Aarde toe na laaste jag .....

Moderator: Global Moderator

Post Reply
User avatar
pwdejager
Full Member
Full Member
Posts: 102
Joined: Tue Sep 03, 2019 2:26 pm
Location: Somerset West

Aarde toe na laaste jag .....

Post by pwdejager »

In 2019 speel ons in 'n golfdag en "bid" toe op 'n jagpakket (ek het toe reeds 2 jaar gelede laas gejag), en bo alle verwagtinge kry ons die pakket vir R10k (4 ouens, 4 dae, 2 koedoes en geen bakkie, afslag of dagfooie of verblyf nie).

Na my droogtespel kon ek nie meer wag om weer te gaan jag nie, nogal in Rietbron (was nog nooit daar nie), en ons begin reel. Ons jag 1 Mei 2020, lekker!! ...... toe befoeter Covid ons mos, en ons moes nog 'n jaar wag. Ons boek toe vir einde Junie 2021.

Dit gee my toe genoeg kans om mooi load development te doen, en my skietkuns te verbeter.

Na 12 maande se gereelde skiet, was ek vol vertroue, en kon gemaklik 'n 15cm gong skiet tot op 500m van verskillende posisies af ...... so ek kan mos ;D

Op 1 Julie is ons die eerste keer opsoek na koedoes, moes paar keer vashou as ons hulle gewaar in die rivierloop, die manne in daai geweste ry 'n Cruiser in die veld vinniger as wat ek my bakkie op teer ry. Ons het gaan voorsit en gewag dat die manne die rivierloop opstap en die koedoes aanjaag na ons kant toe. So skiet 'n vriend van ons 'n koedoe ooi in die hardloop, en moes ons bloedspoor vat. Na 2km sien ek "haar" so 80m van my af, en trek haar plat sommer so uit die vuis uit. NOU loop my confidence mos eers hoog :laugh:

2 Julie word nog 'n paar koedoes geskiet, maar ek kry nie my kans nie. Was saam 'n vriend wie sy eerste jag beleef het, en gesien hoe hy sy eerste bok, 'n mooi koedoe bul, plattrek. Was so bly vir hom.

3 Julie en ons gaan springbokke jag, voorsit. By die eerste kamp is my geluk maar min, hulle kom tot so 400m van my af, maar vir so klein bok op 400m het ek nog nie kans gesien nie. Na paar ure kom die wind lekker op, en ek kry 'n skoot op 'n mooi ram so 280m van my af. Ek vat die skoot, maar die rondte is onderdeur, kwaad vir myself dat ek die afstand so verkeerd geskat het, maar voel nogsteeds baie positief.

Na nog 'n paar ure kry ek nog geleenthede 180m (van die bakkie af), 200m, 160m (van die bakkie af) en 250m ........ almal mis :o nou begin 'n man se kop mos met hom lol, haal tools uit, scope is vas, holdovers is reg .... dis maar net ek ...... pateties!!!

Ek besluit toe ek gaan nou op 'n lekker koppie le en slaap, de hel met die res. Na so 20min kom 'n trop al teen die draad af gehardloop en gaan staan reg agter my so 60m ..... nou wat nou? ek rol toe stadige op my rug en skiet 'n mooi ram tussen my bene deur, en hy val dadelik. Nou ek kan nie vir julle vertel hoe verlig ek was nie, want ek was op die punt om rolbal op te neem.

Die trop hardloop toe wragtag net tot op 180m en gaan staan toe weer, ek vat toe maar nog 'n skoot, en daar val die ooi. Baie in my noppies, gaan haal ek die binnegoed uit, en neem sommer stelling in langs die een karkas vir my middag slapie.....nie 30min nie toe hoor ek hoe 'n trop amper oor my hardloop, hulle gaan staan so op 220m en ek trek sommer nog een plat .... nou begin ek weer confidence kry, die laaste een was over confidence (skoot op 420m met dwarswind) en skiet toe die agter been af, het haar toe doodskoot gegee op 100m (voel nou nog sleg om so 'n kans te vat in sulke weer, definitief my les geleer).

Wat ek geleer het, is dat jag jou vinnig "humble" maak, maar om in die karoo te jag, met niks selfoon opvangs nie, en great vriende, het elke man nodig om sy "sanity" te hou in die moeilike tye waarin ons leef.
Perry de Jager
CZ P07 (EDC)
Remington 870
CZ 455 .22LR
S&W MP2.0 5" (Competition)
Beretta Mod71 .22LR
NEA AR15 14.5”
Remington 700 SPS 20" 308WIN
User avatar
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7061
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm
Location: Paarl

Re: Aarde toe na laaste jag .....

Post by PWV »

Luister, Jongman, iets wat ek al vroeg in my lewe geleer het is: As jy jou bors te ver uitstoot, val jou broek af.

Onthou dit is 'n koedoe-koei en nie 'n ooi nie. Maar ons weet darem dit is 'n vroulike dier waarvan jy praat.

Benewens dit alles, solank jy die uitstappie geniet het, is die Kaap Hollands!!!
Many people are alive, only because it's illegal to shoot them.

Groetnis
Pieter Willem Vorster
User avatar
ruaanb
Hero Member
Hero Member
Posts: 4957
Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am
Location: Durbanville, WesKaap

Re: Aarde toe na laaste jag .....

Post by ruaanb »

Ten minste is jy eerlik! Welgedaan!
User avatar
pwdejager
Full Member
Full Member
Posts: 102
Joined: Tue Sep 03, 2019 2:26 pm
Location: Somerset West

Re: Aarde toe na laaste jag .....

Post by pwdejager »

PWV wrote: Tue Jul 20, 2021 4:49 pm Luister, Jongman, iets wat ek al vroeg in my lewe geleer het is: As jy jou bors te ver uitstoot, val jou broek af.

Onthou dit is 'n koedoe-koei en nie 'n ooi nie. Maar ons weet darem dit is 'n vroulike dier waarvan jy praat.

Benewens dit alles, solank jy die uitstappie geniet het, is die Kaap Hollands!!!
Dankie vir daai kompliment Oom Pieter, om 'n jong man genoem te word op 45 voel goed ;D

Ja, sien nou eers my verwysing na Koedoe ooi :-[ moet die koue wees ;D ;D

Ja ek stem, het 'n waardevolle les geleer, in my "jag lewe" van 24 jaar, was dit die eerste keer wat my broek so lelik afgeval het ;D, maar ek sien dit dat mens nooit te oud is om te leer nie.
Perry de Jager
CZ P07 (EDC)
Remington 870
CZ 455 .22LR
S&W MP2.0 5" (Competition)
Beretta Mod71 .22LR
NEA AR15 14.5”
Remington 700 SPS 20" 308WIN
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 6967
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Location: Waterkloof, Pretoria

Re: Aarde toe na laaste jag .....

Post by Wouter Roets »

Hallo Perry

Baie dankie vir die deel op so lekker manier van vertel. Glo my jy is verseker nie die enigste een wat al so gevoel het na n trip nie. Hierdie tesaam met golf is nou een sport wat n mens bitter maar bitter vinnig aarde toe bring.

Groetnis
Wouter
Dirk777
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 71
Joined: Wed Dec 04, 2019 9:26 am
Location: Alberton

Re: Aarde toe na laaste jag .....

Post by Dirk777 »

Dankie vir die deel.
HOWA .300WM
GLOCK 23 EDC
Smith and Wesson 15-22
FN FAL 7.62 x 51
FAIR 12br O/U
MAGTEC 12br
Taurus .375 Mag
Smith & Wesson .38 Special
CZ 6.35
BSA .22 long
Toxxyc
Hero Member
Hero Member
Posts: 831
Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am
Location: Pretoria

Re: Aarde toe na laaste jag .....

Post by Toxxyc »

pwdejager wrote: Wed Jul 21, 2021 11:58 amJa, sien nou eers my verwysing na Koedoe ooi :-[ moet die koue wees ;D ;D
Ek dink die koue het al menige man van 'n bul in 'n ram verander, so jy is verskoon.
Kaalvoetthysie
Full Member
Full Member
Posts: 164
Joined: Sat Nov 04, 2017 12:13 pm

Aarde toe na laaste jag .....

Post by Kaalvoetthysie »

Ja nee jag hou ons op ons tone. Of eerder op ons knieë...


Sent from my iPhone using Tapatalk
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 5788
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm
Location: Paarl

Re: Aarde toe na laaste jag .....

Post by Gawie(13mm) »

Perry, ek het self 'n paar skote laat loop wat my nou nog in die nag laat wakker skrik in 'n koue sweet.

Na aanleiding van Oom PW se gedagte, wonder ek self sterk of ek nie maar kruisbande moet aanskaf nie. 🤣
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
Post Reply

Return to “Geweer Jag/Rifle Hunting”