‘n Jag vol eerstes

Display your bragging rights here/ Plaas jou grotes hier.

Moderator: Global Moderator

Post Reply
Kaalvoetthysie
Full Member
Full Member
Posts: 164
Joined: Sat Nov 04, 2017 12:13 pm

‘n Jag vol eerstes

Post by Kaalvoetthysie »

Ek en my vrou was lus vir ‘n naweek weg en toe stel ek voor dat ons as ‘n gesin sommer hier naby ons in Tweeling op ‘n plaas gaan bly en dalk ‘n bokkie of twee skiet.

Sy stem toe tot my verbasing in (sy is glad nie ‘n jagter nie). Dit is toe ook die eerste keer wat my seuntjie (amper 4) saam mag veld toe gaan.

Ek gaan eers Augustus vir myself jag en op die jag het ek vir ander mense geskiet, op die menu was ‘n Waterbok bul, Rooihartbees koei en twee blesbokke.

Ons het die Vrydag aand die binne braai en kaggel ordentlik gestook want dit was lekker koud. Vroulief het vroeg ingekruip en dit het my kans gegee om bietjie kop skoon te maak langs die vuur. Ons het ‘n baie besige tyd agter die rug en die rus en rustigheid was net die medisyne wat ons nodig gehad het.

Saterdag oggend is ons toe veld toe en nie lank nie toe kry ons die Waterbokke, ek kry toe n baie mooi 27.5 duim bul. Ons was redelik versigtig vir hoe die klein man dit gaan hanteer, maar hy het ons baie verbaas. Erg nuuskierig, maar baie opgewonde. Ek was net so opgewonde aangesien dit my eerste Waterbok bul was.
Image


Daarna het ‘n blesbok ooi my bietjie die plaas gewys en my mooi herhinner dat ek glad nie afstand kan skat nie... Weereens het die klein man my verbaas, sommer plat op sy gat agter op die bakkie langs die bok gesit en sy smarties eet. Hy het ook baie aandagtig gekyk hoe hulle die bokke af slag.

Na ons iets gaan kry het om te eet en ek gou seker gemaak het die geweer is nog in (dis mos nooit die skut de skuld nie) is ons weer uit en het ek ‘n Rooihartbees koei geskiet.
Image

Die wind het begin op steek en ek het besef dat die blesbokke net te ver bly en die wind te sterk waai vir my skiet vernuf. Ons besluit toe op ‘n Lechwe ooi, weereens ‘n eerste vir my.
Image


Een van die hoogte punte van die naweek was toe my seuntjie die middag sy koelerboksie nader sleep en langs my kom sit voor die vuur en bietjie gesels oor die dag se jag. ‘n Oomblik wat ek nog vir baie jare sal koester. Dit het my ook laat terug dink aan al die kampvure wat ek en my Pa in die jag veld gedeel het. Hy vertel toe ook dat hy, Mamma en Oupa volgende jaar ook gaan bokke skiet, maar Ouma se rug gaan seer raak en ons gaan haar moet dokter toe vat.

Wat ‘n reuse voorreg is dit nie om my liefde vir jag en die natuur met my seuntjie te deel nie.

So ja, my seuntjie se eerste jag, my eerste Waterbok bul, my eerste Lechwe en met groot skaamte gesê die meeste skote wat ek nog op een bok geskiet het... Blykbaar kry ek Kwes-bok-koors. Gelukkig was die ander bokke een skoot dood skote.

Verseker een van my lekkerste jagte en die begin van ‘n nuwe instelling in ons familie.

Ps: Ek mag nou blykbaar ‘n range finder koop en Vroulief het gegaan van glad nie jag nie tot sy gaan volgende jaar haar eerste bok skiet.


Image


Sent from my iPhone using Tapatalk
Vissie
Full Member
Full Member
Posts: 114
Joined: Sat Jan 19, 2013 9:02 pm
Location: Gauteng

Re: ‘n Jag vol eerstes

Post by Vissie »

Great storie! Waardeer ook die eerlikheid oor die dinge wat nie altyd volgens plan verloop nie.

Familie saam is maar altyd ‘n wenner!
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6515
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am
Location: Piet Retief, Mpumulanga

Re: ‘n Jag vol eerstes

Post by DWB »

Mooi man! Lekker!
Noem my sommer Deon
7x57 - 9.3x62 - 404 Jeff - 450 Rigby
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
Gian_dP
Hero Member
Hero Member
Posts: 1434
Joined: Thu Mar 06, 2014 9:43 pm
Location: Durbanville

Re: ‘n Jag vol eerstes

Post by Gian_dP »

Baie mooi vertek! Tyd saam met familie in die veld is kosbaar, bly hulle het dit saam met jou geniet.

Sent from my SM-G973F using Tapatalk

_____________________
Gamo CFX .177
Howa/Krieger 6XC
Howa .243AI
Howa .300 WM
Musgrave .308
Kaalvoetthysie
Full Member
Full Member
Posts: 164
Joined: Sat Nov 04, 2017 12:13 pm

Re: ‘n Jag vol eerstes

Post by Kaalvoetthysie »

Ja nee Vissie, mens moet maar eerlik wees as dinge fout gaan ook. Jag is nie altyd maanskyn en rose nie. En as jy dit deel help dit dalk net ander mense ook.

Ek sal aan my kop moet werk, want dis nou die tweede keer dat my tor na ‘n marginale kwes skoot heeltemaal in die water geval het. Die kwes skoot self was perfek geplas, die punt het net meer geval as wat ek geskat het. So ek het haar baie laag op die blad getref, in lyn met waar ek gemik het. Die skote daarna is die wat my pla. Eers na ek haar gekry het het ek weer mooi geskiet en die twee bokke daarna was baie mooi skote. Wat gebeur het weet ek nie en ek aanvaar maar dis n kop ding.

‘n Manne jag is altyd baie lekker en laat mens bietjie vergeet van alles by die huis, maar ek is geseend dat ek en my vrou groot vriende is, so die familie jag ding is vir my baie lekker. Ons maak n punt daarvan om dinge saam te doen, golf, vis vang, kamp en ek dra tot per geleentheid haar handsak rond in die mall. Die jag was maar die een ding wat ek sonder haar gedoen het, so dis lekker dat sy dit nou saam doen.


Sent from my iPhone using Tapatalk
Mellies
Hero Member
Hero Member
Posts: 1496
Joined: Sun Jan 18, 2015 5:32 pm
Location: Potchefstroom

Re: ‘n Jag vol eerstes

Post by Mellies »

Mooi gemaak.

Dankie ook.

Met n vleisie...
Wattlegrove
Full Member
Full Member
Posts: 164
Joined: Fri Oct 21, 2011 2:39 pm
Location: Harrismith

Re: ‘n Jag vol eerstes

Post by Wattlegrove »

Baie mooi jagstorie.

Ek het self die kleinman vir die eerste keer saamgevat die jaar, ek het hom die Vrydag op my skouers gedra, terwyl mamma gejag het, want by die huis bly wou hy nie. Ons was nie baie suskesvol nie en die gids nie baie beindruk met ons drie nie, maar dis 'n ervaring waaroor ek gladnie spyt is nie. Ons was maar ook versigtig oor hoe hy dit sou hanteer, maar hy het ons baie verbaas en selfs toe die ander jagters se bokke inkom was dit baie interessant om hom dop te hou.

Dit bly n voorreg om n toekomstige jagtertjie groot te maak. Baie geluk met die mooi bokke.
Post Reply

Return to “Trofee Kamer/Trophy Room”