Flippie Loock boer al van 1996 op Springfontein met beeste, bokke, skape en wild. Vinnig gegroet en afgepak sodat ons op die alietbaan kon kom. Flippie en sy twee assistente, Jonathan en AJ, het ons mooi dopgehou om seker te maak ons kan almal darem iets raak skiet. Soos ons klaar ingeskiet het, is ons in groepe veld toe. Drie kinders kon al die eerste middag bokke gejag kry.


Die tweede oggend is ons uitgeplaas vir 'n voorsit jag. Wind het rustig begin, maar by amper 40km/h geëindig. Ten spyte hiervan kon meeste vannkns iets geskiet kry. Slegs een kwesbok wat later doodgeskiet was. Die middag verser voorgesit in kamp met ribbokke en swart wildebeeste.





Elke aand heerlik om eetkamer tafel gekuier en later buite om die vuur.



Eerste bok vir een van die kinders.

Tweede dag is meeste van ons in die donker na 'n ander plaas net anderkant Middelburg. Hier is vir lank nooit gejag nie en die kamp het baie lechwes in wat moet af. Meestal voorsit en bakkiejag. Na die vorige dag se wind, was ons gelukkig om perfekte jagweer te hê-redelik koud, maar windstil.




Die res wat agtergebly het, het bietjie gestap agter hartebees en rooibokke aan.



Saterdag het paar van ons nog laaste bietjie jag ingekry.



Cherry op die koek was my eerste vlakvark! Ons was eintlik al klaar gejag toe Flippie vra of ons dalk 'n draai wil ry op sy pa se plaas om te kyk vir vlakvarke. Daar was nooit vlakvarke in daardie area nie, maar het laaste 5 jaar of so al hoe meer begin opduik.

Saterdagaand het ons vir oulaas om die vuur gekuier. Was 'n ongelooflike paar dae gewees. Flippie, Liesl en hulle span het vreeslik baie moeite gedoen om seker te maak dat ons die jagtrip terdeë geniet het. Ons het daar aangekom as vreemdelinge, maar weggekry as ou vriende.

Sent from my SM-G973F using Tapatalk