Vars veld resepte

Enige vleis/veldkos resepte wat werk vir n honger jagter
Post Reply
User avatar
Eduard Venter
Hero Member
Hero Member
Posts: 1047
Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm

Vars veld resepte

Post by Eduard Venter »

Kom ons deel bietjie resepte wat ons kan gaarmaak op die jag naweek self net na die bokke geval het. Vleis wat dadelik van die karkas afgesny en gaargemaak kan word, sonder slaghuise, wors stoppers en ryp word vir 14 dae. Voëljagters is ook welkom om hulle sê te sê. Image

Sent from my Nokia C2 using Tapatalk

User avatar
Lategan1
Hero Member
Hero Member
Posts: 1232
Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am

Re: Vars veld resepte

Post by Lategan1 »

Mmmm...

Vars lewer in pan gebraai.

Verkieslik Springbok, bedien as voorgereg op soutkoekies of as bykos saam hoofgereg.

Skoongemaak, vliese ens. afgesny
Sny in repe
Spoel weer af en ontwater veel moontlik
Pan matige hitte, klein bietjie olyfolie (botter kan seker werk - reeds ‘n ryk dis)
Glaseer eers fyngesnyde uie en roer fyngesnyde knoffel in, voeg lewer by (ongeveer 1/2 ui 6 mense)
Vars suurlemoen en belangrik, bietjie witwyn, genoeg dat dit ruim sigbaar is
Witpeper en sout
Roer heeltyd vir aanbrand voorkom en om geure in te werk, braai net enkele minute
Toets en gereed as ligte pink nog effe sigbaar is. Baie eters hou nie daarvan om die rooi/pienk te sien nie. (med/weldone)

Edit.
Hierdie word op vuur gedoen wyl gaste kuier. Pasop vir te gaar.

Geniet.

Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 8)
User avatar
Eduard Venter
Hero Member
Hero Member
Posts: 1047
Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm

Re: Vars veld resepte

Post by Eduard Venter »

Dankie Lategan, ek is mal oor lewer so sal daai een bietjie probeer.

Lyk my die res van die manne eet nie vleis nie haha!

Laat ek maar een gee... Lekker vars fillet:

1 groot beeshaas (verkieslik eland)
Knoffelbotter
Sonneblom olie
Balsamiese asyn
Suurlemoen sap
Jou gunsteling braaisout

1. Skiet 'n eland of enige groot bok
2. Haal die fillets uit en lê in balsamiese asyn en suurlemoen sap vir 'n dag of wat
3. Berei 'n warm kolebed voor wat nog bietjie opvlam
4. Gooi mildelik sonneblom olie oor die fillet en dan gaan hy kole toe. Laat die vlamme hom goed bruin maak.
5. Kry 'n pan oor die kole en laat hom lekker warm word. 'n Skopgraaf werk ook as jy niks anders het nie, brand hom net baie mooi skoon.
6. Sny die heel fillet in skywe. Die diktes wissel volgens elke persoon se voorkeur.
7. Braai die skywe in die pan saam met die knoffelbotter en sout na smaak.

Hierdie is veral lekker saam met sampioensous en 'n braaibroodjie as daar iemand in die kamp is wat dit kan maak.



Sent from my Nokia C2 using Tapatalk

User avatar
joe rocket
Hero Member
Hero Member
Posts: 2995
Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm

Re: Vars veld resepte

Post by joe rocket »

Lewer en hart.

Vars wilds lewer en vars harte.
Sout
Swart peper grof
Ses geweer spice
knoffel
Regte botter
Gemende kruit
Druiwe asyn
Suiker of coke
Baie uie in ringe gesny
Vars chilli of peri peri
vars room.

Braai uie tot bruin gooi lewer en harte by en braai tot meduim rare. Moer droë speserye en chilli by.
Meng kwart koppie asyn Suiker of coke saam. sous moet soet suur smaak he maar nie baie soet nie. Gooi room by en prut tot gaar.

lewer het harte moenie oor gaar wees nie dis n vinnige gereg. Bedien op vars gebraaide rooster koeke en n varsetjie.
GROETE

__________________________



Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
Carlc
Full Member
Full Member
Posts: 161
Joined: Tue Nov 15, 2016 7:40 am

Re: Vars veld resepte

Post by Carlc »

Eduard daai klink nou regtig lekker. My mond water. Ek het juis n koedoe fillet in my vrieskas wat ek die naweek wil maak. Gaan beslus jou resep probeer.
User avatar
Capt. Oblivious
Hero Member
Hero Member
Posts: 10327
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Vars veld resepte

Post by Capt. Oblivious »

Eduard Venter wrote: Fri Apr 16, 2021 7:59 am Dankie Lategan, ek is mal oor lewer so sal daai een bietjie probeer.

Lyk my die res van die manne eet nie vleis nie haha!

Laat ek maar een gee... Lekker vars fillet:

1 groot beeshaas (verkieslik eland)
Knoffelbotter
Sonneblom olie
Balsamiese asyn
Suurlemoen sap
Jou gunsteling braaisout

1. Skiet 'n eland of enige groot bok
2. Haal die fillets uit en lê in balsamiese asyn en suurlemoen sap vir 'n dag of wat
3. Berei 'n warm kolebed voor wat nog bietjie opvlam
4. Gooi mildelik sonneblom olie oor die fillet en dan gaan hy kole toe. Laat die vlamme hom goed bruin maak.
5. Kry 'n pan oor die kole en laat hom lekker warm word. 'n Skopgraaf werk ook as jy niks anders het nie, brand hom net baie mooi skoon.
6. Sny die heel fillet in skywe. Die diktes wissel volgens elke persoon se voorkeur.
7. Braai die skywe in die pan saam met die knoffelbotter en sout na smaak.

Hierdie is veral lekker saam met sampioensous en 'n braaibroodjie as daar iemand in die kamp is wat dit kan maak.



Sent from my Nokia C2 using Tapatalk
Nou laat ek beeshaas sien.

My meisie is engels nou gaan eet ons so maand terug daar by buffelsfontein in Pretoria.
Met die bestel slag se sy nee sy dink sy gaan somer net n burger vat, ek se nee man dis nie die Spur toe jy op skool was nie wat is dit nou met n Buerger eet. Sy sit so rukkie stil en se nee die mense verkoop haas onder die steak afdeling sy is half bang om iets anders as n Burger te bestel
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
BenJacobs
Hero Member
Hero Member
Posts: 682
Joined: Thu Aug 24, 2017 3:00 pm

Re: Vars veld resepte

Post by BenJacobs »

Eduard, dit klink diep lekker!

Ek het 2 resepte wat ek al probeer het wat baie lekker werk vir my.

Albei is met 'n Springbok rugstring.
Die eerste een loop so:
1. Vat 'n Springbok rugstring "trim" hom mooi
2. Kry 'n botteltjie slaai sous, ek vat altyd pnp se garlic en herb.
3. Lê die rugstring in 'n ziploc sak met die sous.
4. Haal na 2 ure uit (langer laat die vleis bietjie meelerig voorkom)
5. Braai op warm kole tot jou voorkeur van gaarheid, myne is altyd medium rare.

Die volgende een het ek gesteel by meateater op Netflix en bietjie aangepas:
1. Vat 'n rugstring en sny hom in skywe. (dukte na jou smaak)
2. Klits 2 eiers saam met bietjie knoffel
3. Maak 'n pak bacon kips (soutkoekies) fyn. (oorspronklike resep sê meel) gooi sout en peper ook in die mengsel.
4. Doop die vleis in die "meel" dan in die eier en dan weer meel.
5. Dan gaan hy in die olie tot hulle mooi bruin is. Met 'n sampioen sous, baklei my mense oor die laaste stukkie!
Groete Ben
Leon Crous
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 274
Joined: Wed Jun 18, 2014 12:08 am

Re: Vars veld resepte

Post by Leon Crous »

Ek gaan nie die wiel her-ontwerp nie, so:
Doen met lewer soos bo reeds genoem (skoonmaak en repe sny, ens).
Braai net vinnig bruin in DIEP pot.
Gooi halwe glas brandewyn in pot.
Sodra effe warm (20sek)...vat jy lang stuk hout wat se punt brand en steek brandewyn aan (flambei)
As vlamme dood is, skep jy op dik plaas brood met botter...
Bitter lekker en altyd "cool" om vrouens en kinders te vermaak...
Cheers.
Ps. Diep pot is belangrik, anders moet die brandweer kom en is die party in sy mo...r!
Toxxyc
Hero Member
Hero Member
Posts: 805
Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am

Re: Vars veld resepte

Post by Toxxyc »

Eduard as jy die fillet verskaf met die jag, maar ek die sampioensous daarvoor. Creamy mushroom, ek vat bestanddele saam.
User avatar
Eduard Venter
Hero Member
Hero Member
Posts: 1047
Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm

Re: Vars veld resepte

Post by Eduard Venter »

Klink vir my soos 'n plan. Nou gaan die eland bulle my tart in die volgende paar weke

Sent from my Nokia C2 using Tapatalk

User avatar
Eduard Venter
Hero Member
Hero Member
Posts: 1047
Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm

Re: Vars veld resepte

Post by Eduard Venter »

Nog een... Vir die wat reeds op die jagplaas hulle biltong maak:

Kies eenvoudig 'n paar van die sagste, nat biltonge wat jy pas opgehang het en braai hulle lekker medium rare. Verkieslik rugstringe en van 'n vroulike bok. Kaassous is 'n treffer saam met hierdie. Natuurlik kan mens hulle in spek ook toedraai as jy daarvan hou.

Ek moet wel bieg, ek het hierdie baie lanklaas gemaak maar die resultaat was nog altyd gewens.

Sent from my Nokia C2 using Tapatalk

J le Roux
Hero Member
Hero Member
Posts: 714
Joined: Tue May 20, 2014 8:10 am

Re: Vars veld resepte

Post by J le Roux »

Het iemamd al sukses gehad met bok tonge? Myne was al twee keer 'n mislulking.
Vat genoeg skietgoed veld toe, daar's nie winkels daar nie.
JG Landmann .22LR, Howa 30-06, M98 .375H&H deur Ossie Penzhorn, 7x57 Oberndorf AN Mauser, Musgrave Mod 80 30-06
User avatar
ruaanb
Hero Member
Hero Member
Posts: 4898
Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am

Re: Vars veld resepte

Post by ruaanb »

Ons gebruik net die groot bokke sin en maak hom soos bees tong met daai selle rosyntjie sous van oumagrooitjie
J le Roux
Hero Member
Hero Member
Posts: 714
Joined: Tue May 20, 2014 8:10 am

Re: Vars veld resepte

Post by J le Roux »

Dankie Ruaan

Ek is juis lief vir daai beestong resep, maar gee hom pak met 'n drukkoker totdat hy vurkbreek/sag is. Ek wil egter weet of mens dit in 'n swarpot op die vuur kan doen. Hoe maak julle?
Vat genoeg skietgoed veld toe, daar's nie winkels daar nie.
JG Landmann .22LR, Howa 30-06, M98 .375H&H deur Ossie Penzhorn, 7x57 Oberndorf AN Mauser, Musgrave Mod 80 30-06
User avatar
ruaanb
Hero Member
Hero Member
Posts: 4898
Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am

Re: Vars veld resepte

Post by ruaanb »

Ons gee hom eers gas in n druk pot anders gaan dit maar lol.
Toxxyc
Hero Member
Hero Member
Posts: 805
Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am

Re: Vars veld resepte

Post by Toxxyc »

J le Roux wrote: Thu Apr 29, 2021 12:31 pm Dankie Ruaan

Ek is juis lief vir daai beestong resep, maar gee hom pak met 'n drukkoker totdat hy vurkbreek/sag is. Ek wil egter weet of mens dit in 'n swarpot op die vuur kan doen. Hoe maak julle?
Swartpot op die vuur sal werk, maar jy gaan met baie tyd moet werk. Hy gaan nie binne 'n uur of twee sag kook nie.

Ek self is nie bitter lief vir tong nie, die tekstuur is vir my snaaks, maar as hy reg gaargemaak is sal ek hom geniet. Sterkte. Ek dink daar's lekkerder dinge aan 'n bok om aan te knaag.
Johan Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1999
Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm

Re: Vars veld resepte

Post by Johan Nel »

Ek steek nou my nek uit, want die meeste tong wat ek ken en gaarmaak, is gepekelde beestong en dit vat nie ure om gaar te kook nie. Veertig minute na 'n uur pruttend in 'n pot, en met die geurmiddels wat jy van hou, is gewoonlik voldoende. Mens prik maar die vleis van tyd tot tyd om te sien hoe sag dit is, en dit is dit. As dit gaar is, haal uit die pot uit en trek die vel af. Ek hou die meeste daarvan as dit afgekoel is en in skywe gesny is saam met mosterd.
Ek kan nie dink dat wildstonge anders sal wees nie. Ek dink dat 'n swartpot met net genoeg vloeistof en geurmiddels, wat rustig prut oor' n klompie kole, gaan baie mooi loop.
"If a cluttered desk is a sign of a cluttered mind, of what, then, is an empty desk a sign?'
- Laurence J. Peter
J le Roux
Hero Member
Hero Member
Posts: 714
Joined: Tue May 20, 2014 8:10 am

Re: Vars veld resepte

Post by J le Roux »

Miskien is ek gaar voor die tonge, maar ek sal weer probeer met die tonge en laat weet.
Vat genoeg skietgoed veld toe, daar's nie winkels daar nie.
JG Landmann .22LR, Howa 30-06, M98 .375H&H deur Ossie Penzhorn, 7x57 Oberndorf AN Mauser, Musgrave Mod 80 30-06
Post Reply