Wilds afvalle: Maak 'n aanbod

Enige stories/navrae ens ivm nag oes/skiet

Moderator: Global Moderator

Post Reply
User avatar
Berg-Bewer
Full Member
Full Member
Posts: 110
Joined: Tue Mar 23, 2010 9:48 am
Location: Kimberley

Wilds afvalle: Maak 'n aanbod

Post by Berg-Bewer »

Hallo Almal

Ons het 'n groot oes wat afkom in die Bloemfontein omgewing oor die tydperk 10 - 13 April 2012, en deel van die ooreenkoms is dat ons alle afval moet verwyder, bedoelende
Koppe, Pote en Pense! Dit sluit nie die Hartslag (Lewer, Longe en Hart) in nie. Ons sal selfs ook die Niere ingooi by die pakkie. Die totale is as volg: 300 x Swartwildebees, 300 x Blesbok en 300 x Springbok!
Enige een wat belangstel epos my asb jou aanbod as volg:

Swartwildebees x R?.?? / kop (Sluit in Pens, Pote, Kop, en Niere)
Blesbok x R?.?? / kop (Sluit in Pens, Pote, Kop, en Niere)
Springbok x R?.?? / kop (Sluit in Pens, Pote, Kop, en Niere)

Wild word per Helikopter ge-oes oor 'n tydperk van 4 dae en u sal self arbeid moet voorsien vir die uitskut van pense, asook die laai en vervoer van die afvalle! Alle pense, koppe, pote, ens sal in aparte hope by ons veldslagpale gepak word en afhangende van die temprature sal u dienooreenkomstig die laai en verkoeling van hierdie afvalle moet koordineer. U aanvaar ook aanspreeklikheid sodra gelaai. Betalings is kontant alvorens enige voertuig toegelaat sal word om te ry! Geen uitsonderings nie.

Die wat belang stel, kan hul aanbod voor of op 23 Maart 2012 aan my epos by bruwerbj@telkomsa.net.
Op toekenning van die besigheid sal van u verwag word om 'n memorandum van ooreenkoms te onderteken in die verband!
Nog groot oeste gaan volg later in die jaar, so daar is ander of toekomstige voorsienings moontlikhede!

Groete Berg-Bewer 
Zack Benade

Re: Wilds afvalle: Maak 'n aanbod

Post by Zack Benade »

Hallo Berg-Bewer

Ek wil nie dom klink nie maar ek gaan dit vra. ??? ???
Wat doen 'n persoon met die Kop, Pote en pense op hierdie groot skaal?

Groete
Zack
User avatar
BRNO (Pierre)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4054
Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am
Location: Moreleta Park; Pta

Re: Wilds afvalle: Maak 'n aanbod

Post by BRNO (Pierre) »

Mag ek dalk vra dat jy vir ons stadsjapies meer vertel van so n tipe operasie. Hoeveel skuts is daar, hoeveel helikopters hoeveel skote word geskiet ens. ens. ens.? Oor hoe groot area word ie diere afgehaal en waarom, indien die rede anders is as vleis wat verkoop moet word?

Dit klink onttrend asof mens op n paviljoen kan gaan sit en die skouspel kan dophou.
Veiligheid eerste manne!
User avatar
Berg-Bewer
Full Member
Full Member
Posts: 110
Joined: Tue Mar 23, 2010 9:48 am
Location: Kimberley

Re: Wilds afvalle: Maak 'n aanbod

Post by Berg-Bewer »

Hallo Zack en Brno.06

Dalk is iemand in die smous / vleis / afval bedryf wat die geleentheid kan gebruik om 'n paar randtjies te verdien. Volgens ooreenkoms moet ons alles verwyder, ons het egter nie die tyd of uitrusting, koelkamer, ens om die afvalle te skuif nie, so die oplossing is om te sien of daar nie iemand is wat dit kan verwyder en ons altwee word gehelp!

Gewoonlik 2 skuts vir die chopper, 1 chopper, en 5 Bakkies / voertuie, 2 Koeltrokke (14ton), 2 slagrame met 'n kapasiteit vir so plus minus 150 grootwild karkasse en 300 kleinwild karkasse. Elke voertuig het 4 arbeiders, waarvan 1 ook 'n slagter is + 5 slagters by slagraam. 7 x Etrex 10's. Chopper spoor wild op en radio hoeveelheid voertuie om nader te kom na gelang van die hoeveelheid bokke, ens. Afhanhende van aanvoelbare temp, terrein en verkoeling word daar tussen 10 - 15 Swartwildebees ge-oes per gps, afgegee vir die 1ste voertuig en 2 de gps word geskiet, afgegee, ens. Klienwild so tussen 20 tot 40. Omstandighede bepaal dit maar! Soos die bakkies klaar maak, laai hulle af by slagraam, en slagters begin met onwyding (kele reeds gesny in die veld) en die res van die veld slag proses. Moeilike terrein word die wild 'n bietjie uitgedruk om optel / "recovery" makliker te maak en risiko's te verlaag. In dien die voertuig weer in lyn is voor die laaste bakkie sy gps kry, word daar vir hom nog 'n gps geskiet, ens. Indien die temp 'n risiko is, word daar slegs een gps per voertuig geskiet, chopper gaan terug slagraam toe en ek of my broer hanteer die slagraam en prep alles sodat daar slegs geweeg en gelaai kan word. Ons deel die bokke in 2 groepe en laai altwee koeltrokke met die helfte van wat geskiet is om die wild so gou moontlik onder  grade celcius binne 24h te kry. So word die proses herhaal. Plus minus 200 - 250 Swartwildebees per dag kan gedoen word en sowat 300 - 400 kleinwild per dag. In die geval moet ons ten minste 225 koppe per dag oes. Ons gebruik 'n 12 boor Semi Auto Beretta met NR1 vir Springbokke, AAA vir Blesbok en Swartwildebees. Gemiddeld 1.5 tot 1.8 skote per dier.  Dit is staats grond en die getalle is te veel, so hulle moet afgehaal word volgens hulle bestuursplan!

Groete Berg-Bewer 
User avatar
Sarelss
Full Member
Full Member
Posts: 217
Joined: Wed Jan 05, 2011 10:18 am
Location: Pretoria

Re: Wilds afvalle: Maak 'n aanbod

Post by Sarelss »

Sjoe julle gaan besig wees...
ss
.22 Brno
.22 Krico
243 Sako
308 Sako
308 Bowning BLR
300 H&H Magnum FN
30-06 Howa
303 Lee Metford
375 FN
12B Baikal
9mm P CZ75
Zack Benade

Re: Wilds afvalle: Maak 'n aanbod

Post by Zack Benade »

Dankie Berg-Bewer vir die mooi uiteensetting.  Dis harde werk.  Elkeen het sy ou job om te doen.

Groete
Zack
User avatar
Vincehond
Full Member
Full Member
Posts: 116
Joined: Mon Jul 18, 2011 2:22 pm
Location: Windhoek

Re: Wilds afvalle: Maak 'n aanbod

Post by Vincehond »

Sterkte ek ken daai werk en glo my dis harde werk.

Het self n klomp oeste op hande hier in die bosveld en dan raak die herwinning van die karkaste nog n groter probleem.

Groete Vince
Browning x- bolt 30-06; Howa 375Ruger; CZ 550 Magnum 416 Rigby; Miroku semi-auto .22 long; Brno Delux 308; Astra 357; Savage 22-250 Model 12 FCV; 12 Boor Beretta semi- auto Model A301; Matthews Monster Accelarator
Triple2
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 352
Joined: Wed Sep 22, 2010 6:03 pm
Location: Graaff-Reinet

Re: Wilds afvalle: Maak 'n aanbod

Post by Triple2 »

Zack Benade wrote: Hallo Berg-Bewer

Ek wil nie dom klink nie maar ek gaan dit vra. ??? ???
Wat doen 'n persoon met die Kop, Pote en pense op hierdie groot skaal?

Groete
Zack
Zack
1ste ding wat jy doen is gooi al die koppe weg wat pap is, dan raak die skaal baie kleiner. :laugh:
Devan Lötter
.22 LR Winchester; .222 Rem Sako; .45 ACP Norinco; 12 Br Remington 11-87; .308 Win Howa
User avatar
Berg-Bewer
Full Member
Full Member
Posts: 110
Joined: Tue Mar 23, 2010 9:48 am
Location: Kimberley

Re: Wilds afvalle: Maak 'n aanbod

Post by Berg-Bewer »

Hallo Da

Weet enige iemand van Krokkedil- en of Leeuplase naby Bloemfontein en kontak nr's asb van hulle?
Indien enige iemand weet of iemand sal belangstel in die afvalle (Kop, Pote, Pens - derms, ens) vir 'n leeu- of Krokkedilplaas, kan hulle my kontak asb. Hulle die genoemde alles verniet / mahala kry, hulle moet dit net self daagliks verwyder!

kontak my by: bruwerbj@telkomsa.net of 082 808 4723

Groete Berg-Bewer
User avatar
Rooies
Hero Member
Hero Member
Posts: 587
Joined: Fri Mar 06, 2009 9:26 pm
Location: Douglas N-Kaap

Re: Wilds afvalle: Maak 'n aanbod

Post by Rooies »

Jaco

Gedink ek sien jou laas vrydag by die jakkals aand skiet op Marrick.

groete
Carel
243 Howa]
308 Howa] Die tweeling
12 Br Robert Huges
38sp Rossi



"Forgive your enemies, but never forget their names."
User avatar
Berg-Bewer
Full Member
Full Member
Posts: 110
Joined: Tue Mar 23, 2010 9:48 am
Location: Kimberley

Re: Wilds afvalle: Maak 'n aanbod

Post by Berg-Bewer »

Hallo Carel

Ja man ek wou bitter graag daar gewees het, maar hoe s? hulle "Plig voor Plesier"
Hopelik sien ek jou by die volgende een!

Groete Jaco
Post Reply

Return to “Nag oes/Culling”