Balistix Huntac koeëls?
Moderator: Global Moderator
- Arnold
- Hero Member
- Posts: 7260
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
- Location: Brackenfell
- Contact:
Re: Balistix Huntac koeëls?
Nou wag ons net ...

- Swede
- Hero Member
- Posts: 2270
- Joined: Fri Apr 20, 2012 11:56 am
- Location: TUSSEN LETABA & GRAVELOTTE
Re: Balistix Huntac koeëls?
Watter kruit is gebruik?
Sent from my SM-N970F using Tapatalk
Sent from my SM-N970F using Tapatalk
And as thy days, so shall thy strength be
- Arnold
- Hero Member
- Posts: 7260
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
- Location: Brackenfell
- Contact:
Re: Balistix Huntac koeëls?
Ek laai S365 vir 2870fps met die 165gr Huntac uit my 20" 30-06

Winchester doppe met 'n H2O kapasiteit van so 71.6gr en Federal se 210 match primer. Die node is eintlik hier by 2800fps maar hy skiet nie te sleg by 2870fps nie so ek gaan hom daar probeer met die monoliete aangesien dit nie 'n vêrskiet geweer is nie.
- Swede
- Hero Member
- Posts: 2270
- Joined: Fri Apr 20, 2012 11:56 am
- Location: TUSSEN LETABA & GRAVELOTTE
Re: Balistix Huntac koeëls?
Dankie
Sent from my SM-N970F using Tapatalk

Sent from my SM-N970F using Tapatalk
And as thy days, so shall thy strength be
- Giepie
- Hero Member
- Posts: 1192
- Joined: Mon Jul 23, 2012 11:27 pm
- Location: Centurion
Re: Balistix Huntac koeëls?
Ek het 2 pakkies 170gr vir 303 gekoop. In altwee was daar twee koeëls wat nie vir die 303 was nie, maar .308. Ek het die 2de pakkie s'n vandag terug gevat na Zimbi toe. Paul daar het vir Chris van Balistix daaroor gebel. Ek het toe self met Chris gepraat, hy was baie verleë daaroor, en gesê hulle kry nogal probleme in die verpakkings afdeling, maar iemand se agterente gaan geskop word. Ek is toe ruim vergoed deur Balistix. Groot waardering Balistix!
Ek het toe sommer die geleentheid gebruik om te noem dat ons jagters eintlik 150grs sou verkies. Hy verstaan 100%, maar volgens hom het die "303 verenigings" gesê die 170gr is nader aan dit wat die 303 skuts wil hê, dit is naby aan die 174gr. So dit is vir teiken skiet. Chris verstaan ons jagters se siening oor die monolitiese koeëls, maar sê hulle kan nie bekostig om 2 gewigte koeëls vir die 303 te maak nie, dit verkoop nie so baie as veral die .308 koeëls nie. Maar hy sê ons gesprek kan dalk iets aan die gang sit.
Nou moet ek net 'n bok gaan skiet om te sien hoe dit doen, ek moet ook net my kant bring.
Sover kry ek 'n 1" groepering, 42,1 gr S341 uit 'n 22" Lee Enfield N4Mk2, wat ek dink baie goed is vir 'n Lee Enfield.
Ek het groot waardering vir Chris se gesindheid en sal hulle waarskynlik bly ondersteun, ook in die ander kalibers.
Ek het toe sommer die geleentheid gebruik om te noem dat ons jagters eintlik 150grs sou verkies. Hy verstaan 100%, maar volgens hom het die "303 verenigings" gesê die 170gr is nader aan dit wat die 303 skuts wil hê, dit is naby aan die 174gr. So dit is vir teiken skiet. Chris verstaan ons jagters se siening oor die monolitiese koeëls, maar sê hulle kan nie bekostig om 2 gewigte koeëls vir die 303 te maak nie, dit verkoop nie so baie as veral die .308 koeëls nie. Maar hy sê ons gesprek kan dalk iets aan die gang sit.
Nou moet ek net 'n bok gaan skiet om te sien hoe dit doen, ek moet ook net my kant bring.

Ek het groot waardering vir Chris se gesindheid en sal hulle waarskynlik bly ondersteun, ook in die ander kalibers.
'n Slim man leer uit sy foute, 'n Wyse mens leer uit ander se foute.
- Arnold
- Hero Member
- Posts: 7260
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
- Location: Brackenfell
- Contact:
Re: Balistix Huntac koeëls?
Ons het die naweek toe 1 Rooibok, 2 Blesbokke en een Kudu geskiet met die 85gr Huntac. Ek het geen koeels om te wys nie aangesien almal deurgegaan het maar volgens die uitgangswonde gedoen het wat hulle moes. Wat weereens opmerlik was is dat skootplasing met monolitiese koeels belangrik is aangesien hulle minder sekondere kade maak.
Ek was baie tevrede en sal hulle in die toekoms weer gebruik. Daai 85gr @ 3400fps is 'n lekker kombinasie en met die min recoil het dit mooi gewerk vir die onervare jagters wat met die geweer geskiet het.

-
- Hero Member
- Posts: 520
- Joined: Wed May 21, 2014 1:47 pm
- Location: PTA - Mountain View
Re: Balistix Huntac koeëls?
Dankie Giepie.
Ek sidder om te dink wat gaan gebeur as n nie oplettende herlaaier n 303 koeël deur n 308 of 30-06 ens jaag.
Ek sidder om te dink wat gaan gebeur as n nie oplettende herlaaier n 303 koeël deur n 308 of 30-06 ens jaag.
Skiet bly maar lekker
-
- Newbie
- Posts: 9
- Joined: Sat Aug 31, 2013 1:45 pm
- Location: Klapmuts
Re: Balistix Huntac koeëls?
More Giepie
Ek hou jou vordering fyn dop, dink ook om hulle in my MK4 n1 te skiet. Hoe was jou groepeing met hierdie 42.8gr?
Dankie groete
Ek hou jou vordering fyn dop, dink ook om hulle in my MK4 n1 te skiet. Hoe was jou groepeing met hierdie 42.8gr?
Dankie groete
Francois Coetzer
.22 cz
303 lee enfield
308 voere
243 tikka,
300WM howa
.22 cz
303 lee enfield
308 voere
243 tikka,
300WM howa