Groente Tuin

Enige besprekings/vrae ivm boerdery bedrywighede.

Moderator: Global Moderator

Post Reply
User avatar
Methos
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 417
Joined: Tue Dec 12, 2017 4:12 pm

Groente Tuin

Post by Methos »

Hi almal

Ek het laasweek 'n stukkie grond van 50m² gehuur om bietjie ons eie groente tuin te begin. Het Maandag bietjie gaan omspit - die grond is baie kleierig en ons het vir 'n rukkie nog nie reen gehad nie so dit was maar moeilik. Voel vandag asof ek rugby gespeel het ;). Het gister 'n ou met 'n handploeg daar gehad en ek en hy het saam die plakkie aarde omgedolwe.

Ek het baie strooi opgesit voor ons begin het sodat daar bietjie plant materiaal in die grond is en help om die klei bietjie optebreek.

Die plan is om bietjie mielies/sweetcorn te plant heelagter. 2 Mielies kos €3 hier by my. Dan voor dit tamaties, langs dit 2 pampoen plante, voor die mielies groen slaaie en ens en op die kante ertjies, komkommers en gherkins.

DIe vraag wat ek vandag vir julle het is dit: Die water word voorsien deur 'n 1000l tank wat op 2 palette is. Die Water druk is egter nie goed nie. DIe water dribble maar so by die pyp uit. Hoe kan ek genoegsame druk kry om 'n sproeier op drup stelsel aan die gang te kry?

As hy leeg is hom op meer palette sit? Of sal ek 'n pomp moet kry en watse soort pomp?

Dankie vir antwoorde.
Malan123
Hero Member
Hero Member
Posts: 1836
Joined: Sat Oct 29, 2016 4:07 pm
Location: Pietermaritzburg

Re: Groente Tuin

Post by Malan123 »

Hi Methos. Goedkoop en moeilike manier is om die tank te lig en 'n low pressure sprayer kop te gebruik. Duur en maklike manier is om 'n pomp te koop. Vir 'n 1000l tank sal 'n klein pedrollo pompie mooi werk
User avatar
finch
Full Member
Full Member
Posts: 236
Joined: Thu Jul 14, 2016 2:44 pm
Location: Wilde Weste (Somerset-Wes)

Re: Groente Tuin

Post by finch »

Glo nie my plan sal n sproeiertjie kan laat spuit nie, maar as jy net bietjie vinniger die water uit die tenk wil kry, veral as dit leeg raak kan jy as volg maak:
Tenk se deksel moet goed seel, maak n klein gatjie in die deksel en sit n voertuig band kompressortjie se pypie deur die deksel en seel weer. Hardloop sommer die kompressortjie van jou bakkie se battery. Die verhoogde lugdruk bo in die tenk druk die water vinniger deur die pyp uit. Die brandweer sal nie die metode gebruik om volumes water te spuit om vuur te blus nie, maar elke bietjie help en die metode werk besonders goed om syphon bietjie aan te jaag op n 200l tenk.
User avatar
alecjohnson
Hero Member
Hero Member
Posts: 2483
Joined: Tue Mar 05, 2013 10:01 pm
Location: Upington

Re: Groente Tuin

Post by alecjohnson »

Methos ek weet nie wat by julle beskikbaar is in besproeiing nie, maar as jy tenk 5m kan lig, het jy 0.5bar, en dit sal druppers kan laat werk, non regulated is wat jy soek, jy kan selfs non reg druppyp soek hulle werk nie optimaal met lae druk nie, maar dit werk by ons is hulle in 500 en 300m coils beskikbaar. NB water moet skoon wees, anders gaan druppers se capillaries verstop. Indien jy 'n pomp wil opsit moet jy besef druk is nie als nie, vloei is meer van belang. Jy moet dan kyk vir 'n pomp wat jou so 1.5-2.5bar gee met klomp water hoe meer hoe beter (druk is van belang as hoogtes oorkom moet word) dan kan jy mikro sproeiirs opsit wat baie lekker in groentetuine werk.
User avatar
Methos
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 417
Joined: Tue Dec 12, 2017 4:12 pm

Re: Groente Tuin

Post by Methos »

Thanks vir die antwoorde ouens - ek het nou so bietjie gaan rondkyk op die internet en paar idees gekry. Ek het reeds 'n dompelpomp - hy lyk so.

https://fandelidl.fr/catalogue/2016.09. ... u-immergee

Ek het hom gekoop om elke jaar die water uit die kinders se swembad te pomp as dit begin winter raak. Volgens wat ek gesien het behoort hy te kan werk. Hy kan tot en met 10 000l per uur pomp. Sal sy druk genoeg wees? Gaan bietjie 'n pyn in die agterent wees om elke keer 'n kabel in te prop en af te rol tot by my plakkie aarde maar sal dit maar seker moet doen.

Hier is my voorlopige plan van die tuin. Die stuk van die pampoen sal eers geplant word met goed soos radyse en slaai voordat die pampoen so groot is dat dit begin oorvat.
User avatar
Methos
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 417
Joined: Tue Dec 12, 2017 4:12 pm

Re: Groente Tuin

Post by Methos »

Image
User avatar
alecjohnson
Hero Member
Hero Member
Posts: 2483
Joined: Tue Mar 05, 2013 10:01 pm
Location: Upington

Re: Groente Tuin

Post by alecjohnson »

vir drup het hy genoeg druk sy spesifikasie se 7m dws 0.7bar ek ek sal paar mikros probeer kry vir 'n toets hul behoort mooi te werk.

https://encrypted-tbn0.gstatic.com/imag ... Y&usqp=CAc seker julle sal van dit kry.
User avatar
Capt. Oblivious
Hero Member
Hero Member
Posts: 10390
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Location: Ek weet nie so mooi van spel nie maar ek kan skiet. Lonehill, Sandton

Re: Groente Tuin

Post by Capt. Oblivious »

Methos wrote: Wed Apr 07, 2021 1:58 pm Hi almal

Ek het laasweek 'n stukkie grond van 50m² gehuur om bietjie ons eie groente tuin te begin. Het Maandag bietjie gaan omspit - die grond is baie kleierig en ons het vir 'n rukkie nog nie reen gehad nie so dit was maar moeilik. Voel vandag asof ek rugby gespeel het ;). Het gister 'n ou met 'n handploeg daar gehad en ek en hy het saam die plakkie aarde omgedolwe.

Ek het baie strooi opgesit voor ons begin het sodat daar bietjie plant materiaal in die grond is en help om die klei bietjie optebreek.

Die plan is om bietjie mielies/sweetcorn te plant heelagter. 2 Mielies kos €3 hier by my. Dan voor dit tamaties, langs dit 2 pampoen plante, voor die mielies groen slaaie en ens en op die kante ertjies, komkommers en gherkins.

DIe vraag wat ek vandag vir julle het is dit: Die water word voorsien deur 'n 1000l tank wat op 2 palette is. Die Water druk is egter nie goed nie. DIe water dribble maar so by die pyp uit. Hoe kan ek genoegsame druk kry om 'n sproeier op drup stelsel aan die gang te kry?

As hy leeg is hom op meer palette sit? Of sal ek 'n pomp moet kry en watse soort pomp?

Dankie vir antwoorde.
Na jy self so geskoffel het mis jy seker afrika se mense
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
Methos
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 417
Joined: Tue Dec 12, 2017 4:12 pm

Re: Groente Tuin

Post by Methos »

Capt. Oblivious wrote: Wed Apr 07, 2021 4:39 pm Na jy self so geskoffel het mis jy seker afrika se mense
LOL. In Kaapstad het ek 'n tuinier gehad. Hy is onlangs gevonnis vir 'n paar moorde.

https://ewn.co.za/2021/01/28/life-plus- ... sing-bveni

Dis die storie.

Maandag toe sê ek vir die vrou - ek sal hom nou uitbail sodat hy bietjie kan skoffel ;)
User avatar
wynis
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 373
Joined: Mon Oct 01, 2018 7:31 am

Re: Groente Tuin

Post by wynis »

Methos wrote:
Capt. Oblivious wrote: Wed Apr 07, 2021 4:39 pm Na jy self so geskoffel het mis jy seker afrika se mense
LOL. In Kaapstad het ek 'n tuinier gehad. Hy is onlangs gevonnis vir 'n paar moorde.

https://ewn.co.za/2021/01/28/life-plus- ... sing-bveni

Dis die storie.

Maandag toe sê ek vir die vrou - ek sal hom nou uitbail sodat hy bietjie kan skoffel ;)
Ek swaai self die pik in my groente tuin. Dis goed vir jou en oefen sal saam met die groente sal jou langer laat leef!
Ek is nie baie lus vir die ander manne nie, tensy hulle jare goed werk vir mense wat vir hulle kan praat nie. Lekker projek daai!


Sent from my iPhone using Tapatalk
User avatar
Wielie Waps
Hero Member
Hero Member
Posts: 699
Joined: Sat Sep 26, 2009 9:31 am
Location: Bloemfontein

Re: Groente Tuin

Post by Wielie Waps »

Dink julle nie 1000lt tank is bietjie klein om die tuin nat te lei nie. Ek reken jy sal hom paar keer moet volmaak om die tuin behoorlik nat te maak. Of hoe is water voorsiening na die tank toe?
Johan Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2013
Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm
Location: Nelspruit; Mpumalanga

Re: Groente Tuin

Post by Johan Nel »

Methos wrote: Wed Apr 07, 2021 3:47 pm Image
Uitstekende idee om die basilie tussen die tamaties te plant. Boontjies en pampoen saam is goeie metgeselle. Boontjies en mielies werk ook uitstekend. Pampoen, mielies en boontjies saam werk uitstekend. Die drie komplementeer mekaar se groeiwyse. Plant tussen alles afrikanertjies. Hulle help met peste verdryf.
"If a cluttered desk is a sign of a cluttered mind, of what, then, is an empty desk a sign?'
- Laurence J. Peter
User avatar
Methos
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 417
Joined: Tue Dec 12, 2017 4:12 pm

Re: Groente Tuin

Post by Methos »

Daar gaan ook borage geplant word om bye te lok. DIe mielies gaan in 2 of 3 kere geplant word sodat ons nie op een tyd met 'n ton mielies sit nie.

Die tamaties gaan gesinglestem word teen 'n trelis op. Wil soveel groente uitkry as wat moontlik is!

Die water tank word volgemaak deur die eienaar se tuinslang. Ek gaan drup besproeing insit wanneer ek eers als geplant het. Tot dan sal ek maar met 'n spreier moet natspuit. Die spasies tussen die plante gaan klomp strooi op dit kry om water binne te hou en onkruid groei te verhoed.
User avatar
joe rocket
Hero Member
Hero Member
Posts: 3012
Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm
Location: Paarl

Re: Groente Tuin

Post by joe rocket »

Kry vir jou n DAB druk pomp jy kan die pomp stel dat dit 2 tot 4 bar kan pomp. of plaas die tenk 10m bokant die tuin en le n pyp aan na tuin.
GROETE

__________________________



Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
User avatar
Methos
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 417
Joined: Tue Dec 12, 2017 4:12 pm

Re: Groente Tuin

Post by Methos »

Hi almal.

Dankie vir al die raad. EK het nou die omgekeerde raad nodig. My pomp is toe egter nie 'n 10 000l per uur nie maar 20 000l per uur. Ek het 'n 19mm tuinslang gekoop vir natspuit. Die man van die hardeware winkel sê egter vir my dat ek hom nie sal kan koppel op die drup stelsel nie - hy sê dat die drukking so hoog sal wees dat hy al my konneksies sal uitblaas. Wat kan ek maak om die waterdruk af te kry? Sal dit help om die uitgang in 2 te split en een uitgang terug in die tank te laat gaan?

Het die naweek begin plant. 25 tamatie plante geplant met Basil tussen dit. Tamaties is 45 cm uitmekaar geplant. Gaan die Florida weave doen om hulle te ondersteun. My mielies is besig om mooi te ontkiem en my komkommer ook. Het gisteraand lekker reen gehad om plante nat te maak.
User avatar
joe rocket
Hero Member
Hero Member
Posts: 3012
Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm
Location: Paarl

Re: Groente Tuin

Post by joe rocket »

Wat is die hoogte wat die pomp kan pomp? Jy kan n return pyp tenk toe neem met n kraan aan die ent van die pyp wat jy die vloei mee kan reguleer. Dompel pompe is gemaak om uit putte en boorgate te pomp en nie uit tenk nie.
GROETE

__________________________



Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
Johan Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2013
Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm
Location: Nelspruit; Mpumalanga

Re: Groente Tuin

Post by Johan Nel »

Methos wrote: Mon Apr 12, 2021 2:30 pm Hi almal.

Dankie vir al die raad. EK het nou die omgekeerde raad nodig. My pomp is toe egter nie 'n 10 000l per uur nie maar 20 000l per uur. Ek het 'n 19mm tuinslang gekoop vir natspuit. Die man van die hardeware winkel sê egter vir my dat ek hom nie sal kan koppel op die drup stelsel nie - hy sê dat die drukking so hoog sal wees dat hy al my konneksies sal uitblaas. Wat kan ek maak om die waterdruk af te kry? Sal dit help om die uitgang in 2 te split en een uitgang terug in die tank te laat gaan?

Het die naweek begin plant. 25 tamatie plante geplant met Basil tussen dit. Tamaties is 45 cm uitmekaar geplant. Gaan die Florida weave doen om hulle te ondersteun. My mielies is besig om mooi te ontkiem en my komkommer ook. Het gisteraand lekker reen gehad om plante nat te maak.
Methos,
Wat is die hoogte tot waar die pomp kan pomp? As dit slegs 7 meter is soos op die oorspronklike link, dan maak dit nie saak nie, want die druk is minder as een bar. Een bar is gewoonlik die operasionele druk vir ongereguleerde druppers. As jy sg. "pressure regulated" dripperlyn gebruik, gaan dit jou glad nie pla nie. Daardie druppers is gereguleer om op 1 liter water per drupper per uur deur te laat. Al gaan die druk hoër, dit pla glad nie. Dis eintlik ontwerp om op ongelyke lande/boorde te werk sodat die leweringstempo dieselfde sal wees ongeag die topografie. Die laekoste manier sal wees om eenvoudig 'n kraan/klep aan die leweringskant van die pomp te installeer en die vloeitempo so te beheer.
"If a cluttered desk is a sign of a cluttered mind, of what, then, is an empty desk a sign?'
- Laurence J. Peter
User avatar
Methos
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 417
Joined: Tue Dec 12, 2017 4:12 pm

Re: Groente Tuin

Post by Methos »

Dankie Joe - Dis wat ek gedink het.

Johan - geen idee nie ;)

Ek het ook gedink om 'n kraan/klep in te sit maar die man van die hardeware winkel vertel my dit gaan my pomp op dinges
gho
Full Member
Full Member
Posts: 124
Joined: Sun Jul 28, 2013 8:41 pm
Location: Citrusdal

Re: Groente Tuin

Post by gho »

Kan jy dalk 'n foto van die pomp se plaatjie hier oplaai ?
Om ' variable speed drive aan te bring sal ideaal werk, want jy stel die pomp se spoed soos wat dit jou pas,maar dit is duur.Wat is jou ooreenkoms met die eienaar? Kan daar nie net eenvoudig'n aftap vanaf sy stelsel gemaak word nie? of is druk 'n probleem?
Hoe wil jy die groente bemes? Organies of chemies? Vir organies is mikros beter as drippers.
By my groentetuin staan daar verskeie groentes op dieselfde stesel,dus gebruik ek mikros sodat ek verskillend kan hand bemes.
gho.
User avatar
Jakkalsgat
Hero Member
Hero Member
Posts: 2695
Joined: Sun Jan 29, 2012 11:14 am
Location: Bloemfontein
Contact:

Re: Groente Tuin

Post by Jakkalsgat »

Môre Methos en die res.

Verdeel jou uitvloei vanaf jou pomp met 'n T tipe koppeling. Een kant gaan na jou druppers se lyn toe en anderkant gaan terug na jou tenk maar in hierdie lyn wat terug gaan na jou tenk sit jy 'n kraan wat jou terugvloei kan reguleer. Die ander lyn wat na jou druppers toe gaan verdeel jy weer met 'n T koppeling en koppel jou pyp sodat hy 'n sirkel voltooi m.a.w die twee punte van die drupper lyn koppel dan weer aan mekaar by die T koppeling. Met hierdie manier is die drukking op al jou druppers baie na aan dieselfde. Nou beheer jy jou druk deur die kraan terug na die tenk te gebruik om terugvloei na die tenk te beheer en terselfdertyd die druk op jou drupperlyn te reguleer.

Hoop dit maak sin.

Groete
Jaco
User avatar
tripodmvr
Hero Member
Hero Member
Posts: 18551
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Location: Vereeniging

Re: Groente Tuin

Post by tripodmvr »

Die manne boer nou lekker saam met jou. Hulle sal moet vêr ry om te kom proe. !!!!!!!!
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Methos
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 417
Joined: Tue Dec 12, 2017 4:12 pm

Re: Groente Tuin

Post by Methos »

Dankie vir die raad ouens. JakkalsGat - ek sal so maak. Het vanmiddag die pype en drupper gaan koop. Het die naweek wat verby is aan my hoender kampie gewerk. Laasweek 'n paal geplant en beton om hom gegooi. Groterige draad om hom geslpan maar ek dink vos sal daar kan deur. Het toe Saterdag 1m ogies draad aan dei onderkant gespan op die eenkant. Moet vanmiddag na werk gou gaan braambosse uithaal en draad teen die anderkant af te span. Gaan more die hoenders koop. 5 of 6 lê henne vir eiers en mis vir kompos.

Het die risiko gevat om vroer te plant. Tradisionele wysheid sê jy moet wag to na die drie dae wat bekend staan as Saint Glace. Alle dae in Frankryk het 'n Saint naam. Die drie is saint Mamert, saint Pancrace et saint Servais, dis wanneer die ryp risiko baie klein is. Het 25 tamatie plante geplant, klompie chillies, slaai, radyse. Vanmiddag murgpampoentjies gekoop.

Het baie wind gehad vir 'n paar dae - plante het bietjie gesuffer maar seker hulle sal regkom.
User avatar
Methos
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 417
Joined: Tue Dec 12, 2017 4:12 pm

Re: Groente Tuin

Post by Methos »

Na almal se raad loop die tuin baie mooi. Ons het lekker reën gehad. Elke week so paar duim. Dae raak nou warmer ook. Die plante raak al hoe groter elke dag. Het klaar begin slaaiblare en radyse pluk.

Tamatie trelis is in. Sit vanmiddag draad om sodat die boontjies, ertjies en komkommers en murgpampoene kan oprank. ImageImage

Sent from my STK-LX1 using Tapatalk

Johan Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2013
Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm
Location: Nelspruit; Mpumalanga

Re: Groente Tuin

Post by Johan Nel »

Netjies Methos!
"If a cluttered desk is a sign of a cluttered mind, of what, then, is an empty desk a sign?'
- Laurence J. Peter
User avatar
tripodmvr
Hero Member
Hero Member
Posts: 18551
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Location: Vereeniging

Re: Groente Tuin

Post by tripodmvr »

As ek so kyk het jy wragtag groen vingers. Baie mooi gedoen.

Ek kyk na plante dan vrek hulle.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
Post Reply

Return to “Algemeen”