Uitdun werk gedoen naby Warmbad.

Post Reply
User avatar
G-force
Hero Member
Hero Member
Posts: 2350
Joined: Wed Jul 20, 2011 6:31 pm

Uitdun werk gedoen naby Warmbad.

Post by G-force »

Vir die gene wat dalk sal vra hierdie was nie n jag nie maar n uitdun storie.In engels vir die soutie groenes "THIS WAS NOT A HUNT BUT A NECCESSARY CULLING OF EXCESS GAME".

Mods ek het hier geplaas,as dit in die verkeerde afdeling is vra ek om verskoning,ek was nie seker waar die regte plek is nie.
Geno het n paar manne bymekaar gemaak om te kom help met die uitskiet van 63 diere.
Onderandere Vincehond,Pvdw en seun,G-force en susterskind en  n paar ander manne wat Geno ken (Damian,Hanno ensv).Ons was so 10 skuts gewees.
Die doel was om 18 Sebra,30 blou beeste en 15 blesbooke aftehaal.
Reelings is gemaak om 05h30 bymekaar te kom in Warmbad.So 06h30 het die eertse skote geklap so deur die koue.
Pvdw se lat het die rekening oopgemaak met twee pragtige skote op twee blesbokke.
Daar was twee bakkies wat gebruik was,die een is veld toe,skiet,laai en terug slagraam toe dan gaan die ander uit en herhaal die proses.Om n lang storie kort temaak het ons net voor sononder klaar gemaak en alles geskiet wat moes behalwe een wildebeest.
Die tipe werk klink vir die gewone ou (soos myself) soos n rustige ry en skiet storie.Dit is nie,nie in die minste nie.Ek weet daar is baie manne op die forum van ons wat die jobbie al jare doen en ken en hulle sal weet waarvan ek praat as ek se dit is WERK!
Laai so vyf sebras en bees of so op n bakkie so paar keer deur die dag,ry terug pale toe,laai af.As die diere klaar gelag en voorberei is deur die salg span dan moet die karkasse in daai lorrie kom,netjies gehaak op hulle plekke.Daar sit die werk.Tussen die gewig van die dier,geen vat plek nie,min dak spasie,bloed op die vloer ensv maak dit die storie nogals iets.Ek het daar gesien hoe is n mens as hy moet iets doen wat "effort" behels.Ons het vinnig geleer om saam te werk,daai vleis gaan nie self op daai haak kom nie.Daar was n paar ysters tussen daai jong manne gewees wat nie lui is nie en wat heeltemal hulle kant gebring het en nog meer.Dankie aan julle.
Die slag span van die vleis fabriek was skitterend en mens kan sien dis n kuns wat aangeleer is deur baie ondervinding,sonder so n span sal mens nie regkom nie.
So terloops die kalibers wat gebruik is was 25-06,.308,.243,.223 en .270.
Ek is bebloed en met geskeerde broek eers na 23h30 terug by die huis daai aand.Totaal 19 bosluise so ver van my lyf afgehaal.
Geno maat dankie vir die geleentheid om so iets te beleef.
Hier is n paar fotos van die storie.
[img width=560 height=372]http://i677.photobucket.com/albums/vv14 ... C09468.jpg[/img]
[img width=560 height=372]http://i677.photobucket.com/albums/vv14 ... C09475.jpg[/img]
[img width=319 height=480]http://i677.photobucket.com/albums/vv14 ... C09482.jpg[/img]
[img width=560 height=372]http://i677.photobucket.com/albums/vv14 ... C09486.jpg[/img]
[img width=560 height=372]http://i677.photobucket.com/albums/vv14 ... C09474.jpg[/img]
[img width=319 height=480]http://i677.photobucket.com/albums/vv14 ... C09497.jpg[/img]
[img width=560 height=372]http://i677.photobucket.com/albums/vv14 ... C09524.jpg[/img]
[img width=319 height=480]http://i677.photobucket.com/albums/vv14 ... C09542.jpg[/img]
[img width=560 height=372]http://i677.photobucket.com/albums/vv14 ... C09543.jpg[/img]
[img width=560 height=372]http://i677.photobucket.com/albums/vv14 ... C09540.jpg[/img]
[img width=560 height=372]http://i677.photobucket.com/albums/vv14 ... C09528.jpg[/img]
[img width=319 height=480]http://i677.photobucket.com/albums/vv14 ... C09545.jpg[/img]
Klein klein jakkalsies krap
En daai klein klein jakkalsies maak
Dat ek in my stoel rondkrioel
Is dit hoe n broek vol miere voel?
Vlakvark
Hero Member
Hero Member
Posts: 2325
Joined: Sun Oct 18, 2009 6:30 am

Re: Uitdun werk gedoen naby Warmbad.

Post by Vlakvark »

Dit is On Et-  nou het ek vergeet wat ek wou se  :angel:

Dit is werk maar as jy dit nie elke dag doen nie is dit lekker werk
Mooi G-force  Geno en al die ander manne.Lyk na 'n lekker dag goeie storie en fotos
Image
Image
User avatar
Lourens
Hero Member
Hero Member
Posts: 1179
Joined: Tue Apr 19, 2011 8:09 am

Re: Uitdun werk gedoen naby Warmbad.

Post by Lourens »

Ge en Geno en al die manne wat geskiet het,

Welgedaan en goed geskiet!! Om 63 bokke op een dag af te haal is geen grap nie en dit verg harde werk en goeie samewerking tussen die manne. Ek, Stefaans en Ronald (Kopskoot) het so maand gelede gou 10 sebras gaan afhaal by Setlagole en alhoewel dinge seepglad geloop het was dit alreeds 'n helse werk gewees maar steeds baie lekker, manne wat dit nog nie gedoen het nie verstaan nie wat dit als behels nie!!

Weereens welgedaan manne!!

P.S. Ek hoop nou regtig net nie hier is manne wat weer die hele ding uit verband kom ruk met allerhande stories oor bakkieskiet en etiek ens nie...  :police:

Groete,
Lou
Last edited by Lourens on Mon Jun 11, 2012 11:55 am, edited 1 time in total.
Good, Better, Barnes... Unleaded, Unfailing, Unbeatable...
User avatar
henried
Hero Member
Hero Member
Posts: 2347
Joined: Mon Jul 18, 2011 8:33 pm

Re: Uitdun werk gedoen naby Warmbad.

Post by henried »

Ek is moeg net na een dier slag.... :-X

Goed gedoen julle.
Henrie Degenaar
Life Christian Adventure http://www.lifeca.org
Train to hunt South Africa

"Deo Valente "
User avatar
Vincehond
Full Member
Full Member
Posts: 116
Joined: Mon Jul 18, 2011 2:22 pm

Re: Uitdun werk gedoen naby Warmbad.

Post by Vincehond »

Ge

Ek en Geno moet vir julle wat kom help het dankie se.
Was suksesvol en weereens lekker om so iets met julle manne te deel.

Moet se my rug en arms was n bietjie seer Sondag.

Wat kalibers betref kan ek se dit help baie om so bietjie meer "gun" te he vir daai effens swakker skote.
Ek het vir die eerste keer met 110 Vmax culling gedoen in my 270 en baie baie tevrede.
Ek skiet hulle teen so 3300ft/s en hy mors darm met so pajama donkie en bwb se kop.

Was die jaar verseker moeiliker as laas jaar op dieselfde plaas en het ons gemiddelde skote verdubbel in afstand as jy my vra.

Dankie vir almal wat my en Geno weereens gehelp het en hoop julle het dit geniet.
Dankie vir Geno ook wat weereens al die reelings getref het met die vleis en als.

Groete Vincent
Browning x- bolt 30-06; Howa 375Ruger; CZ 550 Magnum 416 Rigby; Miroku semi-auto .22 long; Brno Delux 308; Astra 357; Savage 22-250 Model 12 FCV; 12 Boor Beretta semi- auto Model A301; Matthews Monster Accelarator
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5023
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: Uitdun werk gedoen naby Warmbad.

Post by Frederik »

Ja nee groot werk maar goed gedoen  ;D
.22lr, 25-06, 7x57, 375 H&H, 458 Lott
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13648
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Uitdun werk gedoen naby Warmbad.

Post by Geno »

G?,
Dankie vir die plasing van die fotos my maat.
Dis 'n plesier gewees om julle saam te vat!

Groete,
Eugene

ns. Bly tog asb tjoepstil oor my vermo? met 'n handwapen  :-X
Last edited by Geno on Mon Jun 11, 2012 12:54 pm, edited 1 time in total.
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
G-force
Hero Member
Hero Member
Posts: 2350
Joined: Wed Jul 20, 2011 6:31 pm

Re: Uitdun werk gedoen naby Warmbad.

Post by G-force »

Geno wrote: G?,
Dankie vir die plasing van die fotos my maat.
Dis 'n plesier gewees om julle saam te vat!

Groete,
Eugene

ns. Bly tog asb tjoepstil oor my vermo? met 'n handwapen  :-X
O JA!Het daai een vergeet.
Ek het hoeka so n foto,as daar n aanvraag is plaas ek dit dalk ;D
Klein klein jakkalsies krap
En daai klein klein jakkalsies maak
Dat ek in my stoel rondkrioel
Is dit hoe n broek vol miere voel?
User avatar
G-force
Hero Member
Hero Member
Posts: 2350
Joined: Wed Jul 20, 2011 6:31 pm

Re: Uitdun werk gedoen naby Warmbad.

Post by G-force »

Vincehond wrote: Ge

Ek en Geno moet vir julle wat kom help het dankie se.
Was suksesvol en weereens lekker om so iets met julle manne te deel.

Moet se my rug en arms was n bietjie seer Sondag.

Wat kalibers betref kan ek se dit help baie om so bietjie meer "gun" te he vir daai effens swakker skote.
Ek het vir die eerste keer met 110 Vmax culling gedoen in my 270 en baie baie tevrede.
Ek skiet hulle teen so 3300ft/s en hy mors darm met so pajama donkie en bwb se kop.

Was die jaar verseker moeiliker as laas jaar op dieselfde plaas en het ons gemiddelde skote verdubbel in afstand as jy my vra.

Dankie vir almal wat my en Geno weereens gehelp het en hoop julle het dit geniet.
Dankie vir Geno ook wat weereens al die reelings getref het met die vleis en als.

Groete Vincent
Vincehond was nice om jou uiteindelik te ontmoet,jy is darem nie so sleg soos wat Geno gese het ;D
Daai .270 van jou het mooi gemaak.As ek dit reg het het die .270 en Geno se 25-06 die meeste werk gedoen?
Klein klein jakkalsies krap
En daai klein klein jakkalsies maak
Dat ek in my stoel rondkrioel
Is dit hoe n broek vol miere voel?
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5134
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: Uitdun werk gedoen naby Warmbad.

Post by Pvdw »

Wat kalibers betref kan ek se dit help baie om so bietjie meer "gun" te he vir daai effens swakker skote.
Ek het vir die eerste keer met 110 Vmax culling gedoen in my 270 en baie baie tevrede.
Ek skiet hulle teen so 3300ft/s en hy mors darm met so pajama donkie en bwb se kop.
Ek het met Vince oor die een gestaan en gesels Saterdag, ek kan getuig van die stelling ;)

Geno en almal wat gere?l het dankie vir die geleentheid. Die tyd en ondervinding wat ek met my seun kon deel was meer werd as baie geld in die bank. Hy het sommer so kort voor die tolhek oppad huistoe al aan die slaap geraak met 'n smile op sy gesig ;D Hy ek ek het BAIE geleer en ek is reeds besig met veranderings aan my geweer setup.

Peet
Work to live, don"t live to work
Ian
Hero Member
Hero Member
Posts: 1003
Joined: Tue Nov 29, 2011 1:16 pm

Re: Uitdun werk gedoen naby Warmbad.

Post by Ian »

Mooi manne, ek weet presies waardeur julle is, geen kinderspeletjies met die Sebras nie.
Post Reply