EV's - Elektriese Voertuie

Moderator: Global Moderator

Post Reply
User avatar
TFDADD
Hero Member
Hero Member
Posts: 570
Joined: Mon Nov 14, 2016 8:42 am
Location: Witbank

Re: EV's - Elektriese Voertuie

Post by TFDADD »

In die onderstaande baie onlangse artikel blyk dit nou dat EV vervaardigers in die buiteland, Engeland en andere in Europa, begin om elektriese voertuie te vervaardig waarvan die pryse baie gunstig vergelyk met sekere intree-modelle van populêre binnebrand enjin (ICE) aangedrewe voertuie.
Hier is so 'n kort voorsmakie van wat in onderstaande artikel vermeld word:
Here is a look at the MG4 EV compared with one of the most popular ICE hatchbacks in the UK and an equivalent EV:
The MG4 EV SE Standard Range starts at £25,995, the SE Long Range £28,495, and the Trophy Long Range £31,495.
Vergelyk baie goed met die volgende intree-model:
VW Golf 8 LIFE ....... ICE ....... 1.0 TSI, 6 Speed Manual ........ £ 25,340.

Só, nou begin dit al net minder as 1/2 miljoen rand raak.

Era van meer bekostigbare EV's oppad.

Wat oorsee al 'n werklikheid is, gaan verseker nie uitbly in Suid Afrika nie.
"Facts are stubborn things; and whatever may be our wishes, our inclinations, or the dictates of our passion,
they cannot alter the state of facts and evidence. ~ John Adams.

We are honest, trustworthy and reliable.
Dawie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1257
Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm
Location: Laingsburg/Somerset-Wes

Re: EV's - Elektriese Voertuie

Post by Dawie »

Die groot probleem met elektriese bakkies op die stadium...

https://www.youtube.com/watch?v=J0V99iiEJvY
Johan Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2077
Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm
Location: Nelspruit; Mpumalanga

Re: EV's - Elektriese Voertuie

Post by Johan Nel »

Dawie wrote: Mon Sep 05, 2022 11:52 am Die groot probleem met elektriese bakkies op die stadium...

https://www.youtube.com/watch?v=J0V99iiEJvY
Insiggewend dankie.
Ek het 'n spesmaas dat daar ook nie genoeg Lithium op die planeet is om in die behoefte van die batterye te voorsien nie. Die batterystelsel en strategie sal moet verander om die mas op te kom.
"If a cluttered desk is a sign of a cluttered mind, of what, then, is an empty desk a sign?'
- Laurence J. Peter
User avatar
TFDADD
Hero Member
Hero Member
Posts: 570
Joined: Mon Nov 14, 2016 8:42 am
Location: Witbank

Re: EV's - Elektriese Voertuie

Post by TFDADD »

Net so vinnig en selfs vinniger as wat EV's ontwikkel en verbeter word, vind die ontwikkelingstegnolgie van EV's se energie bewarings element, naanlik hul batterye, plaas.

Lees gerus die volledige artikel hieronder aandagtig deur en sien wat die wetenskaplikes hieroor te sê het en verneem ook terselfdertyd wat die vordering in die verband is wat reeds gemaak is en nog vorentoe verwag word.

EV battery ontwikkelingstegnologie.

Uiters positiewe vooruitsigte in die toekoms vir die moderne en reeds meer besoedelingsgunstige EV's, in vergelyking met die ou tegnologie voertuie wat ons nou al jare lank gebruik met al hulle onaanvaarbare newe effekte en hoë bedryfsuitgawes.
"Facts are stubborn things; and whatever may be our wishes, our inclinations, or the dictates of our passion,
they cannot alter the state of facts and evidence. ~ John Adams.

We are honest, trustworthy and reliable.
User avatar
Capt. Oblivious
Hero Member
Hero Member
Posts: 11343
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Location: Ek weet nie so mooi van spel nie maar ek kan skiet. Lonehill, Sandton

Re: EV's - Elektriese Voertuie

Post by Capt. Oblivious »

Hoop die manne in die EU het genies om hul EVs te charge die winter
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
dennisinpe
Full Member
Full Member
Posts: 186
Joined: Thu Jan 21, 2016 8:30 pm
Location: Port Elizabeth

Re: EV's - Elektriese Voertuie

Post by dennisinpe »

Got to love Scotty!
https://youtu.be/nbxc1O1uI0Q
User avatar
TFDADD
Hero Member
Hero Member
Posts: 570
Joined: Mon Nov 14, 2016 8:42 am
Location: Witbank

Re: EV's - Elektriese Voertuie

Post by TFDADD »

Hier is iets wat die Scotty's en Auzie negatiewes se optredes in hulle video verdienstes bietjie in perspektief stel.
Dit is hoe dié twee hulle brood op hulle tafels kry - almal verstaan dit, beskerm jou belange, kom wat wil.

Soos die manne wat weet sê:
Sometimes I need to take a step back and reflect on the fact that we were early adopters of a megatrend. Individual attitudes to electric vehicles are no longer so important; the transition will happen anyway.
It happens around the world.
"Facts are stubborn things; and whatever may be our wishes, our inclinations, or the dictates of our passion,
they cannot alter the state of facts and evidence. ~ John Adams.

We are honest, trustworthy and reliable.
User avatar
Capt. Oblivious
Hero Member
Hero Member
Posts: 11343
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Location: Ek weet nie so mooi van spel nie maar ek kan skiet. Lonehill, Sandton

Re: EV's - Elektriese Voertuie

Post by Capt. Oblivious »

Ons is van vanogend 6uur af amper 8ure and counting sonder krag en die dag is nog nie eers halfpad nie maar ons gaan ons EVs charge😂
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
TFDADD
Hero Member
Hero Member
Posts: 570
Joined: Mon Nov 14, 2016 8:42 am
Location: Witbank

Re: EV's - Elektriese Voertuie

Post by TFDADD »

Hoekom toelaat dat beurtkrag ons vooruitgang in die wiele ry?

Laai jou EV se batterye met sonkrag.

Die onderstaande artikel is werklik, soos die Engelsman sal sê: " ..... an eye opener .... "

Groot besparings deur unieke sonkrag benutting.

En kort voor lank benut hulle elektriese aflewerings voertuie ook - hulle is reeds op die uitkyk daarvoor.

As plaaslike groepe die soort besparings bekom deur die benutting van sonkrag op hierdie besonder buitengewone manier, wat verhoed die gewone man om sy EV tenvolle te herlaai deur sonkrag tuis in te span, en sodoende veel meer te verrig as om net 'n paar liggies met sy sonkrag stelsel te laat brand?
"Facts are stubborn things; and whatever may be our wishes, our inclinations, or the dictates of our passion,
they cannot alter the state of facts and evidence. ~ John Adams.

We are honest, trustworthy and reliable.
Dawie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1257
Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm
Location: Laingsburg/Somerset-Wes

Re: EV's - Elektriese Voertuie

Post by Dawie »

Naandsê

Ek hou al vir baie lank "latest battery technology" dop. Graphene, Supercap ens. en nou is daar Sodium Ion batterye. "Sodium" of Natruim is baie meer beskikbaar as Lithium en goedkoper, die gewig van die Sodium Ion batterye is glo op die stadium 'n kwessie.

Ek hou nog steeds dop met hoop, maar hou nie my asem op nie. Net soos daar anti EV's is, is daar ook bv. baie Youtube kanale wat 'n onrealistiese, rooskleurige prentjie skets van EV's wat met 'n bietjie ingenieurswese of wetenskaplike kennis kom jy agter dis nie heeltemal realisties nie.

Die Auzie ou is nie net 'n motor joernalis nie maar ook 'n Meganiese Ingenieur en het al vir lank 'n geborgde Hyundai EV gery en paar videos daaroor gemaak.

Ek stem saam met Johan Nel se stelling oor Lithium.

Anyway hier is die Auzie oor die E-Transit en dis nie net negatief nie, alhoewel dit aanvanklik so klink.

https://www.youtube.com/watch?v=rZ10HhE0rFw
User avatar
TFDADD
Hero Member
Hero Member
Posts: 570
Joined: Mon Nov 14, 2016 8:42 am
Location: Witbank

Re: EV's - Elektriese Voertuie

Post by TFDADD »

Moet sê, die Auzie ou begin sinvol raak en natuurlik is daar verskeie faktore soos wat hy uitwys, wat altyd in ag geneem moet word - dit geld immers vir enige aandrywingstipe voertuig, hetsy EV of binnebrand enjin (BBE).
Die Auzie ou is nie net 'n motor joernalis nie maar ook 'n Meganiese Ingenieur en het al vir lank 'n geborgde Hyundai EV gery en paar videos daaroor gemaak.
Jou siening -
Ek hou al vir baie lank "latest battery technology" dop. Graphene, Supercap ens. en nou is daar Sodium Ion batterye. "Sodium" of Natruim is baie meer beskikbaar as Lithium en goedkoper, die gewig van die Sodium Ion batterye is glo op die stadium 'n kwessie.
Ek hou nog steeds dop met hoop, maar hou nie my asem op nie. Net soos daar anti EV's is, is daar ook bv. baie Youtube kanale wat 'n onrealistiese, rooskleurige prentjie skets van EV's wat met 'n bietjie ingenieurswese of wetenskaplike kennis kom jy agter dis nie heeltemal realisties nie.
My siening -
Ek glo dat battery ontwikkelingstegnologie ten goede sal plaasvind, bloot omdat groot bedrae geld dwarsoor die wêreld hierin belê word en die menslike vermoëns nie naastenby uitgeput is nie. Lees weer hieronder aandagtig deur -
EV battery ontwikkelingstegnologie.

Ek hou ook glad nie my asem op nie, maar om heeltemal 'n ander rede nl.:
Sometimes I need to take a step back and reflect on the fact that we were early adopters of a megatrend. Individual attitudes to electric vehicles are no longer so important; the transition will happen anyway.
Dít nou verwysend na die Scotty's en Auzie's onder ons almal op ons aardbol.
"Facts are stubborn things; and whatever may be our wishes, our inclinations, or the dictates of our passion,
they cannot alter the state of facts and evidence. ~ John Adams.

We are honest, trustworthy and reliable.
User avatar
TFDADD
Hero Member
Hero Member
Posts: 570
Joined: Mon Nov 14, 2016 8:42 am
Location: Witbank

Re: EV's - Elektriese Voertuie

Post by TFDADD »

Ter inligting, so vorder ons in Suid Afrika met die benutting van sonkrag op die huidige stadium.
The project comprises 387 000 solar panels mounted on single-axis trackers that track the sun’s position as it moves across the sky. The project will also be one of the first projects to directly feed into Eskom’s high-voltage transmission network.
Lees volledige artikels hierna -
Two 100mw solar projects.

85mw solar park in South Africa.
"Facts are stubborn things; and whatever may be our wishes, our inclinations, or the dictates of our passion,
they cannot alter the state of facts and evidence. ~ John Adams.

We are honest, trustworthy and reliable.
User avatar
TFDADD
Hero Member
Hero Member
Posts: 570
Joined: Mon Nov 14, 2016 8:42 am
Location: Witbank

Re: EV's - Elektriese Voertuie

Post by TFDADD »

Indien die volgende té veel klink na die spreekwoordelike "pie in the sky" vir Suid Afrika (vir nou ;)), lees bietjie interessantheidshalwe wat gebeur in ander meer bevoorregte dele van die wêreld -

Laai jou EV terwyl jy laat waai op die "haaiway".
"Facts are stubborn things; and whatever may be our wishes, our inclinations, or the dictates of our passion,
they cannot alter the state of facts and evidence. ~ John Adams.

We are honest, trustworthy and reliable.
User avatar
TFDADD
Hero Member
Hero Member
Posts: 570
Joined: Mon Nov 14, 2016 8:42 am
Location: Witbank

Re: EV's - Elektriese Voertuie

Post by TFDADD »

Buitelanders sien sonkrag potensiaal in Afrika as hoogste in die wêreld.
Africa has the biggest potential of solar energy around the world, with long-term output of 4.51 kWh/kWp per day.
(kWh/kWp = kilo watt hour/kilo watt peak per day.)

Buitelanders sien hierdie potensiaal gelukkig raak en loods hulle strategieë en planne om hierdie juweel in Afrika te benut.

Lees meer hieroor in die skakel hierná en kyk ook na die kaart wat sonkrag energie potensiaal oor die wêreld aandui -
Blink toekoms vir Afrika se sonkrag energie.

Om hierdie net 'n bietjie meer in perspektief te stel, die volgende:
What is a good daily yield for solar?
For each kW of solar panels, you can expect about 4kWh per day of electricity generation.
So a 6.6kW solar system will generate about 26.4kWh on a good day (which means plenty of sunshine, but not too hot).
Die slotsom hiervan sê maar net kortliks, vorentoe sal ons in Afrika (Suid Afrika ingesluit) genoeg elektrisiteit beskikbaar hê om in ons EV's met groot plesier en veel minder verwoesting van ons ou wêreld, rond te jakker. :)
"Facts are stubborn things; and whatever may be our wishes, our inclinations, or the dictates of our passion,
they cannot alter the state of facts and evidence. ~ John Adams.

We are honest, trustworthy and reliable.
Dawie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1257
Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm
Location: Laingsburg/Somerset-Wes

Re: EV's - Elektriese Voertuie

Post by Dawie »

2023 MG ZS EV: Australia's most practical electric car? ...

https://www.youtube.com/watch?v=Evi1jpF-xxE
Johan Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2077
Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm
Location: Nelspruit; Mpumalanga

Re: EV's - Elektriese Voertuie

Post by Johan Nel »

TFDADD wrote: Fri Sep 16, 2022 3:20 pm Buitelanders sien sonkrag potensiaal in Afrika as hoogste in die wêreld.
Africa has the biggest potential of solar energy around the world, with long-term output of 4.51 kWh/kWp per day.
(kWh/kWp = kilo watt hour/kilo watt peak per day.)

Buitelanders sien hierdie potensiaal gelukkig raak en loods hulle strategieë en planne om hierdie juweel in Afrika te benut.

Lees meer hieroor in die skakel hierná en kyk ook na die kaart wat sonkrag energie potensiaal oor die wêreld aandui -
Blink toekoms vir Afrika se sonkrag energie.

Om hierdie net 'n bietjie meer in perspektief te stel, die volgende:
What is a good daily yield for solar?
For each kW of solar panels, you can expect about 4kWh per day of electricity generation.
So a 6.6kW solar system will generate about 26.4kWh on a good day (which means plenty of sunshine, but not too hot).
Die slotsom hiervan sê maar net kortliks, vorentoe sal ons in Afrika (Suid Afrika ingesluit) genoeg elektrisiteit beskikbaar hê om in ons EV's met groot plesier en veel minder verwoesting van ons ou wêreld, rond te jakker. :)
Ek het waardering vir jou positiewe uitkyk, maar Afrika (Suid Afrika ingesluit) se trekrekord stem nie saam nie.
"If a cluttered desk is a sign of a cluttered mind, of what, then, is an empty desk a sign?'
- Laurence J. Peter
User avatar
TFDADD
Hero Member
Hero Member
Posts: 570
Joined: Mon Nov 14, 2016 8:42 am
Location: Witbank

Re: EV's - Elektriese Voertuie

Post by TFDADD »

Dankie, dit is wat die werklikheidsbehaling tans en vorentoe nog meer, moontlik sal maak en uiteindelik daardie "track record" wat nie saam stem nie, positief sal swaai.
Ek het waardering vir jou positiewe uitkyk, maar Afrika (Suid Afrika ingesluit) se trekrekord stem nie saam nie.
Toekomstige verdere ontwikkelings en reeds behaalde resultate in 'n sektor van ons ekonomie, nl. mynbou wat maar 'n negatiewe "track record" het met betrekking tot die skending van ons omgewing, is vir my iets wat die positiewe uitkyk net nog verder werklikheid maak.
In die onderstaande artikel besef dié mense dat ons kragopwekking situasie beroerd is en dat hulle self iets daaromtrent moet doen - boonop neem hulle nog verdere positiewe stappe - lees hierdie as voorsmakie van hulle positiewe aksies geneem -
Pan African Resources says that its ESG program takes the “beyond compliance” approach and includes long term sustainability initiatives for the local communities. An example of this is the Barberton Blueberries agri-project. The blueberries project employs up to 400 people from the local community during the peak harvesting season. Barberton Mines provides the land and water resources. The initial phase covers 15 hectares. A further 30ha has been made available for expansion. The first commercial harvest is already in progress.
Positiewe sonkrag ontwikkeings in die mynbou sektor.

Meer positiewe krag opwekkings volumes in die pyplyn om beskikbaar gestel te word in onmiddellike nabye toekoms -
(Hierdie berig is vandag, 19 September 2022 gepubliseer.)

Nog meer privaat elektrisiteitsverskaffers.

Voorskou oor volumes ter sprake -
Minerals Council members have 6 500 MW of embedded energy projects in the pipeline which will ease demand pressures on Eskom, giving it the space to conduct much-needed maintenance programmes.
"Facts are stubborn things; and whatever may be our wishes, our inclinations, or the dictates of our passion,
they cannot alter the state of facts and evidence. ~ John Adams.

We are honest, trustworthy and reliable.
User avatar
TFDADD
Hero Member
Hero Member
Posts: 570
Joined: Mon Nov 14, 2016 8:42 am
Location: Witbank

Re: EV's - Elektriese Voertuie

Post by TFDADD »

Nou kan die manne met die dik beursies daar in Gauteng en ons ander groot stedelike gebiede maar nader staan.

Mercedes Benz het onlangs hulle reeks EV's wat nou beskikbaar is in Suid Afrika bekend gestel.

MB se EQ reeks elektriese voertuie in SA.

So ietsie om van kennis te neem -
People that attended the FOM (Festival of Motoring) and got to drive them were amazed at the overall performance of the all-electric EQ range. They were particularly impressed with the range of the range-topping EQS. The EQS is the range king with around 700 km of range.
Pryse volgens MB heel skaflik in vergelyking met S klas MB motors met BBE aandrywing -
The EQS starts from R2.5 million ($141,000), which his pretty competitive with the ICE S-Class, which starts at R2.2million ($124,000). What’s an extra $17,000 or so? Not much for those rolling in the S-Class league.
Dan hierdie volgende artikel net om 'n idee te kry hoe groot besighede in Suid Afrika dink en veral doen, om lopende kostes in toom te hou en ook boonop energie te genereer uit eie middele wat uiteindelik tot veel laer vlakke van CO2 en ander besoedeling tot gevolg het.

The company’s carbon footprint reduced.
The solar panels on the trailers have helped to reduce the company’s carbon footprint and 3,290 t CO2 have been saved from avoided diesel use by the solar-powered fleet.
"Facts are stubborn things; and whatever may be our wishes, our inclinations, or the dictates of our passion,
they cannot alter the state of facts and evidence. ~ John Adams.

We are honest, trustworthy and reliable.
User avatar
TFDADD
Hero Member
Hero Member
Posts: 570
Joined: Mon Nov 14, 2016 8:42 am
Location: Witbank

Re: EV's - Elektriese Voertuie

Post by TFDADD »

In hierdie artikel kom iets baie interessant na vore -
They have been using an early version of the Volvo FM heavy duty electric, one of the heavy-duty electrics that have just started series production in Gothenburg, and which a group of Australian journalists got to drive last week.
Australiërs word bloot gestel aan die gebruik van elektriese swaar voertuie.
Lees gerus self en vind meer uit.

There is a complete obsession with range ...
"Facts are stubborn things; and whatever may be our wishes, our inclinations, or the dictates of our passion,
they cannot alter the state of facts and evidence. ~ John Adams.

We are honest, trustworthy and reliable.
User avatar
LUAN
Hero Member
Hero Member
Posts: 2931
Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am
Location: Port Elizabeth

Re: EV's - Elektriese Voertuie

Post by LUAN »

:)Image
User avatar
TFDADD
Hero Member
Hero Member
Posts: 570
Joined: Mon Nov 14, 2016 8:42 am
Location: Witbank

Re: EV's - Elektriese Voertuie

Post by TFDADD »

Screw that horse shit!
6 000 lb = 2.721 ton.

Iemand het duidelik agter gekom 'perde dr@lle is nie vye nie' :laugh:

Dit is net vreemd dat in die vorige artikel die volgende moontlik is met elektriese trok -
This electric truck has a load capacity of up to 44 tonnes, and range of 300kms. In the application used by Rockwool, the range didn’t matter. It has been operating 24/7, through three different shifts, without any downtime, shifting large amounts of rock from its operations within a Norwegian city.

The reason the electric truck can do this is simple. It has a 540kWh battery, and it’s running on a 14km loop ferrying goods between the distribution centre and its destination. It uses 1.4kWh each kilometre and every time it comes back to base to be loaded, it uses the opportunity to charge up at the same time – on a relatively small 40kW charger.
540kWh/1.4kWh/km = 385.71 kilometer afstand wat bereik kan word met vêr meer as 2.721 ton sleep gewig, dít dan in vergelyking met vrag van trok soos hierbo aangetoon.

Iets klop nie in hierdie 'horse shit' storie nie.
"Facts are stubborn things; and whatever may be our wishes, our inclinations, or the dictates of our passion,
they cannot alter the state of facts and evidence. ~ John Adams.

We are honest, trustworthy and reliable.
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7176
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Location: Waterkloof, Pretoria

Re: EV's - Elektriese Voertuie

Post by Wouter Roets »

Koos

Ek is nou besig om n solar stelsel in te sit by my perseel hier in Gauteng. Die stelsel kos my 5 bar, maar die realiteit is dat ek nou al n verdere R300 000 moet spandeer net om hierdie oefening moontlik te maak. Goed soos sekeruteit van die panele ens was nooit deel van ons aanvanklike begroting nie. Wat my verder onrustig maak is dat met elke persoon wat ek praat wat of n stelsel by sy werk of huis het is daar uitdagings, die realiteit is dat die teorie en die realiteit nie bymekaar uitkom nie. Nou hierdie word deur die meeste op die staduim gedoen absoluut net uit noodweer, omdat Eskom nie kan voorsien aan ons behoefte nie. Glo nie een persoon sou hierdie eers oorweeg het as ons met n diensverskaffer gesit het wat betroubaar was nie. Ekonomies sukkel die stelstels om op hulle eie sin te maak.

So bleik dit ook die geval te wees by die voertuie en die meeste toetse in allerdaagse omstandighede wys dit. Nie een van ons hier betwis die feit dat dit ons toekoms is nie, maar die meeste van ons besef terdee daar is nog n redelike pad om te stap alvorens dit n realistiese alternatief raak.

Groetnis
Wouter
User avatar
LUAN
Hero Member
Hero Member
Posts: 2931
Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am
Location: Port Elizabeth

Re: EV's - Elektriese Voertuie

Post by LUAN »

Hoekom maak jy nie liewers motors wat op hydrogen hardloop? Daar het jy 100% verbranding so daar is geen besoedeling of aard verwarming as jy nog daardie storie glo. N werklike groen kar.
User avatar
Capt. Oblivious
Hero Member
Hero Member
Posts: 11343
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Location: Ek weet nie so mooi van spel nie maar ek kan skiet. Lonehill, Sandton

Re: EV's - Elektriese Voertuie

Post by Capt. Oblivious »

Wouter Roets wrote: Mon Sep 26, 2022 9:12 am Koos

Ek is nou besig om n solar stelsel in te sit by my perseel hier in Gauteng. Die stelsel kos my 5 bar, maar die realiteit is dat ek nou al n verdere R300 000 moet spandeer net om hierdie oefening moontlik te maak. Goed soos sekeruteit van die panele ens was nooit deel van ons aanvanklike begroting nie. Wat my verder onrustig maak is dat met elke persoon wat ek praat wat of n stelsel by sy werk of huis het is daar uitdagings, die realiteit is dat die teorie en die realiteit nie bymekaar uitkom nie. Nou hierdie word deur die meeste op die staduim gedoen absoluut net uit noodweer, omdat Eskom nie kan voorsien aan ons behoefte nie. Glo nie een persoon sou hierdie eers oorweeg het as ons met n diensverskaffer gesit het wat betroubaar was nie. Ekonomies sukkel die stelstels om op hulle eie sin te maak.

So bleik dit ook die geval te wees by die voertuie en die meeste toetse in allerdaagse omstandighede wys dit. Nie een van ons hier betwis die feit dat dit ons toekoms is nie, maar die meeste van ons besef terdee daar is nog n redelike pad om te stap alvorens dit n realistiese alternatief raak.

Groetnis
Wouter
Vra bq daai man wat dit in sit vir jou hoe lank hy reken die panele gaan hou in die lekker warm Afrika son
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
TFDADD
Hero Member
Hero Member
Posts: 570
Joined: Mon Nov 14, 2016 8:42 am
Location: Witbank

Re: EV's - Elektriese Voertuie

Post by TFDADD »

Goeiemôre Wouter,

Soos jy heeltemal tereg hier sê:
Nie een van ons hier betwis die feit dat dit ons toekoms is nie, maar die meeste van ons besef terdee daar is nog n redelike pad om te stap alvorens dit n realistiese alternatief raak.
Ons moet onthou dat hierdie EV era vir ons almal, net so vreemd is soos 'n Model T Ford destyds in die perdekar era was.
Daar gaan nog baie dinge moét plaasvind voordat hierdie nuwe era glad gaan verloop.
Verskil is net, hedendaags gebeur hierdie dinge baie, baie vinniger as destyds, bloot weens die feit dat moderne kommunikasie metodes gebeure die wêreld oor heen laat vlieg die oomblik dat dit waar ookal plaasvind.

Wat sonkrag installasies betref glo ek daar is aanpassings wat gemaak moet word om die volle waarde daaruit te verkry - weereens dit ook bloot omdat ons hele bedryfsopset nooit eers daarvoor beplan en voorsien het dat ons ooit daarvan sou moes gebruik maak nie.
Dit verg kapitaal insette bo en behalwe die aanvanklike koste van die projek.

Nogtans, die realiteit is dat die teorie van sonkrag benutting werk wel baie deeglik in die praktyk.
Heelwat mense wat daarvan gebruik maak getuig dat hulle nie een dag lank terug kyk nadat hulle stelsels in werking gestel is nie.

'n Kennis en ou kliënt van my doen sonkrag installasies in Gauteng area en hy is baie suksesvol met 'n string baie tervrede kliënte.
Indien jy werklik ernstige probleme met jou installasie ervaar, kan ek jou sy kontak besonderhede deurgee om op te volg met hom.
Nogtans glo ek jy maak gebruik van kundige mense om jou installering vir jou te doen.

Laat weet gerus indien jy dink dit is nodig.

Groete,
Koos.
"Facts are stubborn things; and whatever may be our wishes, our inclinations, or the dictates of our passion,
they cannot alter the state of facts and evidence. ~ John Adams.

We are honest, trustworthy and reliable.
Post Reply

Return to “Algemeen/General”