Skiet van bobbejaan

Moderator: Global Moderator

Post Reply
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 19493
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Location: Vereeniging

Skiet van bobbejaan

Post by tripodmvr »

Kry die onderstaande nuusberig. Daar is onsekerheid oor wat met die dier gebeur het, maar hulle kan bytmerke van honde identifiseer. Wie sê dit is nie sy eie trop wat hom karnuffel het nie? Pasop dus maar met die skiet van bobbies. Lyk asof hulle belangriker as mense is.


https://www.msn.com/en-za/news/other/an ... np1taskbar
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
Alwin
Hero Member
Hero Member
Posts: 1647
Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm
Location: Noord-Transvaalse Bosveld

Re: Skiet van bobbejaan

Post by Alwin »

Party mense glo hulle stam van die bobbejane af (hulle mag dalk reg wees), daarom dat hulle hierdie "voorvaders" as hoogheilig ag.
Myne het hulle spesiale status verbeur toe hulle my boorde en landerye geplunder het...
Knewel
Full Member
Full Member
Posts: 183
Joined: Fri Dec 02, 2016 10:44 pm
Location: Durbanville,Wes Kaap

Re: Skiet van bobbejaan

Post by Knewel »

Die groenes wat hierdie goed wil beskerm het geen kennis van hulle gedrag nie. As so trop in 'n vrugteboord in vaar lyk dit soos die looting wat ons laasjaar gehad het.

Hulle gryp enigiets wat aan 'n boom hang, of dit groen is of ryp is. Saam met die breek hulle die bome se takke ook af.

Dis feitlik onmoontlik om hulle uit te roei ook. Hulle gedrag verander sodra jy hulle begin uitdun

Sent from my SM-A750F using Tapatalk



'Shooting is all about confidence' -Tubby Smith
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 19493
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Location: Vereeniging

Re: Skiet van bobbejaan

Post by tripodmvr »

Sprake is nou dat na al die tyd en geld uitgegee om hom uit die berg te kry, hulle besluit het om hom uit te sit.

Hulle gaan hulle aandag nou toespits om die skieter op te spoor.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Ratel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1395
Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm
Location: Rustenburg

Re: Skiet van bobbejaan

Post by Ratel »

As hulle maar net soveel moeite wil doen om plaasaanvallers op te spoor.
Maak 'n verskil
Pierre1
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 74
Joined: Thu Mar 17, 2016 9:52 am
Location: Wellington

Re: Skiet van bobbejaan

Post by Pierre1 »

Dit is vir my baie duidelik dat die Groenes nie 'n idee het watter klas skade die bobbejane aanrig nie, presies wat Knewel hierbo noem. Ja, Kees lyk ougat as hy so langs die pad sit met sy voorkloue op sy knieëe, maar gaan kyk bietjie hoe lyk 'n druiwe boord, waatlemoen land en vrugteboorde as Kees en sy tjomma's daar deur gewandel het. Solank my skiet/jag instansie aandui die uitskiet van bobbejane (beheer van skadeveroorsakende diere) is toelaatbaar, sal dit maar my uitgangspunt wees. Ek doen dit wel eties en op 'n veilige manier bygesê en loop skiet nie sommer net blindelings nie.
.300 Weatherby Win Mag
.243 BB HOWA 1500
.22 BRNO Mod 2
9mm CZ PO9
User avatar
ruaanb
Hero Member
Hero Member
Posts: 5190
Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am
Location: Durbanville, WesKaap

Re: Skiet van bobbejaan

Post by ruaanb »

By Bettiesbaai is die knape n oorlas so erg dat hulle jou waarsku waar jy ook al gaan.
Ek dink die skieter het net verby gatvol geraak.
User avatar
airhunter
Hero Member
Hero Member
Posts: 542
Joined: Sun Apr 30, 2017 6:44 pm
Location: Queenstown EC

Re: Skiet van bobbejaan

Post by airhunter »

Hier by my vang hulle klein bokkies en vreet die pens uit wyl dit lewe.
All animals are equal but some animals are more equal than others.
Proper vuilgoed wat lood kry as ek hom gewaar.
The trouble ain't that there is too many fools, but that the lightning ain't distributed right.
Mark Twain
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Skiet van bobbejaan

Post by PWV »

Nie geweet die subspesie van hierdie primate is ook in Queenstown nie. Kry seker taamlik koud in die winter?
User avatar
airhunter
Hero Member
Hero Member
Posts: 542
Joined: Sun Apr 30, 2017 6:44 pm
Location: Queenstown EC

Re: Skiet van bobbejaan

Post by airhunter »

Nognie my blyplek verander nie.
Nie meer in Qtn.
The trouble ain't that there is too many fools, but that the lightning ain't distributed right.
Mark Twain
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 19493
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Location: Vereeniging

Re: Skiet van bobbejaan

Post by tripodmvr »

.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
HeinM
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 272
Joined: Sun Feb 07, 2021 4:54 pm
Location: Tulbagh

Re: Skiet van bobbejaan

Post by HeinM »

Moenie skiet nie. Vang 'n paar in 'n vanghok, verf hulle wit en laat vry. Hulle verjaag die trop tot in 'n ander provinsie.
OosKaapJagter
Hero Member
Hero Member
Posts: 706
Joined: Thu Jul 07, 2016 9:14 pm

Re: Skiet van bobbejaan

Post by OosKaapJagter »

Dit is eintlik heel eenvoudig. As 'n reël mag jy een bobbejaan per dag skiet in die Wes-Kaap. Dit is nou ongeag die feit dat sekere groenes die bobbejaan 'n naam gegee en gedoop het. As jy 9 vriende saamvat kan julle 10 skiet, maar die goed is heeltemal te skelm vir so resultaat.

https://www.sahunters.co.za/images/atta ... 202022.pdf

Sorg net dat dit nie in 'n woongebied is nie.
User avatar
Ratel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1395
Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm
Location: Rustenburg

Re: Skiet van bobbejaan

Post by Ratel »

OosKaapJagter wrote: Fri Jul 29, 2022 2:34 pm Dit is eintlik heel eenvoudig. As 'n reël mag jy een bobbejaan per dag skiet in die Wes-Kaap. Dit is nou ongeag die feit dat sekere groenes die bobbejaan 'n naam gegee en gedoop het. As jy 9 vriende saamvat kan julle 10 skiet, maar die goed is heeltemal te skelm vir so resultaat.

https://www.sahunters.co.za/images/atta ... 202022.pdf

Sorg net dat dit nie in 'n woongebied is nie.
Ek stem saam met die stelling dat hulle baie skelm is. Ek het van Februarie af 19 groot mannetjies uitgeskiet (wettig). En ja kees se kind is ongelooflik slim en het baie goeie sig. Hulle leer vinnig om 'n geweer oor die skouer te herken. Self die kleur van jou kar ens leer hulle gou ken. Een ding wat hulle ook vinnig leer ken het is om nie op 300 meter in 'n boom te sit en my te vloek nadat ek 'n groot mannetjie reeds geskiet het nie.
Maak 'n verskil
Ds J
Hero Member
Hero Member
Posts: 1346
Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm
Location: Stella

Re: Skiet van bobbejaan

Post by Ds J »

Ek het eendag n outydse jeugverhaal gelees waar die oumense die bobbejane deur die nag bekruip het, en die volgende oggend teen ligdag met n hele paar gewere losgetrek het.

Sal dit kan werk?

Of kan n mens hulle dalk in die nag bekruip en met subsoniese ammunisie uitdun?
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 19493
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Location: Vereeniging

Re: Skiet van bobbejaan

Post by tripodmvr »

So omsingel aksie in die nag kan werk, maar vir veiligheid is haelgewere die beste. Moet net nie onder die trop staan as daar geskiet word nie.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Ratel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1395
Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm
Location: Rustenburg

Re: Skiet van bobbejaan

Post by Ratel »

tripodmvr wrote: Sat Jul 30, 2022 2:03 pm So omsingel aksie in die nag kan werk, maar vir veiligheid is haelgewere die beste. Moet net nie onder die trop staan as daar geskiet word nie.
Jip want hulle skyt op jou as jy onder die boom staan. Hulle sig in die nag is nie goed nie. Ek dink n thermal teleskoop en so 100 meter weg kan nogal mooi werk.
Maak 'n verskil
Ds J
Hero Member
Hero Member
Posts: 1346
Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm
Location: Stella

Re: Skiet van bobbejaan

Post by Ds J »

Wat ek gelees het, is dat die oumense ongeveer in n lang lyn gelê het en toe op n bevel begin skiet het. As ek reg onthou was daar n kalerige stuk aarde agter die bobbejane se boom waaroor die bobbejane gevlug het. Dit het kans gegee om hulle in die hardloop te skiet sonder dat die skuts mekaar in gevaar gestel het.
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 12984
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Location: Bloemfontein, Vrystaat.
Contact:

Re: Skiet van bobbejaan

Post by Geno »

Ratel wrote: Sat Jul 30, 2022 5:39 pm Ek dink n thermal teleskoop en so 100 meter weg kan nogal mooi werk.
Hul spring uit die boom uit en hol weg as jy begin skiet onder hulle. Selfs met thermal teleskoop. Ek praat uit ondervinding...
Maar, van hul klim weer in ander bome in dan kan jy wel nog skiet.
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
Ratel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1395
Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm
Location: Rustenburg

Re: Skiet van bobbejaan

Post by Ratel »

Geno wrote: Mon Aug 01, 2022 7:52 am
Ratel wrote: Sat Jul 30, 2022 5:39 pm Ek dink n thermal teleskoop en so 100 meter weg kan nogal mooi werk.
Hul spring uit die boom uit en hol weg as jy begin skiet onder hulle. Selfs met thermal teleskoop. Ek praat uit ondervinding...
Maar, van hul klim weer in ander bome in dan kan jy wel nog skiet.
Ja ek het nogal gedink hulle sal nie lank stil sit nie. Hulle doen dieselfde as mens met ligte in die bome skyn waar hulle slaap. Hier by ons slaap hulle meestal hoog teen die kranse waar 'n mens in elk geval nie naby hulle kom in die nag nie.
Maak 'n verskil
Post Reply

Return to “Bobbejane en Ape/Baboons and Monkeys”