Boks ammunisie vs herlaai

Moderator: Global Moderator

Post Reply
User avatar
saswart
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 351
Joined: Wed Mar 07, 2018 2:44 pm
Location: Pretoria

Boks ammunisie vs herlaai

Post by saswart »

Die anderdag sien ek PMP se proamm blou boksie ammunisie in 'n winkel.

Dit bring toe so bietje heimwee na my toe want ek onthou die dae wat ons die proamm skietkompetisie by Dr Willie se plaas gedoen het as deel van die Ellisras skiet fees. Dit was die enigste kere wat ek die proamm geskiet het, was daar vir die BASA shoot, maar ek onthou die manne het van ver afgery vir die proamm en het dit baie ernstig opgevat.

Wat my bygeval het was die groperings wat die manne geskiet, elkeen uit sy eie geweer met die blouboksie. Dit het my laat wonder, ons klomp herlaaiers probeer so goed as moontlik herlaai, volgens jou geweer en kamer grootte ens., maar die blou boksie ammunisie, wat almal geskiet het, het in amper elke ou wat kon skiet, se geweer goed gegroepeer...
pietskiet
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 99
Joined: Fri Jun 26, 2009 10:28 am

Re: Boks ammunisie vs herlaai

Post by pietskiet »

Ek onthou die ProAmm skiet komps, was oor die hele land gehou. Een keer het n ou met iets soos n 3mm groepering gewen, en dit het my oor dieselfde vraag as jy laat wonder...

Die afleiding wat ek destyds vir myself gemaak het, was dat die proamms wat Denel by die skietdae beskikbaar gestel het, nie dieselfde was as wat mens in die winkel kon koop nie, en heel moontlik met die hand gelaai was om akkuraatheid te verbeter. Sou beter gewees as elke ou sy eie ProAmms by die winkel moes koop en dit dan daar kom skiet het.
Carlc
Full Member
Full Member
Posts: 205
Joined: Tue Nov 15, 2016 7:40 am
Location: Brakpan

Re: Boks ammunisie vs herlaai

Post by Carlc »

Ek glo darem nie dit was spesiaal gelaai deur Denel net vir die skiet dae nie. Ekt self aan n paar van daai skiet komps deel geneem en was self verbaas/beindruk met die groeperings. Ek het vir baie jare gewone blou boks pmp 168gr ammunisie in my 308 geskiet. Die geweer het akkuraat geskiet en ek glo sou ek een van my huidige teleskope gehad het sou dit nog beter gewees het. Om met n 4x32 tasco op n Isreali mauser op 100m te skiet en gereeld groeperings van 20mm en minder te kry sè vir my daar was niks fout met die ammunisie nie.
User avatar
Capt. Oblivious
Hero Member
Hero Member
Posts: 11343
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Location: Ek weet nie so mooi van spel nie maar ek kan skiet. Lonehill, Sandton

Re: Boks ammunisie vs herlaai

Post by Capt. Oblivious »

Daar is gewere/fabrieks ammo wat mooi skiet jy moet net die regte een kry en ek dink met die hoeveelheid mense wat daai jare net PMP kon koop was die kans goed dat n klompie van hulle geluk sou vind, ons was laas week n groot span manne wat gejag het en net 3 van ons laai self vir ons gewere en op die skietbaan het die manne met die winkel patrone by gebly en kon hulle almal saam jag tot op die afstande waar ons in die bosveld gejag het.

Ek het baie jare met Highland, Pro Amm en veral met Winchester X gejag en daar loop nie n bok rond wat ek met een van hulle geskiet het nie, ek kan regtig nie terug dink aan n "fabrieks patroon groep" wat ek voor n jag op 100m geskiet het en gedink het hel die goed is dam sleg.

As jy nou begin speel met wildcat kalibers en natuurlik as jy nou bq meer erenstig wil kompeteur sal jy maar herlaai
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
Dumbluck
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 476
Joined: Mon Sep 21, 2015 12:08 pm
Location: Bellville / Weskus
Contact:

Re: Boks ammunisie vs herlaai

Post by Dumbluck »

Deleted post



Adriaan Barkhuizen
facebook instagram youtube
User avatar
Lategan1
Hero Member
Hero Member
Posts: 1893
Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am
Location: Boland

Re: Boks ammunisie vs herlaai

Post by Lategan1 »

Sas, die anti PMP manne gaan niks sê nie… ::)

Die uitslae het my altyd verstom, werklik hoë standaard. Tipiese kalibers was .308, 7x57mm ens.

Ek het wel ‘n .243 1:10 loop gehad wat om die dood nie met die blou pak 100gr kon groepeer nie. Oorlede Riebeecker - Andre - forumlid, dieselfde probleem gehad.

Soos Oblivious meld, manne het mooi gejag met hulle.

‘n Herlaaier moet homself darem kan regverdig, al is dit net om by die pantoffelregering verby te kom. :police:

Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 8)
User avatar
Chris (vdB)
Hero Member
Hero Member
Posts: 543
Joined: Mon Jan 05, 2015 11:10 am
Location: Bloemfontein

Re: Boks ammunisie vs herlaai

Post by Chris (vdB) »

Dagse

My 243 het baie van die Pro Amm's gehou en toe dit nie meer beskikbaar was nie het ek netso mooi met Federal Power-Shok in hom geskiet. Om kopskote op 200m te skiet was nie n' probleem nie en dit was al wat ek nodig gehad het. My 30-06 het weer meer van PPU Grom's gehou en ek het ook van die min vleis skade gehou wanneer ek n' lyf skoot skiet.
Maar toe kom die skaarste tydens covid en selfs nou nog, toe besluit ek maar om n' paar randjies uit te haal en ook maar te begin herlaai, dit kan mos nou net lekker wees om enige koeël te kan skiet wat jy wil. Nou ja na meer as 50K se toerusting en komponente, en nogsteeds kort ek so 8K se toerusting om doppe te kan was en te kan trim, kan ek darem se dat ek kom goed reg en ek geniet dit nog so ver.
Ek skiet nou V-Max'e so die groot koeël keuse wat vir my baie aanlokkend was, is toe nou ook nie meer so groot faktor vir my nie. Met die skaarste nou van koeëls en kruit ook, is daar beslis dae wat ek dink aan die klompie elande wat ek kon gejag het met daardie geld uitleg.
BRNO - 30-06 - ZKK600
HOWA - 243 - SS
BRNO - O/U ZH303 -12 boor
BRNO - .22 Mod 2
HeinM
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 287
Joined: Sun Feb 07, 2021 4:54 pm
Location: Tulbagh

Re: Boks ammunisie vs herlaai

Post by HeinM »

Ouens wat net 50 skote per jaar skiet het / sal nie neuk met herlaai nie. Gekoopte ammo moet aanvaarbaar wees vir jag. Dis al. As jy langer afstande begin skiet of duur / gevaarlike wild, kom die meer gespesialiseerde koeëls ter sprake. Herlaai dan sinvol. Net my 2c
Malan123
Hero Member
Hero Member
Posts: 1977
Joined: Sat Oct 29, 2016 4:07 pm
Location: Pietermaritzburg

Re: Boks ammunisie vs herlaai

Post by Malan123 »

Ek het 1 keer baie jare gelede die fout gemaak om pro-amms uit my 300 te skiet. Groepering was fine vir algemene jag, maar my batch se punte het verskriklik opgebreuk. Het my baie moeilikheid in die veld gegee. Party punte het gedisintegreer.

Pmp se terugvoer na my saga was heel eenvoudig: Dankie vir die terugvoer, jammer om te hoor die patrone se prestasie was nie goed nie.

Daarna maar begin self laai en kyk nie een dag terug nie.
User avatar
Capt. Oblivious
Hero Member
Hero Member
Posts: 11343
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Location: Ek weet nie so mooi van spel nie maar ek kan skiet. Lonehill, Sandton

Re: Boks ammunisie vs herlaai

Post by Capt. Oblivious »

Ja ek het ook al gesien hoe n pmp uit n 300wm op n vark se kop ontplof, eintlik al vergeet van daai gesukkel.
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
Giepie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1201
Joined: Mon Jul 23, 2012 11:27 pm
Location: Centurion

Re: Boks ammunisie vs herlaai

Post by Giepie »

Ek het begin herlaai agv PMP se bruin boksies vir 'n 303. Een batch het nog mooi geskiet, die volgende een as reg oor die teiken op dieselfde dag. Verder het die vleis skade my na ander ammo laat soek. Ek het met ander gekoopte ammo uit my 270 nou die dag geskiet, dit was amper 'n 3dm groepering, terwyl met my selfgelaaides half duim, ook op die selfde skietbaam sessie.

Vir my is dit net goedkoper, en ek kry meer geleenthede om op die skietbaan te kom, maar soms meer frustrasie ook. ;D
'n Slim man leer uit sy foute, 'n Wyse mens leer uit ander se foute.
User avatar
Lategan1
Hero Member
Hero Member
Posts: 1893
Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am
Location: Boland

Re: Boks ammunisie vs herlaai

Post by Lategan1 »

Verseker was bloupak in 7mmRM 150gr en 300WM gr?moeilike pasmaats.

Goeie skootplasing natuurlik gehelp.

As ek gereeld hier lees met watter moderne sagte koeëls herlaaiers soms jag, glo ek die ou bloupak was stywer, dalk net nie so akuraat op >250m nie.

Was dit dan nie oorlede Lucas Potgieter wat geskryf het jy jag nie verder as 250m nie!

Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 8)
User avatar
Capt. Oblivious
Hero Member
Hero Member
Posts: 11343
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Location: Ek weet nie so mooi van spel nie maar ek kan skiet. Lonehill, Sandton

Re: Boks ammunisie vs herlaai

Post by Capt. Oblivious »

My homerolled ammo klim nog op 250m
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
Lategan1
Hero Member
Hero Member
Posts: 1893
Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am
Location: Boland

Re: Boks ammunisie vs herlaai

Post by Lategan1 »

Capt. Oblivious wrote: Thu Aug 18, 2022 11:10 am My homerolled ammo klim nog op 250m
:laugh: :laugh:

Rook mens daai “home rolled” dat jy op 250m so bly klim?

Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 8)
User avatar
ruaanb
Hero Member
Hero Member
Posts: 5230
Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am
Location: Durbanville, WesKaap

Re: Boks ammunisie vs herlaai

Post by ruaanb »

Capt. Oblivious wrote:My homerolled ammo klim nog op 250m
Uit n 270 uit ne
Post Reply

Return to “Geweer Jag/Rifle Hunting”