S16 pistool motivering benodig

Moderator: Global Moderator

Post Reply
User avatar
Hennie van der Merwe
Full Member
Full Member
Posts: 219
Joined: Thu May 31, 2012 10:25 am
Location: Ashlea Gardens, Pretoria

S16 pistool motivering benodig

Post by Hennie van der Merwe »

Goeie naand,
Ek het laasweek 'n Glock19 gekoop.
Ek gaan hom itv S16 sportskiet lisensieer.

Het iemand dalk 'n onlangs suksesvolle motivering wat hulle wil deel?

Dankie by voorbaat.

Hennie
2015 CZ 550 Lux 7x64 Br
2018 Remington 700 ADL 6.5Cr Tac
2020 Tikka T3X CTR 6.5Cr
Fano
Full Member
Full Member
Posts: 191
Joined: Tue Nov 15, 2011 2:20 pm
Location: Vaalpark

Re: S16 semi-auto pistool motivering benodig

Post by Fano »

By watter sport skiet Vereeniging is jy lid waarvoor jy die pistol wil gebruik, miskien kan ek help.
Jandre steenkamp
Newbie
Newbie
Posts: 33
Joined: Sun Apr 16, 2017 5:59 pm
Location: Upington

Re: S16 semi-auto pistool motivering benodig

Post by Jandre steenkamp »

Kontak vir Cobus van den Berg van JRM Goods and Services
0826197236
Gebruik hom altyd en nog nooit teleurstelling gekry. Baie vinnig en ken sy job.
User avatar
Fanta300
Hero Member
Hero Member
Posts: 2549
Joined: Wed Jan 23, 2013 9:38 pm
Location: Vereeniging

Re: S16 semi-auto pistool motivering benodig

Post by Fanta300 »

Heg net jou bewys van lidmaatskap, toegewyde status en endossement aan. Noem die tabelle waarvoor jy hom gaan gebruik en handig hom in. Gewerk vir my. As jy wil kan jy die hofuitspraak van D Richards se saak waar die hof bevind het dat S16 aansoeke nie vra vir motiverings nie ook aanheg.

Sterkte
Lynx 300WM, Musgrave .308 (Ferlach Loop), BSA .303, Stevens .22, Howa .308 Varm, Musgrave .308, S&W.38 Sp, Beretta .22 Pistool, Shadow12Br Semi Aut., Truvello 260 Rem., BRNO ZKK 602 375 H&H. CZ 75 Compact, BRNO (Mod 2) .22
User avatar
Ratel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1303
Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm
Location: Rustenburg

Re: S16 semi-auto pistool motivering benodig

Post by Ratel »

Heg baie fotos aan waar jy sport skiet beoefen. Veral waar die baan offisier agter jou staan met baan offisier baadjie ens. Lyk my hulle hou daarvan om prentjies te kyk by CFR.
Maak 'n verskil
User avatar
Hennie van der Merwe
Full Member
Full Member
Posts: 219
Joined: Thu May 31, 2012 10:25 am
Location: Ashlea Gardens, Pretoria

Re: S16 semi-auto pistool motivering benodig

Post by Hennie van der Merwe »

Thanks manne.
Het vir Kobus gekontak.
2015 CZ 550 Lux 7x64 Br
2018 Remington 700 ADL 6.5Cr Tac
2020 Tikka T3X CTR 6.5Cr
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 4326
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am
Location: Pretoria

Re: S16 semi-auto pistool motivering benodig

Post by Frederik »

Ek het goedkeuring gister gekry op my S16, 9mm pistool.

Motivering was basies, Ek will graag Chasa pistool baan skiet en tyro kursus doen.
Ek het klaar sport status en het maar net endorsement gestuur vanaf my vereniging nou, of ek my sportskiet status hou deur pistool skiet of geweer maak nou nie regtig saak nie.

Ek het self my Range Officer sertifikaat gebruik as motivering die DFO het dit uitgehaal sy het gese Sport Skiet status en Endorsement was genoeg ek was bietjie bekommerd maar dit is goedgekeur.

Maar praat met Kobus hy hanteer die goed elke dag as jy wil seker maak dit kom deur.
Rasmus
Hero Member
Hero Member
Posts: 964
Joined: Mon Sep 06, 2010 2:38 pm
Location: Middelburg Mpumalanga

Re: S16 semi-auto pistool motivering benodig

Post by Rasmus »

Ek het my pistool ook onder S16 gedoen. Kobus het motivering gedoen. Ek het slegs toegewyde jagter status. Glad nie sportskiet status nie.
Alwin
Hero Member
Hero Member
Posts: 1536
Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm
Location: Noord-Transvaalse Bosveld

Re: S16 semi-auto pistool motivering benodig

Post by Alwin »

My resep vir enige S16 aansoek:
1. Purpose: Verduidelik vir watter dissipline die wapen gebruik gaan word. Haal sommer uittreksel uit reëls aan wat dissipline opsom.
2. Suitability: Gee wapen se spesifikasies en verduidelik hoekom dit geskik is vir die dissipline. Haal wapenklassifikasie in reëls aan.
3. Alternatives: Verduidelik watter ander wapens jy het en hoekom hulle nie geskik is vir die spesifieke doel nie.
4. Kort skiet-verwante CV van aansoeker.
5. Verklaring.
Heg aan:
1. Onlangse Lidmaatskapbewys.
2. Endossement.
3. Gewone dokumente, ID, fotos, ens.
Fano
Full Member
Full Member
Posts: 191
Joined: Tue Nov 15, 2011 2:20 pm
Location: Vaalpark

Re: S16 semi-auto pistool motivering benodig

Post by Fano »

100% Alwin

Dit is basies my resep ook, het so ver 4 uit 4 gewerk. Ek het juis in die week vir een van my mede IPSC skuts my template gestuur wat 'n soortgelyke pistool as ek gekoop het. Hy kon basies net sy persoonlike besonderhede opdateer en fotos bysit. Dit is regtig nie moeilik om self te doen nie, maar mens moet bietjie moeite doen. Dit moet ge-tailor make wees vir die sport wat mens beoog om te skiet. Vandaar my eerste vraag op die post.

Bly as Hennie reggekom het met professionele hulp. Het my eerste geweer ook laat doen, dit gee mens darem ook bietjie gemoedsrus.
User avatar
Hennie van der Merwe
Full Member
Full Member
Posts: 219
Joined: Thu May 31, 2012 10:25 am
Location: Ashlea Gardens, Pretoria

Re: S16 semi-auto pistool motivering benodig

Post by Hennie van der Merwe »

Dankie manne.
Ja, Kobus het my destyds gehelp met my 7x64 se lisensie. Daarna het ek dit self gedoen en was suksesvol elke keer.
Nou met die Glock is dit weer 'n bietjie anders, en wil nie skoolgeld betaal nie.

Ek is bly om te sien dis nie so 'n onmoontlike taak om lisensie te kry nie.
2015 CZ 550 Lux 7x64 Br
2018 Remington 700 ADL 6.5Cr Tac
2020 Tikka T3X CTR 6.5Cr
Post Reply

Return to “HandWapen/Handgun”