Nuwe aansluitings

Nuwe lede, stel jouself gerus voor/
New member, please introduce yourself

Moderator: Global Moderator

Post Reply
Maurice19
Newbie
Newbie
Posts: 1
Joined: Mon Feb 08, 2021 10:03 pm

Re: Nuwe aansluitings

Post by Maurice19 »

Frederik wrote: Mon Mar 07, 2011 12:26 pm Hallo Almal,

Ek is ook nou al ruk hier maar nog nooit regtig voorgestel nie.

Eks 'n beroepsjagter wat nou al vanaf 2003 dit permanent doen. Ons maatskappy is Infinito safaris julle kan gerus gaan kyk http://www.Infinito-Safaris.comshuttle Paris
Ek sit baie voor die rekenaar as gevolg van video editting film jagte en troues as ek nie self jag nie.

As ek tyd kry is ek ook mal oor visvang het ruk lank spesie gehengel maar nou met min tyd is papgooi die ding.
Gaan nou juis die naweek wat kom die dam probeer leeg vang.  ;D 

Groete
Hallo, ek wil graag weet wie hiervandaan 'n goeie visonderwyser is, want ek wil graag leer, dankie
Bosvark34
Newbie
Newbie
Posts: 39
Joined: Tue Jul 22, 2014 1:09 pm
Location: Randfontein, Gauteng

Re: Nuwe aansluitings

Post by Bosvark34 »

Welkom Tienie.
303 Brit Lee Enfield Mk4 No2
6.5 x 55 SE Voere LBW
Garethj
Newbie
Newbie
Posts: 1
Joined: Sat Aug 01, 2020 6:37 pm

Re: Nuwe aansluitings

Post by Garethj »

Goeie naand almal.

Wil myself net voorstel. Eks Gareth Jacobs.
Ek het groot geword in Thabazimbi. En woon al vir 5 jaar in Langebaan.

Sien uit om baie te leer.

Groete
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 5893
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm
Location: Paarl

Re: Nuwe aansluitings

Post by Gawie(13mm) »

Welkom aan al die nuwe manne.
Altyd lekker om te sien dat daar nog manne en dames is wat kan en wil saamkuier.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
WernerRix
Newbie
Newbie
Posts: 3
Joined: Sun Apr 18, 2021 10:14 pm

Re: Nuwe aansluitings

Post by WernerRix »

Goeie Naand almal,

Ek is Werner Rix, by in Pretoria. Splinter nuut in die stokperdjie. So nuut ek is nog besig met my bevoegtheid aansoek.

Groetnis.
WR

Sent from my SM-G975F using Tapatalk

User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 19032
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Location: Vereeniging

Re: Nuwe aansluitings

Post by tripodmvr »

Welkom Werner. Pta het baie lede, so jy het 'n groot basis indien jy persoonlike hulp soek.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
Brennen
Newbie
Newbie
Posts: 6
Joined: Sat Sep 04, 2021 10:00 am

Re: Nuwe aansluitings

Post by Brennen »

Hello/ Hallo

Ek is nuut op hierdie forum, en sien uit daarna om meer te leer van 'n stok perdjie wat meer en meer begin lyk soos 'n Gravitasiekolk in die hemelruim. Maar ek stel myself gerus met die medewete dat nuwe teorie daarop toon dat 'n gravitasiekolk dalk mag versadig maar ook eintlik konstant is/bly.
In kort, sit ek ook met 'n probleem waar my maandelikse te kort in spaar geld nie verduidelik kan/mag word aan die vrou in terme van uitgawes by die instansies wat help met die versadiging van hierdie komplekse swartkolke nie.
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 5893
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm
Location: Paarl

Re: Nuwe aansluitings

Post by Gawie(13mm) »

Brennen, baie welkom by ons kampvuur!!
Waar in die wereld lê en kyk jy die sterre en waarmee hou jy die wolf van die deur af weg?😅
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7030
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Location: Waterkloof, Pretoria

Re: Nuwe aansluitings

Post by Wouter Roets »

Welkom aan al die nuwe lede. Hoop julle gaan julle gate uit geniet.
Brennen
Newbie
Newbie
Posts: 6
Joined: Sat Sep 04, 2021 10:00 am

Re: Nuwe aansluitings

Post by Brennen »

Gawie(13mm) wrote: Mon Sep 06, 2021 5:05 pm Brennen, baie welkom by ons kampvuur!!
Waar in die wereld lê en kyk jy die sterre en waarmee hou jy die wolf van die deur af weg?😅
Baie dankie. Ek is tussen die Kaap Kolonie en Noord Transvaal. Maar binnekort permanent in die Kaap.
I ruffle the feathers of the misses & mount her on the front porch to keep the wolfs at bay ;D

Ek hou van 'vreemde' kalibers. Ek sien dit nie as vreemd nie, net goed genoeg. Ek is van die opinie dat al die goeie kalibers voor WW2 uitgedink is 8)
(Daar is so handjie vol uitsonderings)
Brennen
Newbie
Newbie
Posts: 6
Joined: Sat Sep 04, 2021 10:00 am

Re: Nuwe aansluitings

Post by Brennen »

Wouter Roets wrote: Tue Sep 07, 2021 8:05 am Welkom aan al die nuwe lede. Hoop julle gaan julle gate uit geniet.
Dankie baie. Ek verken nog die forum en het reeds so paar wenke opgetel.
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 5893
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm
Location: Paarl

Re: Nuwe aansluitings

Post by Gawie(13mm) »

Brennen wrote: Tue Sep 07, 2021 9:49 am
Gawie(13mm) wrote: Mon Sep 06, 2021 5:05 pm Brennen, baie welkom by ons kampvuur!!
Waar in die wereld lê en kyk jy die sterre en waarmee hou jy die wolf van die deur af weg?😅
Baie dankie. Ek is tussen die Kaap Kolonie en Noord Transvaal. Maar binnekort permanent in die Kaap.
I ruffle the feathers of the misses & mount her on the front porch to keep the wolfs at bay ;D

Ek hou van 'vreemde' kalibers. Ek sien dit nie as vreemd nie, net goed genoeg. Ek is van die opinie dat al die goeie kalibers voor WW2 uitgedink is 8)
(Daar is so handjie vol uitsonderings)
Om tong in die kies metafore te gebruik, is vir my 'n stokperdjie en ek weet dit skuur party manne se nerwe dun, maar dan antwoord 'n man soms met 'n kwikslag wat my laat wonder. Die misses mag jou dalk in die bek ruk as sy sien jy praat uit die huis uit.🤣🤣🤣
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
Brennen
Newbie
Newbie
Posts: 6
Joined: Sat Sep 04, 2021 10:00 am

Re: Nuwe aansluitings

Post by Brennen »

Gawie(13mm) wrote: Tue Sep 07, 2021 11:13 am Om tong in die kies metafore te gebruik, is vir my 'n stokperdjie en ek weet dit skuur party manne se nerwe dun, maar dan antwoord 'n man soms met 'n kwikslag wat my laat wonder. Die misses mag jou dalk in die bek ruk as sy sien jy praat uit die huis uit.🤣🤣🤣
Gelukkig is ek seker my vroutjie gaan nie uitvind dat ek uit die huis praat nie. En as sy doen, bly ek uit die kombuis uit.
So, ek kan 'n dapper muis wees.

Ek voel ekke gaan mooi inpas hier.
User avatar
Lategan1
Hero Member
Hero Member
Posts: 1592
Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am
Location: Boland

Re: Nuwe aansluitings

Post by Lategan1 »

Jy klink na ‘n stoutgat :police:

Welkom hier!

Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 8)
Brennen
Newbie
Newbie
Posts: 6
Joined: Sat Sep 04, 2021 10:00 am

Re: Nuwe aansluitings

Post by Brennen »

Lategan1 wrote: Wed Sep 08, 2021 4:00 pm Jy klink na ‘n stoutgat :police:

Welkom hier!

Beste.
Dankie baie.
Ek is maar eintlik stroop soet. Op skool wou die onderwysers gehad het ek moet by die deur sit as 'n goeie voorbeeld.
dooierus
Newbie
Newbie
Posts: 17
Joined: Wed Sep 15, 2021 10:27 pm
Location: Centurion
Contact:

Re: Nuwe aansluitings

Post by dooierus »

Hallo julle! Ek werk te veel en skiet te min, so ek gedink terwyl ek werk, kan ek darem bietjie tyd mors op Jaracal!

Ek koop en verkoop ook tweedehandse teleskope, maar ek sal julle eers later begin "spam" met advertensies! ;) Laat ek eers net die reëls gaan lees!
padvark
Newbie
Newbie
Posts: 8
Joined: Sun Nov 21, 2021 2:48 pm

Re: Nuwe aansluitings

Post by padvark »

Hello

My naam is André en hoop om iets hier wys te word.
User avatar
Heinz Petersen
Hero Member
Hero Member
Posts: 1531
Joined: Sun Oct 13, 2013 5:00 pm
Location: Kuilsrivier

Re: Nuwe aansluitings

Post by Heinz Petersen »

Welkom Andre.
Sal nogal wil weet waar kry jy die "padvark" bynaam.
Deel jou kennis dan bevorder jy jou sport.
6mm Dasher; 300 NM Improve; 308 Musgrave; 22-250 Howa; .22 Savage; Glock 17
padvark
Newbie
Newbie
Posts: 8
Joined: Sun Nov 21, 2021 2:48 pm

Re: Nuwe aansluitings

Post by padvark »

Seker die manier hoe ek bestuur en die taxis van die pad af ry.
User avatar
simonsmal
Newbie
Newbie
Posts: 16
Joined: Thu Dec 16, 2021 10:14 pm

Re: Nuwe aansluitings

Post by simonsmal »

More More Almal

Simon Smal hier van Pretoria , nuwe man op die blok

Ek skiet redelik intensief maar wil graag soveel leer as moontlik by die skiet gemeenskap in geheel want n man kan nooit teveel weet of leer nie so sien baie uit om deel te wees van die groep

Geseende Kersfees vir almal


Sent from my iPhone using Tapatalk
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 19032
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Location: Vereeniging

Re: Nuwe aansluitings

Post by tripodmvr »

Welkom. Vertel ons van jou skietsport waaraan jy deelneem.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
simonsmal
Newbie
Newbie
Posts: 16
Joined: Thu Dec 16, 2021 10:14 pm

Re: Nuwe aansluitings

Post by simonsmal »

tripodmvr wrote:Welkom. Vertel ons van jou skietsport waaraan jy deelneem.
Eks n jack of all trades master of none soos hulle sal se, kranige jagter , doen heelwat plaag beheerwerk , neem maandeliks deel aan “lone operator” kursuse en onlangs begin met PRS kompetisie skiet


Sent from my iPhone using Tapatalk
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 19032
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Location: Vereeniging

Re: Nuwe aansluitings

Post by tripodmvr »

Mal oor skiet soos die meeste van ons. Geniet !!!!!!
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
Post Reply

Return to “Nuwe aansluitings/ Introductions”