Wapenpryse as ons sterf - prys bepaling argief

Moderator: Global Moderator

Post Reply
toxicsox
Full Member
Full Member
Posts: 121
Joined: Thu May 19, 2016 9:30 am
Location: Pretoria East
Contact:

Wapenpryse as ons sterf - prys bepaling argief

Post by toxicsox »

Middag lede

Ek is besig met iets wat dalk bietjie morbied klink maar absoluut noodsaaklik is.
Ek het so rooi lêer en binne in die is alles wat nodig is iendien iets met my sou gebeur.
MAW My polisse en polisnommers, kontaknommers by my werk se HR, Geboortesertifikaate van my kinders, huweliksseertifikaat, x10 ID kopies gestempel deur 'n Kommisaris van Ede (nie gedateer nie), bankbesonderhede, voertuigregistrasies ens.

As ook in die lêer is kopies van al my vuurwapenlisensies en 'n lys van die geskatte waarde van die vir my vrou/kinders om om-en-by te weet die waarde van die items. Hulle stel geensins belang in vuurwapens nie en weet gladnie die kostes van die tipe goed nie.

Waarde bepaling is maar 'n storie - selfs vir my omrede ek nie in die koop en verkoop van wapens is nie en kyk maar min na die koste van die goed.
Ek het gedink miskien kan ons 'n argief skep en hom date stamp met 'n approval van een of twee mense op die Forum dat die pryse vir die wapens op die spesifieke tyd/datum om en by 'n korrekte refleksie is van die huidige pryse, as dit enigsins sin maak.....

As my vrou dan die lys vat en kyk weet sy dit is wat heersende markwaarde sal wees deur meer mense as net ek bepaal.

Hier is 'n lys van my huidige wapens met wat ek dink die waarde sal wees as ek byvoorbeeld Saterdag neerslaan omrede ek moet hoor Jantjies vlieg terug en speel loskakel. Kan die manne my asb. 'n ruglyn gee of hulle dink die pryse lyk reg en dan kan ons dalk begin werk aan so iets?
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Ds J
Hero Member
Hero Member
Posts: 1391
Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm
Location: Stella

Re: Wapenpryse as ons sterf - prys bepaling argief

Post by Ds J »

Dit lyk redelik akkuraat vir die vuurwapens. Ek weet nie hoe tweedehandse teleskope hulle waarde hou of verloor nie.
OosKaapJagter
Hero Member
Hero Member
Posts: 720
Joined: Thu Jul 07, 2016 9:14 pm

Re: Wapenpryse as ons sterf - prys bepaling argief

Post by OosKaapJagter »

Dit is nie 'n slegte inisiatief nie; baie meer prakties as morbied.

Dit verhoed die situasie waar jou vrou eendag jou goed verkoop vir wat jy sê jy daarvoor betaal het....

Jou pryse lyk ook vir my realisties.
User avatar
win270
Hero Member
Hero Member
Posts: 1944
Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am
Location: Randburg, Gauteng

Re: Wapenpryse as ons sterf - prys bepaling argief

Post by win270 »

Ek sou ook 'n datum per wapen wou byvoeg wat dan aandui wanneer die betrokke prys bepaal is. Baie praktiese inisiatief deur 'n man wat vooruit dink en ook die beste vir sy familie wil nalaat. Respek!

Mens kan seker ook in jou testament jou wens uitspreek wie of watter instansie moet die wapens se markwaarde bepaal. Dikwels word wapens uit boedels verkoop teen pryse wat sommer goedsmoeds uit die lug gegryp word.
Krobb
Full Member
Full Member
Posts: 152
Joined: Sat Mar 01, 2014 4:57 pm

Re: Wapenpryse as ons sterf - prys bepaling argief

Post by Krobb »

Mens moet ook dalk vir jou naasbestaandes riglyne gee oor hoe en waar om te bemark.
Wat sê julle manne, wat sal die beste manier wees? Veiling?
User avatar
Viking
Hero Member
Hero Member
Posts: 822
Joined: Tue Jun 03, 2014 4:55 pm
Location: Pearly beach naby Gansbaai

Re: Wapenpryse as ons sterf - prys bepaling argief

Post by Viking »

Manne,

Bogenoemde is beslis belangrik om vir die naasbestaandes en eksekuteur 'n realistiese waarde vir 'n vuurwapen aan te dui.

Die MAAR in die verhaal is ongelukkig dikwels waar verwagting en realiteit nie bymekaar uitkom nie...'n eksekuteur word nie die luukse van onbepaalde tydsverloop gegee deur die Wet en Meester nie!

Dikwels is dit 'n "shlep" om wapens van die hand te sit en 'n geskikte koper te vind binne die tyd wat dit neem om die boedel af te handel. Onthou dat daar erfgename is wat uit die boedel bevoordeel moet word en nie onnodig lank wil wag vir erflatings nie.

Myns insiens het die eksekuteur beperkte opsies om van die wapens "ontslae" te raak:

1. Hoor by die familie wie was die eienaar se skiet en jagmaats - hoor of hulle sou belangstel.

2. Adverteer die wapens deur skietklubs of - verenigings, maar die navrae vanaf moontlike belangstellendes en die vind van 'n geskikte koper is tydrowend en nie die weg wat 'n eksekuteur sal wil gaan nie.

3. Plaas advertensie vir publieke veiling van die wapens - die geskatte waarde gaan moontlik as reserwe prys gesien word en mag die kopers se entoesiasme demp omdat elkeen op 'n veiling altyd op soek is na 'n winskoop.

4. Nader 'n wapenhandelaar om die wapens op voorraad te plaas en te probeer verkoop - die transaksies sal ook binne die afhandelingsperiode van die boedel moet wees tensy daar met die familie ander reelings getref word sodat die eksekuteur kan terugstaan van die verantwoordelik wees vir die wapens.

Ten slotte moet elkeen self besluit oor die pad vorentoe met sy of haar wapens na afsterwe, maar ek dink as jy tyd het en jy vind dat jy al hoe minder skiet met 'n wapen het dit tyd geraak om dit te verhandel terwyl jy nog die koper in die gesig kan kyk oor 'n geskikte prys!

Aanvaar dat jy nie uit die graf kan regeer nie!
" My idea of gun control is using BOTH hands!"
obasch
Hero Member
Hero Member
Posts: 604
Joined: Mon Feb 20, 2012 6:20 am
Location: Pretoria

Re: Wapenpryse as ons sterf - prys bepaling argief

Post by obasch »

Interessante 15Br Beretta!
toxicsox
Full Member
Full Member
Posts: 121
Joined: Thu May 19, 2016 9:30 am
Location: Pretoria East
Contact:

Re: Wapenpryse as ons sterf - prys bepaling argief

Post by toxicsox »

obasch wrote: Mon Sep 19, 2022 1:23 pm Interessante 15Br Beretta!
Dit is wat gebeur as jy spreadsheets op 'n selfoon tik.
J le Roux
Hero Member
Hero Member
Posts: 945
Joined: Tue May 20, 2014 8:10 am
Location: Pietersburg Limpopo

Re: Wapenpryse as ons sterf - prys bepaling argief

Post by J le Roux »

Goed gestel Viking

Daar is ook 'n verskil tussen vervangingswaarde en 2de handse verkoopwaarde.

Om 'n gebruikte geweer redelik vinnig te verkoop sal hy seker so 40% goedkoper as 'n nuwe een moet wees.
Vat genoeg skietgoed veld toe, daar's nie winkels daar nie.
JG Landmann .22LR, Howa 30-06, M98 .375H&H deur Ossie Penzhorn, 7x57 Oberndorf AN Mauser, Musgrave Mod 80 30-06
Post Reply

Return to “Algemeen/General”