Koedoe Paté

Enige vleis/veldkos resepte wat werk vir n honger jagter

Moderator: Global Moderator

Post Reply
User avatar
JJV
Hero Member
Hero Member
Posts: 749
Joined: Fri Oct 02, 2015 7:26 am
Location: Slurry

Koedoe Paté

Post by JJV »

Image
Koedoe Paté

Ek gebruik die laaste tyd my skenkels om ‘n Paté te maak wat lekker op witbrood met botter of ‘n sout koekie is

1kg ontbeende vleis
2-3 gerasperde wortels
250g sampioene gekap
1 groot ui gekap
4 knoffelhuisies gekap
pak streaky bacon gekap
250ml room
80ml meel
50ml sherry/port
80ml sweet chillie sous
500ml beefstock

Verbruin die vleis in stoompot in olie terwyl jy dit geur. Gooi dan groente by en verbruin verder. Gooi stock by en stoom op hoog vir 2 ure, meng nou meel met 250ml sous uit pot, gooi terug en kook tot verduk, gooi nou sherry en room by, proe vir geursel, ek hou v baie naeltjies. As alles deurgekook het laat so bietjie afkoel, gooi dan in voedselverwerker en liquidise tot glad. Gooi in bakkies, laat afkoel en vries tot benodig.


Sent from my iPhone using Tapatalk
User avatar
ruaanb
Hero Member
Hero Member
Posts: 5230
Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am
Location: Durbanville, WesKaap

Re: Koedoe Paté

Post by ruaanb »

Dit klink lekker. Ek bere hom vir die volgende jag.
Post Reply

Return to “Resepte”