Wag om te hoor van die kenners.
Hoeveelheid patrone en kruit in jou besit?
-
FE
- Hero Member

- Posts: 566
- Joined: Sat Jul 02, 2011 10:21 pm

Ek weet nie of die vraag al gevra is nie, maar wat is die maksimum patrone per kaliber wat jy in jou besit mag h? as jy 'n toegewyde jagter/ sportman is? Het ook gehoor jy mag net 2.4 kg kruit in jou besit h?? Beteken dit dat al die kruit net soveel mag wees, of is dit die hoeveelheid per soort bv.S335?
Wag om te hoor van die kenners.
Wag om te hoor van die kenners.
Born to hunt, but forced to work!
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Hoeveelheid patrone en kruit in jou besit?
Totale kruitbesit is 2,4kg.
Toegewyde jagter - onbeperkte hoeveelheid ammunisie in totaal.

.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- Cobus(Cobb)
- Hero Member

- Posts: 4248
- Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm
Re: Hoeveelheid patrone en kruit in jou besit?
kruitblik =0,5kg....5blikke is 2,5kg.....ek moet dus 100g wegmoer om wettig te wees....wie maak die wette?dink hulle nie??
Cheers.
Cheers.
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)

IndianLima
- Newbie

- Posts: 43
- Joined: Mon Jan 24, 2011 8:35 pm
Re: Hoeveelheid patrone en kruit in jou besit?
Sover ek weet is dit 2,4kg kruit maar slegs 200 rondtes ammunisie per lisensie al het jy toegewyde status. Die toegewyde status laat jou slegs toe om aansoek by die polisie te doen vir "application for authorization to possess more than 200 rounds of ammunition" via vorm SAPS540.
Ek was ook al gestop met meer as 200 rondtes in my besit en hulle het nogal gevra hoekom het ek so baie ammo, maar sodra hulle hoor dit is vir sportskiet is hulle tevrede. Ek weet dus nie of die wet altyd by die polisie man oop die pad uitkom nie...
Ivan

HUNTER
- Full Member

- Posts: 178
- Joined: Mon Oct 18, 2010 8:39 pm
Re: Hoeveelheid patrone en kruit in jou besit?
Daardie belaglike wet oor die kruit kom nog uit die tyd voor ons na die metrieke stelsel oorgeskakel het. Is nog nooit aangepas en dit sal seker ook nie nou meer word nie. Handelaars word ook beperk op die gewig kruit wat hul mag aanhou en dit maak dit baie duur om voorraad te laat aflewer agv die beperking op hoeveel jy mag aanhou.
Groete
Hunter
Groete
Hunter
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7559
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: Hoeveelheid patrone en kruit in jou besit?
Manne
Julle is reg oor die kruit maar daar is nie n beperking op die hoefeelheid aminusie onder toegewyde status nie.
Groetnis
Wouter

RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
-
FE
- Hero Member

- Posts: 566
- Joined: Sat Jul 02, 2011 10:21 pm
Re: Hoeveelheid patrone en kruit in jou besit?
Nou hoe maak ons as jy meer as een kruit nodig het?
Born to hunt, but forced to work!
- Christo
- Hero Member

- Posts: 3312
- Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm
Re: Hoeveelheid patrone en kruit in jou besit?
Sien nie of jy al vrou het, maar sy kan ook 2.4kg he met net een lisensie. Dan is jy geholpe.FE wrote: Nou hoe maak ons as jy meer as een kruit nodig het?
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
- Pvdw
- Hero Member

- Posts: 5134
- Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm
Re: Hoeveelheid patrone en kruit in jou besit?
Presies wat ek doen, so ons het wettig 4.8kg. Dit help baie.maar sy kan ook 2.4kg he met net een lisensie. Dan is jy geholpe.
Geleentheids jagter/sportskut 200 rontes per kalibber en 2400 slagdoppies in totaal.
Toegeweide jagter/sportskut onbeperk op rontes en slagdoppies maar mag slegs 5000 slagdoppies op 'n slag vervoer( die slagdop vervoer het manne by Frontier my vertel)
Peet
Work to live, don"t live to work
- baboonstalker
- Hero Member

- Posts: 692
- Joined: Wed Aug 25, 2010 8:37 pm
Re: Hoeveelheid patrone en kruit in jou besit?
Ek is weer onder die indruk dat jy slegs 500g kruit per lisensie mag besit met 'n maksimum van 2.4kg
Onbeperkte hoeveelheid rondtes onder toegewyde status.
Nou wonder ek, as jy nie vir 'n wapen aansoek gedoen het as sportskiet wapen, maar jy het wel sportman status, of hulle jou weer kan beperk tot 200 rondtes vir daardie geweer?
Iemand moet maar vir George Nel of Martin Hood geintereseer kry in brobleemdier beheer, ons kort so iemand op die forum!
BS
Onbeperkte hoeveelheid rondtes onder toegewyde status.
Nou wonder ek, as jy nie vir 'n wapen aansoek gedoen het as sportskiet wapen, maar jy het wel sportman status, of hulle jou weer kan beperk tot 200 rondtes vir daardie geweer?
Iemand moet maar vir George Nel of Martin Hood geintereseer kry in brobleemdier beheer, ons kort so iemand op die forum!
BS
-
FE
- Hero Member

- Posts: 566
- Joined: Sat Jul 02, 2011 10:21 pm
Re: Hoeveelheid patrone en kruit in jou besit?
Christo,
Wil my voorkom daar is tog voordele as jy getroud is, al is dit net om meer kruit aan te hou

Wil my voorkom daar is tog voordele as jy getroud is, al is dit net om meer kruit aan te hou
Born to hunt, but forced to work!
-
FE
- Hero Member

- Posts: 566
- Joined: Sat Jul 02, 2011 10:21 pm
Re: Hoeveelheid patrone en kruit in jou besit?
Manne was gou by die mees behulpsame
in Bloemfontein wat wapen lisensie betrek. Hy se daar is nie so ding soos onbeperkte hoeveelheid ammo op toegewyde status nie
Born to hunt, but forced to work!
- Arnold
- Hero Member

- Posts: 8010
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Re: Hoeveelheid patrone en kruit in jou besit?
Meeste van die polisie ken nie die wet nie!
Last edited by Arnold on Tue Nov 01, 2011 2:55 pm, edited 1 time in total.
-
blaser
- Hero Member

- Posts: 1609
- Joined: Mon Nov 08, 2010 1:42 pm
Re: Hoeveelheid patrone en kruit in jou besit?
FE
hy mag mees behulpsame wees maar ook dom en oningelig
hy mag mees behulpsame wees maar ook dom en oningelig
- Arnold
- Hero Member

- Posts: 8010
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Re: Hoeveelheid patrone en kruit in jou besit?
Om die ouens bietjie te toets moet jy hulle vra of jy vir 'n 5.5mm (nie .22) windbuks 'n lisensie nodig het ... kyk hoe draai die rook dan.
-
FE
- Hero Member

- Posts: 566
- Joined: Sat Jul 02, 2011 10:21 pm
Re: Hoeveelheid patrone en kruit in jou besit?
Dankie,
Ek weet hulle sal nie sommer kom kyk wat aan gaan nie, maar wil nou nie onnodig met 'n
stry kry by my huis nie.
Ek weet hulle sal nie sommer kom kyk wat aan gaan nie, maar wil nou nie onnodig met 'n
Born to hunt, but forced to work!
-
stf
- Full Member

- Posts: 169
- Joined: Sat Sep 05, 2009 6:37 pm
Re: Hoeveelheid patrone en kruit in jou besit?
Hier is die regulasie:
Beheer van ammunisie en vuurwapenonderdele
Aansoek om magtiging vir besit van meer as 2 400 slagdoppe en besit van meer as 200 patrone
74. Die houer van ?n lisensie om ?n vuurwapen te besit, buiten ?n toegewyde jagter of toegewyde sportpersoon, wat meer as 2 400 slagdoppe wil besit, of meer as 200 patrone wil besit vir ?n vuurwapen waarvoor hy of sy ?n lisensie het, moet by die Registrateur aansoek doen vir die goedkeuring wat beoog word in artikel 91(2)(a) en 93(2)(a) van die Wet in die vorm wat voorgeskryf is in Aanhangsel ?A? welke vorm by die betrokke Aangewese Vuurwapenbeampte ingedien moet word.
Wet 60 van 2000
Art 91 Beperkings op besit van ammunisie
(1) Die houer van 'n lisensie om 'n vuurwapen te besit in Hoofstuk 6 bedoel, mag nie in besit wees van meer as 200 patrone vir elke vuurwapen ten opsigte waarvan hy of sy 'n lisensie hou nie.
(2) Die beperking in subartikel (2) is nie van toepassing nie op-
(a) 'n toegewyde jagter of toegewyde sportpersoon wat die houer is van 'n lisensie uitgereik ingevolge hierdie Wet of enige ander houer van 'n lisensie uitgereik ingevolge hierdie Wet wat by die aanvoer van goeie redes gemagtig is deur die Registrateur om meer as 200 patrone te besit vir 'n vuurwapen ten opsigte waarvan hy of sy 'n lisensie hou; of
(b) die houer van 'n lisensie om 'n vuurwapen te besit uitgereik ingevolge hierdie Wet ten opsigte van ammunisie gekoop en afgevuur op 'n geakkrediteerde skietbaan.
Stf

Last edited by stf on Tue Nov 01, 2011 7:11 pm, edited 1 time in total.
- baboonstalker
- Hero Member

- Posts: 692
- Joined: Wed Aug 25, 2010 8:37 pm
Re: Hoeveelheid patrone en kruit in jou besit?
As ek kyk hoeveel verskillende opinies daar tussen ons bestaan oor wat wettig is al dan nie, wil ek voorstel dat die moderators vir ons 'n aparte hofie skep onder "vuurwapenwet" en die bepalings van die wet duidelik uiteensit in maklik verstaanbare terme.
Dit moet duidelik s? hoeveel kruit jy kan aanhou, hoeveel gelaaide rondtes, slagdoppe, doppe koe?ls ens.
Hoe wapens en amunusie/ komponente gestoor behoort te word.
handel met die vervoer van wapens, amunusie en komponente en sommer alles ander wat ons as vuurwapen eienaars behoort te weet
As dit nodig is om 'n regsgeleerde te kry om dit breedvoerig (maar tog verstaanbaar) te doen sal ek finansie?l bydra om dit gedoen te kry. As een van ons onwetend betrap word met te veel van 'n ding, of dat ons dit nie reg ge stoor het nie, gaan die regskoste meer wees as om dit nou te laat uitklaar.
Die afdeling moet as 'n naslaan plek kan dien waar jy gou die regte feite kan kry, ongeag of jy 'n gewone vuurwapen eienaar, of toegewyde sportpersoon of jagter is.
Dit moet verkieslik gesluit wees vir nuwe posts sodat die feite nie wegraak tussen ander posts nie, maar moet van tyd tot tyd bygehou word as die wet sou verander
Hoe lyk dit moderators?
Dit moet duidelik s? hoeveel kruit jy kan aanhou, hoeveel gelaaide rondtes, slagdoppe, doppe koe?ls ens.
Hoe wapens en amunusie/ komponente gestoor behoort te word.
handel met die vervoer van wapens, amunusie en komponente en sommer alles ander wat ons as vuurwapen eienaars behoort te weet
As dit nodig is om 'n regsgeleerde te kry om dit breedvoerig (maar tog verstaanbaar) te doen sal ek finansie?l bydra om dit gedoen te kry. As een van ons onwetend betrap word met te veel van 'n ding, of dat ons dit nie reg ge stoor het nie, gaan die regskoste meer wees as om dit nou te laat uitklaar.
Die afdeling moet as 'n naslaan plek kan dien waar jy gou die regte feite kan kry, ongeag of jy 'n gewone vuurwapen eienaar, of toegewyde sportpersoon of jagter is.
Dit moet verkieslik gesluit wees vir nuwe posts sodat die feite nie wegraak tussen ander posts nie, maar moet van tyd tot tyd bygehou word as die wet sou verander
Hoe lyk dit moderators?
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7559
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: Hoeveelheid patrone en kruit in jou besit?
Bobejaanbekruiper
Ek sekondeer en is in met n bydra. Ek is nou nog meer deurmekaar!
Groetnis
Wouter
Ek sekondeer en is in met n bydra. Ek is nou nog meer deurmekaar!
Groetnis
Wouter
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
- theedge
- Hero Member

- Posts: 5012
- Joined: Thu Feb 25, 2010 1:06 am
Re: Hoeveelheid patrone en kruit in jou besit?
Kom ek gooi nou klip in die bos - so ek nie my wapen met die nuewe lisensie hernu het nie (Hofsaak) onder wat gaan ek dan aangekla word. Ek het lisensie onder die ou wet. Wt nou (Ek roer nou) 
When People Walk Away From You, Let Them Go.
Your Destiny Is Never Tied To Anyone Who Leaves You. It Doesn't Mean They Are Bad People.
It Just Means That Their Part In Your Story Is Over.. !

- Dawid
- Hero Member

- Posts: 1079
- Joined: Tue Jun 08, 2010 11:58 pm
Re: Hoeveelheid patrone en kruit in jou besit?
theedge.... aangekla gaan jy aangekla word, al is dit vir nalatigheid omdat jy jou nie vergewis het van die nuwe wette nie, die staat sal wel n rede kry.
Onkundigheid of onwetend dien geensins as n verskoning nie want elke persoon as bevoegde vuurwapeneienaar moet homself vergewis van die feite en daar is ek net so skuldig soos ek dink baie van die manne want ekself is ooknie seker van die hoeveelhede en beperkings op amminusie nie en dus sal dit uitstekend wees as iemand wat doodseker is van sy/haar feite dit vir ons kan weergee.

IT`S NOT THE GUN IT`S THE GUNNER
9mm CZ 100
.22 Norinco
243 Bruno 601
270 Bruno
303 no2 mk4 Enfield
375 CZ ZKK 602
9mm CZ 100
.22 Norinco
243 Bruno 601
270 Bruno
303 no2 mk4 Enfield
375 CZ ZKK 602
-
stf
- Full Member

- Posts: 169
- Joined: Sat Sep 05, 2009 6:37 pm
Re: Hoeveelheid patrone en kruit in jou besit?
Vuurwapen wet en Regulasies asook die wet op ontplofbare stowwe.
Die wet op wapens en ammunisie [wet 60 van 2000] moet saam gelees word met vele ander regulasies soos van tyd tot tyd geproklameer word. Die informasie is beskikbaar op die volgende 'crime prevention fire arms'. Indien n persoon die info in tik sal jy op die saps web kom waar al die dokumente vir voltooiing - lisensie aansoeke ens. - asook die wet en regulasies voorkom.
Die wet op die beheer van ontplofbare stowwe is n kategorie op sy eie.
Dit is korrek om te se dat n wapen lisensie houer geregtig is op 2.4kg dryfmiddel vir besit.
Die regulasie in terme van die wet op wapens en ammunisie bepaal ook dat n lisensiehouer slegs een blik per lisensie kan aankoop. [ Die wet op ontplofbare stowwe mbt die 2.4kg as besit, is tans in botsing met art 91 van die wet op wapens en ammo, wat n lisensie houer wat sport/toegewyde status beklee vrystel van die beperking van die totale hoeveelheid patrone / slagdoppies in sy besit].
Die wet word tans hersien en is onder bespreking. n Persoon moet hiermee verstaan dat dryfmiddel en die besit van patrone apart gedefineer moet word. Sodra dryfmiddel in n verwerkte vorm gebruik word, bedoelende dat dit in die samestelling van n patroon gekombineer word, is die toepassing van die 2.4kg nie meer van toepassing nie.
Om die vraag van 'Theedge' te antwoord, die wet het grasie aangebied vir herlisensiering, en daar was ook na die interdik van sajwv teen die min van polisie, weereens n tydperk geskep vir herlisensiering. Die probleem kan nou ontstaan dat indien die venstertydperk wat die sajwv aan die saps gestel het, verstryk, en daar n bemiddeling plaasvind, kan dit gebeur dat die groen lisensie se geldigheid nietig verklaar kan word. Sajwv het n ultimatum aan die Min van Pol. gestel oor sekere voorwaardes van toepassing wat wysigings in die wet op wapens en ammo op betrekking het. [groen lisensie is onder andere een van die onderwerpe] Die spertyd is 31 Desember 2011.
Een van die bekommernisse huidiglik is dat sommige van die sogenaamde DFO's van die sapd oningelig is mbt tot die interpretasie van die wette en regulasies van die wet op wapens en ammunisie. Dit bring n bepaalde frekwensie van verwarring in die gemeenskap mee.
Bv. Opdragte mbt die hernuwing van bevoegdheid - die nuuste opdrag is dat 'die datum van jou hernuwing vir bevoegdheid, is die datum wanneer jou laaste lisensie vir hernuwing verval. Dit beteken dat die verval datum op die bevoegdheids kaartjie nie meer van krag is, sou daar n lisensie soos uitgereik aan jou die datum oorskry.
In kort, die manne wat slegs n wapen vir selfverdediging het, se datums vir bevoegdheids en lisensiering loop gewoonlik saam. Die lisensiehouers vir sport/toegewyde skuts se herlisensiering is gewoonlik na 10 jaar. alhoewel die bevoegdheids kaartjie na 5 jaar hernu moet word, verval die bevoegheid nie, maar slegs na die laaste datum op die lisensie vir herlisensiering.
Julle sal ook merk dat alle bevoegdheids sertifikate huidiglik soos uitgereik, het nie meer n verval datum op het nie, dit is nou permanent.
Om n data basis te skep vir die onderwerp, gaan moeilik wees, daar is soveel regulasies, opdragte, en wette wat saamgelees moet word. Die beste is om die onderwerpe in n struktuele vorm aan te spreek. Gebruik jou vereniging [lede aande] of gemeenskaps polisie forums - waar n 'dfo' genooi word om die onsekerhede uit te lig. Maak net seker dat julle die agenda en inligting wat julle benodig voor die tyd aan die lid oorhandig sodat hy voorbereid kan wees.
Ek wil almal daarop sensiteer dat wanneer jy n 'dfo' nader vir advies, vra dan ook vir die verwysing in die wet of regulasie wat die opdrag kan bevestig.

Last edited by stf on Wed Nov 02, 2011 10:21 am, edited 1 time in total.
- theedge
- Hero Member

- Posts: 5012
- Joined: Thu Feb 25, 2010 1:06 am
Re: Hoeveelheid patrone en kruit in jou besit?
Dawid ek hoor jou. Ek dink hulle sal iets kryDawid wrote: theedge.... aangekla gaan jy aangekla word, al is dit vir nalatigheid omdat jy jou nie vergewis het van die nuwe wette nie, die staat sal wel n rede kry.
Onkundigheid of onwetend dien geensins as n verskoning nie want elke persoon as bevoegde vuurwapeneienaar moet homself vergewis van die feite en daar is ek net so skuldig soos ek dink baie van die manne want ekself is ooknie seker van die hoeveelhede en beperkings op amminusie nie en dus sal dit uitstekend wees as iemand wat doodseker is van sy/haar feite dit vir ons kan weergee.
When People Walk Away From You, Let Them Go.
Your Destiny Is Never Tied To Anyone Who Leaves You. It Doesn't Mean They Are Bad People.
It Just Means That Their Part In Your Story Is Over.. !

Your Destiny Is Never Tied To Anyone Who Leaves You. It Doesn't Mean They Are Bad People.
It Just Means That Their Part In Your Story Is Over.. !

-
blaser
- Hero Member

- Posts: 1609
- Joined: Mon Nov 08, 2010 1:42 pm
Re: Hoeveelheid patrone en kruit in jou besit?
Ja aankla is een ding skuldigbevinding n ander een en nog n eis teen die sap
- Dawid
- Hero Member

- Posts: 1079
- Joined: Tue Jun 08, 2010 11:58 pm
Re: Hoeveelheid patrone en kruit in jou besit?
Baie interresante nuus, baie dankie SJF.
Ek persoonlik dink daar gaan nog BAIE dinge verander tov die lisensies en beperkings en dinge in die volgende jaar.