Nek van doppe misvorm?

Moderator: Global Moderator

Maroelas
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 271
Joined: Fri Apr 18, 2014 3:41 pm
Location: Centurion

Re: Nek van doppe misvorm?

Post by Maroelas »

Andre308 wrote: Wed Jan 12, 2022 6:11 am
Maroelas wrote: Tue Jan 11, 2022 8:16 pm
Whisky17 wrote: Tue Jan 11, 2022 7:27 pm Baie dankie Andre, dit maak sin.. Ek sal laat weet of dit wel die geval is.
Ek het dieselfde wapen in dieselfde kaliber. Ek kan nie insien dat hy 'n dop so kan duik op extraction nie.

Ek dink eerder doppe te lank (daai dop wat 64.14mm gemeet het bv) of dalk die koolstofring soos oom driepoot gesê het.

Ek sny na 63mm terug na elke vuring.

Watse matryse gebruik jy om te vorm? Vollengte of nek size?
Maroelas,

Hier bo het DD nou klaar baie info gegee oor die issues met daardie tipe Sako aksies, so ek gaan nie verder daaroor uitbrei nie.

My logika het my net gesê dat met afvuur van n skoot is daar +/- 55kpsi in die dop. Die dop se bek seel teen die wand van die kamer wat net effens groter is as die dop.

Daar is geen manier wat daar so n duik in n dop se nek kan kom tydens die vuur van die skoot nie. Sou daar n bietjie vervorming wees van n nek tydens die skoot, dan sou daar blowback merke op die dop gewees het.

Te lang doppe is wel n risiko, maar dit is met die kamer van die ammo en hoe druk.

Groete
Andre
My en DD se posts om en by dieselfde tyd gepost, was besig om myne te tik terwyl syne verskyn het en dus nie video gesien.

Baie leersaam. Sou nooit kon dink dat 'n dop so sal misvorm teen 'n scope ring nie.
Whisky17
Newbie
Newbie
Posts: 23
Joined: Fri Mar 05, 2021 5:14 pm

Re: Nek van doppe misvorm?

Post by Whisky17 »

Baie dankie vir almal se insae en voorstelle.

Ek was uiteindelik vandag op die skietbaan en die resultaat is nogal duidelik. Ek het na elke skoot die slot stadig oop gemaak en gekeer dat die dop enige iets tref. Al die doppe kom mooi rond uit, wat bevestig dat die dop op die teleskoop slaan tydens die "extraction" aksie.

Ek gaan saam leef darmee vir jag doeleindes.
Post Reply

Return to “Rifles/Gewere”