Het laasjaar redelikke sukses gehad in die groente tuin. Het op die 50m² meer as 30kg tamaties gepluk. Die mielies was minder goed - dit was te warm vir hulle waar my plakkie aaarde gelê het. As dit Junie/Julie maand hierso elke dag naby 35/40 grade slaan en die aand tempratuur nie onder 25 gaan nie raak dit te warm. Papoene het goed gedoen. Het een gehad van oor die 50kg.
Die komkommers en gerkins het ook dit nie deur die son gemaak nie. Die ou oorkant my wat minder son en meer skadu het, se komkommers en gerkins egter duidelik geloop.
Die jaar het ek die plakkie grond net lans hom gevat en mooi omgeskoffel en als. Op die stadium groei als baie mooi. Ons is sopas deur die warmste Mei maand in Frankryk sedert hulle begin temprature opteken. Party goed klein bietjie laat geplant agv die trekkery. Kan nie nou meer elke middag daar uitkom nie. Net 2 keer per week.
Ons het ook die hoender kampie uitgebrei - daar is eende, ganse, hoender en tarentale ingesit. Ek wou tarentale hê vir daai Afrika geluid. Het ook 'n hok ingesit vir kwartels. Tarentale was nou al mooi groot totdat eergister aand 'n blik€mse vos daar ingekom het. Van die 6 tarentale is daar nou net 1 oor. 3 hoenders doodgebyt en een gans en een eend. Ons is lekker suur daaroor. Ons het elektriese heining gaan koop vir die kant waar hy deur is.
Ek het ook vriende van my jagklub gekontak en die een Omie, Pierre het vir my 'n vanghok geleen - het hom gisteraand gaan stel met 'n dooie tarentaal in. Hopelik kan ek ook een van die dae in die jakkalse/ rooikatte thread 'n pos insit

Wou 'n .22 gaan koop ook maar die vrou wil hê ek moet eerder die €300 in die huis instoot. Pffftttt...