VERKOOP Leica Calonox Sight met Rusan Adapter Te Koop

Post Reply
User avatar
prohunt
Hero Member
Hero Member
Posts: 668
Joined: Tue Feb 15, 2011 12:00 pm
Location: Mosselbaai

VERKOOP Leica Calonox Sight met Rusan Adapter Te Koop

Post by prohunt »

Goeiemore aan almal,

Ek het 'n Leica Calonox Sight met 'n 67mm Rusan Adapter (wat ek vir 'n kliënt gekry het om te toets) beskikbaar. Die kliënt se finansiële posisie het ongelukkig verander in die tydperk sedert ek die bestelling geplaas het totdat die item beskikbaar geraak het. Die adapter is groot genoeg om op 'n Zeiss V8 te pas en indien die teleskoop se voorste lens (objective) kleiner is kan daar 'n "spacer" gebruik word of 'n aparte adapter kan aangeskaf word. Ek kyk na R69,000 Rusan Adapter ingesluit. Die item is slegs gebruik toe ek hom ingestel het en met een aand se jag waartydens ek twee jakkalse met hom geskiet het. Ek het sterk oorweeg om hom self te hou maar ek het reeds ander toerusting wat ek gebruik. Posgeld vir die koper en risiko oor na koper by bewys van versending. Kontak my gerus via Whatsap, Telegram of direk vir foto's (alhoewel die item splinternuut is) 08twee80vyfvyf244. Moet asb nie PM nie, die ontvangs is sleg waar ek tans is, op 'n plaas in die Neslpruit omgewing en ek kom nie nou gereeld op die forum nie. Ek ry DV later in die week terug Mosselbaai toe so as iemand belangstel en my iewers langs die pad te kry kan ons dit probeer reël.

Groete en seën
Johan
User avatar
prohunt
Hero Member
Hero Member
Posts: 668
Joined: Tue Feb 15, 2011 12:00 pm
Location: Mosselbaai

Re: Leica Calonox Sight met Rusan Adapter Te Koop

Post by prohunt »

Die adapter alleen is R2500 werd. Die normale voorgestelde verkoopprys op die Calonox is R79,000.

Die Calonox is verkoop baie dankie.
Post Reply

Return to “Klein Advertensies Argief”