1.5 miljoen patrone in KZN gesteel

Moderator: Global Moderator

Post Reply
User avatar
win270
Hero Member
Hero Member
Posts: 1840
Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am
Location: Randburg, Gauteng

1.5 miljoen patrone in KZN gesteel

Post by win270 »

Dalk is hierdie reeds bespreek . . . groot gemors en verdere risiko wat ons almal se veiligheid aanbetref. >:(

https://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus ... teel-word/
Alwin
Hero Member
Hero Member
Posts: 1538
Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm
Location: Noord-Transvaalse Bosveld

Re: 1.5 miljoen patrone in KZN gesteel

Post by Alwin »

Net so kommerwekkend is dat Maroela Media sommer so goedsmoeds N24 se vals nuus versprei.

Die korrekte inligting, soos wat ek dit verstaan:
Die vraghouer het 20 ton handwapenammunisie bevat, afkomstig van CBC in Brasilië en bestem vir 'n groothandelaar in Pretoria.
Die inhoud was 1,2 Miljoen rondtes ammunisie en 800 000 slagdoppies. Die waarde is $223 000 of ongeveer R3 Miljoen.
Die meerderheid was 9mmP, maar daar was ook 7,65mm, 9mmK, 38Spl, 357Mag, 44Mag en 45Auto.
Die polisie het versuim (geweier?) om die houer onmiddelik te inspekteer en dit na hulle "veilige" area geskuif vir bewaring. Na 4 dae daar is dit geplunder.

Ek sou graag wou hoor hoe die saak verder hanteer word.
OosKaapJagter
Hero Member
Hero Member
Posts: 622
Joined: Thu Jul 07, 2016 9:14 pm

Re: 1.5 miljoen patrone in KZN gesteel

Post by OosKaapJagter »

Kyk hoe minister hoed dit nou gaan misbruik om te wys hoe die euwel van ammunisie in die verkeerde hande beland.

Hy sal gerieflikheidshalwe swyg oor sy departement se laksheid en onvermoë wat dit veroorsaak het.
User avatar
Capt. Oblivious
Hero Member
Hero Member
Posts: 10454
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Location: Ek weet nie so mooi van spel nie maar ek kan skiet. Lonehill, Sandton

Re: 1.5 miljoen patrone in KZN gesteel

Post by Capt. Oblivious »

OosKaapJagter wrote: Sun Jul 18, 2021 9:33 am Kyk hoe minister hoed dit nou gaan misbruik om te wys hoe die euwel van ammunisie in die verkeerde hande beland.

Hy sal gerieflikheidshalwe swyg oor sy departement se laksheid en onvermoë wat dit veroorsaak het.
Ek wonder of hy nog dink sy mense sal ons gewere kom haal
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Post Reply

Return to “Algemeen/General”