Tuna's in die Kaap

Enige groot of klein visvang storie vanuit die groot blou dam hier.

Moderator: Global Moderator

Post Reply
User avatar
prohunt
Hero Member
Hero Member
Posts: 651
Joined: Tue Feb 15, 2011 12:00 pm
Location: Mosselbaai

Tuna's in die Kaap

Post by prohunt »

Goeiemiddag,

'n Tuna bly maar altyd vir my 'n baie spesiale vis om te vang. Ek het al heelwat jonger klas tuna's gevang maar daardie werklike een-in-'n-leeftyd vis het my nog altyd ontwyk.

So kom Vrydagmiddag en ek besluit ek wil vir vroulief uitneem vir ietsie te eet. Alles verloop rustig en ons kuier lekker saam by Hartenbos se Spur....maar min het ek geweet dis waar die storie gaan begin.

Ons het pas klaar geëet en terwyl ons stap om te gaan betaal lui my selfoon. Ek antwoord en een van die vissermanne in die dorp wat vir Shawn Mey werk sê vir my dat Shawn hom sopas gebel het en gevra het hy moet my bel. Hy het nie kliënte bespreek vir Saterdag nie aangesien die voorspelling aanvanklik was dat Saterdag te winderig sou wees om see toe te gaan. Dit het egter skielik verander en dit het gelyk of Saterdag nou 'n mooi dag sou wees. Die gevolg was dat daar toe skielik baie plek op die boot was vir Saterdag. Onthou dit was nou alreeds na vyf Vrydagmiddag.

My eerste reaksie was om te sê nee jinne my mens dit gaan mos nou nooit werk op hierdie kort kennisgewing nie. Die kop was gelukkig onmiddellik klaar in sewende rat en ek skakel vir Shawn om te hoor van verblyf en ander reëlings. Die antwoord is daar is ekstra beddens en ons moet kóm. Wik-en-weeg die-kant-toe daardie-kant-toe. In kort teen sesuur is die besluit geneem ons gaan. Huis toe, probeer dink wat alles nodig is, pak en half-agt Vrydagaand tel ek vir Deon en JC in Danabaai op. So kort duskant half-elf stop ons in Gordonsbaai.

Kry vir Shawn en my seun (Johan/Pottie) en gesels oor die reëlings vir Saterdagoggend. Ons moet drie-uur opstaan, die boot gaan vol brandstof maak en vieruur moet ons op die water wees. Dit gesels en toe ons ons oë met 'n uitveër bykom is dit amper twee-uur Saterdagoggend ::) . Genade dis 'n lang dag op see en ons moes nog geslaap het ook. Probeer oë toemaak maar vergeefs, geen genade nie. Drie-uur word die ligte aangesit, vinnig klaarmaak en daar gaan ons. Boot uitgesorteer en gepak en ons pak die lang pad aan diepwater toe.

Die see is toe nie so rustig soos voorspel nie en dit gaan maar stamperig. Die pikdonker maak dit nog erger voel want die stampe kom onverwags. Later toe ons by Kaappunt verbygaan aanskou ons die pragtigste dagbreek. 'n Goeie drie-ure en 'n goeie deel van 150km of meer later is ons in die omgewing waar ons wil wees. Daars hy manne dis mos die lewe waarvoor ons gewag het. Stokke gou regkry en rapalas sleep om te sien of daar lewe in die water is. Twee stokke is sommer amper dadelik vas met skippies (Skipjacks). Stop, trek die vis en Pottie begin "chum" met "sardiens". Daar kom 'n paar merke op die visvinder maar niks wil die hoek met die stukkie sardyn gryp nie. So gaan dit aan en die skippies is volop maar die geelvinne skaars. Later kry ons 'n jong geelvin en die hoopmeter spring deur die stukkie dak of sal ek maar die regte naam sê ("canopy") wat op die boot is. Nie lank daarna nie is ek vas met iets wat voel of ek 'n trein gehak het.

Die katrol sing verwoed soos die lyn meter-en-meters in voel soos minder as sekondes afgestroop word. Dit voel verseker soos iets wat 'n nul-tot-honderd in minder as 3 sekondes kan doen. So gaan dit aan en aan en aan en aan. Dan vorentoe op die dan agtertoe, dan diekant dan daaikant. Net as ek dink ek begin wen dan word ek weer totaal verkeerd bewys. So wen ek twee meter lyn en verloor weer vytig, wat voel of dit nooit gaan ophou nie. Ek raak later bekommerd dat dit iets anders as 'n geelvin tuna moes wees en dat ek dalk 'n groot mako haai of so-iets moes gehak het. Ek wens net ek kan die vis sien maar na meer as twee ure se baklei is daar nog geen teken van hom nie. Dieselfde storie bly hom herhaal, ek kry hom nader aan die boot net om weer te sien hoe hardloop hy weer twee driehonderd meter uit met die spoed van 'n Ferrari.

Na seker so twee-en-'n-half-ure sien ek vir die eerste keer so op ongeveer honderd-en-vyftig meter iets blink in die water. Aitsa dis ten minste iets wat blink en nie bruin is nie......lyk darem nie soos 'n haai nie.

Na ongeveer drie ure begin ons hom onder die boot sien op die visvinder, 30 meter diep, voel soos 'n ewigheid, 20 meter, nog 'n ewigheid, 10 meter. Pottie spring in en gaan duik af met sy duikbril om te kyk wat dit is, hy breek die water juigend en skree dis 'n massiewe geelvin tuna. Kort daarna begin ons sy silwerlyf van die boot af sien en vir die wat 'n groot tuna se streke ken doen hy daai kenmerkende groot sirkel in die rondte.

Uiteindelik is hy aan die gaffel en Shawn het hulp nodig om die vis deur hek in die boot getrek te kry. Ek is verheug, dis my eenkeer-in-'n-leeftyd droomvis. Die vis word gou gesny agter die kantvinne om te bloei en doodgemaak. So 'n groot vis wat begin stert klap en spring op 'n boot kan nogal sports maak. Klomp foto's word geneem maar die vis is so swaar dat Pottie my moet help om hom opgetel te kry. Ons meet sy lengte en omtrek en volgens die lengte/gewig tabel weeg hy 94,35kg. My dag is gemaak en ek gee die ander manne kans om die stokke te gryp as iets vat......moet asseblief nie vir hulle sê nie maar na daai meer as drie ure se baklei was ek nie dadelik weer lus vir 'n visstok in die hande nie ><) .

Ek het die pragtigste tuna "steaks" gesny en vanaad die lekkerste tuna sashimi geëet.

Ek kan maar net vir ons Hemelse Vader baie dankie sê vir die wonderlike voorregte wat ons nog het en vir hierdie spesiale ervaring en groot geskenk wat ek uit sy natuur kon ontvang. Aan Hom al die eer, lof en aanbidding.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
prohunt
Hero Member
Hero Member
Posts: 651
Joined: Tue Feb 15, 2011 12:00 pm
Location: Mosselbaai

Re: Tuna's in die Kaap

Post by prohunt »

Sashimi
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Diesel Dog
Hero Member
Hero Member
Posts: 1799
Joined: Wed Jan 20, 2016 8:53 pm
Location: Weskus

Re: Tuna's in die Kaap

Post by Diesel Dog »

Veels geluk Prohunter dit is voorwaar n vooreg om so n vis te land !

DD
User avatar
Lategan1
Hero Member
Hero Member
Posts: 1274
Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am
Location: Boland

Re: Tuna's in die Kaap

Post by Lategan1 »

Prohunt, wat ‘n ervaring!

Dankie vir deel en lekker eet.

Net so terloops, ek ken manne wat hulle surf op groot ‘bogey boards’. Jy ken dit seker. Geweldige krag en spoed soos jy noem.

Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 8)
User avatar
prohunt
Hero Member
Hero Member
Posts: 651
Joined: Tue Feb 15, 2011 12:00 pm
Location: Mosselbaai

Re: Tuna's in die Kaap

Post by prohunt »

Dankie Diesel en Lategan,

Ek dink dit sal voel soos 'n jet wat jou trek op 'n bogey. ;D :laugh: Daai visse is ongelooflik sterk en vinnig. As hulle regtig begin beweeg kan jy nie bybly met 'n normale boot nie.
User avatar
ruaanb
Hero Member
Hero Member
Posts: 4919
Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am
Location: Durbanville, WesKaap

Re: Tuna's in die Kaap

Post by ruaanb »

Baie geluk met n prag vis! Tuna hengel is maar net iets anders.
Supacow
Hero Member
Hero Member
Posts: 1833
Joined: Wed May 16, 2012 1:56 pm

Re: Tuna's in die Kaap

Post by Supacow »

Monometaal
Cup n core sal fail
Stel 2 clicks links dan flinch jy hom reguit
6x51 Europese Magnum
User avatar
Geno
Hero Member
Hero Member
Posts: 12691
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Location: Bloemfontein, Vrystaat.
Contact:

Re: Tuna's in die Kaap

Post by Geno »

Geluk Oom Johan! Dis n prag vis!
Eet meer skaap. 50,000 jakkalse kannie verkeerd wees nie!
User avatar
Eduard Venter
Hero Member
Hero Member
Posts: 1059
Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm
Location: Pretoria

Re: Tuna's in die Kaap

Post by Eduard Venter »

Baie geluk oom, dis nou 'n vis!

Sent from my Nokia C2 using Tapatalk

User avatar
Methos
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 417
Joined: Tue Dec 12, 2017 4:12 pm

Re: Tuna's in die Kaap

Post by Methos »

Baie geluk! Eendag as ek groot is wil ek ook so ene raakloop!
User avatar
prohunt
Hero Member
Hero Member
Posts: 651
Joined: Tue Feb 15, 2011 12:00 pm
Location: Mosselbaai

Re: Tuna's in die Kaap

Post by prohunt »

Baie dankie aan al die gelukwense, ek waardeer manne. Dit was voorwaar 'n voorreg wat nie elke dag verbykom nie.

Ek wou nog noem die foto waar my seun so skuins voor die vis staan is nie 'n tipiese hengelaar foto waar die hengelaar ver agter die vis staan nie. Hy het net die vis help optel sodat hy teen my lyf kan lê en het toe weggestaan. Julle moes my klere gesien het nadat daai vis half op my gelê het om die gewig te help afvat van my arms af.
Bosvark34
Newbie
Newbie
Posts: 35
Joined: Tue Jul 22, 2014 1:09 pm
Location: Randfontein, Gauteng

Re: Tuna's in die Kaap

Post by Bosvark34 »

><) Wow, daai is 'n once in a lifetime vis. Baie geluk oom prohunt. Dis verseker 'n bucketlist item vir my.
303 Brit Lee Enfield Mk4 No2
6.5 x 55 SE Voere LBW
KalahariKlong
Hero Member
Hero Member
Posts: 821
Joined: Mon Mar 07, 2011 10:19 am
Location: Kathu

Re: Tuna's in die Kaap

Post by KalahariKlong »

Bitter mooi vis. Baie geluk oom.
Shawn ken verseker ook sy storie.
Ek kan nie wag vir ons Angola trip saam met hulle nie.
User avatar
prohunt
Hero Member
Hero Member
Posts: 651
Joined: Tue Feb 15, 2011 12:00 pm
Location: Mosselbaai

Re: Tuna's in die Kaap

Post by prohunt »

KalahariKlong wrote: Wed Apr 14, 2021 12:05 pm Bitter mooi vis. Baie geluk oom.
Shawn ken verseker ook sy storie.
Ek kan nie wag vir ons Angola trip saam met hulle nie.
Dankie Bosvark.

Kalahari ja ek het ook al sterk oorweeg vir daai Angola uitstappie. Daar word gewoonlik pragtige visse van verskillende spesies gevang. Shawn doen geweldig baie moeite vir sy kliënte.
Post Reply

Return to “Soutwater Hengel/ Saltwater Fishing”