Dit is nou al 'n tydjie wat ons toerusting regkry vir lang afstand skiet/oefen. Eers het ons begin deur 'n F-Klas skiet of twee by te woon en sommer saam te skiet op die kort afstande, maar ons wou graag iets anders doen. Ons wou ons eie ding doen en leer hoe om van 'n gewone bi-pod af lang afstande te skiet.
Ons is maar groentjies en leer op elke uitstappie geweldig baie.
Eers was dit tot 600m skiet (8" gong),
http://db.tt/GUEmVI58
en toe spring ons na 1004m ...
http://db.tt/1DD5JUVh
(Die geboue in die agtergrond is leeg met geen mense in die omtrek. Om 'n venue te vind was baie moeilik en daarom is die een ook hoogs geheim
In altwee videos het ek maar die mis skote uitgehaal, daar is op die stadium baie van hulle )
Ons 1000m teiken is 'n 26" ploeg skaar
[img width=400]http://db.tt/1uSEZAiU[/img]
Ek skiet met my 260 AI en my vriend met sy 308W.
Die 308 se koeels is al subsonies by 1000m en tog kon hy ook die gong lui. Die wind mors net so bietjie meer met daai lae BC koeeltjie wat so stap stap teiken toe gaan
Die 308 se 155gr teen amper 2700 fps vat so 2 sekondes om by die teiken te kom en my 260 se 140gr vat so 1.7 sekondes. Die klank van 'n raak skoot vat dan weer so 3 sekondes om terug tot by ons te kom.
Dit is eintlik verbasend maklik en tog baie moeilik om als wat daarmee gepaardgaan baas te raak.

