Bosveld Kaggel Leeujag

Enige interresante verhale wat jy beleef het kan hier geplaas word.
Any interesting stories you have heard of or have experienced.
Post Reply
User avatar
JAGTERSREG-JRM
Hero Member
Hero Member
Posts: 1799
Joined: Tue May 15, 2012 10:24 am
Location: NOORD TRANSVAAL (PRETORIA)
Contact:

Bosveld Kaggel Leeujag

Post by JAGTERSREG-JRM »

Bosveld kaggel Leeujag 2021

Ek wil daarmee begin dat ek 2020 baie bevooreg was om n paar pragdiere te jag en die beste van alles is dat dit nie enigsens deel van die beplanning was nie. Ek glo in die jagveld moet n man elke geleentheid gebruik alhoewel finansies dit soms moeilik maak om die dier wat die geleentheid bied te jag. Soos meeste van ons het ek maar elke jaar gejag vir die goedkoper spesies om so ook te help dat ek meer kan jag as net die 1 of 2 keer in n jaar.
Vroeer laas jaar het ek die geleentheid gehad om n prag leeumannetjie te jag met die Marlin 45/70 en met dit saam deel te vorm van 3 ander leeujagte wat dieselfde week plaasgevind het (hierdie was n besonderse ervaring en het gesien hier is n gogga wat begin byt). Later in die jaar het n klant uitgevat vir sy eerste leeu mannetjie, wyfie, krokodil en n prag buffelbul (hierdie ervaring was nog beter as die 4 leeujag van April). Ek sou nooit in my lewe kon dink dat die twee jagte/ervarings geklop kan word nie en wat nog gepraat van hulle klop in dieselfde jaar!

My groot leeumannetjie was op die grond en na baie kopkrap en elke moontlike spasie meet het ek tot die besef gekom dat ek nie n volmontering sal kan doen nie en moet hom halflyf laat maak (kry die oudjie hopelik einde Januarie). Die mannetjie gaan sy staan kry aan die linkerkant van die kaggel waar ek elke aand vir hom kan kyk maar daar is n problem………. Die regterkant van die kaggel lyk leeg…………Die lewe en dinge moet maar balans he en die storie pla vir my redelik baie tot ek maar ingee en besluit dat daar n leeuwyfie moet kom……

So gebeur dit toe dat ek n oproep kry dat daar n wyfie is wat geskiet moet word, dit klink vir my of sy n lekkertand ontwikkel het vir die duur bokke op die plaas (Koedoebulle en Swartwitpense en dit is slegs dit wat gevind was en kon paar ander insluit). Die nodige stappe is geneem en datums word vasgemaak. Ek sou dit so tussen die wegbreek inwerk en moet dit voor geloftedag afhandel.

Die bosveld is nat en groen en in my agterkom wonder ek hoeveel keer ek gaan natreen en hoe op dees aarde ons n spoor gaan volg as dit reen. Die tyd skyf en skyf nader en ek probeer my kop regkry vir enige moontlike scenario (soos ek maar gewoonlik myself voorberei). My dogtertjie is nie baie ingenome met die idee nie en erens diep in haar denke steek die leeu storie in haar kop vas. Ons ken mos maar n kind (uit die mond van n suigeling)

“As n leeu pappa doodbyt sal ek pappa nooit vergewe nie”
so rukkie later……………….
“As n leeu pappa bietjie byt gaan ek baie kwaad wees vir pappa maar sal pappa vergewe”

In my agterkop steek die woorde vas en n man begin mooi dink….Dis die oggend 04h00 en ek is op en wakker en weet ek sal moet begin padvat na die plaas toe aangesien dit ongeveer 45min se ry is deur n grondpad wat op daardie stadium meer water is as grond. Die nodige is gelaai en mamma en sussa word gegroet en belowe om hulle op hoogte te hou. Die wiele rol en soos ek om die eerste draai gaan sien ek die son agter die wolke uitkom en groet, ek moes eenvoudig net daardie oomblik op my foon vasvang en elke oomblik inneem.

Ek kom op die plaas aan en ons gesels vining oor wat die plan van aksie is. Eerstens n vars spoor kry en dan voete vat en kyk of ons haar kan inhaal. So gemaak en so gedaan…

Dit was net voor 08h00 wat ons n spoor kry naby die rivier (n gedeelte wat in die winter ruig is maar uit die aard van die saak redelik rof is na die reens). Ons is op die spoor maar die gras en blare maak dit soms feitlik ontmoontlik en hier sien ek weereens die kuns van gdse wat op n gereelde basis leeus jag. Dit is n dik mat blare en die gids steek vas, die son word van n merk weggehou, word bekyk van links en regs, op en af en se: kyk hier het sy getrap maar ek sien feitlik niks nie maar soos hy sy hand oor die merk hou en wegneem sien ek wragties……daar is die vorm van die groot wyfie se voorpoot. Merkwaardige kuns en moet my hoed afhaal vir die manne.

Tyd loop stadig verby en elke bos word deeglik dopgehou en toe stop die gids…….luister na die voeltjies en kyk hoe duik hulle. Dis een van twee goed daai: of die kat of n slang. Ons beweeg nader teen n slakke pas en wragties daar le die kat se spore so duidelik soos daglig maar dis nie al nie…….kyk daar onder die boom se die gids, Ek moet mooi kyk en raai wat is besig om sy pad op te vat na die voeltjies toe…….Swartmamba se kind. Die tyd loop aan en die bosveld begin bloeddig warm word soos hy net Desember maande kan word. Daar is n roe poor die radio, n vars spoor is oor ons sleep van die oggend en dis n hele klomp km van waar ons tans was. Ons spoorsny het ons om die rivier geneem en deur die tambotie bos (n ruig storie) maar nou is dit terug na die cruiser toe soda tons in die berg se rigting kan ry en ondersoek instel.

N Goeie paar km se loop en ons is uiteindelik by die voertuig, ek kan voel die oggend se stap begin om sy tol tee is……. Ons ry in die rigting van die twee koppe en kom by die vars spoor aan, wragties sy was letterlik kilometers en seker n halwe dag se spoorsny voor ons. Nou het ons darm n goeie idee waar sy mag wees en besluit om die roetes om die koppe weer te sleep indien sy sou besluit om aft e kom terwyl ons haar in die berg probeer opspoor. Dit is nou mid dag en die sonnetjie staan stil en die sweet loop. Ons vat toe n vinnige breek vir n versnappering en iets koels om die hitte te breek (n wel verdiende rus en n goeie manier om weer jou kop agter mekaar te kry).

Ongeveer 30min later is ons weer by die koelteboom onder die kop en daar is nou net een manier…….ons moet in daardie koppe in. Die nodige word gereed gemaak en ons is op die voet. Die idee is om aan die onderkant van die kop op te gaan en dan te kyk vir n spoor en dit van daar te vat. Die klippe en rontse is los en die helling is styl maar ons is vasberade om die kat op te spoor. Ongeveer 2/3 op steek die gids vas voor my en beduie in n rigting maar al wat ons sien is n geel streep soos sy verdwyn. Dit is ongeveer 13h30 en die eerste keer wat ons n oog op haar le van 06h30 af. Saggies in my agterkop dink ek daar dit nou, ons behoort haar vining te vang op n vars spoor.

En so is ek toe so ver verkeerd n man kan dit amper nie glo nie, Dis n geklim oor rontse en n geskuif tussen bome en ruigtes maar ons kry nie die spoor nie. Die platto is een van die ruigste areas wat ek nog deur beweeg het en dan word daar rotse en hellings ook tussen in gegooi. Ons werk stadig die kop deur maar tel nie n spoor op nie, dalk is sy af? Ons werk ons pad af deur die hellings rotse en bome en kom by die voet van die kop uit, skep bietjie asem en begin loop om te sien of sy wel uit is. Daar is geen spoor nie. Sy moet nog in die koppe wees.

Om n lang storie korter te maak werk ons daardie plato 4 keer deur en ek voel die enkels begin swaar trek, ek is nie gewoond aan al daardie los klippe, bik en bergjag nie. Die sweet stroom ons af en ons voel redelik getap maar aangaan gaan ons aan want die son is nog nie onder nie. Ons staan en gesels en probeer dink soos daardie slinkse kat wat dit reggekry het om mense te ontwyk vir om en by 3 maande, al wat jy van haar sien is haar spore en so nou en dan in die laatmiddae n geroep of drie aan die agterkant van die klip koppe.

Sy is op daardie kop en daar is net een plan, ons sal op die rand van die plato om beweeg teen die helling sodat ons ongeveer 20-30 tree bo ons kan sien, net dalk jaag ons haar op of sien haar voor sy ons sien. Elke nou en dan swets ek in my agterkop en kan nie dink dat die kat hier sal wegkruip nie. Die humiditeit is vrek hoog, ons klim van rots na rots en elke nou en dan “donder” daar n klip af na benede na hy meegee onder my gewig (om op gids se voetspore te loop is nie altyd so slim plan nie en veral nie as jy gewigs voordeel trek nie).

Dit is in so n oomblik wat ek n nuwe woordeboek in my gedagtes skep wat die hel losbreek en die oorverdowende gegrom en praat neem alle klanke van die bosveld oor…….die gids swaai na regs en die 416 kom op sy skouer tot ruste en met dieselfde beweging swaai ek na regs en die 470 Nitro vind sy plek……en soos die vloei van water loop die skote en die kat is bitter ongelukkig agter n rots wat seker 8 tree van ons af is. Ek is vir n oomblik van my balans af en redelik deurmekaar……..wat “demoer” het nou gebeur? en breek die nek van die dubbel om te herlaai.

Beide die rondtes van die dubbel het soos een skoot afgegaan maar kon duidelik sien aan die kat dat die skote hulle plek gevind het. Sy grom en byt en dis n lelike storie…”Die kat gaan kom” roep die gids en met die sit ek n skoot op die middle van die blad en sy le stil. Vir n oomblik kyk ons na mekaar en is redelik geskok wat nou voor ons afgespeel het, dit was kompleet asof ons in n hinderlaag ingeloop het en daar is geen ander keuse as om te veg nie.

Wragties is die kat toe in die ontmoontlikste plek denkbaar en het rustig gele en slap tussen die rotse terwyl ons die hele kop na haar gesoek het. Ons was verseker paar keer bo haar verby en sy het geen geluid gemaak om haar posisie weg te gee nie. Eintlik n gevaarlike storie. Die word word versprei en ons kry ekstra hande vir die taak wat voor ons le. Dit is n enorme wyfie en dit vat 6 van ons om haar teen die rotsagtige kop af te kry.
Ons gaan na n oop gedeelte van die plaas om paar netjiese fotos te neem en sien daar die tonnel in haar kuiltjie, kompleet die grote van n halwe vuis. Die 470 het haar deel gedoen en gelukkig pas die geweer my soos n handskoen, as ek haar instinktief optel dan le daai voorste visier presies in die mikke.

Ek het weer n paar lesse geleer en is nooit te oud om iets by te leer nie, hoe het die dubbel beide skote gelyk laat afgaan? Di tweet ek nie maar verseker nie die roer nie, was dit agv die helling wat ek gestaan het so op en tussen die klippe…..moontlik maar wat ek wel weet is dat daardie kat op ons was en sy het geen intensie gehad om te verdwyn nie maar eder om ons op haar gebied aan te vat.

Later die middag vra die eienaar my hoe die jag was aangesien ek nou al klomp verskillende areas katte gejag het. Ek kon dood eerlik se dat ek nooit in my lewe sou kon dink dat ek die 2 jagte vrooer die jaar sou kon TOP nie maar hier staan ek nou…….die beste ervaring, die hardste jag, alles op die voete soos dit hoort, in die bosveld, in die hitte van die somer, in die berge en ons staan om die storie te vertel.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Jrm Goods & Services
Kobus van den Berg
VUURWAPEN MOTIVERINGS
WAPEN & AMMUNISIE VERKOPE
Kontak my gerus!!!
082 619 7236
jagtersreg@firearmsa.co.za
http://www.firearmsa.co.za
User avatar
JAGTERSREG-JRM
Hero Member
Hero Member
Posts: 1799
Joined: Tue May 15, 2012 10:24 am
Location: NOORD TRANSVAAL (PRETORIA)
Contact:

Re: Bosveld Kaggel Leeujag

Post by JAGTERSREG-JRM »

Paar fotos van hoe dit om my gelyk het
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Jrm Goods & Services
Kobus van den Berg
VUURWAPEN MOTIVERINGS
WAPEN & AMMUNISIE VERKOPE
Kontak my gerus!!!
082 619 7236
jagtersreg@firearmsa.co.za
http://www.firearmsa.co.za
User avatar
JAGTERSREG-JRM
Hero Member
Hero Member
Posts: 1799
Joined: Tue May 15, 2012 10:24 am
Location: NOORD TRANSVAAL (PRETORIA)
Contact:

Re: Bosveld Kaggel Leeujag

Post by JAGTERSREG-JRM »

Laaste paar fotos. Kat waat sy le en twee fotos op die oopte geneem. Let op ek lyk nogals redelik vlou op foto saam kat in die ruigtes en oja die pepperticks het vet pret gehad en sit nou nog met die letsels van die klein dondertjies.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Jrm Goods & Services
Kobus van den Berg
VUURWAPEN MOTIVERINGS
WAPEN & AMMUNISIE VERKOPE
Kontak my gerus!!!
082 619 7236
jagtersreg@firearmsa.co.za
http://www.firearmsa.co.za
User avatar
JAGTERSREG-JRM
Hero Member
Hero Member
Posts: 1799
Joined: Tue May 15, 2012 10:24 am
Location: NOORD TRANSVAAL (PRETORIA)
Contact:

Re: Bosveld Kaggel Leeujag

Post by JAGTERSREG-JRM »

2021 was een van die hoogtepunte in jare se jag, en sal by my bly vir die res van my lewe
Jrm Goods & Services
Kobus van den Berg
VUURWAPEN MOTIVERINGS
WAPEN & AMMUNISIE VERKOPE
Kontak my gerus!!!
082 619 7236
jagtersreg@firearmsa.co.za
http://www.firearmsa.co.za
User avatar
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7237
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm
Location: Paarl

Re: Bosveld Kaggel Leeujag

Post by PWV »

Dumbfounded! :'(
Many people are alive, only because it's illegal to shoot them.

Groetnis
Pieter Willem Vorster
User avatar
symmo
Newbie
Newbie
Posts: 26
Joined: Wed Oct 03, 2012 1:15 pm

Re: Bosveld Kaggel Leeujag

Post by symmo »

Well done Kobus - besonderse jag gewees!!

Sent from my SM-N981B using Tapatalk

User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6558
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am
Location: Piet Retief, Mpumulanga

Re: Bosveld Kaggel Leeujag

Post by DWB »

Welgedaan Kobus!
Noem my sommer Deon
7x57 - 9.3x62 - 404 Jeff - 450 Rigby
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
toelie
Hero Member
Hero Member
Posts: 829
Joined: Mon Nov 26, 2012 9:10 pm
Location: Krugersdorp gauteng

Re: Bosveld Kaggel Leeujag

Post by toelie »

Kobus

Soos gewoontelik, mooi vertel en voel of mens saam gejag het. Geluk met die goeie jag jaar
.22LR Voere
.22LR CZ Varmint
.223 Rem Tikka Varmint
.22-250 CZ Varmint
.22-250 Savage Vlp
.243 Kwagga Savage Vlp
.6 XC Varmint Howa
.300WM Sako
.375 Ruger Howa
.12 Boor H&R
.50 cal voorlaaier Buckstalker
.38 Special Rossi
.9mm Glock 17
Post Reply

Return to “Dangerous Game Hunting/ Gevaarlike wild jagte”