222/223 Veldskiet

Moderator: Global Moderator

User avatar
SakoTrippel2
Hero Member
Hero Member
Posts: 621
Joined: Sun Jan 11, 2015 5:15 pm
Location: Harrismith,FS

222/223 Veldskiet

Post by SakoTrippel2 »

Manne ek gooi nou sommer al die 222/223 Veldskiet besprekings hier. Alle vorige drade se skakels is hier onder.


http://www.jaracal.com/viewtopic.php?t=51563


http://www.jaracal.com/viewtopic.php?t=48321



http://www.jaracal.com/viewtopic.php?t=49214


In die nuwe jaar gaan daar heelwat meer van dié skiet dae wees en ek sal alle gebeure en nuus hier kom deel. Ek probeer so ver ek kan die nuwe skiet dissipline saam oom Barries Barnard bemark en sal graag dit wil sien groei. Let wel ek is geensins deel van die organiseerders nie net 'n kranige deelnemer wat meer skuts wil betrek by die lekker formaat van skiet.

Die reels kan hier gesien word http://www.sahuntingrifle.co.za/222-223rem/18


Groete
Frans
Sako 30-06, Sako 222, Savage LRP 243Ackley, P.Beretta A300 12ga, Glock 19 Gen4 9mm
Mini Mauser 22LR, Savage Stevens 410, Rossi 38Sp, LLAMA 22LR Pistool, LM4 (5.56x45) en n halwe Howa ::)
User avatar
SakoTrippel2
Hero Member
Hero Member
Posts: 621
Joined: Sun Jan 11, 2015 5:15 pm
Location: Harrismith,FS

222/223 Veldskiet

Post by SakoTrippel2 »

Die 222/223 KZN inskrywings is oop op die webblad

 Die .222/.223 Klas se KZN Ope sal plaasvind op Vrydag 3 Februarie 2017 om 11h00.

Die skiet sal plaasvind op Johannes Schoeman se plaas Lerwick naby Verkykerskop.  Die KZN Ope sal die volgende dag op Mount Everest tussen Verkykerskop en Harrismith geskiet word.

Die skiet sal bestaan uit 4 Papier bane en 2 gong bane

Die reels is volgens die reels van SAJSV.  Die nuwe 222/223 teikens sal gebruik word op die papier bane. Ons skiet ook op kleiner gonge (100mm) sowel as 200mm gonge.    Die teikens is op die 222/223 blad op die SAJSV webblad te sien.  Sal dit ook op Facebook blad probeer plaas.  Daar is n Rooikat, Rooi duiker, Steenbok, Springbok en Klipspringer.

Akkommodasie is beskikbaar op Verkykerskop en Mount Everest.

Daar sal geen ete of verversings te koop wees nie so bring jou eie.  Verkykerskop het n goeie eetplek en kroeg.

Koste beloop R200 per skut vir die skiet.

Inskrywings op webblad sluit op Dinsdag 31 Jan 2017. Ondersteun ons asb met web inskrywings of laat ons weet as jy dalk gaan kom.

Betalings kan gemaak word aan Vrystaat Jaggeweer Rek no 470172940 ABSA tjek rek Kode 632005
Verwysing 223 en Van

Prysuideling sal plaasvind net na die skiet en dan kuier ons verder by Verkykerskop.

Inskrywings sal eersdaags oopmaak op die webblad
http://www.sahuntingrifle.co.za/events/62


Kontak Barries by 082 9nul8 4ses44 vir verdere vrae.


Sien die 222/223 skuts daar

(gekopieer vanaf Epos en FB blad )

Volg die skakel

https://m.facebook.com/222.223target.hunting/

Of soek op Facebook vir 222.223 Standard Rifle field target and Hunting

Fotos van die nuwe papier teikens volg....



Groete
Frans
Sako 30-06, Sako 222, Savage LRP 243Ackley, P.Beretta A300 12ga, Glock 19 Gen4 9mm
Mini Mauser 22LR, Savage Stevens 410, Rossi 38Sp, LLAMA 22LR Pistool, LM4 (5.56x45) en n halwe Howa ::)
User avatar
SakoTrippel2
Hero Member
Hero Member
Posts: 621
Joined: Sun Jan 11, 2015 5:15 pm
Location: Harrismith,FS

Re: 222/223 Veldskiet

Post by SakoTrippel2 »

//uploads.tapatalk-cdn.com/20170106/c593a4c80f93d3887458805e1f86ec38.jpg

//uploads.tapatalk-cdn.com/20170106/b595a20e539d2d95ee84434588280ac3.jpg

//uploads.tapatalk-cdn.com/20170106/5e630147cd1b2ee3906cf70a230d0255.jpg

//uploads.tapatalk-cdn.com/20170106/aa8fc7e72b96bafefad4d933fadc7c07.jpg



Groete
Frans
Sako 30-06, Sako 222, Savage LRP 243Ackley, P.Beretta A300 12ga, Glock 19 Gen4 9mm
Mini Mauser 22LR, Savage Stevens 410, Rossi 38Sp, LLAMA 22LR Pistool, LM4 (5.56x45) en n halwe Howa ::)
User avatar
SakoTrippel2
Hero Member
Hero Member
Posts: 621
Joined: Sun Jan 11, 2015 5:15 pm
Location: Harrismith,FS

Re: 222/223 Veldskiet

Post by SakoTrippel2 »

//uploads.tapatalk-cdn.com/20170106/027c37602a5b3261f6b0955248ae4298.jpg

//uploads.tapatalk-cdn.com/20170106/66839fd0574704224cdeb778fe6ecdf6.gif

Groete
Frans
Sako 30-06, Sako 222, Savage LRP 243Ackley, P.Beretta A300 12ga, Glock 19 Gen4 9mm
Mini Mauser 22LR, Savage Stevens 410, Rossi 38Sp, LLAMA 22LR Pistool, LM4 (5.56x45) en n halwe Howa ::)
User avatar
ruaanb
Hero Member
Hero Member
Posts: 4958
Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am
Location: Durbanville, WesKaap

Re: 222/223 Veldskiet

Post by ruaanb »

netjiese teikens waar sal dit orals beskikbaar wees?
User avatar
SakoTrippel2
Hero Member
Hero Member
Posts: 621
Joined: Sun Jan 11, 2015 5:15 pm
Location: Harrismith,FS

Re: 222/223 Veldskiet

Post by SakoTrippel2 »

Gewoonlik heel eerste by Die Skietwinkel (Willem Botha) in Bloemfontein beskikbaar . Sal seker later van tyd versprei word.

Groete
Frans
Sako 30-06, Sako 222, Savage LRP 243Ackley, P.Beretta A300 12ga, Glock 19 Gen4 9mm
Mini Mauser 22LR, Savage Stevens 410, Rossi 38Sp, LLAMA 22LR Pistool, LM4 (5.56x45) en n halwe Howa ::)
User avatar
SakoTrippel2
Hero Member
Hero Member
Posts: 621
Joined: Sun Jan 11, 2015 5:15 pm
Location: Harrismith,FS

Re: 222/223 Veldskiet

Post by SakoTrippel2 »

//uploads.tapatalk-cdn.com/20170110/418d82dc1d04a8e785922f094d556f11.jpg

Swak foto maar ek was gister by Die Skietwinkel en die teikens is in voorraad. Vir myself so paartjies gekoop om te oefen Image

Groete
Frans
Sako 30-06, Sako 222, Savage LRP 243Ackley, P.Beretta A300 12ga, Glock 19 Gen4 9mm
Mini Mauser 22LR, Savage Stevens 410, Rossi 38Sp, LLAMA 22LR Pistool, LM4 (5.56x45) en n halwe Howa ::)
User avatar
SakoTrippel2
Hero Member
Hero Member
Posts: 621
Joined: Sun Jan 11, 2015 5:15 pm
Location: Harrismith,FS

Re: 222/223 Veldskiet

Post by SakoTrippel2 »

Raait Manne daars 'n week oor.... Ek sien kwaai uit na die skiet. Die van julle wat KZN Ope skiet....kom maar so dag vroeër en bring die Peashooters saam Inskrywings sluit Dinsdag op die webblad. Moet dit nie misloop nie.

Groete
Frans
Sako 30-06, Sako 222, Savage LRP 243Ackley, P.Beretta A300 12ga, Glock 19 Gen4 9mm
Mini Mauser 22LR, Savage Stevens 410, Rossi 38Sp, LLAMA 22LR Pistool, LM4 (5.56x45) en n halwe Howa ::)
User avatar
SakoTrippel2
Hero Member
Hero Member
Posts: 621
Joined: Sun Jan 11, 2015 5:15 pm
Location: Harrismith,FS

Re: 222/223 Veldskiet

Post by SakoTrippel2 »

Hier is 'n interessante skrywe gekopieer vanaf die 222/223 FB blad..


HOEKOM WIL EK IN DIE .222-223 KLAS SKIET?

Wat is die koste verskil tussen die skiet van ‘n 243 Winchester en die skiet van ‘n 223 Remington per skoot? Hier volg ‘n paar interessante feite:
Ons gebruik twee van dieselfde tipe gewere… in hierdie geval 2 x Howa 1500 Varminters met Hogue sintetiese kolwe.
Gewoonlik sal ‘n skut ‘n duurder geweer koop vir die Ope-klas, of dalk modifikasies aanbring van etlike duisende rande. So ‘n geweer kan dan maklik R30 000 plus kos.
Die teleskoop benodig vir die .223 klas mag net ‘n maksimum vergroting van 14 x wees. Indien groter, word die vergrotingsring geseël, geen hoogte (turret) verstellings mag gedoen word nie. Paralaks verstelling word wel toegelaat as die teleskoop dit reeds op het. Deelnemers word aangeraai om sommer van dag een af die regte teleskoop aan te skaf, nl. ’n 14 x maksimum vergroting, met geen “turrets” nie. Die tipe kruisdraad maak nie saak nie. Dit sal meebring dat jy vir tussen R5000 en R10 000.00, dalk nog goedkoper, ‘n teleskoop sal kan koop waarmee jy verseker kompeterend sal kan skiet in die .223 klas.
As ons na die Ope-klas kyk kan jy nie kompeterend skiet met enige teleskoop wat nie ‘n “turret” verstelling het nie. Die vergroting sal ‘n minimum van 16 x plus wees. Hierdie teleskope val in die prysklas R13000 plus, met ‘n baie algemene prys van R25000.00.
Kyk ons na die prys per skoot is die volgende in aanmerking geneem om dit te kon bepaal:
Soos reeds genoem gebruik ons twee nuwe Howa gewere in kalibers .223 en .243. Teen 2500 skote sal die .243 se loop vervang moet word. Die .223 behoort 7500 skote met gemak te doen voordat enige loopvervanging nodig sal wees. Dit sal beteken ons sal 2 nuwe lope moet insit in die .243 terwyl ons nog met die .223 se oorspronklike loop skiet.
Ons gebruik nuwe Winchester doppe vir beide kalibers.
Die prys vir .223 is R489 per 100 teenoor, R1098 per 100 vir die 243.
CCI Primers vir albei is R120 per 100.
Hornady V-Max punte in beide kalibers is onderskeidelik 55gr en 87 gr.
R469 vir die 55gr V-Max en R659 vir die 87 V-Max in 6mm.
S321 vir die .223 teen R260 per blik. R350 per blik vir S365 poeier vir die .243.
Ladings is 24 gr vir die .223 en 42 gr vir die .243.
Verder glo ons dat ons net 2500 skote met die .243 sal skiet voor ons die loop sal moet vervang en 7500 in die .223 soos statistieke reeds bewys het. Ons gebruik dieselfde tipe lope as ons ’n loopvervanging sou doen en in berekening sou bring, teen dieselfde koste van R 10 000.00 per loop ingesit.
As ons die koste per patroon sou bepaal met dit wat ons hierbo aangedui het, is dit as volg:
.223 per skoot - R11.59
.243 per skoot - R20.68


Groete
Frans
Sako 30-06, Sako 222, Savage LRP 243Ackley, P.Beretta A300 12ga, Glock 19 Gen4 9mm
Mini Mauser 22LR, Savage Stevens 410, Rossi 38Sp, LLAMA 22LR Pistool, LM4 (5.56x45) en n halwe Howa ::)
User avatar
JTM
Hero Member
Hero Member
Posts: 1691
Joined: Tue Sep 18, 2012 9:06 am
Location: Brackenfell, CT

Re: 222/223 Veldskiet

Post by JTM »

My gat jeuk ook om 'n .223 te kry om dalk nou en dan die tipe skiete te doen.

Sal dit nogsteeds voordelig wees om op 'n .223 'n swaarloop varmint geweer te skiet teenoor 'n sporter profile loop? Sou jy nou bv. Howa se sporter en varminter gewere teen mekaar vergelyk?
Jannie Welman
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 6964
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Location: Brackenfell
Contact:

Re: 222/223 Veldskiet

Post by Arnold »

Ek kan nie wag vir my 223 se lisensie nie!

Jannie, die meeste voordeel gaan wees as jy 'n vinnige (8) twist loop het soos van die Tikka geweertjies het.
75gr Amax uit 'n 18" loop teen so 2760fps
Iets soos hierdie, maar net sonder die MB ...
http://rifleshooter.com/wp-content/uploads/2017/01/MDT-ESS-308-8.jpg
User avatar
Philip J
Hero Member
Hero Member
Posts: 815
Joined: Fri Mar 14, 2014 8:58 pm
Location: Heidelberg, Tvl

Re: 222/223 Veldskiet

Post by Philip J »

Ek moet sê, ek was altyd skepties oor n 223, maar nadat ek myne gekoop het oor hy reg geprys was en ek hom begin skiet het, het hy baie vinnig my baie diep in my hart ingekruip. 223 is in my opinie amper soos n 308 in die sin dat jy hom amper met vuurhoutjiekoppe en sinkers kan laai en hy gaan nog steeds groepeer. ++>:
Groetnis
Philip
User avatar
JTM
Hero Member
Hero Member
Posts: 1691
Joined: Tue Sep 18, 2012 9:06 am
Location: Brackenfell, CT

Re: 222/223 Veldskiet

Post by JTM »

Arnold wrote:Ek kan nie wag vir my 223 se lisensie nie!

Jannie, die meeste voordeel gaan wees as jy 'n vinnige (8) twist loop het soos van die Tikka geweertjies het.
75gr Amax uit 'n 18" loop teen so 2760fps
Iets soos hierdie, maar net sonder die MB ...
http://rifleshooter.com/wp-content/uploads/2017/01/MDT-ESS-308-8.jpg
Dink daai 18" loop gedagte van jou lyk glad nie sleg nie. Dit gaan 'n lekker roertjie wees.
Jannie Welman
User avatar
SakoTrippel2
Hero Member
Hero Member
Posts: 621
Joined: Sun Jan 11, 2015 5:15 pm
Location: Harrismith,FS

Re: 222/223 Veldskiet

Post by SakoTrippel2 »

Dagsê mede skuts. Soos julle weet was dit die afgelope naweek die KZN 222 /223 Ope. Fantastiese dag gewees met baie mooi landskap en uitsigte. Die windjie was nie baie sterk gewees nie maar hyt 'n man nog steeds mooi laat dink en konsentreer waar die skoot moet loop.

Hier volg 'n kort opsomming van die baan.

Gongs aan die voet van 'n randjie. Skiet van bo af onder na die Gongs toe. Steil helling soos met 'n tipiese ribbok jag situasie. As ek moet skat was hulle tussen 100m en 220m gewees met die kleinste Gong die naaste.

Steenbok sit oor 3poot skiet stokke ek skat hom so 145m. Daai koppie is lekker klein.

Klipspringer op 'n randjie. Skiet vanuit 'n sloot staan of kniel oor 'n sand sakkie. Skat hom hier by 170m.

Gong baan tussen 100 en 230m sou ek skat. Reguit voor mens sonder helling. Staan of sit en skiet oor enige van 3 bome.

Rooikat vryhand staan op sê maar 60m
Snel vuur ek dink dit was 45 sekondes vir 5 skote.

Duiker baan. Lê oor 'n wal en 'n sandsakkie skat hom so 200m. Moes mooi oplet na wind wat vat en los.

//uploads.tapatalk-cdn.com/20170207/f01d99c2094528c71082812f21163642.jpg

//uploads.tapatalk-cdn.com/20170207/4e0e90bfc90c38b487dfe906db4c8920.jpg

//uploads.tapatalk-cdn.com/20170207/381606183ae1116b534c4d10aa2f6c29.jpg

//uploads.tapatalk-cdn.com/20170207/e454e046165778deee4414221719230d.jpg

//uploads.tapatalk-cdn.com/20170207/7ea6f92cc40f5ae7dd4af6e7d617f5d8.jpg

//uploads.tapatalk-cdn.com/20170207/cb900fd5c4aa37f14d641b4aa28b4e9e.jpg

//uploads.tapatalk-cdn.com/20170207/37cc12dc5a3ddd932ef75ecf59378a57.jpg

Wenners was

Rob Fortmann met 845/900

Jacoos V Niekerk met 810/900

Paul Botha met 725/900


Noord Wes 222/223 Ope sal nou plaasvind op Vrydag 10 Maart 2017 om 12h00. Dis die dag voor die SAJSV Ope. Die plaas Wildehoenderkraal naby Bloemhof.

Sien julle by die volgende een.
Volg gerus die Facebook blad en soek vir 222.223 Standard Rifle Shooting

Groete
Frans
Sako 30-06, Sako 222, Savage LRP 243Ackley, P.Beretta A300 12ga, Glock 19 Gen4 9mm
Mini Mauser 22LR, Savage Stevens 410, Rossi 38Sp, LLAMA 22LR Pistool, LM4 (5.56x45) en n halwe Howa ::)
Vaalbos
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 56
Joined: Thu Feb 27, 2014 11:32 am
Location: Pretoria - tydens Lockdown

Re: 222/223 Veldskiet

Post by Vaalbos »

Lyk soos pret en mooi verhouding met die kalibers en aanwendings op wild.

Dit is net jammer die 222/223 klasse skiet elke keer op Vrydae.

Maak dit bietjie moeilik v die wat elke keer dag verlof moet gooi.

Sou graag wou bywoon.
User avatar
SakoTrippel2
Hero Member
Hero Member
Posts: 621
Joined: Sun Jan 11, 2015 5:15 pm
Location: Harrismith,FS

Re: 222/223 Veldskiet

Post by SakoTrippel2 »

Uitnodiging na Molopo Wapens - Noord-Wes 222/223 Rem Ope 2017
Datum: 10 Maart 2017
Venue: Wildehoenderkraal, Bloemhof, Noord-Wes
Roete: Vanaf Bloemhof op N12 na Christiana, 13 km op linkerkant, volg die aanwysigings tot by baan.

Program vir NW 222/223 Ope 10 Maart 2017:
11:00 Registrasie en inskrywings
11:00 – 12:00 100m inskietbaan (Bring eie raampies)
12:00 Opening en Verwelkoming
12:00 – 17:00 Skiet Kompetisie
Geen kontant kroeg beskikbaar, bring eie verversings.
Bring en braai na die tyd. Vure word voorsien.

Kompetisie sal geskied onder reëls en bepalings van SAJSV 223-klas (2 ghong en 4 papier bane)

Inskrywingsfooi: R150 vir almal – betaalbaar op die dag. Laat weet net met sms vir Pieter (082 927 5333)
of Antoon (083 320 2083) as jy kom deelneem.

Akkommodasie
Why Not Akkommodasie 053 433 1659
Plek vanni Visarend 083 463 2029 / 083 228 1593

Vir meer inligting oor skiet, skakel:
Pieter van Zyl 082 927 5333
Antoon Roets 083 3202 083

Inligting vanaf FB blad.

Groete
Frans
Sako 30-06, Sako 222, Savage LRP 243Ackley, P.Beretta A300 12ga, Glock 19 Gen4 9mm
Mini Mauser 22LR, Savage Stevens 410, Rossi 38Sp, LLAMA 22LR Pistool, LM4 (5.56x45) en n halwe Howa ::)
User avatar
SakoTrippel2
Hero Member
Hero Member
Posts: 621
Joined: Sun Jan 11, 2015 5:15 pm
Location: Harrismith,FS

Re: 222/223 Veldskiet

Post by SakoTrippel2 »

Daarsy Manne Vrydag is dit sulke tyd. 2 lekker skietdae na mekaar. Die wat NW Ope gaan skiet pak sommer die klein geweertjies ook in. Alle inligting is hierbo te sien. Ek gaan die naweek ongelukkig misloop. Sou 'n diep lekker een gewees het!

Groete
Frans
Sako 30-06, Sako 222, Savage LRP 243Ackley, P.Beretta A300 12ga, Glock 19 Gen4 9mm
Mini Mauser 22LR, Savage Stevens 410, Rossi 38Sp, LLAMA 22LR Pistool, LM4 (5.56x45) en n halwe Howa ::)
User avatar
SakoTrippel2
Hero Member
Hero Member
Posts: 621
Joined: Sun Jan 11, 2015 5:15 pm
Location: Harrismith,FS

Re: 222/223 Veldskiet

Post by SakoTrippel2 »

//uploads.tapatalk-cdn.com/20170307/e690df8779c370c7c00765704311ea1d.jpg

Hiermee dan ook die nuutste datums.

Groete
Frans
Sako 30-06, Sako 222, Savage LRP 243Ackley, P.Beretta A300 12ga, Glock 19 Gen4 9mm
Mini Mauser 22LR, Savage Stevens 410, Rossi 38Sp, LLAMA 22LR Pistool, LM4 (5.56x45) en n halwe Howa ::)
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 6964
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Location: Brackenfell
Contact:

Re: 222/223 Veldskiet

Post by Arnold »

Frans, is die reel oor die teleskope nog dieselfde? 14x max en geen verstellings?
Riebeeker
Hero Member
Hero Member
Posts: 603
Joined: Fri Oct 25, 2013 10:28 am
Location: Riebeek Kasteel

Re: 222/223 Veldskiet

Post by Riebeeker »

Is jy seker oor die 27ste Oktober op Yzerfontein - dit is n Vrydag.
Remington 700 .308 SPS, Remington 700 .260 en Remington 700 .223 VSF
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 6964
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Location: Brackenfell
Contact:

Re: 222/223 Veldskiet

Post by Arnold »

Ja hulle skiet hom op n vrydag sodat jy die saterdag aan die gewone ope kan deelneem
User avatar
SakoTrippel2
Hero Member
Hero Member
Posts: 621
Joined: Sun Jan 11, 2015 5:15 pm
Location: Harrismith,FS

Re: 222/223 Veldskiet

Post by SakoTrippel2 »

Arnold Ja dit is steeds die beperking.. Maar al het jy 'n 20x teleskoop maak die baan offisier hom vas met bietjie "tape" en daar gaan jy...ek is juis opsoek na 4.5-14 klas teleskoop met 'n lekker BDC kruisdraad vir die toepassing. Die SA Ope is om die draai in Bloemfontein. Inligting volg.
Sako 30-06, Sako 222, Savage LRP 243Ackley, P.Beretta A300 12ga, Glock 19 Gen4 9mm
Mini Mauser 22LR, Savage Stevens 410, Rossi 38Sp, LLAMA 22LR Pistool, LM4 (5.56x45) en n halwe Howa ::)
User avatar
SakoTrippel2
Hero Member
Hero Member
Posts: 621
Joined: Sun Jan 11, 2015 5:15 pm
Location: Harrismith,FS

Re: 222/223 Veldskiet

Post by SakoTrippel2 »

Die 222/223 Vrystaat Ope en SA Ope gaan plaasvind op Monte Bello Estate naby Bloemfontein op die naweek van 7 en 8 Julie 2017

Die skiet sal plaasvind volgens die 222/223 Rem. reels soos uiteengesit deur SAJSV en IHARSA.

Daar sal n prysuitdeling plaasvind by Monte Bello op Saterdag 8 Julie na die skiet.

Die Vrydag en die Saterdag se skiet sal vir jou SA Ope punt tel.   Soos reeds bespreek sal jou jaarpunt nie tel tot jou posisie op die ranglys maar net jou 2 bene van die SA Ope sal tel vir jou posisie op die jaarlikse ranglys.  Indien spanne gekies gaan word sal dit volgens jou SA Ope punte gedoen word.  Jou jaarpunt sal jou wel plek gee in die top 30 wat in die vervolg geskiet gaan word by SA Kampioenskappe. 

Die kostes beloop R550 per skut vir Vrydag en Saterdag se skiet.  As jy net Vrydag wil skiet is dit R250 per skut en as jy net Saterdag wil skiet is die kostes R350 per skut.  Indien jy net die een dag wil deelneem betaal dan daai bedrag en meld dit net aan in die NOTES kollom op die inskrywing.

Ons wil kostes so min as moontlik hou maar baanoffisiere en funksies is n groot uitgawe.

Inskrywings op die webblad sluit op Dinsdag 4 Julie 2017 on 23h00

Akkommodasie is beskikbaar op Monte Bello. Kontak Juan of Sonja op 060 996 5471

of    lodge@montebelloestate.co.za

http://www.sahuntingrifle.co.za/222-223rem/18

Net weer die datums
http://www.sahuntingrifle.co.za/program ... ogramme/16
Sako 30-06, Sako 222, Savage LRP 243Ackley, P.Beretta A300 12ga, Glock 19 Gen4 9mm
Mini Mauser 22LR, Savage Stevens 410, Rossi 38Sp, LLAMA 22LR Pistool, LM4 (5.56x45) en n halwe Howa ::)
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 6964
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Location: Brackenfell
Contact:

Re: 222/223 Veldskiet

Post by Arnold »

SakoTrippel2 wrote:Arnold Ja dit is steeds die beperking.. Maar al het jy 'n 20x teleskoop maak die baan offisier hom vas met bietjie "tape" en daar gaan jy...ek is juis opsoek na 4.5-14 klas teleskoop met 'n lekker BDC kruisdraad vir die toepassing. Die SA Ope is om die draai in Bloemfontein. Inligting volg.
My probleem hiermee is dat ek op n laer vergroting gewoonlik die staan en skiet doen en nou is die scope vasgetape. So ja, ek kyk ook vir n gepaste teleskoop en op die oomblik lyk die SHV 4-14x50 na n opsie.
User avatar
SakoTrippel2
Hero Member
Hero Member
Posts: 621
Joined: Sun Jan 11, 2015 5:15 pm
Location: Harrismith,FS

Re: 222/223 Veldskiet

Post by SakoTrippel2 »

Ja mag die tape losmaak en vergroting afstel en weer vasmaak onder toesig van die Baan offisier ek doen dit elke keer.
Sako 30-06, Sako 222, Savage LRP 243Ackley, P.Beretta A300 12ga, Glock 19 Gen4 9mm
Mini Mauser 22LR, Savage Stevens 410, Rossi 38Sp, LLAMA 22LR Pistool, LM4 (5.56x45) en n halwe Howa ::)
Post Reply

Return to “SA Hunting Rifle Shooting Association”