Nuwe Ford Ranger

Moderator: Global Moderator

Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7015
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Location: Waterkloof, Pretoria

Nuwe Ford Ranger

Post by Wouter Roets »

Hallo Manne

Ek sien die nuwe ford Ranger is toe bekend gestel.
https://www.cars.co.za/motoring-news/ne ... ed/109426/

Groetnis
Wouter
User avatar
TFDADD
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 449
Joined: Mon Nov 14, 2016 8:42 am
Location: Witbank

Re: Nuwe Ford Ranger

Post by TFDADD »

Ford has confirmed that a 3.0-litre V6 turbodiesel will be offered in the new Ranger.
En dit is glo definitief nie 'n VW V6 diesel enjin nie, egte Ford V6 perd!
"Facts are stubborn things; and whatever may be our wishes, our inclinations, or the dictates of our passion,
they cannot alter the state of facts and evidence. ~ John Adams.

We are honest, trustworthy and reliable.
User avatar
Lategan1
Hero Member
Hero Member
Posts: 1516
Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am
Location: Boland

Re: Nuwe Ford Ranger

Post by Lategan1 »

Mooi man!

Hier kom moeilikheid....

Kyk daai moeder van alle .... touch screen in die middel!! Jy gaan verseker nie ‘n 2-spoor afdraaitjie mis op tracks4A nie.

Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 8)
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7015
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Location: Waterkloof, Pretoria

Re: Nuwe Ford Ranger

Post by Wouter Roets »

TFDADD wrote: Wed Nov 24, 2021 11:47 am
Ford has confirmed that a 3.0-litre V6 turbodiesel will be offered in the new Ranger.
En dit is glo definitief nie 'n VW V6 diesel enjin nie, egte Ford V6 perd!
Koos

Ja dit is die powerstoke 3,0 V6 Tdi wat al vir n ruk lank diens doen in die F150. 186kw en 600nm gekoppel aan hulle 10 spoed ratkas. Persoonlik voel ek die VW V6 Tdi enjen en ratkas is strate beter. Dis nou die probleem met die volgende Amarok want hy gaan presies dieselfde enjen kry.

Groetnis
Wouter
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4405
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm
Location: Calvinia

Re: Nuwe Ford Ranger

Post by cassie_calvinia »

lanklaas so lelike grill gesien
HOU HOM DAAI DIKTE
J le Roux
Hero Member
Hero Member
Posts: 816
Joined: Tue May 20, 2014 8:10 am
Location: Pietersburg Limpopo

Re: Nuwe Ford Ranger

Post by J le Roux »

Uhhmm

Bekend gestel in 2021, beskikbaar in 2022, 2023 ontwerp??
Vat genoeg skietgoed veld toe, daar's nie winkels daar nie.
JG Landmann .22LR, Howa 30-06, M98 .375H&H deur Ossie Penzhorn, 7x57 Oberndorf AN Mauser, Musgrave Mod 80 30-06
Gbyleveldt
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 301
Joined: Mon Nov 20, 2017 4:10 am
Location: Benoni

Re: Nuwe Ford Ranger

Post by Gbyleveldt »

Jis, ek weet darem nie. Ek hou glad nie van die voorste ontwerp nie - en ek is nou op my 2de Ranger so is nogal ‘n Ford man. Miskien as mens hom sien in lewende lywe…
User avatar
ruaanb
Hero Member
Hero Member
Posts: 5030
Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am
Location: Durbanville, WesKaap

Re: Nuwe Ford Ranger

Post by ruaanb »

Sit daar rooi liggies in die grill en jy dink jy het Knight Rider
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7015
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Location: Waterkloof, Pretoria

Re: Nuwe Ford Ranger

Post by Wouter Roets »

More kerels

Vertel bietjie vir my wat is die rede hoekom n Ford so n ongelooflike diverse reaksie uitlok onder mense? Van die mees geliefste na die mees gehate voertuig. Ek het op n paar WA groepies hierdie bekendstelling geplaas en amper op elke een was daar iemand wat gese het haal af die gemors! Of waarmee is jy nou besig?! Nou kyk ek is ook maar een wat nie mal was oor Ford nie, maar kom ons wees eerlik hierdie nuwe Ranger is in n klas van sy eie met geen ander bakkie op die mark wat met hom kan kompeteer nie. As petrolhead bly hierdie vir my n snaakse ding.

Ek kon ook nie meer wag vir die nuwe Land Cruiser nie toe buig ek die knie voor n X7 BMW, julle sal nie glo hoe my pelle my gas gee oor die kar nie. Hierdie persepsie wat die meeste van die gevalle op totale onkunde gebasseer is bly maar snaaks.

Groetnis
Wouter
User avatar
Capt. Oblivious
Hero Member
Hero Member
Posts: 10674
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Location: Ek weet nie so mooi van spel nie maar ek kan skiet. Lonehill, Sandton

Re: Nuwe Ford Ranger

Post by Capt. Oblivious »

Wouter Roets wrote: Fri Nov 26, 2021 8:36 am More kerels

Vertel bietjie vir my wat is die rede hoekom n Ford so n ongelooflike diverse reaksie uitlok onder mense? Van die mees geliefste na die mees gehate voertuig. Ek het op n paar WA groepies hierdie bekendstelling geplaas en amper op elke een was daar iemand wat gese het haal af die gemors! Of waarmee is jy nou besig?! Nou kyk ek is ook maar een wat nie mal was oor Ford nie, maar kom ons wees eerlik hierdie nuwe Ranger is in n klas van sy eie met geen ander bakkie op die mark wat met hom kan kompeteer nie. As petrolhead bly hierdie vir my n snaakse ding.

Ek kon ook nie meer wag vir die nuwe Land Cruiser nie toe buig ek die knie voor n X7 BMW, julle sal nie glo hoe my pelle my gas gee oor die kar nie. Hierdie persepsie wat die meeste van die gevalle op totale onkunde gebasseer is bly maar snaaks.

Groetnis
Wouter

Hulle nie maar bq jaloers nie? Ek kan jou wel nie in n Beamer sien nie maar die Ford is vir my diep mooi
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
Chevvy SS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3087
Joined: Thu Mar 01, 2012 11:55 am
Location: Citrusdal

Re: Nuwe Ford Ranger

Post by Chevvy SS »

Wouter, die nuwe Ranger is 'n "game changer".
Koos Barnard
Hero Member
Hero Member
Posts: 1769
Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am

Re: Nuwe Ford Ranger

Post by Koos Barnard »

Dagsê
Ek dink die mens het maar 'n inherente behoefte om elk sy eie evangelie te skryf. Ons doen dit met die Bybel, Covid 19 en "om te vaccinate of nie", politiek, rugby, motors, kalibers, selfone, ensovoorts. Ek is glad nie 'n petrolkop nie, ek sien die verskille op papier en saam met my swaer kyk ek af en toe na die reviews van karre maar op die pad kom ek nie die groot verskille agter waarvan mense praat nie en ek het die afgelope 10 jaar, Isuzu, Toyota en Ford gery. Nie een van die bakkies waarmee ek gery het, het my ooit probleme gegee nie. Jy moet wel die verkeer mooi "lees" as jy in 'n Isuzu KB 250 D-Teq klim want as jy voet neersit, dink die bakkie eers 'n hele paar sekondes of hy wil versnel of nie en as hy wel besluit om vinniger te loop, doen hy dit teen skilpadspoed. Maar hy ry baie lekker op grondpad. Ek jag en weet van al die verskille op papier tussen kalibers maar in die veld EN OOR DIE AFSTANDE WAAROP EK SKIET, kom ek amper geen praktiese verskil agter nie - tog stry die manne vir die dood oor die verskil tussen .308, .30-06, .270 en 7x64 (om maar net 'n paar te noem). En heel dikwels is dit maar mense wat, net soos ek, nie verder as 300m na wild skiet nie.

Ons mensdom bly maar 'n interessante spesie.
Mooi loop
User avatar
Gideon Burger
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 85
Joined: Tue May 30, 2017 4:44 pm
Location: Alberton

Re: Nuwe Ford Ranger

Post by Gideon Burger »

More Manne

Ek hou die draad fyn dop en wag vir die Toyota manne om saam te kom gesels. Ek is n groot aanhanger van Toyota, al besit ek nie een nie en werk hard om daar te kom. Ek is op die anti-ford kant en gee mense gereeld moeilikheid oor hulle Ford bakkies. Ek moet wel se dat die nuwe "interior" dalk baie van die Toyota manne, veral in die stad, se arm gaan buig.

So ek hou die draad dop om te sien of dit wel so gaan wees. Ek dink die nuwe groot skerm kan jou lank besig jou terwyl jy wag vir "road side assistance" (tong in kies). My vrou het my geleer dat elke grappie tog bietjie waarheid in hou.

My gevoel is dat die Ford dalk Toyota se nuwe bakkie baie beter binnge gaan laat lyk. Dis maar al klagtes wat ek hoor van die manne wat Toyota ry. Dan praat ek van die manne in die stad, ek praat dalk in onkunde maar die goed pla seker nie die boere nie?

Laaste wil ek ook hoor of julle dink die nuwe Ford sal beter verkoop as die Hilux.

Lekker naweek vir julle!
Groete
Gideon Burger
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7015
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Location: Waterkloof, Pretoria

Re: Nuwe Ford Ranger

Post by Wouter Roets »

Capt. Oblivious wrote: Fri Nov 26, 2021 8:44 am
Wouter Roets wrote: Fri Nov 26, 2021 8:36 am More kerels

Vertel bietjie vir my wat is die rede hoekom n Ford so n ongelooflike diverse reaksie uitlok onder mense? Van die mees geliefste na die mees gehate voertuig. Ek het op n paar WA groepies hierdie bekendstelling geplaas en amper op elke een was daar iemand wat gese het haal af die gemors! Of waarmee is jy nou besig?! Nou kyk ek is ook maar een wat nie mal was oor Ford nie, maar kom ons wees eerlik hierdie nuwe Ranger is in n klas van sy eie met geen ander bakkie op die mark wat met hom kan kompeteer nie. As petrolhead bly hierdie vir my n snaakse ding.

Ek kon ook nie meer wag vir die nuwe Land Cruiser nie toe buig ek die knie voor n X7 BMW, julle sal nie glo hoe my pelle my gas gee oor die kar nie. Hierdie persepsie wat die meeste van die gevalle op totale onkunde gebasseer is bly maar snaaks.

Groetnis
Wouter

Hulle nie maar bq jaloers nie? Ek kan jou wel nie in n Beamer sien nie maar die Ford is vir my diep mooi

Cappy ek moet darem bieg, vandat ek die BMW het stop ek nie meer by stopstrate of selfs robotte nie en ek het totaal vergeet hoe werk n flikkerlig...Kan darem nou uiteiendelik n kar verby vat somder om sewe chips te moet installeer...

Chevvy jy is heeltemal reg. Het so rukkie terug n knaap hier by ons skool ontmoet wat n groot kop by Ford is. Hy het ons mooi ingelig wat ons te wagte kon wees en dit was juis sy woorde dat die Ranger n game changer gaan wees.

Groetnis
Wout
User avatar
Capt. Oblivious
Hero Member
Hero Member
Posts: 10674
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Location: Ek weet nie so mooi van spel nie maar ek kan skiet. Lonehill, Sandton

Re: Nuwe Ford Ranger

Post by Capt. Oblivious »

++>: ++>: ++>:
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
Eduard Venter
Hero Member
Hero Member
Posts: 1111
Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm
Location: Pretoria

Re: Nuwe Ford Ranger

Post by Eduard Venter »

Lategan1 wrote:Mooi man!

Hier kom moeilikheid....

Kyk daai moeder van alle .... touch screen in die middel!! Jy gaan verseker nie ‘n 2-spoor afdraaitjie mis op tracks4A nie.

Beste.
Ek het juis vanmiddag met die werk hilux gery. Daai helder skerm in die middel het my sommer moerig gemaak. Wie wil nou n skerm hê wat in jou oë skyn as jy 'n sonsak kan kyk met kameelperde in die pad. Japan is seker nie in die bosveld nie!

Sent from my Nokia C2 using Tapatalk

User avatar
Lategan1
Hero Member
Hero Member
Posts: 1516
Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am
Location: Boland

Re: Nuwe Ford Ranger

Post by Lategan1 »

Lekker man Eduard!

Land Cruiser en Hilux is al jare in die Bosveld.... dra net ‘n sonbril!

😂😂

Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 8)
User avatar
win270
Hero Member
Hero Member
Posts: 1865
Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am
Location: Randburg, Gauteng

Re: Nuwe Ford Ranger

Post by win270 »

Is daar al behoorlike studies gedoen om die betroubaarheid te vergelyk tussen Toyota en Ford se enjins? Ook totale onderhoudskoste?
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 5856
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm
Location: Paarl

Re: Nuwe Ford Ranger

Post by Gawie(13mm) »

win270 wrote: Sat Nov 27, 2021 7:28 am Is daar al behoorlike studies gedoen om die betroubaarheid te vergelyk tussen Toyota and Ford se enjins? Ook totale onderhoudskoste?
Hoekom wil jy nou 'n debat met feite kom verongeluk?🤔😅
Ek voel nes Koos oor die storie. Elke man soen sy vrou op sy eie manier. Daai bed maak hy self op en sal om die dood baklei om dit te regverdig en net soos met rigting vra, sal hy nooit erken dat hy verkeerd mag of kan wees nie.
Gistermiddag "drop" ek 'n Legend 50 en 'n Ranger teen 'n lang bult, nadat ek amper 40km tussen tussen Robertson en Swellendam agter hul moes aankruie teen 140 km/h.😅
So twee derdes teen die bult uit kyk ek in my tru-spieël en sien die twee, sy -aan-sy aanstoom. Ek moet bieg; daai stormgrys Ranger met sy "fop-panele" lyk soos besigheid. Reg vir die Baja-1000. Die Legend lyk soos 'n katagese juffrou wat deur 'n "Goth" fase gaan. Te veel swart oog-omlyner op 'n bleek gesig.🤣

.....en dus waar ek met Koos saamstem. My 2012 Navara met sy 2.5 Turbo diesel is tegnologies ver agter die twee.
Die verskil is net dat ek die pad so goed soos die palm van my hand ken.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
User avatar
Maxxx17
Newbie
Newbie
Posts: 2
Joined: Sat Nov 27, 2021 7:58 pm

Re: Nuwe Ford Ranger

Post by Maxxx17 »

Thanks for the information!
User avatar
LoopSoosStroop
Hero Member
Hero Member
Posts: 1598
Joined: Wed Apr 15, 2015 9:31 am
Location: Randburg

Re: Nuwe Ford Ranger

Post by LoopSoosStroop »

Ja nee om daai BMW te gekoop het was 'n fout... nou gaan jy nie weer iets anders wil ry nie. Ek sit met selfde probleem al boks ek nou in 'n baie ligter $$$ klas.
Pieter van Deventer
Blok Engineering
User avatar
Smitstertjies
Hero Member
Hero Member
Posts: 1960
Joined: Sat Aug 10, 2013 7:42 am
Location: Bronkhorstspruit

Re: Nuwe Ford Ranger

Post by Smitstertjies »

Wout, daai X7 is n regte kar!
416 Rigby,338 Lapua Magnum,9.3x62; 30-06 Springfield,7.62 Soviet; 6.5x55 Sweed,6 Dasher,.22LR,40S&W;9mmParra,12Br
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7015
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Location: Waterkloof, Pretoria

Re: Nuwe Ford Ranger

Post by Wouter Roets »

More Boys

Ja kerels daai X7 is verseker in n ander klas en daai diesel met sy 4 tubo's is seker die beste diesel enjen onder die son. Jammer dat hy ge-discontinue is. Daai enjen het gemaak dat ek die sneller op die kar getrek het en natuurlik die feit dat daar tot vandag nie na my toe terug gekom is oor die nuwe Cruiser al is ek heel eerste op die lys by die handelaar.

Ek moet verder bieg dat ek en my broer redelik in twee geskeur is oor hierdie Ford ding. Ons sal moet n besluit maak oor ons Amarokke en soos genoem gaan die nuwe een maar n Ford wees met ander lipstiffie en ek kan jou belowe hy gaan n lekker premuim he. Die nuwe Hilux glo ek gaan hier in 2023/4 sy snoet wys, wat hopeloos te lank is om te wag. So terloops ry ek Vrydag in n parkeerarea van n sentrum. Hier staan toe n Hilux, een van daai met die besonderse lang snawels, ingereverse in n parkeer area. Ek wag toe vir hom om klaar uit te ry toe ek besef hy is geparkeer maar toe ek die eienaar sien agter die stuur toe wens ek ek was so vinnig soos my kinders met die kiekies neem. Die knaap het toe n kwartpondkaas gevreet van die kant af sowel as van voor af! Dit sou die heel beste fotogewees het van n bakkie wat presies soos die eienaar se bakkies gelyk het! WA sou gebreek het as ek net vinniger op die sneller kon wees! Ai sies die arme bakkie het homself nie gemaak nie.

Nou ja ek sal maar wag en bietjie die ford gaan ry maar ek het so vuil spesmaas hy gaan n mens baie beindruk.

Groetnis maats
Wout
hierswolf
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 99
Joined: Sun Apr 27, 2014 9:55 pm
Location: Joburg

Re: Nuwe Ford Ranger

Post by hierswolf »

Ja nee kyk, Ford praat kom in net so na geloof en politiek praat.

Persoonlik sal ek nie weer die Ford roete gaan nie. In my groep jag pelle was daar 5 Fords. 3 van die ouens het niks groot fout gehad nie en was heel gelukkig met die bakkies, maar vir 2 van ons was dit nie grappies nie. My bakkie het ek nuut gekoop en hy was in die eerste 2 jaar so 8 weke in totaal in die workshop. Die 3 jaar daarna was hy seker so 2 tot 3 weke per jaar in die workshop. My pel se bakkie was n rat kas lemon, en ek wens nie eers my ergste vyand toe wat hy deur was met daai voertuig nie.

As iemand n geweer teen my kop gehad het en ek moes weer een koop, sou ek eers n paar jaar gewag het dat Ford die kinks uit die nuwe tegnologie kry. Ford hou mos daarvan om QC in die mark te doen.

As jy een jy kry wat nie probleme gee nie, great, en geniet hom. Maar as jy een van die lemons kry, sterke, jy gaan dit nodig he.
User avatar
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7141
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm
Location: Paarl

Re: Nuwe Ford Ranger

Post by PWV »

Hier is dit nou weer 'n geval van die swak wyn wat prys nodig het, terwyl die goeie wyn homself verkoop!! ;)
Many people are alive, only because it's illegal to shoot them.

Groetnis
Pieter Willem Vorster
Post Reply

Return to “Algemeen/General”