So paar op die vlieg

Any freshwater fishing stories here/ Enige varswater hengel stories hier.

Moderator: Global Moderator

Post Reply
User avatar
Trompie
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 452
Joined: Mon Oct 05, 2015 9:19 am
Location: Brakpan, Johannesburg

So paar op die vlieg

Post by Trompie »

Wou sommer net so paar fotos post van vis wat ek die laaste ruk op vlieg gekry het. Grootste karp was 10.66kg. Ek probeer maar die bass stok by die huis los sodat ek verplig is om met die vlieg te vang. Kan hope babers vang maar meestal konsentreer ek net op karp.
Is maar paar verskillende damme gewees. Maar met die slegte weer die laaste ruk is die karps maar baie moeilik want die water is troebel en plek plek kry ek nog vis wat spawn met die baie reen.
Moet bietjie ander damme soek wat skoon water het.....as julle weet van damme se maar asb.ImageImageImageImageImageImageImage

Sent from my LM-G810 using Tapatalk

If it heard the shot, I wasn't aiming for it...
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 4866
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm
Location: Pretoria

Re: So paar op die vlieg

Post by Pvdw »

Paar vris karpe daar!!
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 4440
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am
Location: Pretoria

Re: So paar op die vlieg

Post by Frederik »

Netjies mooi gedoen.
User avatar
Capt. Oblivious
Hero Member
Hero Member
Posts: 10757
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Location: Ek weet nie so mooi van spel nie maar ek kan skiet. Lonehill, Sandton

Re: So paar op die vlieg

Post by Capt. Oblivious »

Netjies Trompster, daai Kooi wat jy gehad het is nogals iets om op trots te wees. Daai dam word kliphard gevis en almal is agter daai 3 aan
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
Bigfoot
Full Member
Full Member
Posts: 181
Joined: Sun Sep 27, 2015 7:06 pm
Location: Alberton

Re: So paar op die vlieg

Post by Bigfoot »

Baie mooi gedoen.
User avatar
Trompie
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 452
Joined: Mon Oct 05, 2015 9:19 am
Location: Brakpan, Johannesburg

Re: So paar op die vlieg

Post by Trompie »

Dankie julle

Sent from my LM-G810 using Tapatalk

If it heard the shot, I wasn't aiming for it...
User avatar
Trompie
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 452
Joined: Mon Oct 05, 2015 9:19 am
Location: Brakpan, Johannesburg

Re: So paar op die vlieg

Post by Trompie »

Capt. Oblivious wrote:Netjies Trompster, daai Kooi wat jy gehad het is nogals iets om op trots te wees. Daai dam word kliphard gevis en almal is agter daai 3 aan
Het die week weer een opgetel daar maar hyt los gekom in die gras. Daar is ñ groot donker oranje een daar wat baie tippet shy is. Selfs noudat die water vuil is weier hy om ñ vlieg te vat

Sent from my LM-G810 using Tapatalk

If it heard the shot, I wasn't aiming for it...
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 12827
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Location: Bloemfontein, Vrystaat.
Contact:

Re: So paar op die vlieg

Post by Geno »

Baie nice! As jy nie 1000km wil ry en jouself bankrot betaal in dagfooie agter proper geelvis aan nie, gesels met my. Ek het 'n pel wat guide op die Oranjerivier onder Gariepdam en selfs op die dam self. Hy is 'n baie ervare flyfisher en kan jou op klein- en grootbek geelvis, karp, baber en dik muddies sit. Ek was Vrydag by hom en het 'n awesome tyd gehad. Tussen n klompie smallies en muddies deur het ek 6x grootbek geelvisse gevang. Nie op vlieg nie, maar wel op kunsaas. Die flyfishers wat saam was het ook 'n klompie vis gekry.

Maar al is die 'n uur en half van my huis af, ry ek steeds moreaand 1100km Vioolsdrif toe agter die monster vis van die woestyn aan ;D
Eet meer skaap. 50,000 jakkalse kannie verkeerd wees nie!
kudu375
Full Member
Full Member
Posts: 173
Joined: Wed Aug 26, 2015 2:23 pm
Location: CENTURION

Re: So paar op die vlieg

Post by kudu375 »

Goed gedoen Trompie!
vlieg hengel is maar net iets anders

Mooi ry Geno, en kom deel asb ook jou storie en fotos
Court Schilbach

44 Ruger SBH 7.5", 375 H&H Winchester pre64 mod 70, 243 Savage AxxisII, .22 Norinco Jw
User avatar
Trompie
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 452
Joined: Mon Oct 05, 2015 9:19 am
Location: Brakpan, Johannesburg

Re: So paar op die vlieg

Post by Trompie »

Geno wrote:Baie nice! As jy nie 1000km wil ry en jouself bankrot betaal in dagfooie agter proper geelvis aan nie, gesels met my. Ek het 'n pel wat guide op die Oranjerivier onder Gariepdam en selfs op die dam self. Hy is 'n baie ervare flyfisher en kan jou op klein- en grootbek geelvis, karp, baber en dik muddies sit. Ek was Vrydag by hom en het 'n awesome tyd gehad. Tussen n klompie smallies en muddies deur het ek 6x grootbek geelvisse gevang. Nie op vlieg nie, maar wel op kunsaas. Die flyfishers wat saam was het ook 'n klompie vis gekry.

Maar al is die 'n uur en half van my huis af, ry ek steeds moreaand 1100km Vioolsdrif toe agter die monster vis van die woestyn aan ;D
Daai is beslis op my bucket list!!! Daai oranje rivier geles spook al lank by my

Sent from my LM-G810 using Tapatalk

If it heard the shot, I wasn't aiming for it...
User avatar
airhunter
Hero Member
Hero Member
Posts: 526
Joined: Sun Apr 30, 2017 6:44 pm
Location: Queenstown EC

Re: So paar op die vlieg

Post by airhunter »

Mooi gedaan.
Verlang ek nou na Bothaville se stuk Vaalrivier.
Ons het dit sommer staatsgronde genoem.
Karp, kleinbekgeelvis, grootbekgeelvis, baber en van die grootste onderbekke als op vlieg.
The trouble ain't that there is too many fools, but that the lightning ain't distributed right.
Mark Twain
User avatar
Trompie
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 452
Joined: Mon Oct 05, 2015 9:19 am
Location: Brakpan, Johannesburg

Re: So paar op die vlieg

Post by Trompie »

Nog 2 die week gekry op vlieg. 4.0kg die 22ste en 9.76kg vanoggend. Heelwat groter een het my vanoggend gebreek toe hy in die riete in swem maar nou ja dis visvang.ImageImageImageImage

Sent from my LM-G810 using Tapatalk

If it heard the shot, I wasn't aiming for it...
User avatar
Methos
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 469
Joined: Tue Dec 12, 2017 4:12 pm

Re: So paar op die vlieg

Post by Methos »

Lekker man Trompie!

Gebruik jy die Carp Fritz van Sean Mills? Ek het al hordes karpe met hom uitgesleep!
User avatar
Trompie
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 452
Joined: Mon Oct 05, 2015 9:19 am
Location: Brakpan, Johannesburg

Re: So paar op die vlieg

Post by Trompie »

Methos wrote:Lekker man Trompie!

Gebruik jy die Carp Fritz van Sean Mills? Ek het al hordes karpe met hom uitgesleep!
Hey Methos. Hierdie is my eie design maar hys based op Woolie bugger maar met bead eyes.

Het vanoggend nog ñ mooi groot karp gekry. Terwyl ek besig is om die karp te pose vir Foto toe tel nog ñ groot karp die vlieg op. Kan op die foto die stok sien buig. Ek kon hom nie land nie want hoek het oopgebuig.

5 minute later antwoord ek my foon en sit stok neer op my skoot en toe tel nog iets daai vlieg op en ruk stok in die water. Ekt agter die stok probeer induik maar stok is weg. Hopelik as ek terug gaan kan ek die vlieglyn iewers sien dryf in daai area.Image

Sent from my LG-H870 using Tapatalk

If it heard the shot, I wasn't aiming for it...
Post Reply

Return to “Varswater Hengel/Freshwater Fishing”