Herlaaitafel

Moderator: Global Moderator

Post Reply
Headshot25
Newbie
Newbie
Posts: 6
Joined: Sun Jun 03, 2018 5:32 pm
Location: Pretoria

Herlaaitafel

Post by Headshot25 »

Môre almal.

Ek is opsoek na iemand wat houtwerk doen wat vir my ‘n herlaaitafel kan bou. Verkieslik iemand in die Pretoria Oos omgewing. Laat weet my asb.
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 19032
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Location: Vereeniging

Re: Herlaaitafel

Post by tripodmvr »

Hoe nader so persoon aan jou gaan wees, hoe minder vervoerkoste gaan jy hê. Sit verkieslik jou blyplek in jou profiel aan dan weet almal waar jy bly.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
Headshot25
Newbie
Newbie
Posts: 6
Joined: Sun Jun 03, 2018 5:32 pm
Location: Pretoria

Re: Herlaaitafel

Post by Headshot25 »

Dankie, ek maak so.
atplay
Full Member
Full Member
Posts: 211
Joined: Sun Mar 18, 2012 12:19 am
Location: Jeffreys Bay - Eastern Cape

Re: Herlaaitafel

Post by atplay »

Reloading with wood

https://www.facebook.com/reloadingwithwood/

Puik produk ;)
Headshot25
Newbie
Newbie
Posts: 6
Joined: Sun Jun 03, 2018 5:32 pm
Location: Pretoria

Re: Herlaaitafel

Post by Headshot25 »

Dankie, atplay. Ek het hulle probeer kontak, maar kry hulle nie in die hande nie. Sal aanhou probeer.
Headshot25
Newbie
Newbie
Posts: 6
Joined: Sun Jun 03, 2018 5:32 pm
Location: Pretoria

Re: Herlaaitafel

Post by Headshot25 »

Reloading with Wood bou ongelukkig nie meer herlaaitafels nie, so ek is nog steeds opsoek na iemand wat vir my ‘n tafel kan bou. Laat weet my asb.
J le Roux
Hero Member
Hero Member
Posts: 828
Joined: Tue May 20, 2014 8:10 am
Location: Pietersburg Limpopo

Re: Herlaaitafel

Post by J le Roux »

PM my indien jy 'n herlaaitafel plan uit Art Alphin se boek Any Shot You Want soek.

Sterkte
Vat genoeg skietgoed veld toe, daar's nie winkels daar nie.
JG Landmann .22LR, Howa 30-06, M98 .375H&H deur Ossie Penzhorn, 7x57 Oberndorf AN Mauser, Musgrave Mod 80 30-06
Ds J
Hero Member
Hero Member
Posts: 1207
Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm
Location: Stella

Re: Herlaaitafel

Post by Ds J »

PM gestuur; n ou skoolmaat van my kan dalk help.
Toxxyc
Hero Member
Hero Member
Posts: 890
Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am
Location: Pretoria

Re: Herlaaitafel

Post by Toxxyc »

Hey meneer, ek het onlangs begin tafels en goeters bou vir mense as 'n ekstra inkomste. Ek sal ook graag wil kwoteer as jy nie omgee nie. Stuur my groot asb 'n boodskap, dan kan ons gesels.

EDIT: Ek is in Pretoria, Moot, so jy's nie ver van my af nie. My skoonpa het ook op 'n stadium herlaaitafels gebou wat in Zimbi verkoop is waarmee ek gehelp het, so ek het die ondervinding en agtergrond hierso ook.

Ek bou tradisioneel met staalraam en dan 'n top wat bo-op kom, en het al gewerk met soliede hout en melamien. Die staalraam maak hom lekker sterk en bietjie swaarder, wat lekker werk vir herlaaiwerk, maar ek is seker ek sal kan maak werk wat jy soek. My grootste projek sover was 'n 2.6m x 1m tafel met twee kleiner "tafeltjies" wat bo-op staan vir 'n man wat dit gesoek het vir sy klankkamer. Dit het mooi uitgekom, alhoewel hierdie nou nie juis sy netjieste foto is nie:

Image
Post Reply

Return to “Herlaai/Reloading”