QL brandspoed aanpassing

Anything regarding this program here/alles rakende die program hier.

Moderator: Global Moderator

Post Reply
6.5/284Norma
Hero Member
Hero Member
Posts: 1449
Joined: Tue Sep 08, 2015 7:28 am
Location: Pietermaritzburg

QL brandspoed aanpassing

Post by 6.5/284Norma »

Hallo almal,

Kyk asseblief of my redenasie korrek is:

Ek werk 'n lading uit met S365 en kom op 'n brandspoed af.

Die blik reken die variasie is -0.2%

Nuwe blik reken variasie is 0.2%

Verlaag en nou my lading met 0.4% om dan dieselfe koeelsnelheid te kry?

Enige raad word waardeer.
I'd rather be hunting!

Ruger No.1 Varmint 6.5 Creedmoor
Howa 22-250 Rem
Howa 6mm Creedmoor
Remington 700 6.5 Creedmoor
User avatar
Toyrsi
Hero Member
Hero Member
Posts: 670
Joined: Fri Jul 03, 2015 5:29 pm
Location: Kathu

Re: QL brandspoed aanpassing

Post by Toyrsi »

Ek vertrou glad nie die waardes op Somchem kruit nie.
Ek sal eerder 1 of 2gn laer skiet om nuwe spoed te kry en dan die Burn rate kalibreer.
YOU WEREN'T BORN TO JUST PAY BILLS AND DIE!
Jacques Esterhuyzen
JohanvB
Hero Member
Hero Member
Posts: 2059
Joined: Thu Jun 30, 2011 9:28 pm
Location: Welgelegen

Re: QL brandspoed aanpassing

Post by JohanvB »

Hoekom gaan skiet jy net nie en meet die spoed en pas dan aan soos nodig..
JF123
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 76
Joined: Fri May 17, 2019 5:52 pm

Re: QL brandspoed aanpassing

Post by JF123 »

JohanvB wrote: Thu Sep 08, 2022 5:32 pm Hoekom gaan skiet jy net nie en meet die spoed en pas dan aan soos nodig..
Want party van ons will graag die dinge uitwerk voor die tyd.
JohanvB
Hero Member
Hero Member
Posts: 2059
Joined: Thu Jun 30, 2011 9:28 pm
Location: Welgelegen

Re: QL brandspoed aanpassing

Post by JohanvB »

JF123 wrote: Thu Sep 08, 2022 7:12 pm
JohanvB wrote: Thu Sep 08, 2022 5:32 pm Hoekom gaan skiet jy net nie en meet die spoed en pas dan aan soos nodig..
Want party van ons will graag die dinge uitwerk voor die tyd.
Voorspoed vir jou ook
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6009
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm
Location: Paarl

Re: QL brandspoed aanpassing

Post by Gawie(13mm) »

Jan, met die grootste respek en eerbied; gebruik jy QL?

Ek vertrou jy is 'n ervare herlaaier, synde jy 'n Bisley skut is. Indien my aanname na gelang van jou bekendstelling korrek is, sal ek graag jou metodiek rondom die aanpassing van 'n beproefde lading met 'n nuwe lot Somchem kruit wil hoor.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
User avatar
Gian_dP
Hero Member
Hero Member
Posts: 1504
Joined: Thu Mar 06, 2014 9:43 pm
Location: Durbanville

Re: QL brandspoed aanpassing

Post by Gian_dP »

6.5/284Norma wrote:Hallo almal,

Kyk asseblief of my redenasie korrek is:

Ek werk 'n lading uit met S365 en kom op 'n brandspoed af.

Die blik reken die variasie is -0.2%

Nuwe blik reken variasie is 0.2%

Verlaag en nou my lading met 0.4% om dan dieselfe koeelsnelheid te kry?

Enige raad word waardeer.
In teorie, verminder met 0,4% en jy sal by vorige spoed wees. My ervaring, werk nie altyd in praktyk so nie.

Sent from my SM-G973F using Tapatalk

_____________________
Gamo CFX .177
Howa/Krieger 6XC
Howa .243AI
Howa .300 WM
Musgrave .308
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6009
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm
Location: Paarl

Re: QL brandspoed aanpassing

Post by Gawie(13mm) »

Gian, om jou waarneming te staaf; Ek het dieselfde afwyking as 6.5/284 ondervind. Synde die eerste lot se druk betreklik laag was op 'n node, het ek kortpad gevat en dieselfde lading met die nuwe lot gegooi.
Die uit einde was feitlik geen verskil in spoed en 3 skote wat sny op 100m.

Die teenoorgestelde het ook al gebeur met vorige lotte. Groot verskil in spoed met lotte wat feitlik geen afwyking toon nie.

Lank lewe S365!
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
6.5/284Norma
Hero Member
Hero Member
Posts: 1449
Joined: Tue Sep 08, 2015 7:28 am
Location: Pietermaritzburg

Re: QL brandspoed aanpassing

Post by 6.5/284Norma »

Ok ek het die brandspoed aangepas op QL en die lading dus verminder.

Sal skiet en kyk wat ek kry.

Dankie almal.
I'd rather be hunting!

Ruger No.1 Varmint 6.5 Creedmoor
Howa 22-250 Rem
Howa 6mm Creedmoor
Remington 700 6.5 Creedmoor
User avatar
Capt. Oblivious
Hero Member
Hero Member
Posts: 11343
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Location: Ek weet nie so mooi van spel nie maar ek kan skiet. Lonehill, Sandton

Re: QL brandspoed aanpassing

Post by Capt. Oblivious »

JohanvB wrote: Thu Sep 08, 2022 8:11 pm
JF123 wrote: Thu Sep 08, 2022 7:12 pm
JohanvB wrote: Thu Sep 08, 2022 5:32 pm Hoekom gaan skiet jy net nie en meet die spoed en pas dan aan soos nodig..
Want party van ons will graag die dinge uitwerk voor die tyd.
Voorspoed vir jou ook

++>:
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
Toyrsi
Hero Member
Hero Member
Posts: 670
Joined: Fri Jul 03, 2015 5:29 pm
Location: Kathu

Re: QL brandspoed aanpassing

Post by Toyrsi »

Het net weer onlangs gesien hoe n geweer beskadig is deur selfde lading met n ander lot kruit te skiet. Gelukkig het die persoon darem nie erg seer gekry nie.
Om te MEET is om te weet.
Groete
YOU WEREN'T BORN TO JUST PAY BILLS AND DIE!
Jacques Esterhuyzen
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7176
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Location: Waterkloof, Pretoria

Re: QL brandspoed aanpassing

Post by Wouter Roets »

Troysi

Daai is n snaakse storie. Wat het gebeur, want dan moes die man al baie diep in die rooi gewees het met sy oorspronklike lading om sy geweer met n nuwe bach op te blaas. Of was dit nie dalk n ander batch...van n ander poeier nie... ;D

Groetnis
Wouter
JohanvB
Hero Member
Hero Member
Posts: 2059
Joined: Thu Jun 30, 2011 9:28 pm
Location: Welgelegen

Re: QL brandspoed aanpassing

Post by JohanvB »

Ja nee
User avatar
Aceofspades
Hero Member
Hero Member
Posts: 535
Joined: Sat Sep 20, 2014 8:59 pm
Location: Virginia

Re: QL brandspoed aanpassing

Post by Aceofspades »

So 4 of 5 jaar terug hey ek 'n baie groot stel afgetrap.

My buurman kry vir homself 'n nat nuwe Howa 270. Oor so 3 naweke doen ons lading ontwikkeling en kry 'n redelike rustige lading vir hom met van my koëels en S365. Sover ek kan onthou was die spoed so 2950fps gewees. 22"? loop. Sorry, dis nou al 'n rukkie terug.

In dieselfde tyd het ek vir 'n kliënt ook van dieselfde batch koëels gestuur.

Die Saterdag oggend net na my buurman se roer nou uitsorteer is bel die kliënt my. Sy nat nuwe Howa 270 is by die huis. Hy soek laaidata met S365

Ek sê toe vir hom hy is heel gelukig. Buurman se node is uitgewerk en ek gee hom buurman se laaidata en spoed. Ons altwee is baie ingenome met dit, want nou kan hy mos laai, spoed en teiken beloer en miskien 'n klein verstellingtjie aanbring.

15 na 20 minute later bel hy my. Spoed is 3400+fps. Grooooot fout.

Na probleme opgelos is en 'n analisering van als wat kon fout gaan het ons gesien dis die S365.

Buurman het een van die stadigste lotte S365 gehad en die kliënt een van die vinnigstes.

My raad sal wees dat jy nie sommer maar net 'n bietjie verander aan 'n burnrate en hoop vir die beste nie.

Skiet 'n laer lading, kry spoed en werk op na waar jy wil wees.

Dit was ook die laaste keer wat ek gedink get dis 'n goeie idee om so in die middel-hoë ladings te begin.

Sent from my BV9900E using Tapatalk

User avatar
Lategan1
Hero Member
Hero Member
Posts: 1893
Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am
Location: Boland

Re: QL brandspoed aanpassing

Post by Lategan1 »

Klompie jare gelede het Somchem die ou boekie vervang. Voor dit was daar waarskuwing uitgestuur sowel was daar ‘n insetsel beskikbaar om sekere ou boek ladings te vervang. Dit was met S365.

Nuwe boekie ladings omtrent met 10% verlaag. Dit was o.a. en het betrekking gehad op die .243 en .270.

Ek het persoonlik dit kontroleer met Manie.(Somchem)

So ja, ek sal NOOIT met meer as aanbevole minimum +1gr begin nie.

Die 3400fps hier verwys, blyk net mooi ook 10%!

Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 8)
User avatar
Toyrsi
Hero Member
Hero Member
Posts: 670
Joined: Fri Jul 03, 2015 5:29 pm
Location: Kathu

Re: QL brandspoed aanpassing

Post by Toyrsi »

Wouter Roets wrote: Fri Sep 09, 2022 10:30 am Troysi

Daai is n snaakse storie. Wat het gebeur, want dan moes die man al baie diep in die rooi gewees het met sy oorspronklike lading om sy geweer met n nuwe bach op te blaas. Of was dit nie dalk n ander batch...van n ander poeier nie... ;D

Groetnis
Wouter
Wouter dit was met S335 op n 308W
Ek het geen idee hoe warm die man se lading was nie maar was sekerlik redelik hoog.
Die man het n hou weg in gesig van n stuk van kolf.
YOU WEREN'T BORN TO JUST PAY BILLS AND DIE!
Jacques Esterhuyzen
JF123
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 76
Joined: Fri May 17, 2019 5:52 pm

Re: QL brandspoed aanpassing

Post by JF123 »

Gawie(13mm) wrote: Thu Sep 08, 2022 8:51 pm
JF123 wrote: Thu Sep 08, 2022 7:12 pm
JohanvB wrote: Thu Sep 08, 2022 5:32 pm Hoekom gaan skiet jy net nie en meet die spoed en pas dan aan soos nodig..
Want party van ons will graag die dinge uitwerk voor die tyd.
Jan, met die grootste respek en eerbied; gebruik jy QL?

Ek vertrou jy is 'n ervare herlaaier, synde jy 'n Bisley skut is. Indien my aanname na gelang van jou bekendstelling korrek is, sal ek graag jou metodiek rondom die aanpassing van 'n beproefde lading met 'n nuwe lot Somchem kruit wil hoor.
Ek het jare terug bietjie rondgespeel met 'n kopie van QL. Die idee was juis om te kan voorspel wat my lading moet wees wanneer die lot verander. Ondervinding het gewys dat QL kan vir jou sê at jou lading moet wees na jy dit gekry het. Ook, net omdat QL sê jou lading is reg beteken nie dit gaan goed skiet nie.

Ek kon nooit QL kry om vir my gereeld die antwoord gee wat ek soek nie. Van toe af maak ek soos Johan sê. Gaan skiet en pas aan van daar af. Ek dink die probleem is dat niemand verstaan eintlik wat die persentasie op die blik beteken nie.

Wat ek doen is werk die persentasie verskil uit tussen die twee lotte. Dan pas ek my lading aan. Laai dan 5 skote -0.3gr, 5 op die lading en dan 5 patrone +0.3gr. Tussen daardie drie ladings sal my gekose spoed wees. Wat help is dat my lading nie tot op die rooi lyn is nie. Ek gebruik ook nie herwinde kruit nie.

Ek het so paar jaar terug GRT ontdek. Ek vind dit makliker om te gebruik as QL. En omdat paar suid afrikaners gehelp het om die kruit se ontbrandings data te win, is die berekeninge bietjie nader aan die waarheid as QL.
User avatar
Capt. Oblivious
Hero Member
Hero Member
Posts: 11343
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Location: Ek weet nie so mooi van spel nie maar ek kan skiet. Lonehill, Sandton

Re: QL brandspoed aanpassing

Post by Capt. Oblivious »

Ma skiet jy eers vir spoed voor jy jou dinge voor die tyd wil uit werk?
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
JF123
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 76
Joined: Fri May 17, 2019 5:52 pm

Re: QL brandspoed aanpassing

Post by JF123 »

Ek het mos lank al my spoed. Skiet al met dit vir jare. Al wat ek nodig het is die lading wat ek moet gebruik met die nuwe lot om dieselfde spoed te kry.

As ek nuwe kalieber of ander tiepe poeier van nuut af 'n lading moet uitwerk, maak ek ook maar soos die res. Kies 'n lading halfpad tussen min en maks tabuleerde waardes. Laai 'n paar en kyk wat die spoed is en pas van daar af aan.

Nie teenstaande die bogenoemde probeer ek nog altyd om voor die tyd uit te werk wat my finale lading gaan wees.
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 19632
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Location: Vereeniging

Re: QL brandspoed aanpassing

Post by tripodmvr »

Om drukking so op te jaag dat 'n geweer se kolf breek a.g.v. te hoë druk verg 'n baie fris lading en dit kan moontlik voorkom by S365. Met S335 verwag ek nie sulke drukpieke nie. Gaan lees maar op oor gewere wat ontplof of faal. Dit is gewoonlik obstruksies, verkeerde kaliber ammunisie of dan 'n kombinasie van faktore wat dit veroorsaak. Te na aan die lande tesame met stywe kamers of lope en te veel dryfmiddel gee slotte wat nie wil oopmaak of gekraakte kolwe.

Daar is die vraag oor hoe die persentasie toe- of afname in brandtempo bepaal word. Gaan lees van die inligting in die artikel hieronder. Monsters van so 0,5gr word gebruik. Weens die klein hoeveelhede kan dit drasties verskil met 40 tot 60gr ladings.

https://www.ddscalorimeters.com/learn-m ... lorimetry/
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7176
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Location: Waterkloof, Pretoria

Re: QL brandspoed aanpassing

Post by Wouter Roets »

JF123 wrote: Fri Sep 09, 2022 3:42 pm
Gawie(13mm) wrote: Thu Sep 08, 2022 8:51 pm
JF123 wrote: Thu Sep 08, 2022 7:12 pm

Want party van ons will graag die dinge uitwerk voor die tyd.
Jan, met die grootste respek en eerbied; gebruik jy QL?

Ek vertrou jy is 'n ervare herlaaier, synde jy 'n Bisley skut is. Indien my aanname na gelang van jou bekendstelling korrek is, sal ek graag jou metodiek rondom die aanpassing van 'n beproefde lading met 'n nuwe lot Somchem kruit wil hoor.
Ek het jare terug bietjie rondgespeel met 'n kopie van QL. Die idee was juis om te kan voorspel wat my lading moet wees wanneer die lot verander. Ondervinding het gewys dat QL kan vir jou sê at jou lading moet wees na jy dit gekry het. Ook, net omdat QL sê jou lading is reg beteken nie dit gaan goed skiet nie.

Ek kon nooit QL kry om vir my gereeld die antwoord gee wat ek soek nie. Van toe af maak ek soos Johan sê. Gaan skiet en pas aan van daar af. Ek dink die probleem is dat niemand verstaan eintlik wat die persentasie op die blik beteken nie.

Wat ek doen is werk die persentasie verskil uit tussen die twee lotte. Dan pas ek my lading aan. Laai dan 5 skote -0.3gr, 5 op die lading en dan 5 patrone +0.3gr. Tussen daardie drie ladings sal my gekose spoed wees. Wat help is dat my lading nie tot op die rooi lyn is nie. Ek gebruik ook nie herwinde kruit nie.

Ek het so paar jaar terug GRT ontdek. Ek vind dit makliker om te gebruik as QL. En omdat paar suid afrikaners gehelp het om die kruit se ontbrandings data te win, is die berekeninge bietjie nader aan die waarheid as QL.
JF123

Enige rekenaar program is net so goed as die informasie wat jy vir hom gee. Om n program te kritiseer oordat jy vir hom verkeerde waardes gee is tog seer sekerlik onbillik. Die feit dat Somchem se syfers nie altyd klop met die werklikheid nie kan tog nie voor die voet van QL gele word nie. Verder is dit ook nie die geval dat n mens met n nuwe batch net die spoed van die vorige batch moet ewenaar nie. Elke batch het n ander nodespoed na gelang van die afwyking. Soms kan die nodespoed redelik verskil en dus hoekom n mens maar n mini lading ontwikkeling moet doen met elke verandering wat jy inbring.

Toyrsi om aan te sluit wat Oom Driepoot se, stem ek heelhartig saam dat daar tien teen een iets anders ook betrokke moes wees vir n geweer om op te blaas. Ek het nog bitter selde, indien ooit gesien dat net n batch poeier verandering alleenlik die sondebok was. In meeste gevalle is dit n kombinasie van faktore.Nie dat n mens nie hierop moet let nie, want soos ons al gesien het kan daar groot verskille wel deurglip.

Groetnis
Wouter

Groetnis
Wouter
User avatar
RabieL
Full Member
Full Member
Posts: 126
Joined: Mon Oct 20, 2014 10:10 am
Location: Greenbushes, Port Elizabeth

Re: QL brandspoed aanpassing

Post by RabieL »

Lategan1 wrote: Fri Sep 09, 2022 1:14 pm Klompie jare gelede het Somchem die ou boekie vervang. Voor dit was daar waarskuwing uitgestuur sowel was daar ‘n insetsel beskikbaar om sekere ou boek ladings te vervang. Dit was met S365.

Nuwe boekie ladings omtrent met 10% verlaag. Dit was o.a. en het betrekking gehad op die .243 en .270.

Ek het persoonlik dit kontroleer met Manie.(Somchem)

So ja, ek sal NOOIT met meer as aanbevole minimum +1gr begin nie.

Die 3400fps hier verwys, blyk net mooi ook 10%!

Beste.
Dit was spesifiek toe S365 se Lot 71 die mark gehaal het. Daai magic fairy dust was vuurwarm. Ek kan spesifiek onthou 243 Win was erg aangepas.
"Only Accurate Rifles Are Interesting"

9mmP, .22 LR AR 15, 12 Gauge, 243 Win, 6 Creedmoor, 6.5 Creedmoor, 7mm RM, 338 WM.
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 19632
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Location: Vereeniging

Re: QL brandspoed aanpassing

Post by tripodmvr »

Die nog warmer Lot 61 was so hitsig dat dit van die mark onttrek is. Nou, met nabetragting, kon dit moontlik S335 in die S365 blikke gewees het.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
Post Reply

Return to “Quick Load Herlaai Program/Reloading Program”