Vir oulaas jag 2021

Moderator: Global Moderator

Post Reply
User avatar
Eduard Venter
Hero Member
Hero Member
Posts: 1135
Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm
Location: Pretoria

Vir oulaas jag 2021

Post by Eduard Venter »

Ek het n baie mooi wye eland bul hier wat ek redelik heilig oor was in die verlede. Hy het egter drasties begin kondisie verloor die laaste maand of 2 en ek het besluit om hom maar te jag en die stadige dood te spaar. Ek het dit al eenmaal in die verlede ook gehad, die ander bulle boelie hom fisies. Soos mens vir hulle staan en kyk moer hulle hom gereeld.

Nou ja, 'n paar vinnige oproepe en die pelle is op pad plaas toe. Ek gun een van my goeie vriende die geleentheid om die prag bul te skiet aangesien ek al mooi elande geskiet het in my tyd. Toe nie so maklik soos ek gedink het nie.

Vrydag middag sien ons die bul nie eers nie. Dis 4 bulle wat saam loop en daar is net 3. Nou is ek bekommerd dat hy dalk gevrek het intussen.

Saterdag oggend steeds niks nie, maar die middag ry ons die trop koeie raak. Hulle is kwaai wild nou dat hulle kalfies het. Ons is agterna te voet maar die trop het opgebreek. Uiteindelik sien ons 1 alleen bul en volg hom. Dis toe nie hy nie, maar ons kom op die ander 3 af in die proses. Van hier af is dit tipies eland jag. Hulle loop teen daai eland tempo wat beteken ons moet maar lang stil tree gee vir n hele paar kilometers. Eventueel haal ons hulle in. Tussen ons is so 500m met slegs een dooie boom in die middel. Ons bekruip stadig en plat deur die gras en neem stelling in by die boom. My pel is n groot seun en hy sit op n plat tak om dooierus te vat. Die tak gee mee en hy is op die grond. Ons almal wil uitbars van die lag maar beteuel ons self. Genadiglik is die elande nog ver genoeg en kom nie agter nie.

Hulle wei stadig maar seker in ons rigting en ek kan sien hoe die man se hartklop jaag. Dit was 'n uitmergelende 10 minute vir hom en eventueel is die afstand reg en ek sê skiet. Die skoot loop op so 200m en ek weet nie wie was meer verbaas nie, ons of die elande wat nog nooit van ons geweet het nie. Hulle gee nie n tree nie toe loop die 2 de skoot. Doep... Hulle hol reguit op ons af maar die bul het skaars 30m gemaak. Die ander bulle kom staan sommer hier by ons toe hulle ons die eerste keer gewaar.

Dit was n fantastiese jag gewees en hoewel dit vir my skade is dat ek nie die bul meer kan verkoop nie is ek tog bly ek kon iemand help om so mooi dier te jag. Die vleis is ook 100% en sal om baie vure genuttig word.

180gr A Frame teen 2850fps uit my 30-06. Hierdie lot S365 is die beste fooitjie wat ek nog ooit by n jagter gekry het!
ImageImage

Sent from my Nokia C2 using Tapatalk



Koos Barnard
Hero Member
Hero Member
Posts: 1789
Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am

Re: Vir oulaas jag 2021

Post by Koos Barnard »

Lekker storie Eduard!
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 4440
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am
Location: Pretoria

Re: Vir oulaas jag 2021

Post by Frederik »

Lekker man hoeveel het die bul uitgeslag?
Sien hy was kwaai van kondisie af veral as jy dink hoe mooi die veld is.
User avatar
win270
Hero Member
Hero Member
Posts: 1882
Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am
Location: Randburg, Gauteng

Re: Vir oulaas jag 2021

Post by win270 »

Goed gedoen, manne. Hoe oud is die bul?

My seun het eendag deels in 'n erdvarkgat verdwyn terwyl sy oog stip op 'n springbokram was terwyl hy nader beweeg het. Ons het die toneel van die bakkie af dopgehou. Nadese is dit 'n spottery van alle kante af! ;D
User avatar
Eduard Venter
Hero Member
Hero Member
Posts: 1135
Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm
Location: Pretoria

Re: Vir oulaas jag 2021

Post by Eduard Venter »

Nie geweeg nie, maar ja sy kondisie was baie af

Sent from my Nokia C2 using Tapatalk

User avatar
Eduard Venter
Hero Member
Hero Member
Posts: 1135
Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm
Location: Pretoria

Re: Vir oulaas jag 2021

Post by Eduard Venter »

Die bul was so 7 jaar oud. Ons het hom nog altyd maklik uitgeken met sy wye horings

Sent from my Nokia C2 using Tapatalk

User avatar
ruaanb
Hero Member
Hero Member
Posts: 5054
Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am
Location: Durbanville, WesKaap

Re: Vir oulaas jag 2021

Post by ruaanb »

Lyk amper of n koedoebul daar kom inmeng het 7 jaar gelede is n besonderse paar horings en daar is mooi herinneringe en n lekker storie agter dit.
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 19032
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Location: Vereeniging

Re: Vir oulaas jag 2021

Post by tripodmvr »

Kon julle iets fisies kry wat hom siek kon gemaak het?
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
sako 30-06
Hero Member
Hero Member
Posts: 1756
Joined: Mon Mar 19, 2012 2:45 pm
Location: Boksburg

Re: Vir oulaas jag 2021

Post by sako 30-06 »

Eduard Venter wrote: Mon Dec 13, 2021 6:31 am Die bul was so 7 jaar oud. Ons het hom nog altyd maklik uitgeken met sy wye horings

Sent from my Nokia C2 using Tapatalk
Ek het al n paar keer vir daai bul deur die scope gekyk ;D
User avatar
Eduard Venter
Hero Member
Hero Member
Posts: 1135
Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm
Location: Pretoria

Re: Vir oulaas jag 2021

Post by Eduard Venter »

Haha Tienie ek is bly jy herken hom darem nog.

Oom Driepoot, hy het n abses voor die linkerblad waar 'n ander bul se horing in was. Sy vel is ook vol merke soos die ander bulle hom baklei. Mens kon dit ook sien die laaste paar weke as mens die bulle bymekaar kry hulle slaan hom sommer vir geen rede nie, 3 teen een. Arme bul het geen kans nie. Dis die 2de keer dat dit gebeur hier by my.

Sent from my Nokia C2 using Tapatalk

User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 19032
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Location: Vereeniging

Re: Vir oulaas jag 2021

Post by tripodmvr »

Ons het 'n kudubul naby Northam gekry wat sy agterbeen gesleep het. Ons het 'n linie gevorm en deur die kamp geloop. Hom gekry en toe my vriend nadergaan het hy sommer omgeval. Hom toe doodgeskiet en gaan afslag. Hy het 'n abses so groot soos 'n sokkerbal gehad wat naby sy ruggraat vas was. Hy was so maer dat my vuis tussen sy voorbene ingedruk kon word. Die hele karkas was oneetbaar.

Die ander interessante een was ook 'n elandbul naby Ellisras wat ook begin agteruitgaan het. Die boer het gevra dat ek hom skiet as ek hom sou kry. Het hom toe nie gekry nie. Die volgende jaar is ek toe ingelig dat hulle sy karkas in die veld gekry het. Hierdie diere was mak en is gereeld gevoer met lusern. Sy dood is toe veroorsaak deur baaltou wat hy gevreet het en sy maag gevul het. Hy is dus dood aan gebrek aan kos.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
mustangsa
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 93
Joined: Tue Jan 07, 2014 12:27 am
Location: Cambridge, UK

Re: Vir oulaas jag 2021

Post by mustangsa »

Baie mooi storie Eduard. Geluk met die 180gr A Frame! Groot trofee vir 'n geweer wat op papier seker nie eintlik eland kan jag nie :)
Sako 30-06
Mauser .22LR
User avatar
Eduard Venter
Hero Member
Hero Member
Posts: 1135
Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm
Location: Pretoria

Re: Vir oulaas jag 2021

Post by Eduard Venter »

Dankie Hannes. Die nulkwes van my het al mooi eland bulle laat bakkie ry. Dis maar die 6 duim agter die teleskoop wat saak maak!

Sent from my SM-G973F using Tapatalk

Post Reply

Return to “Geweer Jag/Rifle Hunting”