lieutenant. We're supposed to be surrounded."
.177 Diana Panther (Die Wintie)
243 Win Howa (Kleinjan)
270 Win BSA (Death Ray)
270 Win (Assegaai)
30-06 Howa (Pakslae)
"We're paratroopers, Lieutenant. We're supposed to be surrounded."
- Marc
- Hero Member

- Posts: 5966
- Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm
Re: PMP Probleme in die algemeen
JacoJacko wrote: Ek het gister my Howa 30-06 se loop gaan inskiet by Atlantis se baan.
Vir die takie het ek sommer 'n pak PMP 150gr gebruik.
Twee van hulle was dowwerds. Die slagpen het die slagdop hard en duidelik geklap. Ek het selfs die slot herspan en twee, drie keer sneller getrek. FUBAR. Niks.
Die boksie is by die huis. Dink julle dis die moeite werd om vir PMP te kontak met die lot nommer?
Is jy nie bang hulle stuur vir jou nog 20 wat nie wil werk nie, jy gaan net nog lewensjare afsny, onnodig
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7559
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: PMP Probleme in die algemeen
Jaco
Ek kan nie glo jy erken op n openbare platvorm dat jy PMP in jou nuwe geweer geskiet het nie! Waar is die kopskud-knoppie!
Groetnis
Wouter
Ek kan nie glo jy erken op n openbare platvorm dat jy PMP in jou nuwe geweer geskiet het nie! Waar is die kopskud-knoppie!
Groetnis
Wouter
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
- Geno
- Administrator

- Posts: 13645
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Re: PMP Probleme in die algemeen
Wouter Roets wrote: Jaco
Ek kan nie glo jy erken op n openbare platvorm dat jy PMP in jou nuwe geweer geskiet het nie! Waar is die kopskud-knoppie!
Groetnis
Wouter
Wout, hier is hy:

Goed, beter, 6millimeter!
- BLOK
- Hero Member

- Posts: 5982
- Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm
Re: PMP Probleme in die algemeen
Soos die gesegde al voorheen oor Philimon se Patrone gese is, daar is nie probleme met PMP nie mar as daar probleme is dan is dit met PMP
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"
204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
-
Stefan764
- Hero Member

- Posts: 3616
- Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am
Re: PMP Probleme in die algemeen
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
- Jacko
- Sr. Member

- Posts: 348
- Joined: Wed Sep 05, 2012 1:19 pm
Re: PMP Probleme in die algemeen
Marc, Wouter, Geno, Stefan, Blok...
Jammer ek reageer nou eers. Ek was mos weg oor die water. Check nou eers die post.
Hulle het my gebel. Blykbaar is dit my slagpen se skuld... moet die slot uithaal en slagpen en veer uithaal. Dit mag dalk die 'burring' merke of iets dergliks wees.
Nou vra ek: Hoekom het so 8 skote perfek gewerk, gevolg deur 'n storing, gevolg deur min of meer nog 8 perfekte detonasies van primers, gevolg deur 'n storing en nog detonasies?
Gelukkig het ek 100 Nosler doppe en 'n paar honderd Winchester primers. Het sommer vandag Accubonds by S&O in Stellenbosch gaan koop.
Hoop die S365 is nie die "Weakest Link" nie.
Vreugde.
Jammer ek reageer nou eers. Ek was mos weg oor die water. Check nou eers die post.
Hulle het my gebel. Blykbaar is dit my slagpen se skuld... moet die slot uithaal en slagpen en veer uithaal. Dit mag dalk die 'burring' merke of iets dergliks wees.
Nou vra ek: Hoekom het so 8 skote perfek gewerk, gevolg deur 'n storing, gevolg deur min of meer nog 8 perfekte detonasies van primers, gevolg deur 'n storing en nog detonasies?
Gelukkig het ek 100 Nosler doppe en 'n paar honderd Winchester primers. Het sommer vandag Accubonds by S&O in Stellenbosch gaan koop.
Hoop die S365 is nie die "Weakest Link" nie.
Vreugde.
9mm P Glock 19 (Die Donkerbek)
.177 Diana Panther (Die Wintie)
243 Win Howa (Kleinjan)
270 Win BSA (Death Ray)
270 Win (Assegaai)
30-06 Howa (Pakslae)
"We're paratroopers, Lieutenant. We're supposed to be surrounded."
.177 Diana Panther (Die Wintie)
243 Win Howa (Kleinjan)
270 Win BSA (Death Ray)
270 Win (Assegaai)
30-06 Howa (Pakslae)
"We're paratroopers, Lieutenant. We're supposed to be surrounded."
- HennieC
- Hero Member

- Posts: 608
- Joined: Tue Dec 25, 2012 12:22 am
Re: PMP Probleme in die algemeen
Dagse almal
Nadat ek vaoggend hier gelees het, het ek geskrik.
Ek het 100 PMP doppe wat ek herlaai vir my 303. Ek het 48 doppe wat gereed is vir herlaai en het hulle gaan weeg daar is baie verskillende gewigte toe klas ek hulle.
Daar is 7 verskillende gewigte met nog verskille tussen in bv 205 gr is daar wat .1 tot .8
Dit is vreeslik. Reken ek sal maar ander doppe moet kry.

So paar gewere en messe.
-
mariusr
- Hero Member

- Posts: 2995
- Joined: Sat Dec 15, 2012 12:11 am
Re: PMP Probleme in die algemeen
Liewe magtig kerels dis absolut skokkend wat julle hier skryf dis om van naar te word as die in VSA gebeur is die ouens al lankaal in die hof gedraai!Kan nog nie glo wat ek lees nie!?
- FHM
- Hero Member

- Posts: 3887
- Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm
Rapporteer jou probleme met PMP koels hierso
Manne Jakes is n newbie hier by ons en is werksaam by PMP.
Sien pos onder - hy bied aan dat julle PMP probleme aan hom gerapporteer kan word, sit net jou naam en kontak nommer by.
**************************8
Jakes
Newbie
Posts: 11
Re: WEN CZ 550 MEDIUM LUX JAGGEWEER
« Reply #10 on: January 25, 2013, 06:56:18 PM »QuoteCarl Wolhuter (CEO) het die manne van JARACAL wat PMP besoek het gevra om die probleme direk met PMP op te neem, daar is n stelsel in plek om die probleme te ondersoek, julle is welkom om die wapen en ammo te bring vir n ondersoek.
Daar is altyd plek om te leer en te verbeter, ek is elke maandag invergardering met die kwaliteit bestuurder ek sal met graagte enige klagtes rapporteer, stuur vir my die klagte en n kontak nommer.

Last edited by FHM on Mon Jan 28, 2013 12:30 pm, edited 1 time in total.
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
- mobo
- Newbie

- Posts: 7
- Joined: Fri Nov 02, 2012 3:53 pm
Re: PMP Probleme in die algemeen
Ek het met n ou gesels wat n reflex silencer het (die goed skroef mos oop..in 2 stukke) hy het agter gekom dat die PMP Pro Amm se jacket so dun is, die loop se groewe sny die jacket in die loop en los dan fyn stukkies in sy silencer.... 
- Jacko
- Sr. Member

- Posts: 348
- Joined: Wed Sep 05, 2012 1:19 pm
Re: PMP Probleme in die algemeen
Ek het daai Howa se slot uitmekaargehaal (soos die man van PMP verduidelik ek moet doen) en goed bekyk. Daar was geen burring en goed aan die slagpen nie. Maar ek het alles in elk geval goed met die Clean Green geskrop om enige taaiheid af te haal. Toe goed drooggemaak en met Q20 gespuit omdat dit 'n dun olie is. Daarna weer aanmekaargesit.
Gaan more op Atlantis bietjie 165gr Accubonds se ladings ontwikkel met die 30-0Kwes.
Ek vermoed die probleem is opgelos - waarskynlik omdat ek Winchester primers in Nosler-doppe gebruik.

Gaan more op Atlantis bietjie 165gr Accubonds se ladings ontwikkel met die 30-0Kwes.
Ek vermoed die probleem is opgelos - waarskynlik omdat ek Winchester primers in Nosler-doppe gebruik.
Last edited by Jacko on Fri Feb 01, 2013 11:29 am, edited 1 time in total.
9mm P Glock 19 (Die Donkerbek)
.177 Diana Panther (Die Wintie)
243 Win Howa (Kleinjan)
270 Win BSA (Death Ray)
270 Win (Assegaai)
30-06 Howa (Pakslae)
"We're paratroopers, Lieutenant. We're supposed to be surrounded."
.177 Diana Panther (Die Wintie)
243 Win Howa (Kleinjan)
270 Win BSA (Death Ray)
270 Win (Assegaai)
30-06 Howa (Pakslae)
"We're paratroopers, Lieutenant. We're supposed to be surrounded."
-
Carl
- Hero Member

- Posts: 4793
- Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm
Re: PMP Probleme in die algemeen
Ek weet nie so mooi van Q20 nie! Op Riflemansjournal blog gebruik hy hoëdruk ghries vir die slot. Maak net mooi sekerJacko wrote: met Q20 gespuit omdat dit 'n dun olie is. Daarna weer aanmekaargesit.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
- Jacko
- Sr. Member

- Posts: 348
- Joined: Wed Sep 05, 2012 1:19 pm
Re: PMP Probleme in die algemeen
Ek praat nie van die slot se lugs nie. Ek wil die slagpen en veer binne-in goed redelik "droog" hou met 'n dun lubrikasie. 'n Silikon-gebasseerde sneermiddel mag dalk nog beter werk.Carl wrote: Ek weet nie so mooi van Q20 nie! Op Riflemansjournal blog gebruik hy hoëdruk ghries vir die slot. Maak net mooi seker
Ek gaan kyk of daai wit marine ghries wat hulle ook in motors se deurslotaksies en -skarniere gebruik, nie vir die bolt lugs kan werk nie. Dis goedkoop, kom in lekker buisies by plekke soos Builder's Warehouse en dit bemors nie jou hande of klere nie.
Hierdie man gebruik dit ook:
http://thefiringline.com/forums/archive ... 05231.html
I like to use white marine grease so that it wont stain my hands and clothes. I buy it at the auto parts store and I got a 16oz can for $7. I think my children will probably inherit the leftovers.
The general rule of lubrication is: oil for rotating parts, grease for sliding parts that carry a load.
Ligte spuitolie vir slagpen en -veer:
http://www.rifleshootermag.com/2010/09/ ... z2JeHHgsYq
Degrease again, and spray or squirt your lubricant onto the spring and firing pin. I prefer synthetic lightweight lubricants for in-the-bolt application. I have had good luck with Break-Free and Shooters Choice FP-10. Both wick well onto the whole surface of the spring, and cling persistently until you use a degreaser to get them off at some future time.
Last edited by Jacko on Fri Feb 01, 2013 2:15 pm, edited 1 time in total.