Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Hoeveel word jy betaal vir die jakke wat jy geskiet het?
Nagfooi en per jak?
Boertjie,
Vra vir Jason hoe betaal die manne aan die kant van die Vaal revier...
Een boer het my darm n tenk petrol se geld gegee vir die jakkalse wat ek die afgelope week geskiet het...
Boertjie
Ek weet dis so bietjie van die topic af, maar ek (en dink ook BLOK) kan net saam met Gerhard stem dat die manne hier in die Noordwes ook nie regtig wil betaal nie. Ek kry ook darem n tenk diesel of so, af en toe.
Groete,
PJ
Jag is 'n voorreg. Geniet en waardeer elke geleentheid.
Op die topic
Ek en BLOK was verlede Donderdagaand uit na n boer hier buite Potch.
Ons het redelik standaard roep gehandhaaf vir so 30 min. Enkel jakkals roep een keer en locator ander keer. Hulle het almal geantwoord. Na so n "Barfight" sessie met n varkie het eers een en die ander ook ingekom. Die laaste een is met n teef roep getroef. Hy het amper die roeper bespring .
O Ja ons het soos ons partymaal maak 2 roepers uitgesit om mekaar te antwoord as locator, reun- en of teefroep gespeel word. Die roepplek het dit ook genoodsaak op die een plek.
Dit het redelik vir ons gewerk. Het 5 so ingeroep en op die ander 3 afgery.
(BLOK jy moet maar byvoeg soos jy goeddink.)
Groete,
PJ
Jag is 'n voorreg. Geniet en waardeer elke geleentheid.
Haha boera,ek en jy kon albei net 2 nagte jag,die ander aande het slegte weer ons terug gehou.ek moet s? dat daai pearston se jakkies nie sommer lekker grade ontvang agv honde daar,speel n hasie dan hoor jy hoe pak die jeckols.ek en jy jag nie nou v?r van mekaar af nie en ons kry darem elke aand ietsie geskiet as die weer net saam speel.
Ek kry nou taamlik jong stelle wat gesig wys op die oomblik,ervaar jy dit ook boera?
Jy kry seker nie kaans vir skiet met daai klomp chicago en rothmans rooi's wat jy so stook nie
Hier kry ek nie jong jakke nie net groottes, SJ sal n foto van tande later opsit.Ek kom ook darem elke aand met iets huis toe.Maar ek is weer op die pad volgende week, nog nie seker waar ek gaan jag nie.Waar is jy nou?
Lyk vir my die jonges is tot bang vir hulle self.
Boera jong ek jag op die grens tussen oos kaap en wes kaap,wil eerder nie name gebruik..ek is bang daar val net dalk n hektar of 2 in die weskaap haha.
Jag vanand so 40 kilos uit graaff reinet uit.
Ek jag maar meestal ou waypoints en van hulle is stelle wat laas jaar oorgebly het en van hulle is nuwe intrekkers...die jong stelle praat sommer mooi op rooi aleen,locator en nog so 1 of 2 ander goedjies. Gisteraand se nader skuif het nie eers verder roep benodig nie. die stel het sommer op hul eie ingedraf toe hulle hoor daar kom n ry ding in die gebied in.
Ek sien jou in steynsburg n?? Jy moet lat weet as jy daar is lat ek ook vas maak,is lus om saam n pel te jag wat nog minder weeg as ek.
Hierdie is jakke wat 6 dae n weet met honde gejaag word, gif word van die bakkie af gegooi, sirenes skree 24 uur 7 dae n week.Dit is hoekom die manne waar hulle net gelos word so baie geskiet kry.Hierdie is nie jou maats nie..
Jason het ook so n stel ontmoet hier by my, vra hom hoe gaan dit.
Ja jong,toe ek op daai een plaas jag hoor mens net hoe gan honde tekere en sirenes fluit.
Jakkelse was maar taai. Bietjie samewerking en daai jakkelse kan dood,LOS net die honde!!!!!ek het oproepe geluister waar die kliente erken het dat hulle honde nooit iets vang nie.is maar hartseer,n jakkels moet nie toegelaat word om so oud soos daai een te word in die karoo nie.
Dis n ou perd daai, baie dinge gesien en ervaar, seker n lorrie vrag lammers ook al deur gewerk
Gister so na 5 het my buurman gebel en se hy het jak langs die pad gesien en 20 voor 6 toe skiet ek hom sonder om te roep, was al sterk skemer en met die lig sy oe opgetel en so 50 van die pad af gekry, skat so 2-3 jaar oud, het gekyk vir die teef vannaand maar die veld is doodstil, nie eers n haas nie, moet ek maar n paar dae wag voor ek weer probeer of wat se julle manne?
Hoe oud is die jakkels?
Jy kan more aand gan en jak aleen of locator speel,as die maat antwoord speel jak kat baklei. Ek Is baie seker die jakkels sal flatout in hol om te loer.
Ek het vergeet om ye se.Die jakke hou nie hul kinders in 1 gaat nie maar 2, so 500m uitmekaar.Die plaas werkers kry gewoonlik 1 gaat en die kleintjies word uitge grou.Gewoonlik kry ek die res.
Wat snaaks was is dat die reun se eiers al buite was.So hulle kry vroeg kleintjies.(Hoe dink jy, wanneer sou hulle kry).Sal more aand die teef aanvat en laatweet.
Boertjie
PS Louis dit is net ek en jy wat die klank het wat hom laat rol het
Boera, ek's nog steeds nuuskierig. Daai ou jakkals se dood het nie dalk iets met die raad hier onder te doen gehad nie?
Louis102 wrote:
.... Een uitsondering waar ek wel 'n alternatiewe roeptegniek sou probeer: 'n Goeie roepplek is dalk in die omgewing waar neste verlede jaar skoongemaak is ... So van middel Mei af kan hierdie plan dalk net werk ... 'n Enkel jakkalsroep en stilte kan hulle dalk net inkry, ek sou selfs oorweeg om geen kos te gebruik nie ....
Skolla, dalk het die ou se balsak iets oorgekom, di? dat die eiers nou buite hang?
Last edited by Louis102 on Sat May 05, 2012 5:03 am, edited 1 time in total.
Louis, ek weet ek is nie die brightste spark in die pakkie nie....
Skolla, dalk het die ou se balsak iets oorgekom, di? dat die eiers nou buite hang?
As dit so is, kon dit seker net die werk van 'n vorige opslag ko?l gewees het.
Nee ek grap net, ek dink Boera probeer vir julle verduidelik dat die man se pere buite die lyf binne die sak is, m.a.w sy magesyn is gelaai en hy was reg om te laat waai...
Ek het geweet daar is jakalse.Hulle is baie skelm.Ek het gestop op staanplek, 15min gewag en hulle het self begin skree.Ek het nog 25min stil gesit en Kaap kruis blaf gespeel.Na nog 20min se stilte het hy ingekom(stadig).Hulle het nie geantwoord nie.
Hier word net weer gewys dat as jakalse so gejaag word en kleintjies gegrou word en ma en pa bly oor, dat hulle net vroeer kleintjies kry.
Ek het ongelukkig nie n foto van sy sak geneem nie.
Ek wonder hoeveel lammers het hy al van die boer gevreet?
So, as jy nie jou jakalse oppas nie, gaan jy vir hulle kos gee.
Aitsa Boera! Die "Kaap Kruis Blaf" s? jy vir my. Mooi, di? klank het sy eerste slagoffer op die kerfstok. Ek sal die klank bietjie toets en sien of ek die selfde goeie resutaat kry. Ek reken / raai die rede vir sukses mag dalk deels ook te doen h? met di? dat jy in hierdie spesifieke omstandighede lang stiltes, slegs die enkel jakkalsroep gebruik het en nie te gou met ander kosklanke tussenin gekarring het nie. Uitstekend! Om so 'n jakkals te uitoorl?, wil gedoen wees.
Oor die knaters van die jakkals wat "buite is", weet ek nie so mooi nie. Ek verbeel my seker dat meeste reun jakkalse se knaters maar buite is, maar het al van hierdie verskynsel gehoor. Ek weet Johan van Schalkwyk (wat saam met Tewis kursusse aanbied) het 'n teorie hieroor. Ek reken, as ek na die data tot my beskikking kyk, dat alle jakkalse wat tussen middel Julie tot einde Oktober kleintjies kry, geen uitsondering is nie. Jakkalse wat vroe?r of later kry is wel uitsonderlik, al sporadies van sulke gevalle gehoor, maar nog nooit bewyse daarvoor gesien nie - dit is dus wel moontlik, maar die uitsondering sou ek reken.
Indien mens dus die 60-62 dae dragtigheids tydperk van 'n jakkalsteef in aanmerking neem, behoort die jakkalse dus volgens wat ek hierbo s?, op die vroegste teen ongeveer middel Mei te begin paar, met die piek van die paar-seisoen iewers in Junie.
Mooiloop en dankie vir die stukkie goeie inligting.
Boera, jammer, ek sal dit nog wil byvoeg: As ek van "paar" praat, bedoel ek die fisiese daad waarby bevrugting of konsepsie plaasvind. Sekerlik begin die jakkals-stelle 'n geruime tyd voor die "daad" hul gebiede merk en skoonmaak, so ek reken die seisoen begin dan eintlik effe vroe?r as wat die teef op fisies hitte kom.
My leke opinie. As ek verkeerd is, help my reg asb.