Sig Sauer V-Crown .40S&W

Moderator: Global Moderator

Post Reply
User avatar
Jaco vdW
Hero Member
Hero Member
Posts: 574
Joined: Wed Mar 27, 2013 3:12 pm
Location: Somerset West

Sig Sauer V-Crown .40S&W

Post by Jaco vdW »

Goeie more

Ek sien Safari het van die Sig Sauer V-Crown ammunisie in .40S&W beskikbaar op hulle promosie hier die naweek.

Het enige iemand ondervinding met die ammo? Wat hoor julle daarvan?
Hoe vergelyk dit met die ander bekende name in die bedryf soos Winchester Rangers, Remington Golden Sabre, Hornady Critical Duty, ens?
.40 dra ammunisie is maar skaars, so die is dalk n opsie vir n paar vars rondtes.

Sien uit na terugvoer!
Sig V crown.JPG
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
OosKaapJagter
Hero Member
Hero Member
Posts: 822
Joined: Thu Jul 07, 2016 9:14 pm

Re: Sig Sauer V-Crown .40S&W

Post by OosKaapJagter »

Ek gebruik daarvan as dra-rondtes vir my .45ACP en 9mm's. Hulle voer goed, is betroubaar en maak mooi oop as jy hulle in emmers water skiet.

Die 40 S&W behoort net so goed te werk. Wanneer hulle op YouTube getoets word, blyk dit effektief te wees maar met een swakpunt. Indien hulle die toets doen met 4 lae denim voor die ballistiese gel soos deesdae die norm is, is die denim geneig om die holpunt te vul en dan tree van die projektiele soos 'n volmantel koeël op. Dit is iets wat met baie tipes holpunte gebeur.

Ons bly egter in Afrika. Ek het nog nooit iemand teëgekom wat 4 lae denim dra nie. ;D
User avatar
Jaco vdW
Hero Member
Hero Member
Posts: 574
Joined: Wed Mar 27, 2013 3:12 pm
Location: Somerset West

Re: Sig Sauer V-Crown .40S&W

Post by Jaco vdW »

Dankie vir die terugvoer OosKaapJagter!

Ek het so bietjie opgelees intussen.
Die V-Crown koeël word deur Sierra vervaardig, en die rondtes deur Sig in hulle fabriek in Kentucky gelaai.
Meeste van die toetse wat op die internet gepubliseer is, toon koeëls wat mooi oop maak in gelatien, en min of meer lyk soos die ander bekende make. Interessant, hulle word gelaai teen "gewone" druk / snelheid, nie enige +P ladings. Die algemene terugvoer in die toetse was oorwegend positief, met die grootste kritiek dat die V-Crown nog nie n bewese rekord het van "regte wêreld" skietery nie.
User avatar
Pappabeer
Hero Member
Hero Member
Posts: 3041
Joined: Thu Mar 21, 2013 12:28 am
Location: Zululand

Re: Sig Sauer V-Crown .40S&W

Post by Pappabeer »

Jaco ek dink n Ranger is maar die lat vir Sannie. Oor en oor bewys. Tensy jy die tyd en geld het om n paar varke met die SIGs te verewig en jouselg gerus te stel in hulle herhaalbaarheid glo ek maar in n Winchester Ranger. Ek hou straks te veel aan, maar na ons riots Julie pla dit nie om n paar magasyne in strategiese plekke te hê nie.

Ek hoor egter jou dilemma met .40S&W. Dit bly steeds n wonderlike kaliber om n nuwe kieser mee te rehabiliteer.
.177 .22(x2) .222 .243 .250 Savage 6,5x55
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
User avatar
Pappabeer
Hero Member
Hero Member
Posts: 3041
Joined: Thu Mar 21, 2013 12:28 am
Location: Zululand

Re: Sig Sauer V-Crown .40S&W

Post by Pappabeer »

Ooskaap, jy sal verbaas wees hoeveel penetrerende borskas en buik trauma pasiente kom saams in noodgevalle met bv n kunsleer baadjie, overall, twee t-hemde en n vest. Dis n formidabele laag beskerming.
.177 .22(x2) .222 .243 .250 Savage 6,5x55
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
User avatar
Jaco vdW
Hero Member
Hero Member
Posts: 574
Joined: Wed Mar 27, 2013 3:12 pm
Location: Somerset West

Re: Sig Sauer V-Crown .40S&W

Post by Jaco vdW »

Pappabeer wrote: Fri Sep 23, 2022 4:09 am Jaco ek dink n Ranger is maar die lat vir Sannie. Oor en oor bewys. Tensy jy die tyd en geld het om n paar varke met die SIGs te verewig en jouselg gerus te stel in hulle herhaalbaarheid glo ek maar in n Winchester Ranger. Ek hou straks te veel aan, maar na ons riots Julie pla dit nie om n paar magasyne in strategiese plekke te hê nie.

Ek hoor egter jou dilemma met .40S&W. Dit bly steeds n wonderlike kaliber om n nuwe kieser mee te rehabiliteer.
Rangers is verseker die maatstaf, maar dis juis na ons gesprekke oor verlede jaar Julie dat ek my voorraad ammo wil aanvul.
User avatar
Jaco vdW
Hero Member
Hero Member
Posts: 574
Joined: Wed Mar 27, 2013 3:12 pm
Location: Somerset West

Re: Sig Sauer V-Crown .40S&W

Post by Jaco vdW »

Pappabeer wrote: Fri Sep 23, 2022 4:13 am Ooskaap, jy sal verbaas wees hoeveel penetrerende borskas en buik trauma pasiente kom saams in noodgevalle met bv n kunsleer baadjie, overall, twee t-hemde en n vest. Dis n formidabele laag beskerming.
Dalk n paar solids met lekker groot meplat laai vir opvolgskote :laugh:
User avatar
Ratel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1478
Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm
Location: Rustenburg

Re: Sig Sauer V-Crown .40S&W

Post by Ratel »

Wel as Sierra die koeels maak en Sig Sauer die ammunisie aan mekaar sit dink ek dis albei maatskappye met n baie goeie reputasie. Die toetse op youtube met die ammo blyk ook so te bevestig.
Soos Pappabeer hierbo se ek hou by die Rangers maar teen daai prys sou ek verseker die Sigs probeer. Die 165 gr Rangers loop soos stroop in my G23.
Maak 'n verskil
OosKaapJagter
Hero Member
Hero Member
Posts: 822
Joined: Thu Jul 07, 2016 9:14 pm

Re: Sig Sauer V-Crown .40S&W

Post by OosKaapJagter »

Ek het beide Rangers en Sig V-Crowns. Deesdae koop 'n mens eerder wat jy op die rakke kan kry as dit wat jy wil hê. Ek sien egter nog dikwels Rangers op die rakke.

Pappabeer, ek sien jy sê so baie pasiënte het 'n formidabele laag beskerming aan wat kan verhoed dat holpunte oopmaak. Dit is waarom ek die 9mm gebruik vir speel en die .45 daagliks dra. Selfs wanneer 'n .45 nie oopmaak nie is die tonnel so groot soos 'n 9mm wat volkome oopgemaak het.

Die probleem met "pasiënte" is dat dit kwesskote was. Iemand wat gekwes is vertel vir die polisie hy het nie gaan roof nie. Hy het verlede week in jou tuin gewerk en maar net sy geld gaan vra......
User avatar
Pappabeer
Hero Member
Hero Member
Posts: 3041
Joined: Thu Mar 21, 2013 12:28 am
Location: Zululand

Re: Sig Sauer V-Crown .40S&W

Post by Pappabeer »

Jaco vdW wrote: Fri Sep 23, 2022 12:34 pm
Pappabeer wrote: Fri Sep 23, 2022 4:09 am Jaco ek dink n Ranger is maar die lat vir Sannie. Oor en oor bewys. Tensy jy die tyd en geld het om n paar varke met die SIGs te verewig en jouselg gerus te stel in hulle herhaalbaarheid glo ek maar in n Winchester Ranger. Ek hou straks te veel aan, maar na ons riots Julie pla dit nie om n paar magasyne in strategiese plekke te hê nie.

Ek hoor egter jou dilemma met .40S&W. Dit bly steeds n wonderlike kaliber om n nuwe kieser mee te rehabiliteer.
Rangers is verseker die maatstaf, maar dis juis na ons gesprekke oor verlede jaar Julie dat ek my voorraad ammo wil aanvul.
Probeer en gee terugvoer. Offer dalk n ou varkbeer op op n naby plaas om op te toets soos wat ons altyd met die basic surgical skills kursus gedoen het. Maak n vark slaap, intubeer hom, steek of skiet hom, doen n torakotomie en maak die hart en vate reg. in jou geval vleissaag en verkoop aan die werkers om koste te dek.
.177 .22(x2) .222 .243 .250 Savage 6,5x55
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 12132
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Location: Ek weet nie so mooi van spel nie maar ek kan skiet. Lonehill, Sandton

Re: Sig Sauer V-Crown .40S&W

Post by Capt. Yoda »

OosKaapJagter wrote: Tue Sep 20, 2022 11:46 am Ek gebruik daarvan as dra-rondtes vir my .45ACP en 9mm's. Hulle voer goed, is betroubaar en maak mooi oop as jy hulle in emmers water skiet.

Die 40 S&W behoort net so goed te werk. Wanneer hulle op YouTube getoets word, blyk dit effektief te wees maar met een swakpunt. Indien hulle die toets doen met 4 lae denim voor die ballistiese gel soos deesdae die norm is, is die denim geneig om die holpunt te vul en dan tree van die projektiele soos 'n volmantel koeël op. Dit is iets wat met baie tipes holpunte gebeur.

Ons bly egter in Afrika. Ek het nog nooit iemand teëgekom wat 4 lae denim dra nie. ;D

Ek het al een gesien met 4 baadjies/overall aan en n laag tekefoon boeke om sy bors. Die ou het ongelukkig toe nie al die skote vir sy lyf geskiet nie

Daai V-Crown is n baie lekker SD koel, ek het hulle Rangers en Hornadys in gifkanne vol water in geskiet en hulle het beter oop gemaak as die Rangers.

Ek het wel al n klomp diere met die Rangers verlos en hulle het almal saam gestem die Ranger werk beter op hulle as op gifkanne so ek dra hulle maar nog
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Post Reply

Return to “Handwapen/Handgun”