Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Ouens, ek laaik die 270 so erg ek wil net die volgende verklaar:
Al rede hoekom ek die 30-kwes gekoop het, is omdat dit baie ka-ka is om nog 'n 270 te lisensieer. Maar met handloads begin hy al hoe meer beskaaf groepeer.
Maar moenie vir Mev. Jacko vertel dat die 270 nou oraait groepeer nie, oukei?
Met die regte punte (skuus, koeels) kan jy lekker gemsbok jag met ons platskieters. So moenie my verban wanneer die Nul-Kwes kom nie, asseblief manne.
9mm P Glock 19 (Die Donkerbek)
.177 Diana Panther (Die Wintie)
243 Win Howa (Kleinjan)
270 Win BSA (Death Ray)
270 Win (Assegaai)
30-06 Howa (Pakslae)
"We're paratroopers, Lieutenant. We're supposed to be surrounded."
ek het met een leer skiet toe ek kleiner as blouvalkie was
al waar die 0kwes die 308 wen is oor 300m en niemand van ons skiet sommer daai afstand nie dus sien ek nie n rede om een te koop nie 308 skiet net so goed tot op 300m verskil is net as jy herlaai kry jy beter km/L met die 308 want hy vat minder kruit vir dieselfde balistiese vermoee tot op 300m
dis hoekom ek beide het 308 bos en tot op 200m n ding hard slaan en 270 vir vlakte skiet
die ander "flat shooters" soos die 25-06 22-250 243 en 243 ackley is loop vreters hulle vervang lope dan skiet ek nog beide my roere
maar dis my eie opinie en in my geval werk dit anner manne het weer aplikasie vir ander roere
Ontmoet altyd nuwe vriende maar moet nooit die oues vergeet nie
" Shooters do it in any position "
.270Win Brno de Lux Mod ZKK600
.308Win Zastava
CZ85 9mm Para
Taurus .357 Mag 6" barrel
PITSMIT wrote:
al waar die 0kwes die 308 wen is oor 300m en niemand van ons skiet sommer daai afstand nie dus sien ek nie n rede om een te koop nie 308 skiet net so goed tot op 300m verskil is net as jy herlaai kry jy beter km/L met die 308 want hy vat minder kruit vir dieselfde balistiese vermoee tot op 300m
Hoe lekker lag ek nou. Goed gestel.
9mm P Glock 19 (Die Donkerbek)
.177 Diana Panther (Die Wintie)
243 Win Howa (Kleinjan)
270 Win BSA (Death Ray)
270 Win (Assegaai)
30-06 Howa (Pakslae)
"We're paratroopers, Lieutenant. We're supposed to be surrounded."
Ek het een van daardie lope op my .270 wat als eet. Nie eens nodig om met skaal te laai nie stel kruitgooier en laai. Die loop het al 2500 skote deur en ek het 'n nuwe loop klaar laat ream en gepas. Wil toe vanoggend 'n slag na sy groepering kyk. Skiet eers 2skote met 140grBTSP Hornady's om loop warm te maak en toe 5 met 130gr Nosler Btip. Die 2 skote groep 1.4mm en die 5 skoot 130gr groep net onder 9mm. ek het al die volgende koe?ls en ladings geskiet wat maklik groep.
100gr Impalas 56gr S365 16mm -nog net een groep op 100m geskiet
110gr Vmax 54gr S355 Groep maklik onder 20mm en doen selfs beter op 200m maar dan gaan daar 'n valskerm oop
135gr Sierra Match King na my mening die beste .270 koe?l as jy hom nader as 0.5mm aan jou lande kan kry. Met die koe?l teen 3150fps praat die 270 bende saam tot op 1000m [My nuwe loop se reamer het oom Chris juis om die koe?l ontwerp]
130gr Nosler Btip van 52gr tot 56gr groep meeste keer onder 15mm Spoed wissel tussen 3000fps tot 3280fps
140gr BTSP Hornady 51gr baie min groepe groter as 10mm geskiet die koe?l het ek te min gebruik
150gr pmp 50gr s365 om doppie te vorm. Nooit gemeet maar die meeste groepe sou binne 'n een duim blokkie pas
160gr sako koe?l 48gr s365 Erf 100 by iemand wat ek nie ken nie en gebruik om my nuwe Nosler doppe te vorm. Min gate het mekaar gesny maar was baie naby aan mekaar, glo as ek hulle net weg van lande gelaai het sou min mekaar nie gesny het nie.