Ek wil graag 'n versoek insit, of eerder 'n voorstel maak...
Hierdie is seker op die bestuur gemik, maar die lede kan gerus hul opinie gee of darm net se "thums up" of dan "down"
Ek weet daar is klaar die trofeekamer en die taksidermis waar fotos geplaas word, maar ek sou graag 'n afdeling wil he waar die lede enige fotos van hulle behoefte kan plaas.
Ek brand soms om te sien hoe die manne se jagbakkies, stoele en ander toerusting lyk, en ek is seker daar sal nog van diegene wees...
Hierdie gallery moet oop wees vir enige fotos wat passend is vir die forum.
Ek hoop die bestuur kan my help met hierdie een en die sakie verder voer...
Groete
Ponkie


