Jag tussen Buffels

Moderator: Global Moderator

Post Reply
User avatar
sako 30-06
Hero Member
Hero Member
Posts: 1789
Joined: Mon Mar 19, 2012 2:45 pm
Location: Boksburg

Jag tussen Buffels

Post by sako 30-06 »

Ek jag op n plaas waar daar baie min gejag word, ons het nog meeste van die rooibokke van die bakkie af geskiet.
Daar loop twee monster Blouwildebeeste maar ek sal graag een wil jag op die voet.

Al probleem is hulle loop gewoonlik in dieselfde omgewing as die buffels en elke keer wat ons verby die buffels ry storm hulle die bakkie.
So nou is die vraag, indien ek loop en bekruip wat is die moets en moenies indien ek naby die buffels kom? Ek het nog nooit gejag waar buffels loop nie so ek wil nie werklik n kans vat nie.
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 19632
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Location: Vereeniging

Re: Jag tussen Buffels

Post by tripodmvr »

Klink asof die buffels vanaf bakkies gevoer is. Ek sal maar katvoet wees om daar met die voet te beweeg.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6636
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am
Location: Piet Retief, Mpumulanga

Re: Jag tussen Buffels

Post by DWB »

When in Big Game Country Carry a Big Gun!
Noem my sommer Deon
7x57 - 9.3x62 - 404 Jeff - 450 Rigby
"All men die, but few men ever really live"
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7176
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Location: Waterkloof, Pretoria

Re: Jag tussen Buffels

Post by Wouter Roets »

Sako

Ek en ek glo ander mense hier is eintlik baie huiwerig om raad hier te gee. Die feit bly staan dinge kan baie vinnig erg suid draai met enige wilde dier. Persoonlik jag ek op baie plase waar gevaarlike wild vrylik rondloop en so het ons ook vir meer as tien jaar gejag op ons eie plaas. Ja daar was insidente, maar genadiglik nog niks ernstig nie. Op daai einste noot het een van my goeie pelle verlede jaar n buffel bul "ge-spook" met die opvolg van n geweste rooibok met n hele gros kinders saam en die het uitgedraai in n lelike konfrontasie waar die buffel uiteindelik n skoot in die gesig van n 223 gekry het. Genadiglik het my maat met net n klomp krapmerke van bosse en n gekrenkte ego weggestap, maar dit kon soveel erger gewees het. Ek wil nie eers verder dink daaroor nie, veral nie met kleinspan wat saam was nie.

Jy se die blouwildebeeste loop gewoonlik in dieselfde omgewing as die buffels wat die kaans vir n direkte konfrontasie soveel groter maak. Ek en my broer het juis twee jaar terug op n buffeljag in n situasie beland waar die blouwildebeeste ons wou skraap tussen die buffels. Die een het toe sommer besluit hy sort een van die buffelbulle uit net vir good measure. Nogal komies gewees toe ons dit na die tyd op video kyk, maar verseker nie toe ons dit eerstehans ervaar het nie.

Ja almal se klim n boom, soos die een jagter by ons gedoen het toe die buffels neskuurig raak en toe vir meer as ses ure in daai ongemaklike posisie bevind het, maar dit is altyd snaaks dat die bome skaars hoer as jy is as jy moet klim.

Raad wat ek wel kan gee is sort dinge eers uit met die plaaseienaar self uit, nie die bestuurder nie, wat gebeur as jy een in noodweer moet pot. Dra n geweer asof jy gaan buffel jag, en as jy besluit dit is die moeite werd, gaan geniet jou gate uit!

Groetnis
Wouter
User avatar
sako 30-06
Hero Member
Hero Member
Posts: 1789
Joined: Mon Mar 19, 2012 2:45 pm
Location: Boksburg

Re: Jag tussen Buffels

Post by sako 30-06 »

Wouter dit is my grootste probleem. Die eienaar vertrou my al so dat ek kan plaas toe gaan, verniet bly en ek kan soveel vlakvarke en bobbejane skiet wat ek wil (Sonder enige toesig). Sy wildsplaas is langs sy spilpunte so hy se ek doen hom n guns om die vlakkies te skiet.
Ek weet nie hoe sal ek stert tussen die bene na hom toe kan gaan en se ek moes sy nuwe teelbul skiet want hy het my gestorm nie, al was my lewe in gevaar kan dit dalk dinge so klein bietjie kompliseer.

Dalk moet ek net my trots in my sak steek en maar die BWB skiet as ek hom sien, ek het die spesifieke bul nog net tweekeer gesien so hy is verseker nie stupid nie en nie altyd op presies dieselfde plek nie.
KaKaTo
Newbie
Newbie
Posts: 9
Joined: Mon Nov 04, 2019 10:35 am
Location: Pretoria

Re: Jag tussen Buffels

Post by KaKaTo »

Moet net nie tussen n koei en haar kalf kom nie jy gaan vinnig leer boom klim.
Ds J
Hero Member
Hero Member
Posts: 1391
Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm
Location: Stella

Re: Jag tussen Buffels

Post by Ds J »

Daar was donkiejare gelede n professionele jagter wat mense met n boog laat jag het, MAAR hulle het die teikendier met n verdowingspyl geskiet, kon dan foto's neem, en daarna het die dier weer wakker geword. Dit was spesifiek gemik op kliënte wat wou jag sonder om noodwendig 'n dier dood te maak.

Die jagters het n tipe versekering uitgeneem wat die dood van die dier gedek het - hetsy weens medikasie, of omdat die ph n stormende dier moes skiet.

Sou n mens so iets kan doen om die buffels te dek?
Desperatezulu
Full Member
Full Member
Posts: 136
Joined: Fri Oct 03, 2014 3:21 pm
Location: Bryanston, Jhb

Re: Jag tussen Buffels

Post by Desperatezulu »

Ds J wrote: Wed Sep 21, 2022 2:31 pm Die jagters het n tipe versekering uitgeneem wat die dood van die dier gedek het - hetsy weens medikasie, of omdat die ph n stormende dier moes skiet.

Sou n mens so iets kan doen om die buffels te dek?
Dis hoe jy n buffel kan jag teen die koste van n versekerings polis? :laugh:
User avatar
Pappabeer
Hero Member
Hero Member
Posts: 2930
Joined: Thu Mar 21, 2013 12:28 am
Location: Zululand

Re: Jag tussen Buffels

Post by Pappabeer »

Daai blouwildebees klink soos n cruiser spieeltjie bok…

Persoonlik haat ek dit om tussen half mak buffels te jag. n Wilde Buffel is voorspelbaar en hardloop. Hierdie oortag, tefbaal buffels is onvoorspelbaar, verloor vrees vir mense, absoluut kroonwild, en kan n jag lelik laat suiddraai, sowel as verhoudinge versuur met n boer.
.177 .22(x2) .222 .243 .250 Savage 6,5x55
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x3) 9mm(x2) .44
Thunderhead
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 441
Joined: Mon Jun 16, 2014 8:54 am
Location: Louis Trichardt Limpopo

Re: Jag tussen Buffels

Post by Thunderhead »

Presies my ondervinding.
Pappabeer wrote: Thu Sep 22, 2022 12:52 am Daai blouwildebees klink soos n cruiser spieeltjie bok…

Persoonlik haat ek dit om tussen half mak buffels te jag. n Wilde Buffel is voorspelbaar en hardloop. Hierdie oortag, tefbaal buffels is onvoorspelbaar, verloor vrees vir mense, absoluut kroonwild, en kan n jag lelik laat suiddraai, sowel as verhoudinge versuur met n boer.
User avatar
HunterB
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 274
Joined: Fri May 15, 2015 12:05 pm
Location: Frankfort

Re: Jag tussen Buffels

Post by HunterB »

Ons jag nou 2 jaar op plaas met Buffels. Gelukkig nog nie enige moeilikheid gehad nie. Moet se dit hou mens nogal op jou hoede, maar laaste ding waarna jy soek is die spesie wat jy wil skiet. Daai Buffel bly in jou kop.

Enigste raad wat ons gekry het is om nie te hardloop nie, stap stadig terug vanwaar jy gekom het en maak seker jy weet waar is die naaste groot boom
CZ po7 9mm
Catma O/U 12ga
BRNO .22lr
Tikka 223 ackley
Howa varminter 6mm BRA
Howa varminter 308win
Howa custom 6.5x55 swede
CZ 9.3x62
User avatar
sako 30-06
Hero Member
Hero Member
Posts: 1789
Joined: Mon Mar 19, 2012 2:45 pm
Location: Boksburg

Re: Jag tussen Buffels

Post by sako 30-06 »

Pappabeer wrote: Thu Sep 22, 2022 12:52 am Daai blouwildebees klink soos n cruiser spieeltjie bok…

Persoonlik haat ek dit om tussen half mak buffels te jag. n Wilde Buffel is voorspelbaar en hardloop. Hierdie oortag, tefbaal buffels is onvoorspelbaar, verloor vrees vir mense, absoluut kroonwild, en kan n jag lelik laat suiddraai, sowel as verhoudinge versuur met n boer.
Ek het nou nie n Cruiser nie, maar my Ford se spieeltjie werk net so goed. ;D
Dis seker die veiliger opsie en dan weet ek my 4 jarige seuntjie kan deel wees van die ervaring, hy skiet juis die afgelope paar weke buffels en Bwb'ste
met sy rekkiegeweer in die huis se gang en dan loop hy breebors en se die buffels val maklik.
User avatar
Capt. Oblivious
Hero Member
Hero Member
Posts: 11343
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Location: Ek weet nie so mooi van spel nie maar ek kan skiet. Lonehill, Sandton

Re: Jag tussen Buffels

Post by Capt. Oblivious »

Neewat stoot daai bwb somer van die bakkie af, soos Papabeer se daai half mak buffels is n gesukkel op sy beste
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
Pappabeer
Hero Member
Hero Member
Posts: 2930
Joined: Thu Mar 21, 2013 12:28 am
Location: Zululand

Re: Jag tussen Buffels

Post by Pappabeer »

Ek het vir jou n Cruiser spieltjie wat in die suikerriet gebreek het. Die Ford gaan dalk roes as jy boor en rivnutmaar vir een bloubees sal ek hom om jou bestaande een duct tape…
.177 .22(x2) .222 .243 .250 Savage 6,5x55
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x3) 9mm(x2) .44
Ds J
Hero Member
Hero Member
Posts: 1391
Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm
Location: Stella

Re: Jag tussen Buffels

Post by Ds J »

sako 30-06 wrote: Wed Sep 21, 2022 8:39 am Ek jag op n plaas waar daar baie min gejag word, ons het nog meeste van die rooibokke van die bakkie af geskiet.
Daar loop twee monster Blouwildebeeste maar ek sal graag een wil jag op die voet.

Al probleem is hulle loop gewoonlik in dieselfde omgewing as die buffels en elke keer wat ons verby die buffels ry storm hulle die bakkie.

So nou is die vraag, indien ek loop en bekruip wat is die moets en moenies indien ek naby die buffels kom? Ek het nog nooit gejag waar buffels loop nie so ek wil nie werklik n kans vat nie.
So n bietjie predikanteraad:

Hoe belangrik is die verhouding met die boer vir jou?

En:

Hoe sterk is die verhouding met die boer?

En:

Wat kan alles skeef loop indien jy/julle te voet sou jag?

En:

Wat sou die gevolge daarvan wees?

As n man te voet op n ander man se plaas gaan jag en n pofadder pik hom, is dit een saak - selfs indien hy sou skade ly as gevolg van die pik. Ons weet almal dat dit kan gebeur, en dit is n risiko wat ons in berekening hou want dit is werklik n super klein risiko. Die kans vir n rooftog of n karongeluk is waarskynlik heelwat groter.

Indien julle te voet op daardie plaas gaan jag kan n hele paar sake skeef loop. Die buffel kan storm - veral as n mens na die ervare manne se raad luister - en dan is daar n paar taai toffies om aan te dink: jy moet dalk n buffel in noodweer skiet, of jy kry dalk ernstig seer, of iemand anders kry dalk ernstig seer. Dan moet n mens altyd vra of die hele petalje werklik die moeite en risiko werd was.

Ek sou voorstel dat jy eers die saak lank en deeglik met die boer bespreek en dat jy baie fyn na sy raad luister. Om 'n goeie vriendskap, of gesondheid, of n lewe te verloor weens n blouwildebees is onnodig. Dit kan bv ook gebeur dat die boer vir jou sê dat die buffels hulle glad nie aan mense te voet steur nie, en dat die plaaswerkers ongesteurd te voet daar beweeg.

Die feit dat die buffels aggressief is maak die situasie moeilik.
User avatar
Lategan1
Hero Member
Hero Member
Posts: 1893
Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am
Location: Boland

Re: Jag tussen Buffels

Post by Lategan1 »

Skiet hom oor die spieëljie - Ford of Cruiser of GVM - kies jou plek en tyd om braaf te wees - waar die speelveld gelyk is.

Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 8)
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6636
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am
Location: Piet Retief, Mpumulanga

Re: Jag tussen Buffels

Post by DWB »

Nee wat boys, ñ carbon fibre onderbroek en jy is reg om te gaan. (Verhoed horing om by jou h#l te kom)

Nou die dag ñ Nyala op 30m geskiet toe ontplof die trop buffels om hom.

Het al ñ vlakvark tussen ñ trop buffels ook geskiet, die oplaai was net bietjie meer ingewikkeld :laugh:
Noem my sommer Deon
7x57 - 9.3x62 - 404 Jeff - 450 Rigby
"All men die, but few men ever really live"
Thunderhead
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 441
Joined: Mon Jun 16, 2014 8:54 am
Location: Louis Trichardt Limpopo

Re: Jag tussen Buffels

Post by Thunderhead »

Ons het n buffel koei met klient geskiet. Die cruiser is ingeroep ons het klaar fotos geneem rondgestaan en praat toe bars daar ander koei uit die bos en jaag ons rond. Gelukkig kon ons betyds op die en in die bakkie kom. Ons gewere was klaar op die voertuig so kan n skoot oor haar kop skiet om te verwilder. "Always carry a big stick in dangerous game country".
User avatar
ruaanb
Hero Member
Hero Member
Posts: 5230
Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am
Location: Durbanville, WesKaap

Re: Jag tussen Buffels

Post by ruaanb »

Met ons onlangse jag vertel die ph ons hulle trop buffels is missing……laat middag stap Hy en my broer amper tussen hulle in. Gelukkig was wind in hulle guns anders kon dit lelik uitgedraai het.
Ds J
Hero Member
Hero Member
Posts: 1391
Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm
Location: Stella

Re: Jag tussen Buffels

Post by Ds J »

ruaanb wrote: Sun Sep 25, 2022 10:05 am Met ons onlangse jag vertel die ph ons hulle trop buffels is missing……laat middag stap Hy en my broer amper tussen hulle in. Gelukkig was wind in hulle guns anders kon dit lelik uitgedraai het.
Thunderhead wrote: Sun Sep 25, 2022 8:28 am Ons het n buffel koei met klient geskiet. Die cruiser is ingeroep ons het klaar fotos geneem rondgestaan en praat toe bars daar ander koei uit die bos en jaag ons rond. Gelukkig kon ons betyds op die en in die bakkie kom. Ons gewere was klaar op die voertuig so kan n skoot oor haar kop skiet om te verwilder. "Always carry a big stick in dangerous game country".
DWB wrote: Sun Sep 25, 2022 7:16 am Nee wat boys, ñ carbon fibre onderbroek en jy is reg om te gaan. (Verhoed horing om by jou h#l te kom)

Nou die dag ñ Nyala op 30m geskiet toe ontplof die trop buffels om hom.

Het al ñ vlakvark tussen ñ trop buffels ook geskiet, die oplaai was net bietjie meer ingewikkeld :laugh:
Hierdie bewys dat dit haalbaar is.

Praat met die boer en bespreek die strategie.
Post Reply

Return to “Algemeen/General”