Verste en naaste skoot op wild

knipmes
Hero Member
Hero Member
Posts: 688
Joined: Mon May 14, 2018 12:02 pm

Re: Verste en naaste skoot op wild

Post by knipmes »

As hierdie klomp manne nou net in die tyd van die Anglo Boere kon geleef het. Lord Roberts en die ander lede van hulle span sou swaar gekry het ;)
J.A.N
Newbie
Newbie
Posts: 20
Joined: Wed Apr 15, 2020 8:38 pm

Re: Verste en naaste skoot op wild

Post by J.A.N »

My naaste skoot was so 25m op Rooikat en my verste was 299m op Rooibok ooi. My Pa se naaste skoot was onder 5m op Vlakvark. Dit nadat hy aan die slaap geraak het waar hy gelê en wag het vir Rooibokke. Sy verste skoot was nog gemeet in treë. Dit was 530 treë op Koedoe gewees.
Beretta 9mm
BRNO .22
Lee Enfield .303 Brit
Howa 308 Win
User avatar
Eduard Venter
Hero Member
Hero Member
Posts: 1048
Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm

Re: Verste en naaste skoot op wild

Post by Eduard Venter »

Toxxyc wrote:Verseker, ek is juis besig om die .30-06 reg te kry, maar as jy praat van so naby vat ek sommer die 12-boor met 'n slug saam. Die ding skiet bitter mooi met daardie S&B Rifled Slug uit die 28" loop... :D

Ek grap, maar dis soortvan 'n droom van my om iets met die 12-boor slug te jag op kortafstand. Ek sal graag wil sien wat die slug kan doen.
Bring die haelpomp saam as jy kans sien vir 'n uitdaging. Ek het al 'n paar varke so met slugs gejag en dis erg verslawend!

Sent from my Nokia C2 using Tapatalk

User avatar
Frikkie Coetzee
Hero Member
Hero Member
Posts: 1986
Joined: Thu May 26, 2011 10:30 pm

Re: Verste en naaste skoot op wild

Post by Frikkie Coetzee »

Eduard Venter wrote: Wed Apr 14, 2021 2:05 pm Wynand, ek is seker ons kan daai 45m probeer klop wanneer jy hier kom draai later die jaar. Darem maar lekker om 'n ding te bekruip tot klipgooi afstand, veral 'n vark!

Sent from my Nokia C2 using Tapatalk
Nee genade Eduard. My lyf is nie gebou vir bekruip nie.
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6469
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: Verste en naaste skoot op wild

Post by DWB »

Be-rol hom Frikkie!

Vra my! Dit werk :laugh: :laugh: :laugh:
Noem my sommer Deon
7x57 - 9.3x62 - 404 Jeff - 450 Rigby
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
Eduard Venter
Hero Member
Hero Member
Posts: 1048
Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm

Re: Verste en naaste skoot op wild

Post by Eduard Venter »

Haha Deon, jy is dalk 'n man wat diep spore trap maar ek het nog min manne gesien wat so ver soos jy kan loop op 'n jag!

Sent from my Nokia C2 using Tapatalk


User avatar
Capt. Oblivious
Hero Member
Hero Member
Posts: 10327
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Verste en naaste skoot op wild

Post by Capt. Oblivious »

Frikkie Coetzee wrote: Wed Apr 14, 2021 9:09 pm
Eduard Venter wrote: Wed Apr 14, 2021 2:05 pm Wynand, ek is seker ons kan daai 45m probeer klop wanneer jy hier kom draai later die jaar. Darem maar lekker om 'n ding te bekruip tot klipgooi afstand, veral 'n vark!

Sent from my Nokia C2 using Tapatalk
Nee genade Eduard. My lyf is nie gebou vir bekruip nie.
++>: ++>:
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
sako 30-06
Hero Member
Hero Member
Posts: 1723
Joined: Mon Mar 19, 2012 2:45 pm

Re: Verste en naaste skoot op wild

Post by sako 30-06 »

Ek skiet nie altyd baie ver nie, maar kon darem al een of twee skote so net onder 400m vat.
Eduard snaaks genoeg was die meeste ver skote wat ek al gevat het daar op jou plaas en selfs van die naby skote op die jakkals ens.

Maar naaste skoot nog was n springbok op so 10m met die 9mm tussen die oe.
User avatar
Frikkie Coetzee
Hero Member
Hero Member
Posts: 1986
Joined: Thu May 26, 2011 10:30 pm

Re: Verste en naaste skoot op wild

Post by Frikkie Coetzee »

Iets wat ek geleer het met mdaai verskoot van my is dat ek dit nie sommer weer sal doen nie. Dit was met n 7mm Tombi . Die probleem is energie, nie om jou skoot daar te laat tref nie. My Tombi het nie genoeg enegie gehad vir daai skoot nie. Ek het steeds die koeel. Behalwe vir die groewe se merkle het hy geensins vervorm nie.

Ek beperk myself deesdae to 800 m.

As ek n 338 gehad het sal ek weer 1000m aantree.
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6469
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: Verste en naaste skoot op wild

Post by DWB »

Eduard Venter wrote: Thu Apr 15, 2021 7:34 am Haha Deon, jy is dalk 'n man wat diep spore trap maar ek het nog min manne gesien wat so ver soos jy kan loop op 'n jag!

Sent from my Nokia C2 using Tapatalk
Hahahahaha ek sê altyd: Ek is net dik! Nie kruppel nie!
Noem my sommer Deon
7x57 - 9.3x62 - 404 Jeff - 450 Rigby
"All men die, but few men ever really live"
Toxxyc
Hero Member
Hero Member
Posts: 805
Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am

Re: Verste en naaste skoot op wild

Post by Toxxyc »

Onthou die groot manne het momentum. As hy eers aan die beweeg is, stop hy moeilik.
Toxxyc
Hero Member
Hero Member
Posts: 805
Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am

Re: Verste en naaste skoot op wild

Post by Toxxyc »

Eduard Venter wrote: Wed Apr 14, 2021 6:58 pm
Toxxyc wrote:Verseker, ek is juis besig om die .30-06 reg te kry, maar as jy praat van so naby vat ek sommer die 12-boor met 'n slug saam. Die ding skiet bitter mooi met daardie S&B Rifled Slug uit die 28" loop... :D

Ek grap, maar dis soortvan 'n droom van my om iets met die 12-boor slug te jag op kortafstand. Ek sal graag wil sien wat die slug kan doen.
Bring die haelpomp saam as jy kans sien vir 'n uitdaging. Ek het al 'n paar varke so met slugs gejag en dis erg verslawend!

Sent from my Nokia C2 using Tapatalk
Ek vat hom beslis saam, sommer met so paar ligte voël-hael rondtes ook. Die goed skop minder as 'n verlamde baba-muis met daardie lang geweer van my.
Drenalinjunkie
Hero Member
Hero Member
Posts: 700
Joined: Fri Mar 04, 2011 8:19 am

Re: Verste en naaste skoot op wild

Post by Drenalinjunkie »

My naaste skoot was waar my loop aan die vlakvark raak toe ek die sneller trek. Hy het my vanaf n vlakvark gat gestorm. Was ook n blerrie groot beer daai. Hy het die skaal op 98kg getrek en dit was al Augustus so sy kondisie was swak.

Verste kopskoot is 680m op n vlakvark voor twee getuies.

Ander verste skoot is n zebra op 940m.
etbal
Newbie
Newbie
Posts: 9
Joined: Thu Mar 23, 2017 9:49 am

Re: Verste en naaste skoot op wild

Post by etbal »

Naaste: 80m op 'n rooibok ram in die oos-kaap. Hyt my nogals verras uit die reigtes uit maar die wind was reg en ons was op voet. Ekt lekker op my maag gaan lê en my skoot so bietjie getrek ongelukkig maar hyt nogsteeds geval ;D

Verste: Verlede week se Jag in die suid vrystaat op 'n springbok (285m) Ek was nogals trots op daai skoot, plain en simple op die blad en hyt net daar geval.
Post Reply