Koe?ls vir Howa 30-06

Post Reply
engels
Newbie
Newbie
Posts: 20
Joined: Mon May 31, 2010 6:14 pm

Koe?ls vir Howa 30-06

Post by engels »

Goeie dag. Is daar manne wat ook 'n Howa het wat vir my 'n suksesvolle koe?l(punt) vir bogenoemde geweer kan voorstel. Ek het nou onlanks die geweer gekry en het Hornady 180 gr Interlock probeer sonder sukses met groeperings op papier. Ek was wel suksesvol met 110 gr. VMax maar ek soek 'n swaarder koe?l vir die bosveld jag. Baie dankie Nico
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Koe?ls vir Howa 30-06

Post by tripodmvr »

Wat is die groefdraai (twist) op die geweer. As dit  1 : 12 is kan dit 'n moontlike verklaring wees. Probeer 150gr koeels en kyk of jy daar akkuraatheid kry. Premium 150 greiners is voldoende vir die jag van die meeste wild in SA.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
engels
Newbie
Newbie
Posts: 20
Joined: Mon May 31, 2010 6:14 pm

Re: Koe?ls vir Howa 30-06

Post by engels »

Dankie vir die raad. Die loop is 'n 22" loop met 'n 1 tot 10 "twist" wat veronderstel is om die swaarder koe?ls eerder te stabiliseer. Wat baie snaaks is dat die 110gr Vmax baie maklik gestabiliseer het nadat omtrent almal ges? het dat ek baie gaan sukkel, selfs die eienaar van VLT het dit bevestig. Sal maar gaan kyk by die 150 grein
ablm468

Re: Koe?ls vir Howa 30-06

Post by ablm468 »

Engels

Ek het die groepering met Hornady Interlocks 180gr geskiet op 200m met my Brno 30-06. [img width=560 height=420]http://i1111.photobucket.com/albums/h46 ... 06200m.jpg[/img]


Ek is nie nou by die huis nie, kan die lading onthou nie maar skiet so ongeveer 2650fps met S365.

Ek dink soms hou 'n geweer nie van 'n punt nie maar soms moet mens ook net speel met die ladings dan kom hy reg.

Sien jy is nuut op die forum, soek onder die herlaai afdeling vir ideale ladings vir 30-06, daar sal jy ook goeie tips kry tov ladings, punte ens.

Ek het ook al goeie groepe met pmp pro amms 180gr gekry sowel as met Hornady Interbonds, probeer hulle almal, almal is goed vir die bos.
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Koe?ls vir Howa 30-06

Post by tripodmvr »

Jy moet miskien jou pogings hier weergee dat ons kan sien wat jy al probeer het met die 180 greiners. Gee ladings en groepgrootte. Die 22 duim loop bring sy eie dinge ook mee.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
Post Reply