Apie wrote: ↑Mon Feb 14, 2022 3:03 pm
Lekker man!!
Gooi so paar kiekies van jou kayak en setup!
Sent from my iPhone using Tapatalk
Apie
Ek vis maar 99% van die tyd op my Snowbee Float tube. Alhoewel ek 'n Hobie Cat Kickboat en klein rubberduck met trolling motor het, verkies ek die Snowbee om Karp te vang in die damme waar ek meestal vis.
Elkeen van daai het maar voordele en nadele. Ek verkies net die snowbee omdat hy onder andere kleiner en meer maneuverable is.
Ek kom visse in spots by, wat ek nooit met die Kickboat of Boot sou kon bykom nie. Buiten dit is my Kickboat se Pontoons Fibreglass en is dit noisy as golwe teen hom slaan of jy stok teen hom stamp. En sodra jy die karp se aandag op jou gevestig het deur geraas of beweging dan is jou kans bitter min om hom te kry om daai vlieg te vat.
Een nadeel van die Snowbee is dat ek baie laer in die water sit so ek sien baie van die vis eers laat en naby my, maar omdat hy so sag in die water is maak dit nie so baie saak nie en boonop pla die wind my nie so erg soos op die kickboat en Boot nie juis omdat mens laer is. Die wind waai die laaste jaar omtrent elke keer wat ek by die waters is.
Die snowbee is baie stadiger in die water as die ander 2 so ek cover minder ground maar karp op vlieg is 'n stealth game so dis ook nie 'n nadeel nie.
Die grootste voordeel van die Snowbee is dat ek hom ten volle opgeblaas agter op die bakkie het met my skepnet en flippers in die "V" gedeelte en my vrou my by enige dam net vinnig kan aflaai en ek launch letterlik binne 5 minute. Die damme wat ek vis is nie altyd so veilig langs die kant nie.
Ek gebruik 'n 8 weight Echo Base Vliegstok en Greys GTS500 katrol. Ek het baie backing op daai katrol, alhoewel mens nie so baie backing op float tube nodig het nie omdat jy agter die vis kan aan beweeg, was ek al menigte kere met karp se initial run tot in die backing gevat.
Die setup is swaar maar meeste van my vis kry ek teen die riete of selfs in die riete en daai eerste 4 of 5 sekondes besef "meeste" karps nog nie hulle is gehaak nie en dan kan ek hulle uit die riete force met die 8 weight waar my 5 of 6 weight nie daai capability het nie. Ek het babers ook al so uit die riete uit, letterlik getrek. Ek gebruik 9ft 0x of 1x tapered leaders ook vir daai rede. (Dit het ook weer voordele en nadele maar dit werk vir hoe ek vis)
Dis nou nie aparte fotos van my setup nie maar gee jou darem 'n idee.
If it heard the shot, I wasn't aiming for it...