Rooibok boud marinade

Enige vleis/veldkos resepte wat werk vir n honger jagter

Moderator: Global Moderator

Post Reply
User avatar
Capt. Oblivious
Hero Member
Hero Member
Posts: 11217
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Location: Ek weet nie so mooi van spel nie maar ek kan skiet. Lonehill, Sandton

Rooibok boud marinade

Post by Capt. Oblivious »

Manne help bq asb, ek het n lekker groot rooibok boud wat ek die week wil saam vat as ons gaan jag en hom ontbeen en braai een aand.

Wat se tiepe marinade kan ek hom n dag of 2 in laat le voor die tyd om daai bosveld smaak bq rustig te maak en om seker te maak die vleis is lekker sag?
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
Swede
Hero Member
Hero Member
Posts: 2270
Joined: Fri Apr 20, 2012 11:56 am
Location: TUSSEN LETABA & GRAVELOTTE

Re: Rooibok boud marinade

Post by Swede »

Braai liewerste n paar skaap tjops!

Sent from my SM-N970F using Tapatalk

And as thy days, so shall thy strength be
User avatar
ruaanb
Hero Member
Hero Member
Posts: 5190
Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am
Location: Durbanville, WesKaap

Re: Rooibok boud marinade

Post by ruaanb »

Ek laat lê hom eers n paar uur in asyn water.
Maak droog en dan gooi jy in n marinade sak wat jy kan vacuum n bottel van daai creamy Griekse slaai sous. Dit werk vir my.
User avatar
Lategan1
Hero Member
Hero Member
Posts: 1825
Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am
Location: Boland

Re: Rooibok boud marinade

Post by Lategan1 »

ruaanb wrote: Tue Aug 02, 2022 5:04 pm Ek laat lê hom eers n paar uur in asyn water.
Maak droog en dan gooi jy in n marinade sak wat jy kan vacuum n bottel van daai creamy Griekse slaai sous. Dit werk vir my.
Italianers het my geleer, verwyder soveel moontlik van bloed/bloedwater en vliese, dit verminder die wildsmaak. Die asynwater help daarmee.

Ek gebruik dan Ina Paarman Griekse slaaisous. Oornag of dag daarin, vee af en braai. Jy kan paar opgesnyde knoffel huisies in boud indruk, soos met skaapboud. Witpeper en sout, fyn swart ook reg.

Bedien met sous van jou keuse of kweperjellie of selfs appel.

Die tydsame ontdooi en bloedwater verwyder is belangrik.

Geniet.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 8)
User avatar
Capt. Oblivious
Hero Member
Hero Member
Posts: 11217
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Location: Ek weet nie so mooi van spel nie maar ek kan skiet. Lonehill, Sandton

Re: Rooibok boud marinade

Post by Capt. Oblivious »

Swede wrote: Tue Aug 02, 2022 4:57 pm Braai liewerste n paar skaap tjops!

Sent from my SM-N970F using Tapatalk
Ek moet die ding gebruik saam mense wat dalk van dit sal hou want in my huis gaan hy nie geeet word nie. Naaste wat hy hier geeet sal word is die wag by die hek
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
Capt. Oblivious
Hero Member
Hero Member
Posts: 11217
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Location: Ek weet nie so mooi van spel nie maar ek kan skiet. Lonehill, Sandton

Re: Rooibok boud marinade

Post by Capt. Oblivious »

Dankie julle ek het gedink aan slaaisous. Sal hom donderdag aand so uur of 2 in asyn water laat le en hom dan vrydag en saterdag tot hy kole toe gaan in sous met kruie en wat nog laat le
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
Lategan1
Hero Member
Hero Member
Posts: 1825
Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am
Location: Boland

Re: Rooibok boud marinade

Post by Lategan1 »

Kook nou al vir jou 500gr gemengde droêvrugte in water. Koel af, pak in tupperware en neem saam as bygereg. Pak dit laaste halfuur of so rondom boud vir sous en geure opneem en opwarm.

Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 8)
Toxxyc
Hero Member
Hero Member
Posts: 975
Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am
Location: Pretoria

Re: Rooibok boud marinade

Post by Toxxyc »

Vir my werk karringmelk die beste. Ek laat lê my wildsvleis in goed gesoute water sommer oornag (brine hom) en dit trek baie bloederigheid uit. Daarna spoel ek dit af met skoon water en bedek dan heeltemal met karringmelk. Laat staan hom weer oornag.

Dan spoel ek hom mooi af. Die karringmelk trek weer bloederigheid uit en maak ook die vleis sagter. Daarna is hy reg vir watookal jy wil doen met hom. Ek het al pot gemaak so met wilde dinge soos blouwildebees en dit proe bitter na aan beesvleis, net die tekstuur laat hom uitstaan. Hy kom vrek lekker.

As jy gaan braai, maak seker jy het genoeg vet byderhand. Rooibok is bitter droog, en braai maak nog meer droog. As jy nie pasop nie, gaan jy 'n bitter droë ding op die ou end hê. Rooibokboud met varkspek werk mooi. Druk die blokkies vet in die vrieskas sodat dit hard word, druk gate in die vleis en stop die vet daarin. Dan met roosmaryn, knoffel, botter, sout en peper en in die oond en die ding is wenner.
Malan123
Hero Member
Hero Member
Posts: 1969
Joined: Sat Oct 29, 2016 4:07 pm
Location: Pietermaritzburg

Re: Rooibok boud marinade

Post by Malan123 »

Cappy, marinade hom soos die ouens se en dan stop jy hom lekker (ek druk cherries ook daar in). Draai hom toe in foil en braai hom dan saam so paar brandewyne. Die foil hou al sy moisture binne hom en die brandewyn verseker dat jy nie uitdroog langs die vuur nie. Ek meng graag OBS in my marinade, werk lekker saam die soetigheid van die cherries. As hy sleg is dan het jy te min brandewyn gedrink
User avatar
joe rocket
Hero Member
Hero Member
Posts: 3216
Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm
Location: Paarl

Re: Rooibok boud marinade

Post by joe rocket »

Siebie jy vat hom die knorr se French slaaisous dan gooi jy vars knoffel gemengde Italianse kruie skut skut spice marina en worcestersous ruim gegooi en growwe swart pepper en jy los hom vir 2 dae in daai sous. Braai die ding nugter tot so meduim rare maar meer rare. Jy gaan my later dankie bel.
GROETE

__________________________



Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
JohanvB
Hero Member
Hero Member
Posts: 2036
Joined: Thu Jun 30, 2011 9:28 pm
Location: Welgelegen

Re: Rooibok boud marinade

Post by JohanvB »

joe rocket wrote: Tue Aug 02, 2022 7:43 pm Siebie jy vat hom die knorr se French slaaisous dan gooi jy vars knoffel gemengde Italianse kruie skut skut spice marina en worcestersous ruim gegooi en growwe swart pepper en jy los hom vir 2 dae in daai sous. Braai die ding nugter tot so meduim rare maar meer rare. Jy gaan my later dankie bel.
Klink heerlik!
User avatar
Capt. Oblivious
Hero Member
Hero Member
Posts: 11217
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Location: Ek weet nie so mooi van spel nie maar ek kan skiet. Lonehill, Sandton

Re: Rooibok boud marinade

Post by Capt. Oblivious »

Toxxyc wrote: Tue Aug 02, 2022 7:15 pm Vir my werk karringmelk die beste. Ek laat lê my wildsvleis in goed gesoute water sommer oornag (brine hom) en dit trek baie bloederigheid uit. Daarna spoel ek dit af met skoon water en bedek dan heeltemal met karringmelk. Laat staan hom weer oornag.

Dan spoel ek hom mooi af. Die karringmelk trek weer bloederigheid uit en maak ook die vleis sagter. Daarna is hy reg vir watookal jy wil doen met hom. Ek het al pot gemaak so met wilde dinge soos blouwildebees en dit proe bitter na aan beesvleis, net die tekstuur laat hom uitstaan. Hy kom vrek lekker.

As jy gaan braai, maak seker jy het genoeg vet byderhand. Rooibok is bitter droog, en braai maak nog meer droog. As jy nie pasop nie, gaan jy 'n bitter droë ding op die ou end hê. Rooibokboud met varkspek werk mooi. Druk die blokkies vet in die vrieskas sodat dit hard word, druk gate in die vleis en stop die vet daarin. Dan met roosmaryn, knoffel, botter, sout en peper en in die oond en die ding is wenner.
Ek het 2 persie skaap sterte vir hom
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
Ratel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1395
Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm
Location: Rustenburg

Re: Rooibok boud marinade

Post by Ratel »

Cappie laat weet ons bietjie wat jy op die ou end gebruik het en hoe die boud geproe het.
Maak 'n verskil
User avatar
sako 30-06
Hero Member
Hero Member
Posts: 1785
Joined: Mon Mar 19, 2012 2:45 pm
Location: Boksburg

Re: Rooibok boud marinade

Post by sako 30-06 »

Capt. Oblivious wrote: Wed Aug 03, 2022 8:03 am
Toxxyc wrote: Tue Aug 02, 2022 7:15 pm Vir my werk karringmelk die beste. Ek laat lê my wildsvleis in goed gesoute water sommer oornag (brine hom) en dit trek baie bloederigheid uit. Daarna spoel ek dit af met skoon water en bedek dan heeltemal met karringmelk. Laat staan hom weer oornag.

Dan spoel ek hom mooi af. Die karringmelk trek weer bloederigheid uit en maak ook die vleis sagter. Daarna is hy reg vir watookal jy wil doen met hom. Ek het al pot gemaak so met wilde dinge soos blouwildebees en dit proe bitter na aan beesvleis, net die tekstuur laat hom uitstaan. Hy kom vrek lekker.

As jy gaan braai, maak seker jy het genoeg vet byderhand. Rooibok is bitter droog, en braai maak nog meer droog. As jy nie pasop nie, gaan jy 'n bitter droë ding op die ou end hê. Rooibokboud met varkspek werk mooi. Druk die blokkies vet in die vrieskas sodat dit hard word, druk gate in die vleis en stop die vet daarin. Dan met roosmaryn, knoffel, botter, sout en peper en in die oond en die ding is wenner.
Ek het 2 persie skaap sterte vir hom
Al wat jy dan nog kort is netvet, stop die boud met die stertvet en draai toe in netvet.
User avatar
joe rocket
Hero Member
Hero Member
Posts: 3216
Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm
Location: Paarl

Re: Rooibok boud marinade

Post by joe rocket »

Ratel wrote: Wed Aug 03, 2022 8:27 am Cappie laat weet ons bietjie wat jy op die ou end gebruik het en hoe die boud geproe het.


Cappie gaan nie eet nie... 🤭
GROETE

__________________________



Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
Post Reply

Return to “Resepte”