One up dra

Moderator: Global Moderator

Post Reply
User avatar
Eduard Venter
Hero Member
Hero Member
Posts: 1089
Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm
Location: Pretoria

One up dra

Post by Eduard Venter »

Ek het 'n storie vir die manne wat nie daarin glo om met 'n rondte in die kamer te dra in hulle pistole nie...

Vanmiddag moer 'n parmantige mak wildebees my van agter af onderstebo. Jy sien net stof trek soos ek 'n noodlanding maak in die gras. My glock se magasyn het sommer verdwyn met die geskarrel en die wildebees stoei my steeds met sy horings. Gelukkig kry ek toe 'n skoot af langs hom in die grond in en die simpel ding vat die pad.

Ek moes hom waarskynlik tussen die oë skiet, maar aangesien ek nog skaars begin het by die nuwe werk wou ek maar probeer om nie die troeteldier vrek te skiet nie.

Les nommer 2... 'n Mak wilde dier is moeilikheid, maar eintlik weet ons almal dit.




Sent from my Nokia C2 using Tapatalk

User avatar
Lategan1
Hero Member
Hero Member
Posts: 1434
Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am
Location: Boland

Re: One up dra

Post by Lategan1 »

Bly vir jou klink of ok. Lyfseer wag moontlik môre.

One up het vir jou tyd gekoop om na te dink oor die makdier bly ‘n wildedier.

Wees versigtig.

Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 8)
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 4388
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am
Location: Pretoria

Re: One up dra

Post by Frederik »

Waars jou nuwe werk?
Nee wat enige mak wilde dier wat horings, kloue en tande het is moeilikheid en volstruis ook. Mak volstruis ook al bo oor my dit was seer en baie snaaks vir die 2 yank kliente wat saam met my was. Ek het wel my 9mm uitgehaal en gewag dat volstruis weer kom en dan sou ek gegooi het. Ek dra wel altyd one up.
User avatar
Eduard Venter
Hero Member
Hero Member
Posts: 1089
Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm
Location: Pretoria

Re: One up dra

Post by Eduard Venter »

Net so 30km weg van my af. Maar ja, as mens n troeteldier soek stel ek eerder 'n hond of 'n budgie voor.

Lategan, ja darem nie seergekry nie. Net bietjie nerfaf.

Sent from my Nokia C2 using Tapatalk

User avatar
Ratel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1311
Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm
Location: Rustenburg

Re: One up dra

Post by Ratel »

Daai one up het jou van baie seer gered. Net sowel kon dit n mak krimineel gewees het en dan het die one up dra behoorlik tot reg gekom. Daai is baie meer voordele om one up te dra as nadele.
Maak 'n verskil
User avatar
Eduard Venter
Hero Member
Hero Member
Posts: 1089
Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm
Location: Pretoria

Re: One up dra

Post by Eduard Venter »

Net so Ratel. 'n Spaar magasyn dra ook waarde. Die een wat in die glock was het uitgekom maar die ekstra een op die belt was nog daar.

Sent from my Nokia C2 using Tapatalk

User avatar
Gerhardu
Hero Member
Hero Member
Posts: 719
Joined: Mon Nov 19, 2012 1:55 pm
Location: Boksburg

Re: One up dra

Post by Gerhardu »

Wil gou hoor. Hoe voel julle oor one up dra in die bal af skiet holster (IWB)?
User avatar
Ratel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1311
Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm
Location: Rustenburg

Re: One up dra

Post by Ratel »

Gerhardu wrote: Fri Sep 24, 2021 7:01 am Wil gou hoor. Hoe voel julle oor one up dra in die bal af skiet holster (IWB)?
Koop n ordentelike holster wat die sneller behoorlik toemaak en tweedens ken jou wapen. Ek sien op die baan gereeld skuts wat kyk hoe vinnig hulle die wapen weer kan holster. Dis nie nodig nie en dis waar dinge letterlik suid gaan. Ek dra n Cytac iwb appendix met G23 sonder enige probleme
Maak 'n verskil
OosKaapJagter
Hero Member
Hero Member
Posts: 641
Joined: Thu Jul 07, 2016 9:14 pm

Re: One up dra

Post by OosKaapJagter »

'n Goeie skede en behoorlike opleiding, of ten minste basiese "common sense", sal verhoed dat jy kritieke dele van jouself afskiet.

Met dit inaggenome, kon ek myself nog nie sovêr kry om 'n pistool voor in my broek te druk nie. Die blote gedagte dat 'n gelaaide wapen daar mik sit my af.

Dit kan egter letterlik 'n leeftyd neem om 'n rondte vanuit die magasyn in die loop te kry. 'n Vriend van my se eerste bewuswording van 'n roofpoging was toe 'n skoot van agter sy sleutelbeen vergruis het. Probeer maar 'n pistool met een hand oorhaal. Dit is ook waarom dit belangrik is om selfs met jou "dom" hand te leer skiet.
User avatar
Capt. Oblivious
Hero Member
Hero Member
Posts: 10629
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Location: Ek weet nie so mooi van spel nie maar ek kan skiet. Lonehill, Sandton

Re: One up dra

Post by Capt. Oblivious »

Gerhardu wrote: Fri Sep 24, 2021 7:01 am Wil gou hoor. Hoe voel julle oor one up dra in die bal af skiet holster (IWB)?
++>: Ekt jou gese dra die ding soos n normale mens en nie by jou goons nie
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
Ratel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1311
Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm
Location: Rustenburg

Re: One up dra

Post by Ratel »

Capt. Oblivious wrote: Fri Sep 24, 2021 9:27 am
Gerhardu wrote: Fri Sep 24, 2021 7:01 am Wil gou hoor. Hoe voel julle oor one up dra in die bal af skiet holster (IWB)?
++>: Ekt jou gese dra die ding soos n normale mens en nie by jou goons nie
++>: ja veral nie met tracer ammo nie
Maak 'n verskil
Herries23
Newbie
Newbie
Posts: 10
Joined: Fri May 13, 2016 8:43 am
Location: Pretoria

Re: One up dra

Post by Herries23 »

Ratel wrote:
Capt. Oblivious wrote: Fri Sep 24, 2021 9:27 am
Gerhardu wrote: Fri Sep 24, 2021 7:01 am Wil gou hoor. Hoe voel julle oor one up dra in die bal af skiet holster (IWB)?
++>: Ekt jou gese dra die ding soos n normale mens en nie by jou goons nie
++>: ja veral nie met tracer ammo nie
Tracer ammo of nie, as die skoot klap gaan daar net traces oor wees van wat was.

Op 'n ernstige nood - soos bo genoem, bly gefokus terwyl jy die pistool holster. 'n Skoot in die bobeen tref maklik 'n slagaar en dan het mens baie groter probleme as eersgenoemde opmerking.


Sent from my iPhone using Tapatalk
Kolhasie
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 326
Joined: Fri Jul 04, 2014 1:29 pm
Location: Kathu

Re: One up dra

Post by Kolhasie »

Goeie dag almal.

jammer vir die hijack.

Ek wag nog vir my czpo7 se kaart.

Gaan elke dag aan my wees.
Ek kan mos die ronte in die kamer sit maar die haan laat sak? is dit beter so of loop julle met die haan oor gelaai?

Groete KH
Herries23
Newbie
Newbie
Posts: 10
Joined: Fri May 13, 2016 8:43 am
Location: Pretoria

Re: One up dra

Post by Herries23 »

Kolhaas - haan laat sak is beslis die manier om te gaan. Die P07 is perfek hiervoor. Jou eerste skoot sal dubbel-aksie wees (die sneller moet verder getrek word voor die rondte afgaan) so dit sal die moeite werd wees om te oefen met dubbel aksie as eerste skoot.


Sent from my iPhone using Tapatalk
User avatar
Capt. Oblivious
Hero Member
Hero Member
Posts: 10629
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Location: Ek weet nie so mooi van spel nie maar ek kan skiet. Lonehill, Sandton

Re: One up dra

Post by Capt. Oblivious »

Herries23 wrote: Sat Sep 25, 2021 2:47 am
Ratel wrote:
Capt. Oblivious wrote: Fri Sep 24, 2021 9:27 am

++>: Ekt jou gese dra die ding soos n normale mens en nie by jou goons nie
++>: ja veral nie met tracer ammo nie
Tracer ammo of nie, as die skoot klap gaan daar net traces oor wees van wat was.

Op 'n ernstige nood - soos bo genoem, bly gefokus terwyl jy die pistool holster. 'n Skoot in die bobeen tref maklik 'n slagaar en dan het mens baie groter probleme as eersgenoemde opmerking.


Sent from my iPhone using Tapatalk

Dink as ek my zaber af skiet sal ek maar wil he daai ranger moet n hoof aar ook tref
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Kolhasie
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 326
Joined: Fri Jul 04, 2014 1:29 pm
Location: Kathu

Re: One up dra

Post by Kolhasie »

Herries23 wrote: Sat Sep 25, 2021 8:57 am Kolhaas - haan laat sak is beslis die manier om te gaan. Die P07 is perfek hiervoor. Jou eerste skoot sal dubbel-aksie wees (die sneller moet verder getrek word voor die rondte afgaan) so dit sal die moeite werd wees om te oefen met dubbel aksie as eerste skoot.


Sent from my iPhone using Tapatalk
Herries baie dankie
Ds J
Hero Member
Hero Member
Posts: 1152
Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm
Location: Stella

Re: One up dra

Post by Ds J »

Gerhardu wrote: Fri Sep 24, 2021 7:01 am Wil gou hoor. Hoe voel julle oor one up dra in die bal af skiet holster (IWB)?
Daar is enkele redes om dit nie te doen nie, bv:

- onervare persoon
- swak ontwerpte wapen
- swak toerusting

Daar is baie goeie oplossings vir elkeen van hierdie gevalle. Punt van die saak is dat doenbaar is, en oor die algemeen baie netjies werk.

Dit is n verstaanbare bekommernis om n gelaaide vuurwapen so naby aan jou manlike anatomie te dra. Die praktyk bewys egter daagliks dat dit veilig doenbaar is.
User avatar
Ratel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1311
Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm
Location: Rustenburg

Re: One up dra

Post by Ratel »

Kom ek se so. As ek op die plaas is dra ek op drie uur in OWB. Dis gemaklik. Maar in ons klimaat is dit moeilik om so te dra en te conceal. Dan maak appendix IWB meer sin. Die laaste ding wat ek wil he is om vir kriminele te adverteer dat ek dra. Vir die ou wie sy wapen een maal n jaar uithaal uit die kluis en dan wil dra sal ek se bly weg met jou wapen van appendix. Vir die wie dit 24/7 so dra maak dit perfek sin.
Maak 'n verskil
Apie
Hero Member
Hero Member
Posts: 2495
Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm
Location: Lichtenburg, Wes Transvaal

Re: One up dra

Post by Apie »

Om nie one-up te dra nie is soos om te sê jy gaan jou seatbelt eers vasmaak net voor jy in ‘n ongeluk maak…..


Sent from my iPhone using Tapatalk
Kolhasie
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 326
Joined: Fri Jul 04, 2014 1:29 pm
Location: Kathu

Re: One up dra

Post by Kolhasie »

Apie wrote: Sun Sep 26, 2021 5:57 am Om nie one-up te dra nie is soos om te sê jy gaan jou seatbelt eers vasmaak net voor jy in ‘n ongeluk maak…..


Sent from my iPhone using Tapatalk
Baie mooi gestel!
Alwin
Hero Member
Hero Member
Posts: 1565
Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm
Location: Noord-Transvaalse Bosveld

Re: One up dra

Post by Alwin »

Die ouens wat dink dat die aanvaller, wilde dier of watter bedreiging ookal, 'n rooi hoed gaan opsit, vir jou gaan opdrag gee om te laai en vra of jy gereed is, het beslis die verkeerde flieks gekyk.
Post Reply

Return to “Handwapen/Handgun”