MAAK DIE ROEPER SE KLANK KWALITEIT VERSKIL?

Moderator: Global Moderator

Post Reply
projagter
Full Member
Full Member
Posts: 223
Joined: Sun Feb 03, 2013 9:27 am

MAAK DIE ROEPER SE KLANK KWALITEIT VERSKIL?

Post by projagter »

Ek sien iemand beweer iewers dat sy hond nie reageer op jakkalsklanke vanaf sy roeper ( Inferno ) nie maar wel as 'n jakkals in die veld roep???

Dit laat die vraag ontstaan of die tipe roeper 'n verskil in jakkals reaksie/optrede kan maak en hoekom.
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 4866
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm
Location: Pretoria

Re: MAAK DIE ROEPER SE KLANK KWALITEIT VERSKIL?

Post by Pvdw »

Ek het net so 3 jaar vir die lekker jakkalse geskiet. Tydens my paar kursusse by Heinrich, Jacques en Taffie het ek besef dat toerusting wel help maar dat jou eie Know how baie meer beteken.

Beide Heinrich en Taffie het vir ons hul '90s model setups gewys. Ek kon nie onthou of die 1 foto wat Heinrich gewys het sy setup of Hendrik v Rensburg sin was nie. Dit was 'n ou "Box shape" tape recorder wat 60 en 90 min tapes gespeel het. Die counter het gedien as merk om te bepaal waar jy op die tape is en so klanke te kies. Aan die tape recorder is daar 'n luidspreker met twin flex gekoppel wat so ent van die bakkie in die veld geplaas is.

Daar is ook al baie jakkalse geskiet deur manne wat sommer die ou bakkie se radio/tape gebruik het om die klanke te speel.

Is bg. idiaal?? Nee maar tog werk die ou/swak tegnologie ook.

Nou as die setup die manne aan die gang kon kry om klompie jakke mee te skiet glo ek dat die kwaliteit van vandag se toerusting van so aard is dat selfs van die goedkoopste vêr bo die is van wat Heinrich, Hendrik en Taffie mee begin het.
projagter
Full Member
Full Member
Posts: 223
Joined: Sun Feb 03, 2013 9:27 am

Re: MAAK DIE ROEPER SE KLANK KWALITEIT VERSKIL?

Post by projagter »

Baie interressant dankie.
Ekself het begin skiet met motor cd speler op stoel ingebou en was suksesvol.
Toe koop ek foxpro 3 en moet hake aan die bakkie aanbring. Gat jeuk - verkoop hom en koop ander maak. Skielik neem my sukses af. Koop Firestorm en die jakkalse ry weer bakkie. Stem saam 80% is hoe jy jou toerusting gebruik.
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 12827
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Location: Bloemfontein, Vrystaat.
Contact:

Re: MAAK DIE ROEPER SE KLANK KWALITEIT VERSKIL?

Post by Geno »

Die nuwe klanke wat beter klank kwaliteit het werk net beter met die nuwer roepers soos Foxpro se X reeks met hul XHD klank.
Elke grom en tik kom hard en duidelik deur en kom ek verseker 'n verskil in die veld agter.
Eet meer skaap. 50,000 jakkalse kannie verkeerd wees nie!
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 4866
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm
Location: Pretoria

Re: MAAK DIE ROEPER SE KLANK KWALITEIT VERSKIL?

Post by Pvdw »

Geno wrote: Wed Dec 22, 2021 11:08 am Die nuwe klanke wat beter klank kwaliteit het werk net beter met die nuwer roepers soos Foxpro se X reeks met hul XHD klank.
Elke grom en tik kom hard en duidelik deur en kom ek verseker 'n verskil in die veld agter.
So die klank opname speel dan ook 'n rol saam met die kwaliteit roepper?
projagter
Full Member
Full Member
Posts: 223
Joined: Sun Feb 03, 2013 9:27 am

Re: MAAK DIE ROEPER SE KLANK KWALITEIT VERSKIL?

Post by projagter »

Geno wrote: Wed Dec 22, 2021 11:08 am Die nuwe klanke wat beter klank kwaliteit het werk net beter met die nuwer roepers soos Foxpro se X reeks met hul XHD klank.
Elke grom en tik kom hard en duidelik deur en kom ek verseker 'n verskil in die veld agter.
Geno dit bevestig 'n sterk vermoede wat al lank by my krap. Vraag is dan of nuwe roepe wat so met Audacity geprakseer word 'n goeie plan is want die menslike oor hoor sekerlik anders as die jakkalsoor.
mooiloop.
projagter
Full Member
Full Member
Posts: 223
Joined: Sun Feb 03, 2013 9:27 am

Re: MAAK DIE ROEPER SE KLANK KWALITEIT VERSKIL?

Post by projagter »

Geno wrote: Wed Dec 22, 2021 11:08 am Die nuwe klanke wat beter klank kwaliteit het werk net beter met die nuwer roepers soos Foxpro se X reeks met hul XHD klank.
Elke grom en tik kom hard en duidelik deur en kom ek verseker 'n verskil in die veld agter.
Geno die X reeks waarna jy verwys by Foxpro watter roepers is dit -- verskoon dom vraag.
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 12827
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Location: Bloemfontein, Vrystaat.
Contact:

Re: MAAK DIE ROEPER SE KLANK KWALITEIT VERSKIL?

Post by Geno »

Die X-Reeks is die volgende Oom:
X1
X24
X2s
X-Wave

Ekself gebruik die X2s en geniet hom baie! Kliente wat van hulle by my koop is ook heel tevrede.
Eet meer skaap. 50,000 jakkalse kannie verkeerd wees nie!
projagter
Full Member
Full Member
Posts: 223
Joined: Sun Feb 03, 2013 9:27 am

Re: MAAK DIE ROEPER SE KLANK KWALITEIT VERSKIL?

Post by projagter »

dankie Geno. Tegnologie bly beslis nie agter nie. Sekerlik 'n ernstige oorweging vir die professionele jagter.
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 12827
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Location: Bloemfontein, Vrystaat.
Contact:

Re: MAAK DIE ROEPER SE KLANK KWALITEIT VERSKIL?

Post by Geno »

Pvdw wrote: Wed Dec 22, 2021 12:52 pm So die klank opname speel dan ook 'n rol saam met die kwaliteit roepper?
Ja verseker. Die nuwer klanke soos bv. die wat Oom Louis Potgieter se huidige kursusse bevat is fantasties opgeneem, en saam met die XHD klank van die nuwe roepers werk hulle baie goed veral waar jakkalse al roepers gewoond is.
projagter wrote: Mon Jan 10, 2022 8:04 am Sekerlik 'n ernstige oorweging vir die professionele jagter.
Dit is definitief so.
Goeie klanke, en klank kwaliteit met kennis hoe om dit te gebruik tesame met 'n thermal teleskoop is wat ons as beroepsjagters nog in die game hou in 'n tyd waar daar deesdae baie ander jagters in die veld is.
Eet meer skaap. 50,000 jakkalse kannie verkeerd wees nie!
Post Reply

Return to “Roep en Nag jag/Predator hunting & Night calling”