Hoekom mis ons daai maklike skote?

Moderator: Global Moderator

Post Reply
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 5788
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm
Location: Paarl

Hoekom mis ons daai maklike skote?

Post by Gawie(13mm) »

Na aanleiding van 30-06 se vraag onder 'n ander hofie, plaas ek die volgende video. Let op; wanneer ek oorhaal en die geweer is in "rus", is ek amper in lyn met die laaste plaat, heel regs, in lyn met die nommer 12 op die wal.
Dan beur ek die geweer na links om op skoot te kom.


https://youtu.be/8TbmwGNjNKM

30-06 wrote: Wed Jul 21, 2021 1:31 pm Ek het n vraag vir die manne wat die Triggercams ken.
Jy kan die video mooi stadig maak en kan alles sien tot wanneer die skoot afgaan.
My vraag is wat gebeur daarna en het die plek waar die scope uiteindelik "kalmeer" einge iets met die skootplasing te doen.
As die skoot dus op die regte plek afgaan kan n flyer dan nog die skut se skuld wees of moet dit dan n ander oorsaak he?
Die kamera sit agter op die teleskoop se oogstuk. Dit "sien" dus presies wat die skut se oog sien.

Ek sal later 'n video probeer laai wat mooi wys hoe 'n man 'n gonge mis oor die stokke. Die kruishaar is op die teiken, maar op die oomblik wat die skoot loop, ontspan ek en kan gesien word hoe die skoot "getrek" word.

Die rede hiervoor is die gebrek aan "natuurlike" rigting deur die geweer na die teiken te forseer in plaas van om my skiet posisie aan te pas.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
User avatar
Jaco vdW
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 487
Joined: Wed Mar 27, 2013 3:12 pm
Location: Somerset West

Re: Hoekom mis ons daai maklike skote?

Post by Jaco vdW »

Gawie ek dink jy slaan die spyker op sy kop met die "natuurlike rigting" konsep. Die skut se posisie mik die geweer in n sekere rigting, en dan stoei ons hom terug op die teiken. Ek sien myself skiet...

Vir my is daar nog n rede hoekom ek maklike skote mis. Ek benader die skoot met die wete van "ag dis maklik", en doen nie die moeite soos met n "moeilike" skoot nie. Konsentreer nie so mooi op asemhaling, ens nie. Wil amper sê ek jaag die skoot af, en voila - mis!
Ek het dit ook al gesien as ons duiwe skiet met die windbuks. Dis mos nie n ernstige saak nie, en baie koeëltjies trek in die niet in. Benader die skoot soos n skoot op n koedoe, en die duiwe dop met reëlmaat om.
Toxxyc
Hero Member
Hero Member
Posts: 831
Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am
Location: Pretoria

Re: Hoekom mis ons daai maklike skote?

Post by Toxxyc »

Ek dink Jaco slaan die spyker op die kop hierso. Ons dink dis maklik en ons vergeet skiet is nie instinktief nie. Daar is baie veranderlikes wat rol speel. Moeiliker skote dan sit ons mooi, kyk mooi, wees rustig en fokus, en dan val die bok.

Ons moet ook onthou 'n bok is nie 'n papier teiken nie. As jy al 1,000 skote op 'n papierteiken geskiet het dan weet jy mooi wat om te doen. Bokke is elke keer anders.
User avatar
Capt. Oblivious
Hero Member
Hero Member
Posts: 10454
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Location: Ek weet nie so mooi van spel nie maar ek kan skiet. Lonehill, Sandton

Re: Hoekom mis ons daai maklike skote?

Post by Capt. Oblivious »

Wie is die ons 8)
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 5788
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm
Location: Paarl

Re: Hoekom mis ons daai maklike skote?

Post by Gawie(13mm) »

Capt. Oblivious wrote: Thu Jul 22, 2021 9:59 am Wie is die ons 8)
Jammer Kaptein.
Ek weet jy identifiseer as "Kill-shot"!🤣
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
Toxxyc
Hero Member
Hero Member
Posts: 831
Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am
Location: Pretoria

Re: Hoekom mis ons daai maklike skote?

Post by Toxxyc »

Capt. Oblivious wrote: Thu Jul 22, 2021 9:59 am Wie is die ons 8)
Ons leke, jy weet.
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 4326
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am
Location: Pretoria

Re: Hoekom mis ons daai maklike skote?

Post by Frederik »

Gesien self by BASA ook ons het so paar shoots terug sekoei teikens gehad links na regs en ek het verder my lyf gedraai om die tekeins te skiet maar nooit my voete nie en toe mis ek die laaste een regs omdat ek te lui was om my staan posisie te verander.
Alle skote was uit die vuis uit.
User avatar
Capt. Oblivious
Hero Member
Hero Member
Posts: 10454
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Location: Ek weet nie so mooi van spel nie maar ek kan skiet. Lonehill, Sandton

Re: Hoekom mis ons daai maklike skote?

Post by Capt. Oblivious »

Beste raad wat ek jare terug by Eugene gekry is om 200m verder to oefen as wat jy gaan skiet, van skietstokke af is dit seker bq moeilik maar maak dit dalk 80m. As jy dan daai skoot skiet wat vir jou moeilik was in die verlede gaan jy sien hoe maklik dit is. Persoonlik is ek glad nie mal oor enige skietstok nie, ek sal eder van n tracker se skouer af skiet, oor n boom tak of self uit die vuis op nader afstand want dit voel altyd vir my of n mens met n skietstok stoei as jy aan le. Een fout wat ek baie sien met stokke is ouens wil half langs die stok staan en skiet en nie presies agter hom met jou voete lekker oop nie, as ek nou dink met so half langs die stok staan skoot as jy met jou regter wang (as jy reg skiet) teen die kolf druk gaan jy heel moontlik links skiet as die skoot loop
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
Armand Steenkamp
Hero Member
Hero Member
Posts: 3361
Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am
Location: Boesmanland, Tussen Kliprand en pofadder

Re: Hoekom mis ons daai maklike skote?

Post by Armand Steenkamp »

Ek het al as dit by bokke kom doe naby skote lekker aangejaag. Veral as man ingedagte raak en die bok dop eweskiellik hier voor man uit en jy moet so gou as moontlik skiet wat die bokke gaan hol..
Shaunsteyn
Newbie
Newbie
Posts: 18
Joined: Mon Sep 25, 2017 2:27 pm
Location: Wellington

Re: Hoekom mis ons daai maklike skote?

Post by Shaunsteyn »

Ek wil aansluit by Gawie.

Allowel ek myself nie as n goeie skut ag nie, en ek nog moet leer, wat die meeste van die manne op die forum al vergeet het, het ek al besef om nie teen die geweer/skiet posisie te baklei nie. In jag is dit soms moeilik, want tyd is nie aan jou kant nie.

Verander jou eie posisie, of die rus, dat die geweer "natuurlik" aanle na die teiken.
Post Reply

Return to “Algemeen/General”