Snaakse versoek - diere optrede
-
Fanie
Snaakse versoek - diere optrede
Ek het 'n snaakse versoek en weet nie regtig hoe om dit te formuleer nie.
Die ouens wat met wild boer of tussen die wild beweeg, het julle dalk enige anders-as-normale gewoonte bewegings by van die wild agtergekom of waargeneem ?
Miskien iets soos hulle wei effens anders as voorheen ? of is meer geneig om in 'n ander rigting te wei ? of hulle is geneig om in 'n ander rigting as normaallweg saam te kom ? of hulle drink tye skuif na vroeer of later ?
Dit sal nie noodwendig 'n radikale iets wees nie, maar miskien meer subtiel.
As iemand so iets opmerk sal ek graag wil verneem daarvan. Dit sal nie noodwendig iets wees wat jou aandag daarop sal vestig nie, mens sal dalk spesifiek moet oplet om dit waar te neem. Ek wil amper se dit gaan iets wees soos jy weet nie of jy jou dit verbeel nie maar...
Dit mag ook nie by alle wild noodwendig dieselfde of dieselfde gedrag wees nie.
Dankie

Last edited by Fanie on Thu Jan 03, 2013 8:56 pm, edited 1 time in total.
-
Danie Lombard .243
Re: Snaakse versoek - diere optrede
Gids Fanie
Dit is nou 'n interesante ding wat jy wil he ons vir jou moet waarneem. Ek is daagliks in die veld en al die veld diere doen hul ding soos normaal elke dag. Vanoggend weer gesien hoe twee vlakvarke te lekker lang die draad draf, steenbokke en duikers soos elke dag op hulle plek. Likkewaan vanoggend gekry in die bees gang, tong aan die proe proe vir iets in die lug. Alles lyk heel gaaf en soos altyd by die diere. Ten opsigte van die wei patroon net soos altyd.
Weet jy van iets wat ons van moet weet? Het daar iets met die aarde gebeur intussen?

Beretta
- Hero Member

- Posts: 2954
- Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm
Re: Snaakse versoek - diere optrede
Danie
Dalk n nuwe datum. Het jou hond sy been teen die bakkie se tyre gelug

Stefan764
- Hero Member

- Posts: 3616
- Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am
Re: Snaakse versoek - diere optrede
Oom Fanie. Al wat ek kan aanlas tot jou navorsing is die feit dat die rooibokke by ons baie laat lam die laaste 2x lamseisoene wat ek besig is met die wild. Rooiboklammer word tot so laat as Februarie gebore.
Groete
Stefan
Groete
Stefan
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
-
Beretta
- Hero Member

- Posts: 2954
- Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm
Re: Snaakse versoek - diere optrede
Stefan
Lui ramme

Beretta
Lui ramme
Beretta
-
THOMAST
- Hero Member

- Posts: 1892
- Joined: Mon Nov 08, 2010 11:19 am
Re: Snaakse versoek - diere optrede
Elders het Fanie 'n stelling gemaak oor die magneetveld om die aarde wat besig is om te skuif.
Miskien wil hy sien of die diere al daardeur geaffekteer word?
Miskien wil hy sien of die diere al daardeur geaffekteer word?
-
Fanie
Re: Snaakse versoek - diere optrede
Hallo Almal,
Ek het so bietjie belangstelling by die eienaardige klimaatstoestande wat tans heers, die magnetiese Noord wat so vinnig skuif, die seestrome wat besig is om vloei-spoed te verloor en die wetenskaplike bepaling wat reken dat die aarde alreeds pole moes geruil het. Dan ook die storie dat Nibiru hier verby sou kom (dit was mos die einde van die wereld die 22e Des gewees... behalwe as iemand iets verkeerd bereken het oor die duisende jare en biljoene km's en dit kom eintlik nog... of nie. Jy weet self wat se verskil 'n nul by of te kort op jou bank staat maak).
Sommige diere is mos sensitief vir sekere dinge, soos die swaeltjies wat ingeboude kompassies het en weet waarheen om wanneer te vlieg. Dinge is egter so bietjie deurmekaar. Ons grinadella plant wat veronderstel is om 'n winter ? vrug te wees dra nou heel jaar deur. Vlakvark het elders genoem van die varke wat snaaks optree as ek reg onthou (en hoekom sal Vlakvark weet wat vlakvarke doen
ek sal dit weer soek) en nou se jy Stefan die rooibokke lam laat (oor die ramme lui is). Ons het in die winder duiwe gehad wat broei en het eiers en kleintjies in Junie en Julie gesien. Hulle het natuurlik verkluim en word uit die nes geskop, die' dat ons katte so vet is.
Een oomblik is dit in die 40o warm en die volgende oomblik is dit koud. Gister was bv geweldige hoe humiditeit en baie warm al was dit bewolk. Op die Tv het hulle ook aangedui dat sommige plekke uitsonderlike kwaai sneeu gehad het (en hoe gaan ons winter wees). Ons het mos hier in Pretoria ook sneeu gehad.
Ek doen nie navorsing as sulks nie, dit is maar net interressant as mens bewus word van sekere dinge. Dit kan wel dui op 'n tendens van soorte of verandering wat gaan of besig is om plaas te vind. Die gedagte is egter nie om nou weer spoke op te jaag of iets te begin nie. Ek vra maar net vir interressantheid. Dalk leer ons iets daaruit wat tot almal se voordeel mag wees.
Askies ek las by soos ek daaraan dink.
Ek het so bietjie belangstelling by die eienaardige klimaatstoestande wat tans heers, die magnetiese Noord wat so vinnig skuif, die seestrome wat besig is om vloei-spoed te verloor en die wetenskaplike bepaling wat reken dat die aarde alreeds pole moes geruil het. Dan ook die storie dat Nibiru hier verby sou kom (dit was mos die einde van die wereld die 22e Des gewees... behalwe as iemand iets verkeerd bereken het oor die duisende jare en biljoene km's en dit kom eintlik nog... of nie. Jy weet self wat se verskil 'n nul by of te kort op jou bank staat maak).
Sommige diere is mos sensitief vir sekere dinge, soos die swaeltjies wat ingeboude kompassies het en weet waarheen om wanneer te vlieg. Dinge is egter so bietjie deurmekaar. Ons grinadella plant wat veronderstel is om 'n winter ? vrug te wees dra nou heel jaar deur. Vlakvark het elders genoem van die varke wat snaaks optree as ek reg onthou (en hoekom sal Vlakvark weet wat vlakvarke doen
Een oomblik is dit in die 40o warm en die volgende oomblik is dit koud. Gister was bv geweldige hoe humiditeit en baie warm al was dit bewolk. Op die Tv het hulle ook aangedui dat sommige plekke uitsonderlike kwaai sneeu gehad het (en hoe gaan ons winter wees). Ons het mos hier in Pretoria ook sneeu gehad.
Ek doen nie navorsing as sulks nie, dit is maar net interressant as mens bewus word van sekere dinge. Dit kan wel dui op 'n tendens van soorte of verandering wat gaan of besig is om plaas te vind. Die gedagte is egter nie om nou weer spoke op te jaag of iets te begin nie. Ek vra maar net vir interressantheid. Dalk leer ons iets daaruit wat tot almal se voordeel mag wees.
Askies ek las by soos ek daaraan dink.
Last edited by Fanie on Fri Jan 04, 2013 12:08 pm, edited 1 time in total.
-
Beretta
- Hero Member

- Posts: 2954
- Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm
Re: Snaakse versoek - diere optrede
Manne
Nou net n oproep van n boer gekry hy kla hy se sy henne het hulle eiers onderste bo gele. Wat dink julle kan dit wees +- magnetisme

Hy moet dalk net weer sy henne regop draai voor hulle weer eiers opstoot. Net henne wat regop is le hulle eiers.
Last edited by Fanie on Fri Jan 04, 2013 12:25 pm, edited 1 time in total.
-
Beretta
- Hero Member

- Posts: 2954
- Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm
Re: Snaakse versoek - diere optrede
Fanie
Hy het dit gedoen maar die eiers is steeds onderste bo.

Noord na suid of suid na noord die se hy weet nie meer nie

- Jakkalsgat
- Hero Member

- Posts: 2703
- Joined: Sun Jan 29, 2012 11:14 am
Re: Snaakse versoek - diere optrede
Nou wat is nou eerste, die hoender of die eier en in watter rigting le sy die eiers
Ek wens vir jou 'n rooison met 'n maan wat oor die krans uitkom, 'n lyf vol tequila en antwoorde op die diep vrae!
Groete
Jaco Stander
Groete
Jaco Stander
-
Beretta
- Hero Member

- Posts: 2954
- Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm
Re: Snaakse versoek - diere optrede
Jaco
Van bo na onder van noord na suid dink jy daar is iets fout

Daar is 'n kuur vir daai hoenders, baie ou boereraat.
Jy kap die kop af, trek die vere uit, haal binnegoed uit. kap die pote af.... jy kry die idee. Dan sodra al die bybehore afgehaal is dan sit jy hulle in 'n pot in water wat kook en voeg speserye by om as preserveermiddel tot later te dien.
Dit behoort die hoender probleem finaal uit te sorteer.

- Cz_apie
- Sr. Member

- Posts: 494
- Joined: Sat Mar 17, 2012 5:51 am
Re: Snaakse versoek - diere optrede
By my het die rooibokke hierdie jaar amper n maand vroër gelam - rededelik normaal gereën 
Brno .22
Brno .32
Brno 243
MK4 - 2 303
Atis semi Auto 12Br
Harrington & Richardson 12Br Standard
Star .22 Target Pistol
Tanfoglio 9mm
Uberti Mod 1875 Army 357 Mag
NEF 9 shot .22 Revolver
Brno .32
Brno 243
MK4 - 2 303
Atis semi Auto 12Br
Harrington & Richardson 12Br Standard
Star .22 Target Pistol
Tanfoglio 9mm
Uberti Mod 1875 Army 357 Mag
NEF 9 shot .22 Revolver
- Jan Nel
- Full Member

- Posts: 225
- Joined: Mon Oct 17, 2011 9:48 am
Re: Snaakse versoek - diere optrede
Fanie
Ek dink nie daar is regtig iets ernstigs abnormaal nie, maar elke jaar is daar sekere dinge wat wel anders is.
Voorbeelde van hierdie jaar, wat miskien as abnormaal gesien kan word:
- Rooibokke het begin Desember gelam (so maand vroeg), seker omdat ons baie goeie vroee reen gehad het. Laaste paar jare het dit wel goed gereen, maar heelwat later.
- Baie minder slange - het geen verklaring nie
- Koedoes het deur die jaar gekalf

- Gerhard
- Hero Member

- Posts: 7128
- Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm
Re: Snaakse versoek - diere optrede
Iets snaaks wat ek nou op die Hoeveld gesien het ...
Die kosmos blom nou al in plaas van herfs....

FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
Battlefields of the Escarpment
- Jakkalsgat
- Hero Member

- Posts: 2703
- Joined: Sun Jan 29, 2012 11:14 am
Re: Snaakse versoek - diere optrede
Hi Funny
Ek het nou nie onlangs voels gesien wat agteruit of onderstebo vlieg nie, het wel al 'n vis gesien wat op sy sy swem maar die water was baie vlak. Wat ek nog opgelet het is dat die reen bietjie laat was vanjaar maar ek dink dit maak deel uit van die Elnino verskyning.
'n Interresante ding is dat in 2004 Desember was ons vir 'n vakansie op Koffiebaai en in daardie tyd, ek dink was 24 Des 04 het daai eerste groot Tsoenami mos so alles plat gevee. My punt is daardie jaar was die strand nog mooi op Koffiebaai maar die jaar daarna was die sand baie minder en was ons verlede jaar weer daar en is dit nou 'n strand vol klippe en kan die strand nie meer benut word nie, ek sal bietjie kyk vir fotos, ek het dit iewers met my loopfoon afgeneem.
Ander interresant ding is al die drog wild wat skielik te voorskyn kom, wit Koedoe, Skilder Eland, wit, swart en koper Springbok om nie eers te praat van wit tarentale nie.
Enigste ander snaakse verskynsel wat ek van weet is dat ons huiskat, 'n "bluepoint siamese" nie 'n miaau geleid kan maak nie maar wel 'n waau geleid en as die hond naby haar kom hakkel sy nou skielik want sy maak f f f f f f! Verder gooi my petrol joggies soms sonder rede of verduideliking petrol in 'n diesel voertuig of soos vanoggend "radiator flush" in die petrol om "injectors" skoon te maak maar geen ander snaakse dinge nie.
Dalk moet ons gaan kyk tussen die tekens van die tye of daar nie iewers deur iemand iets voorspel is oor vreemde verskynsels nie

Last edited by Jakkalsgat on Fri Jan 04, 2013 3:52 pm, edited 1 time in total.
Ek wens vir jou 'n rooison met 'n maan wat oor die krans uitkom, 'n lyf vol tequila en antwoorde op die diep vrae!
Groete
Jaco Stander
Groete
Jaco Stander
- grumpy
- Hero Member

- Posts: 2772
- Joined: Wed Sep 14, 2011 10:43 am
Re: Snaakse versoek - diere optrede
Funny,
Het jy weer iets op die radar op getel of frekwensies wat ons nie van weet nie. Het jy dit op HF, VHF of UHF gekry of Microwaves?
Laat weet bietjie dat ek ook kan gaan luister QSL.
Ek hoor net QRM maar niks snaaks nie. Op die HF is die 40m band nogal aan die gang end die Pta repeater is redelik besig maar die manne praat baie politiek oor die lang lem ens.
Lyk my jy moet ander bly plek kry soos ek. Die huis spook, regtig ek jok nie. Ons trek die einde van die maand. Toe ek na Jaco was om Blesbokke te gaan skiet het dit weer gebeur. My vrou hoor geraas, sy gaan kyk en sien niks maar dit lyk soos n wit kat in my herlaai area, sy gaan uit om my seun te roep om te gaan kyk. Toe hulle gaan kyk is daar niks en toe hulle terug stap toe is al 4 bar stoele in die middel van die vloer geskuif sonder n geluid! So 4 weke voor dit is ons in die kamer en hoor ook n geraas. Ek gaan kyk en sien niks. Die volgende oggend toe my vrou vir ons gaan koffie maak toe le die katte se kos voerder aan die ander kant van die kombuis en die kos is uit gegooi. Weer het ek al op die bed gesit en voel hoe die kat op die bed spring agter my, as ek omdraai is daar niks. Dit moet dan die ou bliks-m wees wat ook op die bed kom sit by my. Ek het hom al vertel hy moet sy paai vat en waai maar lyk my hy het nie ore.
Dis een van die redes hoekom ek ook wil trek!!! Die katte staan dan skielik rys hulle hare en hulle begin blaas. Die eerste keer het ek gedink die dingkry n aanval, maar dit gebeur nou gereeld. Selfs die honde wat in my kamer slaap sal le en skielig lig hulle hulle koppe en die ore is op! Dan wil die groot hond uit, maak die deur oop en hy is reguit na my herlaai kamer. Goed is net nie op hulle plekke as ons terug kom nie en die diere is onrustig. Die plek gaan in elk geval verkoop word maar ek trek einde van die maand.
Is dit n snaakse verskynsel!!!!!????
Nee wat, kry jy ook maar ander plek of maak n silent key!! QSL.

- Marc
- Hero Member

- Posts: 5966
- Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm
Re: Snaakse versoek - diere optrede
Gerhard wrote: Iets snaaks wat ek nou op die Hoeveld gesien het ...
Die kosmos blom nou al in plaas van herfs....
In die Noord Vrystaat is dieselfde aan die gaan. Hulle is heel uit hul roetiene uit, mag wees omdat dit goed nat was hier en toe n koue week wat volg. Dink hulle klok is gehop
Het gehoor van n man wat sy avokado boompies nou en dan in die yskas laat oor slaap, so verneuk hy Blykbaar die boompies uit so vier of vyf winters en as hy hulle dus buite gaan uit plant hoef hy nie vyf jaar te wag voor hulle dra nie. Weet nie hoe waar dit is nie, maar dit Klink logies
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
- Marc
- Hero Member

- Posts: 5966
- Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm
Re: Snaakse versoek - diere optrede
O ja, wou nog se my swealtjies se kompasse is nog 100%, hulle is reeds hard aan die vebeter aan die nes. Kom nou al so 6 jaar klokslag terug 
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
-
Fanie
Re: Snaakse versoek - diere optrede
Flukse ramme ?By my het die rooibokke hierdie jaar amper n maand vroër gelam
Koedoes het deur die jaar gekalf
Die kosmos blom nou al in plaas van herfs....
Kan dit wees dat die seisoene bietjie deurmekaar geskommel word ? Dit kan ook moontlik veroorsaak word omdat die aarde bietjie verder uit sy wentelbaan getrek word, soos 'n rek wat dan verder terug sal gaan ook. Ons sal sien wat die' winter gebeur.Ons het in die winder duiwe gehad wat broei en het eiers en kleintjies in Junie en Julie gesien.
Net beste vriende noem my Fanny en net die eh eh eh's noem my Funny. Normale mense noem my maar Fanie, my ouers het my Hemel Fanie !!! genoem en die meisie het my.... nee los liewer.Hi Funny
Kom ek vertel jou gou iets. Die sonkolle op die aarde se atmosfeer wat die band laat werk bereik elke 128 jaar 'n hoogtepunt, en binne hierdie is daar 'n 11 jaar siklus (verklaar dit !?). Bv hier by die 1956/60's rond was daar so 'n hoogtepunt, jy kon blykbaar om die wereld met 'n 5W stelletjie praat dat die ander ou die koek-koek hoorlosie in die huis langsaan hoor tik. Ons is so pas verby een 11 jaar siklus se piek en dit is besig om weer af te neem, daar is geen abnormale aktiviteite huidiglik nie. Die bande wat lyn van sig werk word nie hierdeur beinvloed nie, behalwe vir daai ou wat 'n gaatjie soek vir 'n praatjie met sy maatjie.Ek hoor net QRM maar niks snaaks nie. Op die HF is die 40m band nogal aan die gang
Vinnige tussen enetjie, Hendrik was 'n groot CB fan, langs my gebly, kom altyd so staadig huistoe gery met sy Sjef (Chevrolette) en jy hoor hom 'n myl ver praat, al die dames het hom opgechat insluitende sy vrou. Sy gunsteling bekendstelling was "Wat's jou handle" en sy antwoord was altyd "Nee ek sit met myne in my hand" en dan skater hy van die lekkerkry oor hy almal so vang.
Partykeer waar daar 'n rokie trek is daar 'n vuurtjie. Was netnou by frmlto, 600 000 prmrs gekry en hulle is reeds weg. Wie verwag wat ?maar die manne praat baie politiek oor die lang lem ens
Oor daai katte wat met jou herlaai goed peuter, hang knoffel daar en om jou nek, oppas vir wampaaiers en bel ghostbusters net vir ingeval. Sal my skoonma (180) vra wat se raad hulle het vir sulke goed. Die ou heks sal weet van sulke goeters.
Jakkals, die voels vlieg al jare lank hier by ons agteruit om die stof uit hulle oe te hou. Dit het begin net na die kinders die honde begin byt het. Ons het wel twee neushoring voels wat hier rond is... in die stad ?! Ons het op 'n stadium heelwat kraaie gehad en selfs uile.
Ons s'n ook, maar as hulle trek en die pole ruil om dan is hulle sommer gou weer terug. Hulle gaan dan net so draai vliegwou nog se my swealtjies se kompasse is nog 100%,
Slim plan.avokado boompies nou en dan in die yskas laat oor slaap
Last edited by Fanie on Fri Jan 04, 2013 5:17 pm, edited 1 time in total.
-
Beretta
- Hero Member

- Posts: 2954
- Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm
Re: Snaakse versoek - diere optrede
Jaco
Weet jy hierdie gekleurde bokke waarvan jy praat laat my nou dink. Dit kan dalk n helse uitwerking he op toekomstige ras egte wild. Grumpy jy moet stadig met die laai en die primers jy sal al die katte in Azania klaar skiet man ek hoop jy het vir ons kruit gelos. Ja en die brommers brom nie meer nie. Koop suntan lotion manne koop.

Is dit iets wat spontaan voorkom en nou meer as voorheen, of teel die boere hulle so? Ek weet nie of "reenboog wild" so goed gaan wees nie, al klink dit so.hierdie gekleurde bokke waarvan jy praat
Blouwillegemsbok