Hoe ver sal jou verste skoot wees.

Everything regarding Long Range Shooting and Hunting here / Alles rakende Langafstand skiet en jag hier
Post Reply

Nou dat ons weet wie het al hoe ver n bok geskiet. Kom ons kyk wat sal jou verste skoot op n bok wees as jy die vermoens en regte toerusting sou he. Kyk maar onder die posts vir verduideliking

Poll runs till Sat Nov 13, 2055 9:21 pm

Maksimum 300m
14
20%
maksimum 301-400m
17
24%
Maksimum 401-500m
16
23%
Maksimum 500-900m
11
16%
900m plus.
12
17%
 
Total votes: 70

User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Hoe ver sal jou verste skoot wees.

Post by BLOK »

Hierdie toets is maar om te kyk as jy wel die regte opleiding het en die regte toerusting sou he tot jou beskikking. Wat sal jou persoonlike maksimum skoot wees wat jy op n dier sou vat. Baie manne voel dit is oneties om n bok verder as 300m te skiet byvoorbeeld so die persoon sal dan maksimum 300m stem. n Ander persoon bv kan net tot 300m skiet maar voel as hy die regte toerusting sou he en genoeg ondervinding sou hy eties gemaklik voel met n 500m skoot.

Hierdie gaan nie oor die kaliber vermoens jou persoonlike vermoe of wat jou toerusting jou toelaat om te doen nie. Maar wat jy as persoon as anvaarbaar sou reken, gereken alles is op standaard.

Kom ons kyk ek dink hier kan n paar ver skieters uit die kas klim.
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Hoe ver sal jou verste skoot wees.

Post by Eugene »

Dis lekker om te droom!  ;)
Aim small, miss small
Beyers
Hero Member
Hero Member
Posts: 1409
Joined: Tue May 05, 2009 12:41 pm

Re: Hoe ver sal jou verste skoot wees.

Post by Beyers »

Ek werk vir daai 500m. Die geweer en scope kan dit doen, Strelok vir die variables, die rangefinder verg 'n upgrade. Die los moer moet nog bietjie oefen;)
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Hoe ver sal jou verste skoot wees.

Post by BLOK »

Eugene

Almal baklei so oor eties en ek vermoet daar is baie meer manne wat verder sal skiet as 300m. Omdat dit n sensetiewe saak is huiwer baie maar om dit openlik te erken. Hierdie polls wys net die resultate en wys nie wie het waar gestem nie so dit is anoniem. Juis daarom dink ek hier kan n moontlike verassing inle.
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Hoe ver sal jou verste skoot wees.

Post by Eugene »

Blok, ek sal dit kwaai laaik om tot op 2000m akkuraat te skiet. Dink net daai warm gevoel as jy op 2000m 'n coke blikkie kan skiet dat hy hop!  8) 8) 8)

Daar is ongelukkig nog baie werk om te doen en ek moet nog die ideale langafstand geweer aanskaf/laat bou!

Ek sal, met die regte toerusting en vermoe, beslis tot op 500m jag, as die bok regstaan en die toestande perfek is!

Intussen, moenie my wakker maak nie, gaan sit net nog blikkies op 2000m!  ;) ;) ;)
Aim small, miss small
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: Hoe ver sal jou verste skoot wees.

Post by Marc »

Beyers wrote: Ek werk vir daai 500m. Die geweer en scope kan dit doen, Strelok vir die variables, die rangefinder verg 'n upgrade. Die los moer moet nog bietjie oefen;)
Ja nee Beyers, die Moer ook  ;D ;D ;D maar ons kom daar  ;)
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Hoe ver sal jou verste skoot wees.

Post by BLOK »

13 teen 5 Vir verder as 400m skiet, die verassing is sover groter as wat ek verwag het. Geweet hier is n paar langafstand skuts wat net wag om ontwikkel te word. hahaha
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
User avatar
Witpietskiet
Hero Member
Hero Member
Posts: 763
Joined: Wed Jul 14, 2010 1:14 pm

Re: Hoe ver sal jou verste skoot wees.

Post by Witpietskiet »

Ek skiet nou al so jaar en half F-klas (F/TR) en ons skiet elke oefening tot op 900 meter.

Ek het nou al baie gesien hoe maklik kan mens n teiken heel miskien op daai afstand as n man nie wakker is nie.

Maar as ek eendag groot is en nog baie meer ge-oefen het en ek het die regte tools sal ek darem self n skoot wil skiet op n bok op so 900 meter.

My 2c
Jag bly baas.
Groete uit Windhoek
User avatar
swc-tr
Hero Member
Hero Member
Posts: 1519
Joined: Thu Dec 09, 2010 2:01 pm

Re: Hoe ver sal jou verste skoot wees.

Post by swc-tr »

Witpiet
Ek hoop meer van hierdie langafstand skuts volg jou voorbeeld, dan baat almal daarby - meer Bisleyskuts, minder gekweste langafstand bokke! 'n Wen/wen situasie.
Dis 6" agter die kolf wat tel!
"A fool with a tool, is still a fool."
Jean Marais
Hero Member
Hero Member
Posts: 2687
Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm

Re: Hoe ver sal jou verste skoot wees.

Post by Jean Marais »

Hallo Blok

Lekker onderwerp die.

My verste skoot tot dusver was so 310m op 'n Eland in die Vrystaat. Vir my was dit al klaar 'n waagskoot, maar 'n ander jagter het die bok in die pens gekwes, en toe moes ons maar plan sien.

Ek moet s? dat as die blesbokke my so op 350-400m terg, ek al baiekeer lus gekry het om hulle te wys wie's baas, maar my selfvertroue ontbreek nog vir daai skote. Ek oefen nou eers regtig op 300m en 400m tot ek op die afstande darem 'n redelike groep kan skiet. Moet s?, dis nie makilik nie, en miskien moet 'n ou begin kyk na 'n akkurater tipe geweer. Ek is nie altyd seker of fabrieksgewere op daai afstande die akkuraatheid kan lewer wat ons van hulle verwag nie.

Vragie: Wat sou jy beskou as minimum kwalifiserende toerusting t.o.v. wapen, teleskoop, ens. om suksesvolle lang skote te skiet?

Groete
Kolskoot groete!!

Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Hoe ver sal jou verste skoot wees.

Post by Eugene »

Jean Marais wrote: Hallo Blok

Lekker onderwerp die.

Vragie: Wat sou jy beskou as minimum kwalifiserende toerusting t.o.v. wapen, teleskoop, ens. om suksesvolle lang skote te skiet?
Groete
Yip, dit sal goed wees om te weet! Ek hou dop en luister.
Aim small, miss small
Jean Marais
Hero Member
Hero Member
Posts: 2687
Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm

Re: Hoe ver sal jou verste skoot wees.

Post by Jean Marais »

Dankie Ludwig.

Ek dink jy het 'n baie sinvolle manier beskryf om die beperkings van skut/toerusting te bepaal, en dan so te oefen. Dankie vir die advies.

Ek het op 300m met 2liter melkbottels vol water wat ek laat plat l? (m.a.w. ek skiet ba die bodems) begin speel. Die voordeel hiervan is jy weet dadelik as jy raakskiet. Ek het hier agtergekom dat my geweer scope se kruisdrade nie presies vertikaal/horisontaal was nie. Dit het 'n hengse invloed op akkuraatheid. Dis nou reggestel, en op 300m maak hy mooi. 400m en verder is egter 'n perd van 'n ander kleur, en ek sal met jou metode graag wil probeer om te sien of die geweer nog akkuraat is op daai afstand.

Groete
Kolskoot groete!!

Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Hoe ver sal jou verste skoot wees.

Post by Eugene »

Ludwig, ek laaik jou plan, maar daar is twee probleme wat ek voorsien: 1) Die Wet op Vuurwapens 60 van 2000 en 2) My bankbestuurder.

Ek sal nie elke keer 'n vuurwapen kan koop, gaan toets en teruggee (of waarskynlik hou) as daardie kaliber en vuurwapen nie voldoen aan die vereistes nie.

Waar kan 'n mens begin, as in ag geneem word dat 'n ou verder as 600m wil skiet? Watter kalibers en watter make of geweersmede om te bou?

En wat van die res van die goed, sal 'n NF 12-42x56 genoeg wees of het jy meer nodig?

Ek praat maar grotendeels namens my self (en ek weet eks is lui en kan alles op Google gaan kry, maar ek leer eerder uit jou foute uit), maar ek sal graag bietjie meer spesifics wil h?!

Ek luister graag en dankie vir jou moeite!
Aim small, miss small
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Hoe ver sal jou verste skoot wees.

Post by BLOK »

Jean Marais wrote: Vragie: Wat sou jy beskou as minimum kwalifiserende toerusting t.o.v. wapen, teleskoop, ens. om suksesvolle lang skote te skiet?

Groete
Soos Ludwig se kan hierdie van baie afhang. Om mee te begin sou ek eerstens reken jy moet besluit watter afstand is vir jou langafstand, daar n n lewens groot verskil tussen 500meter en 900meter. Tweedens gaan jy moet besluit watter tipe dier jy op die gegewe afstand sou wou skiet. Om n springbok teeneoor n blouwildebees te vergelyk gaan ook n verskil wees. Ek dink as jy hierdie twee besluite geneem het kan jy eers gaan kyk na die res. Help nie jy koop n 338 maar met n 30x scope en al wat jy beoog om te doen is springbokke skiet op 450meter nie. Verder sal jy ook moet kyk hoe jy te werk sou gaan om die toerusting te gebruik. Help weereens nie jy het daai groot kaliber met al die wind, leveling scope en watse gadgets nog by die ding weeg n ton en jy gaan in die berge stap en skiet met hom nie.

So wat ek probeer se dit is baie meer ingewikkeld om jou n presiese antwoord op jou vraag te gee. Wat ek sal voorstel is die selfde as Ludwig, meeste mense se vermoens van hul gewere is baie beter as wat hulle self kan gebruik. Vat maar eers jou eie geweer en kry optimale akuraatheid uit hom op n maksimum afstand. Jy sal verbaas wees hoe akuraat mens kan skiet met min moeite, maar die grootste geheim le by oefen. Soos enage sport as jy nie oefen nie sal jy nie die resultate kan pluk nie.

Om jou n voorbeeld te gee, ek gebruik die 204 Howa, stock standard net self die sneller baie fyn gepolish (so fyn die safety werk nie maar ek gebruik hom nie want ek glo nie aan dit nie) die regte scope. Met genoeg oefen en baie middae en tyd op die skietbaan (1000skote in 3-4maande) kry ek dit nou amper skoot vir skoot reg om op 500m n 150mm gong raak te skiet. Nou dit beteken nie ek kan die kaliber gebruik om mee grootwild te gaan skiet nie(sal seker nie hierdie einde hoor nie), maar die vertroue is daar en sou ek opgradeer na groter kaliber en verder afstande gaan dit my n groter sukses gee.

Ek wag nou vir my 243 ook n Howa se lisensie om goed gekeur te word. Sodra ek hom het sal ek n paar veranderings aan hom doen en met hom die selfde oefening beginne. Met die 243 behoort ek die afstand effe verder te kan rek se 600m op gonge maar dit gaan as ek skoot vir skoot die gonge raak die vertroue gee om op ten minste 450 meter n springbok te skiet.

As ek die 243 baas geraak het is die volgende stap n 6.5x47Lap. waarmee ek lekker met die regte toerusting sal oefen om gemaklik tot op n 1000m te skiet.

Kyk maar ek hoop hierdie help jou, in die tussen tyd sal ek voorstel jy maak soos meeste van ons wat na verder skote streef en lees maar soveel van langafstand skiet op as wat jy kan. Kennis is maar mag.
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Hoe ver sal jou verste skoot wees.

Post by Eugene »

Ludwig, sorry man, ek is weer hier halfpad van die topic af  :-[ Hier topic gaan oor jag en ek vra oor teikenskiet. Ek sal nuwe topic begin oor my navraag op die regte plek!

Dankie in elk geval, ek hoor wat jy s? en dit maak baie sin!
Aim small, miss small
Jean Marais
Hero Member
Hero Member
Posts: 2687
Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm

Re: Hoe ver sal jou verste skoot wees.

Post by Jean Marais »

Blok

Dankie vir jou terugvoer. Wat jy s? maak baie sin, en glo my, ek sal nie op 'n lewendige dier skiet (behalwe as hy gekwes is) as ek nog nie die selfvertroue het om op 'n spesifieke afstand met sekerheid kan doodskiet nie.

Wat toerusting aanbetref dink ek jy's heeltemal reg. Die kortkominge l? baie eerder by die skut as by die geweer.

Ek sal aanhou oefen, nie om noodwendig op die afstande te wil jag nie, maar dis darem lekker as daai melkbottels vol water so ontplof as jy hom op 300m ens raakskiet.

Groete
Kolskoot groete!!

Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Hoe ver sal jou verste skoot wees.

Post by BLOK »

Jean Marais wrote:

Ek sal aanhou oefen, nie om noodwendig op die afstande te wil jag nie, maar dis darem lekker as daai melkbottels vol water so ontplof as jy hom op 300m ens raakskiet.

Groete


Jy moet sien hoe lekker is dit as jy daai gong op 500m stamp en jy sien al hoe swing hy voor dy die dup boor. haha
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
User avatar
Francois Hugo
Full Member
Full Member
Posts: 154
Joined: Wed Jun 16, 2010 11:59 am

Re: Hoe ver sal jou verste skoot wees.

Post by Francois Hugo »

Op die onderwerp moet 'n man darem ook 'n kommentaartjie op lewer!!!

Ek self is maar 'n 300m maksimum klas van jagter om mee te begin. Vir my is die saak die volgende:

Ek dink die skiet self is nie die probleem nie, as die omstandighede dit toelaat soos wind, terrein, kaliber (skut) ensovoorts....... MAAR die probleempie is wanneer daai ou skootjie nie die gewensde doodskoot lewer nie!!!!!

Ek het al daai klas van "onmoontlike" skote geskiet (vir myself so na 400m se omgewing om bogenoemde redes) as daar 'n kwes bok in die rondte is en dan wil ek amper erken dat die doel dan net is om die arme dier plat te kry en so spoedig moontlik te verlos van die ellende.

Die feit is dat as alles in jou guns tel en daar geen negatiewe nagevolge van die ou probeer slaggie gaan wees nie sal ek daai skoot trek!!!!! Enige ou wat daarvan hou om 'n goeie skoot te skiet sal daardie geleenthieid gebruik dink ek? Magtig manne, dink net oor daai storie langs die vuur!!!! Die moontlike hede is erg lekker om aan te dink!!!!

O ja daai skoot moet seker verkieslik iewers in die suide van Namibie of die Kalahari wees, want waar gaan man anders daardie bok so ver kan laat staan!!! Die klas van moontlike jagplek klink my, sal 'n man se hart erg rustig laat klop en die snellervinger mooi rustig laat aftrek!!!! Ai en die jagseisoen is nog 7 maande weg!!!!

Groete uit die Namakwaland manne - lekker topic man !!
Dooie Jakkalse doen nie kwaad nie!!!!
User avatar
swc-tr
Hero Member
Hero Member
Posts: 1519
Joined: Thu Dec 09, 2010 2:01 pm

Re: Hoe ver sal jou verste skoot wees.

Post by swc-tr »

Ludwig wrote:
Eugene wrote: Hier topic gaan oor jag en ek vra oor teikenskiet. Ek sal nuwe topic begin oor my navraag op die regte plek!
Schalk Cullinan (swc-tr) is net die man om daardie vrae van jou te beantwoord.  ;)
Vir die manne wat belangstel in langafstand teikenskiet (spesifiek Bisley), stuur vir my 'n PM, dan bring ek jou in kontak met die regte mense in jou omgewing.
Dis 6" agter die kolf wat tel!
"A fool with a tool, is still a fool."
User avatar
Martin Marais
Hero Member
Hero Member
Posts: 573
Joined: Mon Oct 03, 2011 2:35 pm

Re: Hoe ver sal jou verste skoot wees.

Post by Martin Marais »

Ek wil eendag 'n bobbejaan aanvat op 500 meter aanvat. Die voorwaardes is egter ek wil my teleskoop voor die tyd instel vir hierdie afstand,en die kondisies (wind en Mirage) moet reg wees.
Post Reply