Mallard kruising

Moderator: Global Moderator

Post Reply
User avatar
shottie
Full Member
Full Member
Posts: 140
Joined: Wed May 06, 2015 6:50 pm
Location: swellendam

Mallard kruising

Post by shottie »

Ek het vanmiddag in die reën gou n draai ry vir makoue so uur gesit en al lekker nat gereën toe sien ek die een geelbek een tussen die ander met wit vlerk vere skiet hom toe en kan duidelik sien hoe gebaster is hy met n mallard .
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
Eduard Venter
Hero Member
Hero Member
Posts: 1054
Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm
Location: Pretoria

Re: Mallard kruising

Post by Eduard Venter »

Interessant Shottie. Hoe ver is dit van die naaste dorp af?

Sent from my Nokia C2 using Tapatalk

User avatar
shottie
Full Member
Full Member
Posts: 140
Joined: Wed May 06, 2015 6:50 pm
Location: swellendam

Re: Mallard kruising

Post by shottie »

Eduard Venter wrote: Sat May 15, 2021 8:03 pm Interessant Shottie. Hoe ver is dit van die naaste dorp af?

Sent from my Nokia C2 using Tapatalk
Eduard dit is so 10km ek het al n mallard of twee gesien vlieg maar kon nog nie n skoot kry nie.
Dimitri
Hero Member
Hero Member
Posts: 999
Joined: Tue May 22, 2012 4:39 pm
Location: Sandton

Re: Mallard kruising

Post by Dimitri »

Bad news for our yellowbills. If these mallards expand their range and keep breeding with our yellowbills we might not have pure yellowbills in 20 years time.

Would like to see the govt offer a bounty for mallards and hybrids.
User avatar
prohunt
Hero Member
Hero Member
Posts: 651
Joined: Tue Feb 15, 2011 12:00 pm
Location: Mosselbaai

Re: Mallard kruising

Post by prohunt »

Hallo Shottie,
Ja die mallards is 'n groot probleem tussen ons geelbekeende. Ons het hier by die Mosselbaai Waterwerke so paar jaar gelede ook groot getalle mallards en kruisings gehad. Daar is toe in samewerking met Cape Nature, die Munisipaliteit en Suidkaap Jagtersvereniging 'n projek geloods waar sommige lede van ons jagtersvereniging permitte gekry het om die mallards en kruisings met windbukse en .22's uit te skiet. Die projek was so suksesvol dat daar, nadat die projek vir twee jaar geloop het, geen mallards of kruisings in die daaropvolgende twee jaar se opnames opgemerk is nie.
Die slegte nuus is egter dat daar steeds baie loslopende mallards en kruisings in of naby die woongebiede, soos bv by Hartenbosriviermond, gesien word maar jy kan op geen manier toestemming kry om hulle in die woongebiede te bestry nie.
Ons moet maar net almal, soos ons loslopende mallards en kruisings in die natuur sien, ons bes probeer om hulle uit te haal. Hulle is sterker en meer aggressief as ons plaaslike geelbekeend mannetjies en is daarom 'n baie groot bedreiging vir die voortbestaan van 'n suiwer geelbekeendgenepoel in SA.
Ons moet maar 'n mallard trofeeblad stig om almal bewus te maak van die probleem en voorbeelde plaas van hoe die kruisings lyk. DIs maklik om die suiwer mallards uit te ken maar dit reek nogal moeilik om die kruisings, veral die wyfies, uit te ken en ons wil nie in die proses nog weer onnodig 'n klomp geelbekwyfies elimineer nie ;-).
Seën daar
Johan
Post Reply

Return to “Bird Hunting”