Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
en ek weet, ek weet, magnum beteken groot graas en groot skop maaaaaar
300WM.
Ek het hom nog nooit op die jakkalse nodig gekry nie, hierdie hier by ons is maar skralerig maar oppie bokke werk hy kwaai.
Daai roer skop amper niks, ek skiet hom heeldag sonder deep heat.
Maar ek moet net erken daars niks fout met n 243 nie, ek wou net bietjie hoor wat julle andwoord op daai een.
Eendag as ek ek so laaaang duk loop op my 243 draai sal ek seker bietjie meer vertroue op daai lang skote he. Op die stadium skiet hy skiet hy net oraait en nie besonders nie. Ek voel dat so ekstra 200fps op die 70 of 80 greiners hom sal goed doen (AI).
Taffie jy kan daai 270 maar inruil op n magnum. Jy ry hoeka nou al n Toyota en 2009 is nog nie eers verby nie.
..ek sal hom net eers moet soek. Het hom gekry toe ek nog 'n laaitie was en het nog nie die eerste boks(20's) patrone klaar geskiet nie. Het maar altyd met die 308 gegooi en het nou eers aansoek vir die three ou eight gedoen. Nog op my pa se naam. As jy van 'n roer wil praat, praat van 'n 308.
Ek dink die meeste van ons, ek ingesluit, heg te veel waarde aan die grootte van die gat wat die koeel maak. Ek het self so paar jaar gelede 'n 375H&H gekoop en geniet hom, maar tot op hede kon ek nog nie 'n koedoe dooier skiet met hom as met 'n 243 of selfs die paar wat ek met 22-250 geskiet het. Almal was ewe veel dood. Bottom line is, ongeag die grootte van die gat, hy moet op die regte plek wees anders help dit niks. Taffie die lekkerste geweer wat ek ooit gehad het was 'n 308 ackley(ongelukkig verkoop), so ja ek stem saam met jou. Ek dink dis een van die mees onderskatte kalibers.
Taffie
ja, ek hou ook baie van n 308. Ek het n Sako raakgeloop wat baas soek, gedink my seun sal kan werk met hom.
Kruger
daars mos nie fout met n groot gat nie, solank mens kan eet tot teen die gat. (Oppie regte plek soos jy se)Die groot kalibers mors nie so baie vleis nie en hy val darrem lekker. Nie dat hy nie lekker val met die 22-250 of 243 nie, dis net vir party ouens n passie om die groot kalibers te skiet.
Vertel bietjie van die 308ackley, ek ken hom nie.
JANJAK
308 ugly glo my vandag as amateur jagter en skieter en wat jy ook al wil noem, maar op n 308 wat jy laat uglifiseer wen jy tikerol boggerol chiekerol , al wat jy wen is jy wen n prys vir die ekstra geld wat jy uitgee om of n die te koop of reg te laat sny jou ou die. en dan wen jy nog n blik kruit om al jou doppe uit te blaas en dan te begin skiet.....
So as jy nou wil geld mors laat uglifiseer nou n 308.... dis tydmors geldmors... IN MY EIE TWEE OGE ...
BV. 308 met 150 gr punt skiet met 45 gr 335 2850 voet per sekond.
as jy hom aglifiseer ... gaan jy dalk 48 of 49 ag noem dit 50gr 335 inkry en dan gaan jy 2900 voet per sekond skiet...
En dit het ons eendag op skietbaan met omtrent die eerste 308 ugly getoets (in bloem) ek wil my verstout om te se hulle het hom hier die naam gegee van die 308 BCR.....
Dalk is hier kenners wat van my mag verskil, ma dis net my ervaring .. So Japie as jy wil geld en tyd mors doen daai ugly dingetjie nou hoor....
Ek is ook stout vir n 308 so as daai sako n baas soek .....bel my asb...
Jacques,
ek hoor jou. Ek sal nie die AI ding doen nie, hys mooi nes hy is.
Ek is daai Sako se nuwe baas maar ek weet van nog 2 Sakos -een is n 308 en die ander 30-06.
Skree maar dan stuur ek die info.
Jakes wat is fout met die 30-06? Dis my eerste roer waarmee ek wild begin jag het en ook die eerste roer wat vleis huis toe gerbing het. Ek het baie respek vir die springfield hy skiet lekker, vinnig, en raak. Het baie kenmerke van die 308 maar net so "bietjie" meer poeier...
intercooler wrote:
... praat jy altyd so baie op aldie Forums ...
Bly om te sien jy het ook 'n opinie. Praat bietjie meer, dat ons kan weet wat daar in jou kop aangaan. Dit sou nogal vervelig gewees het as almal stilgebly het en net wou lees sonder om 'n opinie te lig. Ek geniet Jakes se insette baie (al dink ek hy praat soms tjol) en hoop nie hy gaan hom deur jou laat afsit nie.
Daar is 'n paar sensitiewe lesers, insluitend skoolkinders wat lede van hierdie forum is, so ek sal nie verbaas wees as die manne wat se name in dik blou letters geskryf word, jou vra om die taalgebruik so bietjie te temper nie.
So, ek hoop jy het opinies wat wyer strek as om ander mense te kritiseer. By my sal dit meer respek afdwing as jy die manne op die inhoud van hulle skrywes aanvat, eerder as om persoonlik te raak. Aan die ander kant is dit weereens net my opinie.