Nuwe MAMBA Bulls Eye II skiet platform - ALMAL is VERKOOP
-
- Full Member
- Posts: 224
- Joined: Sun Aug 04, 2013 8:10 pm

Goeie dag aan almal,
Voorspoedige 2022!
Hier is die nuwe Mamba Bull’s-Eye II skiet platform.
Video:
[youtube]https://youtu.be/d4ELTU-X1JA[/youtube]
Ek het 6 daarvan gebou, waarvan 2 reeds verkoop is.
Bekendstelling prys R9,800.
Koerier koste uitgesluit.
Cassie (Benoni) 0824125344

You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
- pwdejager
- Full Member
- Posts: 210
- Joined: Tue Sep 03, 2019 2:26 pm
- Location: Somerset West
Re: Nuwe MAMBA Bulls Eye II skiet platform
Awesome!! net jammer Januarie het 65 dae 

Perry de Jager
CZ P07 (EDC)
Remington 870
CZ 455 .22LR
S&W MP2.0 5" (Competition)
Beretta Mod71 .22LR
Remington 700 SPS 20" 308WIN
Sauer S100 Fieldshoot 243
Tikka T3x CTR 6.5 CRD
CZ P07 (EDC)
Remington 870
CZ 455 .22LR
S&W MP2.0 5" (Competition)
Beretta Mod71 .22LR
Remington 700 SPS 20" 308WIN
Sauer S100 Fieldshoot 243
Tikka T3x CTR 6.5 CRD
- Capt. Oblivious
- Hero Member
- Posts: 11808
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
- Location: Ek weet nie so mooi van spel nie maar ek kan skiet. Lonehill, Sandton
Re: Nuwe MAMBA Bulls Eye II skiet platform
Lekker springbokke jag met hom op n cruiser se dak
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
-
- Hero Member
- Posts: 7343
- Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm
Re: Nuwe MAMBA Bulls Eye II skiet platform
Smaak my my post het soos mis voor die son verdwyn? 

-
- Full Member
- Posts: 224
- Joined: Sun Aug 04, 2013 8:10 pm
Re: Nuwe MAMBA Bulls Eye II skiet platform
Watter post is daai oom PW?
My skiet platform het 3 ingeboude posts.

- ruaanb
- Hero Member
- Posts: 5356
- Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am
- Location: Durbanville, WesKaap
Re: Nuwe MAMBA Bulls Eye II skiet platform
Netjies Cassie
- Mukiwa
- Full Member
- Posts: 198
- Joined: Fri Jun 05, 2015 8:18 am
- Location: Melon Oos Kaap
Re: Nuwe MAMBA Bulls Eye II skiet platform
Kan jy nou n roer om die loop klamp en dan verwag hy moet dieselfde skiet as jy hom terugsit in n kolf, gebed of nie?
Stephen
-
- Sr. Member
- Posts: 352
- Joined: Thu Jul 12, 2012 1:02 pm
- Location: Bloemfontein
Re: Nuwe MAMBA Bulls Eye II skiet platform
Ek wonder ook oor dit.
Indien so (vasklamp van loop), hoekom dan die moeite om n loop te “free float” met koste.
Vra namens n vriend…..
Maar dit lyk n stewige stukkie instrument met soos gewoonlik baie goeie vakmanskap.
Well done oom Cassie!!
Indien so (vasklamp van loop), hoekom dan die moeite om n loop te “free float” met koste.
Vra namens n vriend…..
Maar dit lyk n stewige stukkie instrument met soos gewoonlik baie goeie vakmanskap.
Well done oom Cassie!!
-
- Hero Member
- Posts: 7343
- Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm
Re: Nuwe MAMBA Bulls Eye II skiet platform
Cassie, dit is 'n netjiese kunswerk, maar soos wat ander ouens nou ook wonder, het ek gewonder of so 'n regiede instrument, wat die geweer vasklem, werklike betroubare resultate gaan gee. Wat van die "harmonics" van die loop?
Ek vra maar net?
-
- Full Member
- Posts: 224
- Joined: Sun Aug 04, 2013 8:10 pm
Re: Nuwe MAMBA Bulls Eye II skiet platform
Die vrae omtrent "barrel harmonics":
Die loop gaan beslis verskillend skiet en reageer, en gaan ook op 'n ander plek tref, met die loop geklamp teenoor om dit in/met die kolf skiet.
Dit is egter nie waaroor dit gaan nie, en is ook nie wat ek met die loop klamp wil toets nie.
'n Kolf kan tydens skiet "flex"/verbuig, wat kan verskil van skoot tot skoot. Die resultaat daarvan is 'n groter verspreiding van skote op die teiken. (Swakker groepering).
Veral die sintetiese/plastiek tipe klowe flex makliker.
As die staal ook nie elke keer op presies dieselfde manier in die kolf vasskop nie, dan gaan groeperings ook verswak.
Dit is mos waarom ons kolwe met epoksie pak/bed.
Die gedagte met die loop klamp is om alle moontlike kolf probleme te isoleer of te verwyder.
M.a.w. om slegs die staal te skiet, sonder die invloed van die kolf.
So toets/bepaal jy die maksimum akkuraatheid waartoe die loop en ammunisie in staat is, sonder 'n kolf se invloed.
Dit is mos hoekom ons ladings ontwikkel, vir maksimum akkuraatheid.
Sien dit so:
Die teiken is ons almal se baas.
As die teiken beter lyk, dan werk die plan beter.
Die resultate/groeperings wys dat sommige wapens meer akkuraat skiet met die loop klamp (staal alleen) as met die kolf.
Dit beteken dalk dat ons meer werk met die pas/pak van die kolf moet doen, of sterker kolwe moet gebruik, sodat die wapens net so akkuraat met hulle kolwe skiet?
Gaan kyk mooi na "rail guns".
Bekend as van die akkuraatste "bench rest" skiet platforms ter wêreld.
Hulle skiet slegs/alleen gewere waarvan die lope geklamp is, glad nie gewere met kolwe nie.

Dankie vir die verduideliking oom Cassie!
Dit maak nou meer sin.
Groete
Dit maak nou meer sin.
Groete
- Lategan1
- Hero Member
- Posts: 2152
- Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am
- Location: Boland
Re: Nuwe MAMBA Bulls Eye II skiet platform
Voorbeeld in Tony Boyer se boek van ‘n “rail gun”. Hy sê ook so!
Dit is eerder ‘n masjien as geweer, vir die redes soos Kaspaas grotendeels hier uitlig.
Cassie, dalk net uitlig na aanleiding van die vrae, hoe styf jy die klampe voor by die kolfgreep vasdraai?
Beste.

Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 

-
- Full Member
- Posts: 224
- Joined: Sun Aug 04, 2013 8:10 pm
Re: Nuwe MAMBA Bulls Eye II skiet platform
Lategan1:
Ek draai die klampe nogal redelik vas.
Omdat ek nie wil hê dat die wapen, onder terugskop, moet glip/gly/beweeg in die raam nie, maar saam met die raam moet beweeg.
Die raam se gedagte is om die (dikwels wisselvallige) invloed van die skut op groeperings uit te skakel.
Die sogenaamde m#@R agter die roer?
Ek draai die klampe nogal redelik vas.
Omdat ek nie wil hê dat die wapen, onder terugskop, moet glip/gly/beweeg in die raam nie, maar saam met die raam moet beweeg.
Die raam se gedagte is om die (dikwels wisselvallige) invloed van die skut op groeperings uit te skakel.
Die sogenaamde m#@R agter die roer?
- Lategan1
- Hero Member
- Posts: 2152
- Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am
- Location: Boland
Re: Nuwe MAMBA Bulls Eye II skiet platform
Dankie, maak alles sin.
Hoekom ek vra is omrede daar kort ronde ysters dwars op die boud se kop vasgesweis is. Dit het by my die persepsie geskep dat dit slegs “two finger tight” vasgedraai word. Ek verstaan die rail gun, glo jy begryp my persepsie na aanleiding van die vrae en foto.
Mag jy baie suksesvol wees! Ek hou van jou modulêre ontwerp en gebruik van bestaande materiale. Lekker gelag toe ek in jou ander ad gelees het oor die “Datsun wiper motor” vir die wet tumblers! Maak dit ‘n SSS
tumbler!
Beste.
Hoekom ek vra is omrede daar kort ronde ysters dwars op die boud se kop vasgesweis is. Dit het by my die persepsie geskep dat dit slegs “two finger tight” vasgedraai word. Ek verstaan die rail gun, glo jy begryp my persepsie na aanleiding van die vrae en foto.
Mag jy baie suksesvol wees! Ek hou van jou modulêre ontwerp en gebruik van bestaande materiale. Lekker gelag toe ek in jou ander ad gelees het oor die “Datsun wiper motor” vir die wet tumblers! Maak dit ‘n SSS

Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 

-
- Full Member
- Posts: 197
- Joined: Sat Jan 19, 2013 9:02 pm
- Location: Gauteng
Re: Nuwe MAMBA Bulls Eye II skiet platform
As jy die geweer gaan monteer in die slee soos hy in die veld of op die baan gebruik gaan word, gaan jy die skut se invloed kan isoleer en uitskakel.
Ek sien egter nie die nut daaraan om die geweer in die klampe, of sonder sy kolf, te toets nie.
Natuurlik sal ‘n geklampde loop beter skiet. Soos ek dit sien sal die geklampde loop minder ossilleer as daarsonder. Jy het effektiewelik die loop meer rigied gemaak, maar dit is vir my ‘n nuttelose oefening. Jy verwyder miskien die invloed van die kolf op die geweer, maar jy induseer ‘n ander invloed wat ook nie konstant sal wees wanneer jy die geweer weer gebruik soos bedoel is nie. Met die klamp sal die harmonieke eienskappe van die loop anders wees as daarsonder.
Groete,
Vissie
Ek sien egter nie die nut daaraan om die geweer in die klampe, of sonder sy kolf, te toets nie.
Natuurlik sal ‘n geklampde loop beter skiet. Soos ek dit sien sal die geklampde loop minder ossilleer as daarsonder. Jy het effektiewelik die loop meer rigied gemaak, maar dit is vir my ‘n nuttelose oefening. Jy verwyder miskien die invloed van die kolf op die geweer, maar jy induseer ‘n ander invloed wat ook nie konstant sal wees wanneer jy die geweer weer gebruik soos bedoel is nie. Met die klamp sal die harmonieke eienskappe van die loop anders wees as daarsonder.
Groete,
Vissie
-
- Full Member
- Posts: 224
- Joined: Sun Aug 04, 2013 8:10 pm
Re: Nuwe MAMBA Bulls Eye II skiet platform
Lategan 1:
Ja, ek draai die boute net met my vingers stewig vas, en gebruik geen gereedskap nie.
Dankie vir jou positiewe insette.
Vissie:
Ek is baie bly dat jy saamstem dat die Mamba Bull's-Eye II, geklamp op die standaard manier (met die wapen is sy kolf), wel die skut se invloed op groeperings kan isoleer en uitskakel.
Ek besef dat ons nie almal altyd ten volle met mekaar sal saamstem nie, en daar is dalk meriete in wat jy oor die loop klamp sê.
Neem asseblief in ag:

- Die platform word nie standaard met die loop klamp verskaf nie. Dit is 'n addisionele item wat slegs op aanvraag beskikbaar is, en wat ekstra aangekoop moet word.
- Die loop kan op enige plek geklamp word, ook om die kamer, met bykans die volle lengte van die loop wat dan uitsteek. Die teleskoop kan dan aan die loop klamp monteer word. Ek het dit ook so getoets.
-
- Newbie
- Posts: 31
- Joined: Thu Aug 14, 2014 12:02 pm
- Location: Centurion
Re: Nuwe MAMBA Bulls Eye II skiet platform
More Cassie, hoeveel weeg die Mamba ongeveer?
Groete
Groete
22 Lr, Brno 243 Win, 2506 Rem, 6,5x68S, 7mm Rem Mag, 3006, 300 WM, 8x68S, 338 Lapua, Heym 9.3x62, 375 H&H, Truvello 404 Jeffery, Sako 416 Rem Mag, Franchi 20 Br, Miroku 12 Br, Fabarm 12 Br, Blackhawk 357, Taurus 44 Mag, Beretta 90-Two 40S&W
- Gawie(13mm)
- Hero Member
- Posts: 6045
- Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm
- Location: Paarl
Re: Nuwe MAMBA Bulls Eye II skiet platform
Manne, julle mis die punt en besoedel Cassie se draad.
Die man adverteer 'n item en nou lewer jul kritiek daarop.
Indien jy nie belang stel nie, hou verby of begin 'n nuwe draad waar die meriete van so 'n katoeter bespreek word.

Dont make expensive noise! Make the first shot count!
- Lategan1
- Hero Member
- Posts: 2152
- Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am
- Location: Boland
Re: Nuwe MAMBA Bulls Eye II skiet platform
Stem saam.Gawie(13mm) wrote: ↑Fri Jan 14, 2022 7:23 am Manne, julle mis die punt en besoedel Cassie se draad.
Die man adverteer 'n item en nou lewer jul kritiek daarop.
Indien jy nie belang stel nie, hou verby of begin 'n nuwe draad waar die meriete van so 'n katoeter bespreek word.
Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 

-
- Full Member
- Posts: 224
- Joined: Sun Aug 04, 2013 8:10 pm
Re: Nuwe MAMBA Bulls Eye II skiet platform
Mozibite:
In totaal ongeveer 25kg.
Onderste platform 10kg en bo 15kg, sonder wapen se massa.
Dankie Gawie(13mm).

Sommer net vir die mooi:
Hier is 'n paar 5-skoot groeperings wat ek gister geskiet het met 'n Ruger Precision in 6.5mm Creedmoor.
Op 'n 100m buite baan.
Wapen was op die standaard manier in sy kolf aan die MAMBA Bull's-Eye II gekoppel.
Hieruit sien ek mooi die verskille/voorkeur van die wapen, wat dalk nie altyd vir ons almal so duidelik is, as ons self skiet nie?
Hier is 'n paar 5-skoot groeperings wat ek gister geskiet het met 'n Ruger Precision in 6.5mm Creedmoor.
Op 'n 100m buite baan.
Wapen was op die standaard manier in sy kolf aan die MAMBA Bull's-Eye II gekoppel.
Hieruit sien ek mooi die verskille/voorkeur van die wapen, wat dalk nie altyd vir ons almal so duidelik is, as ons self skiet nie?
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
-
- Full Member
- Posts: 197
- Joined: Sat Jan 19, 2013 9:02 pm
- Location: Gauteng
Re: Nuwe MAMBA Bulls Eye II skiet platform
Ek het belang gestel, daarom my deelname. Dit was nie my bedoeling om die draad te besoedel nie. Ek het dit beskou as ‘n bekenstelling waaronder die meriete’s bespreek sal word. Ek sien nou eers dit is in die advertensie afdeling - daarvolgens vra ek om verskoning.
Ek dink egter ons geselsies is dalk baie goed vir die bemarking van die produk en dat dit ‘n baie hulpvaardige toestel kan wees om beter resultate te kry met lading ontwikkeling, veral vir skuts wat nie al op ‘n hoë vlak presteer nie.
Wat ek sou voorstel is om ‘n toets te doen met ‘n paar gewere in die toestel om die maksimum akkuraatheid te verkry met ‘n geweer en lading kombinasie. Daarna kan Cassie met dieselfde geweer en lading kombinasie skuts op alle vlakke uit daag om dit te ewenaar of verbeter in die metode wat die skut voorheen gebruik het. Dan gaan jy eintlik begin meet wat die toestel onderneem om te verbeter. Ek glo dan sal die manne begin tou staan. As jy die prys van komponente in ag neem, kan ‘n paar pelle of ‘n skietklub saam só ‘n toestel koop is dit dan eintlik goedkoop en sal baie spaar in onnodige patrone uitskiet tydens lading ontwikkeling.
Ek dink egter ons geselsies is dalk baie goed vir die bemarking van die produk en dat dit ‘n baie hulpvaardige toestel kan wees om beter resultate te kry met lading ontwikkeling, veral vir skuts wat nie al op ‘n hoë vlak presteer nie.
Wat ek sou voorstel is om ‘n toets te doen met ‘n paar gewere in die toestel om die maksimum akkuraatheid te verkry met ‘n geweer en lading kombinasie. Daarna kan Cassie met dieselfde geweer en lading kombinasie skuts op alle vlakke uit daag om dit te ewenaar of verbeter in die metode wat die skut voorheen gebruik het. Dan gaan jy eintlik begin meet wat die toestel onderneem om te verbeter. Ek glo dan sal die manne begin tou staan. As jy die prys van komponente in ag neem, kan ‘n paar pelle of ‘n skietklub saam só ‘n toestel koop is dit dan eintlik goedkoop en sal baie spaar in onnodige patrone uitskiet tydens lading ontwikkeling.
- Mukiwa
- Full Member
- Posts: 198
- Joined: Fri Jun 05, 2015 8:18 am
- Location: Melon Oos Kaap
Re: Nuwe MAMBA Bulls Eye II skiet platform
Ja nee kyk die vrae wat gevra was is relevant en so ook die kommentaar, Cassie het dit ook so geantwoord, so vat ma jou pillitjies elke oggend want jy kan nou nie vi anner mense loop se wat hulle mag vra of nie.Gawie(13mm) wrote: ↑Fri Jan 14, 2022 7:23 am Manne, julle mis die punt en besoedel Cassie se draad.
Die man adverteer 'n item en nou lewer jul kritiek daarop.
Indien jy nie belang stel nie, hou verby of begin 'n nuwe draad waar die meriete van so 'n katoeter bespreek word.
Stephen
- Gawie(13mm)
- Hero Member
- Posts: 6045
- Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm
- Location: Paarl
Re: Nuwe MAMBA Bulls Eye II skiet platform
Synde jy nou so raad uitdeel, volg dit self.Mukiwa wrote: ↑Fri Jan 14, 2022 2:47 pmJa nee kyk die vrae wat gevra was is relevant en so ook die kommentaar, Cassie het dit ook so geantwoord, so vat ma jou pillitjies elke oggend want jy kan nou nie vi anner mense loop se wat hulle mag vra of nie.Gawie(13mm) wrote: ↑Fri Jan 14, 2022 7:23 am Manne, julle mis die punt en besoedel Cassie se draad.
Die man adverteer 'n item en nou lewer jul kritiek daarop.
Indien jy nie belang stel nie, hou verby of begin 'n nuwe draad waar die meriete van so 'n katoeter bespreek word.

Dont make expensive noise! Make the first shot count!
-
- Hero Member
- Posts: 7343
- Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm
Re: Nuwe MAMBA Bulls Eye II skiet platform
Die onderwerp hier, is: Nuwe MAMBA Bulls Eye II skiet platform
Ek dink op 'n openbare forum soos hierdie, staan dit enigeen vry om kritiese vrae te vra ten einde meer te hore te kom oor die apparaat.
Ek dink nie enigeen het die adverteerder te na gekom nie en verder is die adverteerder die kans gegun om kommentaar te lewer op die vrae. Ek sien dus nie die nodigheid om n nuwe post te skep nie.