9mm ‘snake shot’

Moderator: Global Moderator

Post Reply
User avatar
Carel Kolesky
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 336
Joined: Fri Feb 21, 2014 3:44 pm
Location: Mosselbaai

9mm ‘snake shot’

Post by Carel Kolesky »

Naand manne!Kry ń mens 9mm para snake shot om met n pistool te skiet?Slangvanger-vraag namens n vriend :police: of kan hy dit self laai?
Gooi kole!
Ds J
Hero Member
Hero Member
Posts: 1172
Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm
Location: Stella

Re: 9mm ‘snake shot’

Post by Ds J »

Dit is skaars, maar van tyd tot tyd beskikbaar. Hy sal moet bel totdat hy kry.

Dit is nie baie effektief nie. Ek het dit vroeër in my 357 gebruik op mainas en dit werk eintlik net tot op 3m; maks 5m.
Gideon@1
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 275
Joined: Thu Jul 12, 2012 1:02 pm
Location: Bloemfontein

Re: 9mm ‘snake shot’

Post by Gideon@1 »

Naand sê,

Die resep was vir ‘n .38 Special.
X gr kruit.
Kerswas, drup gesmelte kerswas op kruit, dun lagie. Laat die kerswas mooi set, koud word. Kruit sal nie ontsteek nie.
Vul dop so 90% met hael korrels, kleiner korrels is beter.
Smelt weer kerswas op haelkorrels.
Laat dit koud word.
Gaan jag slange na hartelus.
Groete
Ds J
Hero Member
Hero Member
Posts: 1172
Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm
Location: Stella

Re: 9mm ‘snake shot’

Post by Ds J »

Gideon@1 wrote: Fri Nov 12, 2021 8:33 pm Naand sê,

Die resep was vir ‘n .38 Special.
X gr kruit.
Kerswas, drup gesmelte kerswas op kruit, dun lagie. Laat die kerswas mooi set, koud word. Kruit sal nie ontsteek nie.
Vul dop so 90% met hael korrels, kleiner korrels is beter.
Smelt weer kerswas op haelkorrels.
Laat dit koud word.
Gaan jag slange na hartelus.
Groete
Naand Gideon, moet n mens nie eerder n pluisie op die kruit sit, en hom dan vaswaks nie? Ek is bekommerd dat die kerswas die kruit onbruikbaar maak.
Gideon@1
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 275
Joined: Thu Jul 12, 2012 1:02 pm
Location: Bloemfontein

Re: 9mm ‘snake shot’

Post by Gideon@1 »

Ds J,

Ons het die "spelletjies" lank terug gedoen om mee te speel.
Omdat dit 'n revolwer was en 'n koeel nie gebruik of gekrimp was nie, was daar nie enige druk nie.
Om 'n pluisie op die kruit te plaas sal verseker beter werk!
Gebruik sommer 'n dop as 'n "punch" om die pluisie te maak uit 'n ligte dun karton.

Gebruik op eie risiko!!!
Mooi aand verder!

Let wel!! Die was gedoen met n .38 revolwer. Ek dink nie 'n 9 mm pistool gaan "cycle" met die resep nie?
Ds J
Hero Member
Hero Member
Posts: 1172
Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm
Location: Stella

Re: 9mm ‘snake shot’

Post by Ds J »

Voorstel: n Mens moet dalk kyk na die verhouding tussen kruit en hael by haelgewere, en dit probeer dupliseer.

n 9mm pistool werk nie eers altyd met n minimum lading nie; ek betwyfel dus of n haellading dit sal kan doen. Die enigste moontlikheid is wanneer die haelkorrels se gewig soos n koeël s'n sal werk.

Hopelik weet iemand meer!
HeinM
Full Member
Full Member
Posts: 158
Joined: Sun Feb 07, 2021 4:54 pm
Location: Tulbagh

Re: 9mm ‘snake shot’

Post by HeinM »

Ek het iewer in 'n ou Magnum 'n artikel wat wys hoe jy die 9mmP haelpatroon maak. Sal soek...

Mooi aand daar!
User avatar
Carel Kolesky
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 336
Joined: Fri Feb 21, 2014 3:44 pm
Location: Mosselbaai

Re: 9mm ‘snake shot’

Post by Carel Kolesky »

Asb
Gooi kole!
User avatar
alecjohnson
Hero Member
Hero Member
Posts: 2518
Joined: Tue Mar 05, 2013 10:01 pm
Location: Upington

Re: 9mm ‘snake shot’

Post by alecjohnson »

Ek het jare terug toe ek by lodge was vir my gemaak wat baie mooi gewerk het. 5-7gr MP200 het ek meet gespeel, maar geen idee wat my finale lading was nie (geen idee van lot) dun harde karton op kruit druk styf vas.

Die hael was no9 (AS jy 12 kry sal dit beter werk)

vat 'n sap bottel(Tropica werk mooi) soek rondeneus 6.35mm ammo (Dit maak die regter cap jy soek dit so 2cm lank). Maak bottel warm met gasvlam tot deursigtig van kleur (dit gaan baie gou) druk die rondte of dummy in die sagte plastiek op doppie te maak.

Doppie vol hael en druk gelaaide brass oor, die druk is nie genoeg om my cz te laat eject nie dus enkelskoot gebruik.

Ek het menigde geen en 8 potegis die tydelike met die ewige laat wissel. Dit het baie mooi gewerk vir my doel.
Ek het nog iewers 'n rondte of twee en heel moontlik nog plastiek doppies, sal vanaand probeer onthou en foto laai.


Natuurlik geld standaard laai praktyk en nie ek of Jaracal kan verantwoordelik gehou word vir iets wat foutgaan nie.

Groete
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 4419
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am
Location: Pretoria

Re: 9mm ‘snake shot’

Post by Frederik »

Hier by ons is die CCI 9mm beskikbaar maar met 'n prys vir 10 van hulle.
Laasjaar Desember getoets werk mooi op kort afstand 5m en minder sal nie wil vir probeer verder terug nie.
Partykeer cycle hy partykeer nie.
User avatar
Carel Kolesky
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 336
Joined: Fri Feb 21, 2014 3:44 pm
Location: Mosselbaai

Re: 9mm ‘snake shot’

Post by Carel Kolesky »

Dankie vir almal se insette
Gooi kole!
HeinM
Full Member
Full Member
Posts: 158
Joined: Sun Feb 07, 2021 4:54 pm
Location: Tulbagh

Re: 9mm ‘snake shot’

Post by HeinM »

Carel Kolesky wrote: Sat Nov 13, 2021 8:01 pmAsb
Gee my 'n kansie. Is besig om hom te soek ;)

Mooi dag daar!
HeinM
Full Member
Full Member
Posts: 158
Joined: Sun Feb 07, 2021 4:54 pm
Location: Tulbagh

Re: 9mm ‘snake shot’

Post by HeinM »

Carel Kolesky wrote: Sat Nov 13, 2021 8:01 pmAsb
Het dit gekry. Desember 2018 uitgawe van Magnum. Francois van Emmenes het die artikel geskryf. PM vir my jou mail adres dan scan en mail ek dit vir jou ;)
User avatar
Carel Kolesky
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 336
Joined: Fri Feb 21, 2014 3:44 pm
Location: Mosselbaai

Re: 9mm ‘snake shot’

Post by Carel Kolesky »

Baie dankie-maak so
Gooi kole!
J P
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 64
Joined: Tue Jun 12, 2012 11:10 am
Location: Bloemfontein

Re: 9mm ‘snake shot’

Post by J P »

HeinM wrote:
Carel Kolesky wrote: Sat Nov 13, 2021 8:01 pmAsb
Het dit gekry. Desember 2018 uitgawe van Magnum. Francois van Emmenes het die artikel geskryf. PM vir my jou mail adres dan scan en mail ek dit vir jou ;)
Laai dit sommer hier sodat ons ook kan sien asb?

Sent from my SM-G985F using Tapatalk

HeinM
Full Member
Full Member
Posts: 158
Joined: Sun Feb 07, 2021 4:54 pm
Location: Tulbagh

Re: 9mm ‘snake shot’

Post by HeinM »

Ek het die PDF file attached hieronder...
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Gideon@1
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 275
Joined: Thu Jul 12, 2012 1:02 pm
Location: Bloemfontein

Re: 9mm ‘snake shot’

Post by Gideon@1 »

Hein,
Baie dankie vir die inligting!

Mooi aand verder!
HeinM
Full Member
Full Member
Posts: 158
Joined: Sun Feb 07, 2021 4:54 pm
Location: Tulbagh

Re: 9mm ‘snake shot’

Post by HeinM »

Gideon@1 wrote: Thu Nov 18, 2021 6:48 pm Hein,
Baie dankie vir die inligting!

Mooi aand verder!
Groot plesier!

Mooi naweek daar!
J P
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 64
Joined: Tue Jun 12, 2012 11:10 am
Location: Bloemfontein

Re: 9mm ‘snake shot’

Post by J P »

HeinM wrote:Ek het die PDF file attached hieronder...
Baie dankie!

Sent from my SM-G985F using Tapatalk

User avatar
Carel Kolesky
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 336
Joined: Fri Feb 21, 2014 3:44 pm
Location: Mosselbaai

Re: 9mm ‘snake shot’

Post by Carel Kolesky »

Dankie
Gooi kole!
Post Reply

Return to “Algemeen/General”